DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS
AL WEER 'N NUWE JAAR !
Ons mag dink dat die tyd vlieg, maar dalk is dit net dat ons self steeds stadiger word.
Onlangs skryf iemand dat die lewe is soos ‘n berg wat ons klim.
Dink daaroor: ‘n klein kind begin by die voet van die berg, in die vallei met sagte groen gras en kleurige blommejies.
Vrolik begin hy hardloop en kom nie agter dat die paadjie ‘n bietjie steiler word nie.
Soos ons ouer word, besef ons dat jy regtig moet klim: familie, loopbaan, soms teenslae, jy moet jou asem terug kry en aanhou klim.
En dan, net voordat jy heeltemal by die top uitkom, is daar ‘n rantjie waarop jy kan sit en uitrus na al die opdraande.
Jy kan nou afkyk van die berg af en sien die hele vlakte daar onder jou: grasperke, ravyne, dieptes wat jy net gemis het.
Dis die lang lewe wat agter jou is en waaroor jy nou kan besin terwyl jy rustig sit en uitblaas op jou rantjie bokant die kranse en dieptes.
De Meerpaal is so ‘n rantjie waar ons by mekaar kan sit, terug kyk op ons lewens en ons geluk besef.
Ons is hier, ons is veilig, ons kan voort gaan. So begin ons aan 2026: moed, vreugde en liefde.
Antoinetta Hoogendoorn
FROM THE CHAIRMAN’S DESK
Dear Residents of De Meerpaal,
As the year gently draws to a close, this final festive edition of our newsletter gives us the perfect opportunity to pause, reflect, and—most importantly—to wish each and every one of you a joyful and restful holiday season.
This time of year invites us to slow down, to enjoy good company, shared meals, laughter, and perhaps a little extra indulgence. Whether you are spending the holidays surrounded by family and friends, welcoming visitors, or enjoying the quieter rhythm that December often brings, we hope the season brings you warmth, peace, and moments that make you smile.
While this edition is intentionally light on formal matters, we do look ahead with optimism.
In the new year, the Management Committee is looking forward to taking an important step forward in strengthening De Meerpaal’s electricity supply infrastructure. It is part of our ongoing commitment to ensuring that our village remains secure, resilient, and well-prepared for the future—quiet progress now, for greater comfort later.
For now, however, there is no agenda, no budget, and no attendance register—just heartfelt good wishes. On behalf of the Management Committee, thank you for being part of the De Meerpaal community and for helping to make this such a special place to call home.
May your Christmas be merry, your New Year be bright, and the year ahead bring good health, contentment, and many shared moments of happiness.
With warmest festive regards,
Nils Tania (Chairman, Management Committee)
BUURT BRAAI
11 December was een heerlijke zonnige dag om een braai te houden.
Geert was de perfekte gasheer om zijn nieuwe Weber uit te proberen. Allemaal ons eige vlees of worst zamen gebracht, verschillende slaaien, garlic brood, te kus en te keur.
Die stoele is in die tuin geplaas en sonsambrele het alles vrolik laat lyk.
Ons eindig met ’n heerlike roomys wat ’n gesellige dag paslik afsluit.
Hulde aan Geert en Fransisca voor hun gastvryheid.
We hopen dat we volgend jaar weer eens over kunnen doen.
Anneke Heesakkers
ONS KYK TERUG NA DIE KERSETE 2025
Elke jaar dink ons dat die Kersete nie meer oortref kan word nie, maar tog..
Die pragtige kaartjie vertel ons dat hierdie jaar se tema “The Nutcracker ” gaan wees, Tchaikovsky se operette wat in Europa vas verbonde is met Kers.
Ons fantasievolle ontwerpers het gekies om die 4 hoof figure van ons operette uit te beeld: neutekraker, dogtertjie, muiskoning en die pragtige prins.
Die ete was nie Russies nie, maar besonder smaaklik! Ons het gesmul, die wyn het ryklik gevloei en die saal het alte gesellig gekink met gebabbel en gelag.
Die “kelners” was pragtig aangetrek met T- hemde en oorbelle met die operette se motiewe.
Nie te vergete die wonderlike tafel versierings.
Versadig en gelukkig gaan ons huis toe en noem nog eens vir mekaar hoe wonderlik ons Bestuur en ons Meerpaal is. Baie dankie van alle aanwesiges
Antoinetta Hoogendoorn
UIT DIE BIBLIOTEEK
KOM REIS SAAM MET MARITA VAN DER VYVER IN HAAR NUWE BOEK
at dryf ‘n mens om op aftree-ouderdom huis en besittings te verkoop, roetine, veiligheid en voorspelbaarheid prys te gee en in ‘n klein karretjie met net die nodige, vir 15 maande lank drie kontinente aan te durf?
