Kontak ons gerus! Tel: 012 807 5217/8

Waardigheid Onafhanklikheid

April 2026 – Bewoners Bulletin

DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS

DIE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN DIE BEWONERSKOMITEE

Sal gehou word op:

29 April 2026 om 15:30

in die Hollandia Saal

UIT DE PEN VAN DE VOORZITTER

Beste Inwoners van De Meerpaal,

Daar is hierdie maand ’n paar belangrike sake waaroor ons graag terugvoer wil gee — veral op die gebied van infrastruktuur, beplanning en gemeenskapsake.

Energie-infrastruktuur: ’n Nuwe Fase 

Ons wag tans op die finale, gedetailleerde voorstel van die ingenieursfirma wat ons met die energieprojek bystaan. In beginsel het bestuur reeds goedkeuring gegee vir ’n projek om batterykapasiteit by ons bestaande sonkragstelsel te voeg. Hierdie stap sal help om die elektrisiteit wat deur ons sonpanele opgewek word beter te benut en die doeltreffendheid van die hele stelsel te verbeter.

Benewens die batterye sal daar ook sekere aanpassings aan bedrading en bykomende toerusting gemaak word om die stelsel meer doeltreffend te laat funksioneer en kostebesparings te bewerkstellig. Met die installasie van die grootmaatmeter, asook die nuwe meters by die individuele eenhede, betree De Meerpaal nou ’n nuwe fase waarin ons baie groter beheer oor ons eie energiebesteding het. Dit is ’n belangrike stap in die rigting van groter selfstandigheid en stabiliteit.

Opknapping van die Hoofgebou en Hollandiasaal 

Bestuur het ook die dienste van ’n firma van argitekte ingeroep om die ontwerp en toesig oor die beplande opknappings aan die hoofgebou en die Hollandiasaal te hanteer.

Hierdie projek is nog in die ontwerpfase, en ons sien uit na hul voorstelle oor hoe die ruimtes verbeter kan word om meer funksioneel en prakties te wees vir ons gemeenskap.

Verpligte Etes 

Soos baie van julle weet, het die beleid rondom verpligte etes oor tyd tot ’n mate van ontevredenheid gelei. Bestuur het die afgelope tyd intensief hieraan gewerk en ’n oplossing gevind wat daarop gemik is om die ongelykhede so vinnig as moontlik aan te spreek.

Die volledige besonderhede is by die koffie-oggend van 18 Maart bekend gemaak. In kort berus die oplossing op ’n afskaalprogram wat daarop gemik is om die verskille op ’n regverdige manier oor tyd te verminder, terwyl dit steeds finansieel volhoubaar vir De Meerpaal bly. Deur sorgvuldige finansiële beplanning sal inwoners ook nie hierdie beleidsverandering in hul heffings opmerk nie.

Ons sien uit daarna om die projekte saam met julle te sien vrugte afwerp.  Ons dank julle vir die voortdurende belangstelling en betrokkenheid by die sake van De Meerpaal.

Met vriendelike groete, 

Nils Tania 

Voorsitter, Bestuurskomitee

NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE

Die Bewonerskomitee het die afgelope week `n bedrywige week agter die rug gehad.  Die begroting vir 2026/2027 moes deur die komitee goedgekeur word.  By een van die vergaderings was Nils Tania, die voorsitter van die SNBC, en Francien vir die finansies, teenwordig.  Na deeglike bestudering van die begroting was daar sekere bedrae waarmee die komitee nie gelukkig was nie. Dus kon die komitee nie die begroting goedkeur nie.  Francien sal so gou  as moontlik terugvoer gee.  Ons hoop dat die Bewonerskomitee die begroting dan wel kan goedkeur.

Die Bewonerskomitee se jaarvergadering vind op 29 April 2026 die middag plaas.

Skryf die datum asseblief op u kalender.

Die Bewonerskomitee het op die 4de Maart ons maandelikse vergadering gehou.  Rudi vd Wielen het om verskoning gevra.  (Hy hou lekker vakansie!).

Die kantoor ontvang dikwels van persone  buite komplimente oor ons pragtige tuine en die gesellige atmosfeer hier in De Meerpaal.  Kom ons hou dit so!  Daarom het ons `n groot verrassing vir die inwoners.

