WELKOM BY DE MEERPAAL
Sedert 1 Mei 1972
De Meerpaal, geleë in Willow Glen, Pretoria, bied ‘n rustige tuiste vir seniors en ‘n gemeenskap van Nederlands, Afrikaans asook Engels- sprekende inwoners. Ons aftreeoord bied ’n verskeidenheid selfstandige woonopsies. Buiten die normale huisvestingfasiliteite, het De Meerpaal ook voltydse versorging in die versorgingsafdeling. Ons het uitstekende versorgingspersoneel tot u beskikking.
Selfstandige Woonopsies
De Meerpaal het 60 huurhuise en 38 enkelverdieping wonings en 16 woonstelle vir ‘n totaal van 114 wonings. Selfstandige inwoners het toegang tot oord se fasiliteite soos vervoer na winkels, gebruik van die lapa, mini golf en verhitte swembad. Woonopsies sluit in:
- Wooneenhede te koop met lewensregte
- Wooneenhede te huur
- Wooneenhede gekombineer met tuissorg
24-uur Sorgsentrum
- Opgeleide personeel verskaf 24 uur versorging
- 3 Daaglikse maaltye asook versnaperings tussen etes
- Weeklikse wasgoed
- TV ontspanningskamer met DSTV
- Verreikings aktwiteite
- Mediese bystand bv. toedien van medikasie en wondversorging
DUTCH FESTIVAL – 28 Augustus 2022!
Die Dutch Festival vind op Saterdag 27 Augustus plaas. Kom geniet die Nederlandse musiek en ander interessante stalletjies. Saam met ‘n koppie goeie koffie, appeltert of ‘n bier of koeldrank gaan dit gesellig wees. Ook sal daar tipiese Nederlandse eetgoed wees wat krokette, friet, haring, rookwors, poffertjes, ens. insluit. Stalletjies sal Nederlandse produkte, kaas, Hollandse soeweniers, en ander interessanthede aanbied. Ons sal ook die kleingoed met kindervermaak besig hou. Sien u daar! Vir meer inligting kontak: Rob Wesseloo 082 492 2544 en Ciska Nel 082 429 8951
Nuutse Meerpaal Nuus
Lees gerus ons eie maandelikse “De Meerpaal Bewoners Bulletin“, asook Kloof Retirement Villages se nuusbrief, “Retirement Matters“. Die artikels bevat waardevolle inligting en interessante nuusbrokkies.
Pragtige Meerpaal Tuine
Maak gebruik van die geriewe by De Meerpaal

Pragtige
tuine

Wandelpad
in oord

Lapa, swembad
en mini golf

Tuissorg
beskikbaar

Biblioteek

Vervoer
na winkels

Ontspannings
aktiwiteite

Eetsaal
(opsioneel)
Wat ons mense sê:
Hier woon Hollanders en Afrikaners
heerlik in lowerryke tuine saam
Ons lees, stap, speel kaart, gesels en kuier oor en weer
Saamgebind deur oorlog, taal en kultuur
Hier wag ons geduldig op volgende oorgang
vol moed en vertroue en gladnie bang
en slegs voëls in bome hoor ons dankbare gesang
Van maandag tot vrijdag zijn er dagelijks clubs die sociale/gezellige bijeenkomsten regelen wat het eentonige bestaan van bejaarden ten goede kan komen.

Kontak ons
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.