Marita van der Vyver en haar Franse man Alain, doen dit omdat Covid -19 hulle dwing om hul huis in die Franse platteland te verkoop en van al hul aardse besittings ontslae te raak – wel met die vrees wat dit inhou maar wat uiteindelik tog na vryheid lei.
Lees daarvan in haar jongste boek, nou in ons biblioteek.
Dis ‘n reisverhaal, ‘n memoir met as tema, ‘n sprong van vrees na vryheid, die soeke na vryheid, verlies en die betekenis van ‘n tuiste. Sy beskryf hul reis oor Europa, Amerika en Suid-Afrika, met ontginning van lewensbelangrike herinneringe. Dit is nie ‘n ontdekkingsreis wat na nuwe landskappe soek nie maar ‘n reis om met nuwe oë na die bekende te kyk.
Hul roetes word bepaal deur dié juweel uit Robert Frost se gedig –
Two roads diverged in a wood, and I – I took the one less travelled by.
Geniet die boek om sy ryk inhoud, wedervaringe, selfontdekking, vertellings oor gebeurtenisse uit die geskiedenis van klein dorpe waar hulle oorbly, en haar verwysing na werke van bekende skrywers, klassieke films en veel meer.
Kies jou leesroete deur die boek rond en bont, soos die titels jou mag lei omdat elke hoofstuk ‘n afgeslote eenheid vorm. Laat jou verlei deur titels soos, Aspris op die agterpaaie, En die spoke swerf saam, Blues langs Old Man River en Huisloos beteken nie tuisloos nie.
Verloor jouself in hierdie boek. Sy is ‘n goeie skrywer.
Thea Heckroodt
’N PLUIMPIE VIR DIE SORGSENTRUM
‘n GROOT ruiker rooi rose vir ons Versorging. Deur ernstige siekte was ek 5 weke opgeneem in die Versorging; eie kamer en badkamer was gereed toe ek ingebing is. Hulpverleners moes my regop help in my bed, bad en selfs voer. Dit is alles aandagtig en versigtig gedoen. Toe ek sterker word, wou ek nie langer deur ‘n reling vasgekeer word in my bed nie. Al gou skarrel ek uit die bed, kan self stort; hulpverleners het my vorderings gevolg en toe kom daar ‘n tyd vir grappies maak en snaaks wees.
‘n Groot verrassing wag toe ek in die eetsaal kan eet met die ander inwoners. Alhoewel ook hier mense gevoer moet word, heers daar ‘n sfeer wat amper vrolik is: daar word gesels, helpers hard loop heen en weer om te voer en monde af te vee terwyl die suster tussen die tafels beweeg en medisyne uitdeel.
My ervarings was baie goed en nou eet ek nog elke dag die goeie ontbyt in die eetsaal met sy prettige sfeer.
Dankie aan die Susters en Helpers!
Antoinetta Hoogendoorn
WITTE OLIFANT / JUMBELINAS
VOLGENDE VERKOPINGS
- Maandag 15 Desember 7:30 – 08:30
- Woensdag 17 Desember 11:00 – 12:00
- Dinsdag 27 Januarie 7:30 – 09:00
- Woensdag 28 Januarie 11:00 – 12:00
- Dinsdag 3 Februarie 07:30 – 08:30
Lewer asb artikels af by Elly Mestrum of Ineke Funk.
JY KAN … MAAR JY MOENIE
(Veral vir mense bo 65!)
Jy kan op ’n hoë, wankelrige leer klim … maar jy moenie.
Jy kan ’n storie begin met “In MY dae” … maar jy moenie.
Jy kan (modieuse) geskeurde jeans dra … maar jy moenie.
Jy kan op jou hurke sit en vinnig opstaan … maar jy moenie.
Jy kan loshande op die huis se dak rondloop … maar jy moenie.
Jy kan oor ’n redelike groot plas water spring … maar jy moenie.
Jy kan jou 3-jarige kleinkind probeer inhardloop … maar jy moenie.
Jy kan jou broek sommer so in die loop aantrek … maar jy moenie.
Jy kan ’n styfpassende “help-my-beter-lyk”-T-hemp dra … maar jy moenie.
Jy kan met jou hande in jou sakke by ’n trap afhardloop … maar jy moenie.
Jy kan by die badkamer in die winkelsentrum verbyloop … maar jy moenie.
Jy kan die week se kruideniersware op een slag uit die kar dra … maar jy moenie.