Jannie du Toit (sanger) en sy orkes gaan vir ons kom optree op ’n datum wat aangekondig sal word.

Die Bewonerskomitee het dit goedgedink om die optrede te borg.

`n Groot dank aan die komitee.

Immogene, verantwoordelik vir die noodknoppies, het almal se die noodknoppies getoets in samewerking met die blokhoofde.

Noodknoppies wat buitewerking was het nuwe batterye ontvang.  Indien u nog nie gelukkig is met u noodknoppie kontak dan vir Immogene in bungalow 109.

Goeie nuus vir die dapper stappers in De Meerpaal.  Die noodknoppie is in al vier die hoeke van die terrein getoets.  Daar was orals ontvangs behalwe in die noordooste hoek (By Luuk).    Daar word aandag aan gegee.

Daar word altyd spottende wys gesê “as die hemel val het ons almal blou mussies op”, maar wat as jou eenheid se plafon val? Dit het al `n verskeie kere in die bungalows gebeur.  Ons moet maar gereeld kyk of ons plafon nie deursak nie.  Meld dit dan dadelik aan.

Aan al die  inwoners en veral die nuwe inwoners  wil ons graag die Stigting (SNBC) se Bestuurslede aan die inwoners bekend stel.  Nils, die voorsitter het dit goegedink om die name in die “Uit die voorsitter se pen” bekend te maak. (In ‘n volgende bulletin).  Die Bestuur is verantwoordelik dat alles in De Meerpaal glad verloop. Ja, dit is nie altyd maklik nie!!!  Die inwoners wil al die lede hartlik bedank vir hul harde werk, toewyding en tyd (word vrywillig gedoen) om De Meerpaal so `n gelukkige plek te maak vir ons almal.

Daar was klagtes dat die noodknoppie in die hysbak te hoog is vir iemand in `n rolstoel.

Jan Windt het aangebied om aandag daaraan te te gee.  Baie dankie Jan.

Nelke

WELKOM

Wij verwelkomen:

Mnr M Zarrabi
Mev A Robijn

Ons vertrou dat u vinnig tuis en welkom sal voel

OVERLEDEN

Mnr HR Lund
Mev MJ Vorster

Ons medeleven is met hun familie en vrienden.

WITTE OLIFANT / JUMBELINAS


WINTERVERKOPING

  • Dinsdag 31 Maart 7:30 – 09:00 en 14:00-15:00
  • Woensdag 1 April 11:30 – 13:00
  • Dinsdag 7 April 07:30 – 08:30
  • Dinsdag 28 April 7:30 – 09:00 en 14:00-15:00
  • Woensdag 29 April 11:30 – 13:00
  • Dinsdag 5 Mei 07:30 – 08:30

Ons ontvang graag nuwe voorraad

Elly Mestrum of by Ineke Funk (oorkant Witte Olifant).

VAN DIE BIBLIOTEEK

Vir leesplesier in ons biblioteek - Vars uit die oond!

Afrikaans – 2026:

Christiaan Bakkes. Soetdorings en ruigtes.

‘n Historiese roman maar meer nog, ‘n meditasie oor trauma en genesing en die mens se vermoë om te vernietig, sowel as om te bewaar.

‘n Reis vanaf 1916 tot 1931 met die stigting van die Addo-olifantpark.

Daniël Lötter. Waar die lammers nie suip nie. Die verhaal volg Mietjie Ramshoring wat die pyn van haar familiegeskiedenis op ‘n afgeleë Karoo-plaasdorp dra en ‘n gemeenskap wat soek na genesing van die nalatenskap van sy geskiedenis.

(Geniet die besondere taal- en uitdrukkingsvermoë en betekenisvolle naamgewings van ‘n ware verteller).

Jeanette Stals. Volmaan in Baviaanskloof. Digverweefde woordtapisserie wat fokus op die mistiek van Baviaanskloof. Karakters: Fransien Theron, na die dood van haar babaseun en daaropvolgende egskeiding, en die luiperdwyfie met ‘n vergruisde poot deur ‘n slagyster, en haar welpie.

Almal saam in die Baviaankloof.

English – 2025:

Robin Cook. Spasm. “In his 15th adventure, forensic pathologist stumbles into a terrorist plot in an unlikely location.” – Master of the medical thriller (New York Times).