Jy kan probeer om die spyskaart te lees sonder jou leesbril … maar jy moenie.
Jy kan kliphard kommentaar lewer op mense se voorkoms … maar jy moenie.
Jy kan altyd die hele rekening betaal as die familie gaan uiteet … maar jy moenie.
Hein Henze
Vriende van Bejaardes
Geseënd is hulle wat altyd verstaan
As ek bewend moet tas of struikelend gaan;
Wat weet dat my ore met moeite kan hoor,
Dat ek maklik die draad van ’n storie verloor.
Geseëend is hulle wat self sommer weet
Dat my oë swak is, en ek maklik vergeet.
Geseënd is hulle wat kastig nie sien
Dat ek koffie gemors het toe hulle bedien.
Geseënd wie lus het om rustig te wag
Terwyl ek vertel van my eensame dag;
Wat nooit sal verwyt of humeur sal verloor,
Al vertel ek die ou storie weer oor.
Geseënd wie ook deur die newels kan dring
Om die gisters weer helder na vore te bring.
Geseënd, as hulle my op my ou dag laat voel
Hul liefde en agting word eerlik bedoel,
Wat verstaan as my kragte my weifelend laat vra
Hoekom is my kruis soms so swaar om te dra?
Wat die las help verlig met hul liefde vir my
Op die skof wat my eindelik Huistoe sal lei.
WELKOM
Wij verwelkomen:
Mnr Lane; Mev Camps.
Ons vertrou dat u vinnig tuis en
gelukkig sal voel
OVERLEDEN
Mnr vd Dussen
Ons medelewe is met hul familie en vriende.
Hierdie Januarie uitgawe word vroeg versprei wat ons die geleentheid gee om ’n laaste juweeltjie vir 2025 uit Aad se pen te plaas (Red)
Bericht uit Nederland:
Het is december in Nederland. Nog geen sneeuw, nog geen nachtvorst maar over een paar dagen is het wel Kerstmis. Het mooiste feest van het jaar met lichtjes en Kerstzang en de familie gezellig om je heen. En natuurlijk het Kerstverhaal van het kind in de kribbe en Jozef en Maria als kersverse trotse ouders. Een verhaal wat steeds mooier wordt wanneer ook de herders en de wijzen uit het Oosten er bij komen. Maar een eveneens mooi verhaal is de Kerstfilm die ik een paar jaar geleden zag. De film verteld het verhaal van mensen die op Kerstavond op weg zijn naar huis om Kerstfeest te vieren. Het is druk op de weg en er ontstaat zelfs een file. Dat is iets wat niemand wil en al helemaal niet het jonge paar Josephus en Marian in hun kleine autootje. Marian is zwanger en precies in die file kondigt de baby zich aan. Josephus raakt een beetje in paniek en ook Marian wordt heel erg nerveus. Want waar moet de baby nu geboren worden nu zij vast zitten in de file. Achter het autootje van Josephus en Marian staat toevallig een auto van de ANWB wegenwacht en daar komt gelukkig hulp van. Via de boordradio roept deze wegenwachter de ANWB helikopter op en die komt even later aangevlogen met groot licht op. Het lijkt wel de ster uit het Kerstverhaal. De baby heeft kennelijk haast want daar in die file op die snelweg op die Kerstavond wordt het kindje geboren. Het verhaal gaat als een vuurtje rond tussen al die automobilisten en ze komen allemaal naar het kleine autootje van Josephus en Marian om het kindeke te bewonderen. Ze hebben ook kadootjes bij zich zoals pepermuntjes, en het wordt een hele oploop.
Natuurlijk hebt u ze herkent, Josephus en Marian als Jozef en Maria en de laatste jaren zien we hier rondom de Kerstdagen steeds meer Jozef en Maria in de stal. Gewoon op het marktplein, een levende Kerststal met een échte Jozef en Maria,
Het lijkt precies het Kerstverhaal met de herders en de wijzen uit het oosten. Plotseling is de file opgelost en gaat iedereen terug naar zijn of haar eigen auto om verder op weg te gaan naar huis en om thuis te vertellen dat zij de Kerstster hebben gezien én het kindeke,
met schapen en geitjes om zich heen, en met het kindje in de kribbe. En met de herders en de wijzen uit het oosten, en pas op 6 januari wordt de kerststal voorzichtig afgebroken om volgend jaar weer te worden opgebouwd. Het Kerstverhaal wordt op een makkelijke wijze zichtbaar gemaakt, net zoals bij al die automobilisten op die snelweg. Even was er geen haast. Even was er tijd om het kind te zien, net als iedereen die langs de Kerststal wandelt en even stilstaat bij het kind. Na 6 januari is alles weer voorbij, maar voor mij is in de file staan heel anders geworden. Juist rondom deze tijd kijk ik om mij heen of er een klein autootje naast mij staat, de ANWB wegenwacht in de buurt is en of er een helikopter aankomt. Ik wens u allemaal fijne Kerstdagen, een gelukkig 2026 en ook een keer in de file met een klein autootje naast u, met de wegenwacht en een helikopter met groot licht.