Cathy Reichs. Evil bones. Crime thriller, mystery, suspense. Themes: Forensic anthropology, animal cruelty, psychological horror and definition of evil itself.

Thea

Die nuwe Afrikaanse weekblad “Die Papier” is tans op proef in die biblioteek.  Kom lees hom gerus.

ONS NUWE KRAGMETERS

De Meerpaal het nou een grootmaatmeter vir die elektrisiteit wat van Tshwane ontvang word.  Die firma Metronomics is aangestel om die stelsel te bedyf.

Op 13 Maart het Liezel van Metronomics die inwoners van De Meerpaal toegespreek en verduidelik hoe die nuwe meters van elektriese kragverbruik werk.

Metronomics ontvang die maandelikse rekening van Tshwane en stuur dan maandeliks een rekening aan De Meerpaal vir al die krag wat gedurende die maand verbruik is.

Elke wooneenheid het sy eie meter en daar is verskeie ander meters vir die kantoorgebou, sorgsentrum en ander gebruikseenhede. 

Hierdie meters is elektronies verbind aan die groot stelsel en die kantoor kan elke eenheid se kragverbruik bepaal en ons daarvolgens faktureer.  Ons betaal dus terugwerkend vir die krag.

Die wooneehede en ander gebruikseenhede betaal dieselfde tarief per kWh as voorheen en die munisipale glyskaal van tariewe word steeds toegepas.   Geen administrasiekoste word van die verbruikers gehef nie.

Indien daar ’n probleem met ’n spesifieke eenheid se meter is sal die kantoor dit by Metronomics aanmeld.  Algemene kragonderbrekings word steeds by Tshwane aangemeld.

Daar is ’n toepassing beskikbaar wat op die selfoon en/of rekenaar afgelaai kan word.  Wanneer ’n wooneenheid se e-posadres by Metronomics registreer is, kan die wooneenheid se kragverbruik daagliks, weekliks en maandeliks op die toepassing nagegaan word.

Ons meting van elektrisiteitsverbruik is dus nou elektronies en die blokhoofde gaan nie meer die maandelikse lesings neem nie.  Onderhandelinge met die munisipaliteit oor kragaangeleenthede is ook nou in die hande van die kontrakteur.

DE MEERPAAL ANTIQUE SHOW
Op 1 April 2026

Die meeste mense ken die bekende Engelse “ANTIQUE ROAD SHOW” en nou gaan dit hier by ons wees op die 1ste April by koffie-oggend in die Hollandia zaal.

Daar is altyd iets spesiaals in jou huis, wat jy miskien ge-erf het, iets wat waardevol is, iets wat vir jou iets beteken of wat sommer net nostagiese waarde vir jou het.

Bring dit saam na die koffie oggend en vertel vir ons almal iets daaroor.

Ons sien uit daarna.

Groete

Anneke

BINGO

Weer op 22 April 2026

Hollandia zaal 19:00

SJOELCLUB

Op 16 Maart 2026 is die Algemene Jaarvergadering van De Meerpaal Sjoelclub gehou.

Nadat ons klaar gespeel het is die vergadering ge-open deur die voorsitter Sieg Maritz en hy meld dat die klub se ledetal effens verminder het gedurende die afgelope jaar. Ons het verskeie nuwe lede bygekry maar ook lede om verskeie redes verloor.  Daar is ’n oomblik stilte gegun vir die afsterwe van Louis van Mierlo.

Ons het tans ongeveer 44 gereelde spelers in die klub.

Die sjoelclub kom Maandagaande om 19:00 byeen in die Hollandia zaal en word gereeld deur dertig tot veertig spelers bygewoon. Dit is baie gesellige aande met koffie en koekies tydens pouse en gepaste agtergrond musiek dra grootliks by tot die sukses van die aande. Sieg het ook die spelers bedank vir hulle gereelde deelname en goeie gees.

Die finansies van die klub is gesond en daar is besluit om die jaarlikse ledegeld onveranderd te laat op R100,00 per persoon per jaar.

Interessante data oor die uitslae van die spelle gedurende die afgelope jaar is genoem, onder andere dat ‘n nuwe hoogste telling van 501 vir een aand aangeteken is.

Die finale tellings vir 2025/26 is gelees en die beste spelers het die wisseltrofee ontvang:

Beste speler – Dames – Margriet van den Berg. Tweede was Gerda de Wagenaar en derde was Anneke Heesakkers. (Dit is dieselfde persone as die vorige twee jaar).

Beste speler – Mans – Peet Delport . Tweede was Jan Wegman en derde was Sieg Maritz.

Spesiale vermelding – Fred Siebrand wat elke aand, nadat ons klaar gespeel het, (selfs al is dit soms ’n bietjie laat) met ’n glimlag op sy gesig sorg dat die saal se venters toegemaak word en die deure gesluit is, het met hierdie toekenning weggestap.

Die komitee vir die nuwe jaar is verkies en sien soos volg daaruit:

  • Voorsitter: Sieg Maritz en Geert van Brakel as waarnemend.
  • Penningmeester: Margriet van den Berg met Stijntje Delport as waarnemend.
  • Sekretaris: Peet Delport en Nelke Ribberink as waarnemend.
  • Verversings: Angeline le Roux, Margriet van den Berg, Gerda de Wagenaar, Bep Wolters, Elly Mestrum, Atie Bakker, Nelke Ribberink, Imogene Groothuijzen, Jettie Horsman, Anneke Heesakkers, Gerda Windt, Nettie Zonnenberg, Almarie van Zyl en Addy Smits is gekies om op roterende grondslag te help met die verversings. Annatjie Maritz is koördineerder.

Na die vergadering is daar gesellig verkeer met sap en heerlike eetgoed.

As jy nog nie sjoelen hier gespeel het nie, of as jy lanklaas gespeel het, nooi die klub jou uit om enige Maandagaand om 19:00 te kom kyk en selfs deel te neem.  

Dalk byt die prettige sjoelengogga jou ook.

Peet Delport

Die 2025 wenners:

Fred, Margriet, Peet

Bericht uit Nederland:

Fijne paasdagen

Een groot deel van de wereld maakt zich op voor Pasen. Ook hier in Nederland en zo rollen we dus via het Sinterklaasfeest, de Kerstdagen, Oud en nieuw, Valentijnsdag en Carnaval de Paasdagen in. Maar toch anders dan vroeger. Met de Kerstdagen bakten de bakkers vroeger Kerststol,  en met Pasen lag er Paasstol  in de winkels. Nu heet het allemaal gewoon “” Feeststol ” en kan de restant voorraad van de Kerstdagen zo de  winkels in met Pasen. De paaseitjes staan in menige  huiskamer al op tafel en voor de kleinkinderen zijn de chocolade paashazen al gekocht. Het feest kan beginnen, maar is het nog wel datzelfde feest van vroeger ?

Ik denk het niet ! De kerkgang van vroeger is grotendeels verdwenen. Het biechten (vergeving vragen van je zonden door Katholieke gelovigen) gebeurd bijna niet meer, en  het knippen en plakken van je eigen paas-ei dopje zijn we verleerd.  Eerste Paasdag maken we er met familie een groot eetfestijn van, en Tweede Paasdag is het een drukte van jewelste op de meubelboulevards.  Geen parkeer plek meer te vinden bij de meubel- en keukenshowrooms. Gelukkig zijn er ook tradities bewaard gebleven zoals In Ootmarsum (Overijssel) Daar lopen op 1e Paasdag 8 ongetrouwde mannen hand in hand door het dorp. De voorste rookt een sigaar ! De poaskearls zijn katholiek,  rond de 20 jaar en gekleed  in een beige regenjas met zwarte hoed, en afkomstig uit Ootmarsum. Elk jaar worden er twee poaskearls vervangen, dus een poaskearl vervult zijn taak in vier opeenvolgende jaren. Van een Poaskearl wordt verwacht dat hij niet van plan is binnen die vier jaar te trouwen.

En niet te vergeten ’s-Avonds  de imposante Paasvuren in veel dorpen in Overijssel. Heidense gebruiken overgeleverd uit lang vervlogen tijden. Een andere traditie is het paaslammetje gemaakt van roomboter, en wat in  Noord Holland in met name de Zaanstreek op de ontbijttafel staat. Het boterlam staat symbool voor een frisse start, het nieuwe leven,  en werd oorspronkelijk gemaakt met de melk van de koeien die in de lente weer naar buiten mochten. Inmiddels hebben deze tradities hun plekje gevonden in onze Christelijke traditie.  Dat nieuwe leven kennen wij ook in het Opstandingsverhaal waarbij  Maria Magdalena op zondagmorgen bij het graf aankomt en ziet dat de grote steen is weggerold. (Mattheus 27:1 – 27:20) Jezus is niet dood, maar leeft !! Die opstanding is ook voor ons bestemd als begin van een nieuw leven.

Het FranseÀ toi la gloire “ klinkt vertaald in het Nederlands “U zij de Glorie Opgestane Heer” Het wordt ook buiten Pasen in kerken en andere samenkomsten gezongen. Maar met Pasen heeft het iets heel bijzonder en klinkt het anders. Als het lied uit is, en het orgel is stil, dan zie ik in een moment  een graf met een weggerolde steen. Dán is het  echt Pasen.

Ik wens u veel fijne momenten en fijne Paasdagen!

VERJAARDAGEN IN APRIL 2026

HARTELIJK GEFELICITEERD

Me. Kelder
Mnr Janse van Vuuren
Me. Mulder
Mnr van Zyl
Mnr Siebrand
Me. Oudshoorn*
Me. Loots
Me. Sutherland*
Me. Thom
Me. Truter
Mnr Dusse
Me. Wybenga
Me. Wolters
Mnr van der Putte
Me. Blum
Mnr Sanders*
Mnr Schreurs
Mnr Boer
Mnr Viljoen
Me. Broere
Mnr Lane*
Me. Rossouw

*Kroonjaar

BLOKHOOFDE

  • Anneke Heesakkers – H1 tot H20
  • Tina Horjus – H21 tot H39
  • Bep Wolters – H40 tot H60
  • Angeline le Roux – B101 tot B108
  • Imogene Groothuijzen – B109 tot B114 & B127 tot B130
  • Hein Henze – B115 tot B126
  • Graham Harding – B131 tot B138
  • Joop Blokker – W201 tot W308

DIE GESKIEDENIS VAN VORSKOTE

Ek dink nie ons kinders weet wat ‘n voorskoot is nie. Die hoofgebruik van Ouma se voorskoot was om die rok daaronder te beskerm, want sy het net ‘n paar gehad. Dit was ook omdat dit makliker was om voorskote te was as rokke en voorskote wat minder materiaal gebruik het. Maar daarmee saam het dit as ‘n pothouer gedien om warm panne uit die oond te haal.

Dit was wonderlik om kinders se trane af te droog, en is by geleentheid selfs gebruik om vuil ore skoon te maak.

Van die hoenderhok is die voorskoot gebruik om eiers, kieskeurige kuikens en soms half-uitgebroeide eiers te dra om in die warm oond klaargemaak te word.

Toe geselskap kom, was daardie voorskote ideale wegkruipplekke vir skaam kinders..

En toe die weer koud was, het Ouma dit om haar arms gedraai.

Daardie groot ou voorskote het menige sweet voorkop afgevee, gebuig oor die warm houtstoof.

Spaanders en aansteekhout is in daardie voorskoot die kombuis ingebring.

Uit die tuin het dit allerhande groente gedra. Nadat die ertjies uitgedop is, het dit die skille gedra.

In die herfs is die voorskoot gebruik om appels in te bring wat van die bome geval het.

Toe onverwagte geselskap die pad opry, was dit verbasend hoeveel meubels daardie ou voorskoot binne ‘n kwessie van sekondes kon afstof.

Toe aandete gereed was, het Ouma op die stoep uitgestap, haar voorskoot geswaai, en die manne het geweet dis tyd om van die lande af in te kom vir ete.

Dit sal lank duur voordat iemand iets uitdink wat daardie ‘outydse voorskoot’ wat soveel doeleindes gedien het, sal vervang.

Ek weet nie hoeveel kieme op daardie voorskoot was nie.

Maar ek het nog nooit iets van ‘n voorskoot af behalwe liefde ontvang nie.

– skrywer onbekend

Die klubhuis het ’n yskas ontvang. Ons bedank die skenker vir hierdie groot geskenk. Die Klubhuis is nou volledig toegerus met krag, water, ’n braaier en die yskas. Die eerste klein byeenkoms het ook reeds op 7 September plaasgevind.

KOFFIE-OGGEND

Ons gesellige koffie-oggende was weer vol verassings:

27 Augustus, Neder-land, Water-land, Rampen-land.

Luuk Hepkema gee ’n interessante kykie na die onststaan van Nederland, die geskiedkundige stryd teen die watervlak met die bou van dyke, die rol van die watermeulens, en die moontlike ramp wat Nederland in die gesig staar tydens toekomstige vloede en die stygende watervlakke weens aardverwarming.

Op 3 September 2025 beleef ons ’n gevoelvolle aanbieding van Amore Galore

Johan Coertzen (tenoor) en Melissa Gerber-Venter (sopraan) met begeleiding deur Marina Mentz gee ’n uitvoering wat mens hoendervleis gee. Die twee kuntenaars bekoor ons met bekende arias, populêre Afrikaanse liedere en treffermusiek uit flieks en operettes.

LEVEN

Geweldig wat het leven met je doet,

Het tilt je op naar hemelhoge toppen,

En vlecht Een krans van bloemen om je hoed, Het siert je tuin met duizend rozen knoppen.

Maar steeds als je te hoog vliegt van de grond, Dan grijpt het leven zich bij je kladden En zet je weer neer op het stekkie waar je stond, En in een mum van tijd is hebben – hadden.

Leven dat is zien met je ogen open,

Leven is zien dat je voeten lopen.

Leven is zien en leven is horen,

Weten dat je niet voor spek en bonen bent geboren.

Van Anneke

MINI-GHOLFKLUB

Op 5 Februarie is die mini-gholfklub se algemene jaarvergadering in die “nuwe KLUBHUIS” gehou.

Peter van Hoven, die voorsitter, het almal welkom geheet en ’n paar hoogtepunte uit die jaar se werksaamhede uitgelig. Ons lede het gehelp met ons kaste in die KLUBHUIS en instandhouding van ons baan en en na heelwat skuur en verf lyk die bane sommer weer nuut.  Harry is ook bedank vir sy aandeel om die tuine netjies te hou.

Die finansies is gesond en die klubgelde in onveranded gelaat vir 2026.

Het bestaande Mini-golf klub bestuur is herkozen, tewete: Peter van Hoven (Voorzitter en Spelleider), Imogene Groothuijzen (Adjunk Voorzitter & Verversings) en Stijntje Delport (Penningmeester & Sekretaris).

Daar zijn ook wisseltrofee prijzen uitgereikt voor de beste mans speler (Peet Delport), de beste dames speler (Betti Tania) en de meeste kolhouwen gedurende het jaar (Peet Delport.

Daarnaast kreeg Peet Delport een speciale vermelding voor het beste baanrecord in een enkel spel (32).

De Meerpaal Mini-golf klub is het Bestuur van de Meerpaal en het Bewonerskommitee heel erg dankbaar voor de financiele ondersteuning met betrekking tot het KLUBHUIS en vertrouw dat ook de andere inwoners van de Meerpaal de KLUBHUIS nog lang kunnen genieten.

Na die vergadering in ’n rondte mini-gholf gespeel waarna ons gesellig saam verkeer het en versnaperinge geniet het.

As jy nog nie gespeel het nie, kom loer gerus in op ’n Donderdagoggend kyk of jy nie ook lus kry om aan te sluit nie.

Peter van Hoven en Stijntje Delport

Die dames- en manswenner vir 2025.

Betti Tania en Peet Delport

Vast, wekelijks programma

Zoals gebruikelijk; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.

MAANDprogramma:

Maandagen

09:00

09:00

10:00

13:30

19:00

Busdienst; zie hierboven

Oefeningen in Hollandia Zaal

Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek

Klaverjas

Sjoelen

Dinsdagen

09:00

14:30

18:30.

Bloeddruk kliniek tot 10:30

Bijbelstudie

Bridgeclub

Woensdagen

09:45

14:00

Koffieochtend; zie hierboven

Koorrepetitie

Donderdagen

09:00

09:30

15:00

Busdienst; zie hierboven

Put-put 

Bijbelstudie

Vrijdagen

09:00

09:00

Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats

Bus naar Willow Crossing.

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.

Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Peet Delport

Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal

Vaste medewerkers: Aad Overvliet

Afsluitdatum voor nieuwe bijdragen uiterlijk 15de van elke maand aan Peet Delport: p.delport@mweb.co.za

De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.