Van Aad Overvliet
VERJAARDAGEN IN JANUARI 2025
HARTELIJK GEFELICITEERD
Mnr Maritz
Me. Boerrigter
Me. den Houting
Mnr Henze
Mnr Smits
Me. Groothuijzen*
Me. Steenkamp
Me. Hepkema
Mnr van den Berg*
Me. Vorster
Mnr de Boer
Me. Kruger
Me. Heesakkers
Me. vd Dussen
Mnr Verhagen
Me. Smit
Mnr Strydom
Mnr Boerrigter
*Kroonjaar
BLOKHOOFDE
Na jare se waardevolle diens het Fred Siebrands gevra om onthef te word as blokhoof vir huise H21 tot H39. Ons bedank hom vir alles wat hy vir ons in die wyk gedoen het.
Die nuwe blokhoof vir hierdie huise is Tina Horjus. Ons verwelkom haar in ons midde en is dankbaar dat sy gewillig is om ons te help.
- Me. Heesakkers – H1 tot H20
- Me. Horjus – H21 tot H39
- Mnr Wolters – H40 tot H60
- Me. le Roux – B101 tot B108
- Me Groothuijzen (Hoof) – B109 tot B114 en B127 tot B130
- Mnr Henze – B115 tot B126
- Mnr Harding – B131 tot B138
- Mnr Blokker – W201 tot W308
BINGO
28 Januarie 2026
Hollandia zaal 19:00
NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE
Ek kan nie glo `n jaar is alweer verby nie. Ons het op 5 November ons laaste vergadering vir die jaar gehad.
Ons volgende vergadering sal eers in Februarie 2026 plaasvind. Op 19 November 2025 het die Bewonerskomitee ons twee-maandelikse vergadering met die Bestuur. Ek hoop ons sal dan meer weet van die verpligte etes.
Die parkering op die terrein bly maar `n groot probleem. Daar is weer klagtes dat besoekers tydens `n funksie of `n begrafnis voor inwoners se motorhuise parkeer. Daar is genoeg parkering op die terrein.
By die afdakke word die probleem net nie opgelos nie. Inwoners kom ons werk saam ! ! Ons weet almal wat beteken `n soliede geelstreep !
Die inwoners wil weereens vir Gerda en haar span so-ook al die vrywillige inwoners wat behulpsaam was om die mark so `n sukses te maak bedank. Die kantoorpersoneel en Kobus met sy span verdien `n spesiale woord van dank.
Na `n heerlike Kersete, wat die hoogtepunt van die jaar is, is daar weer `n datum wat u moet aanteken:
Op 3 Desember vind ons Sinterklaasfees plaas. Ek wonder wie hierdie jaar deur Sinterklaas voor stok gekry gaan word. Onthou “Piet” is ook nog daar met sy sak.
Die Bestuur het die afgelope tyd heelwat aandag aan onderhoud gegee bv.
- Alle geute is skoongemaak.
- Die siekeboeg se geute is herstel.
- Die dakke van die woonstelle se motorhuise is skoongemaak en herstel waar nodig.
- `n Gedeelte van die wandelpaaie is vervang.
- Die kragopwekker is voorsien van `n dakkie om roes te voorkom.
Die Bestuur word bedank vir ons pragtige nuwe wandelpaaie. (Nou hoef ons nie meer ons voete so hoog op te tel nie! ! ! )
De Meerpaal is bekend vir sy pragtige gemeenskaplike tuine, waarop ons almal baie trots is. Hier is ook inwoners wat ywerige tuiniers is. Ongelukkig word daar soms skelmpies steggies by ander tuine afgebreek of soms word sommer die hele plant verwyder. Kom ons vra maar vir `n steggie as u dit so graag wil hê. As ywerige tuinier sal u ook nie daarvan hou as u plante verniel word nie
Die Bewonerskomitee en al die inwoners wil graag die Bestuur en al die werkers hartlik bedank vir hul ywer, geduld met die inwoners, en hul harde werk om De Meerpaal vir ons inwoners so ongelooflik te maak.
Die Bewonerskomitee wens die Bestuur, werkers en al die inwoners `n geseënde en vreugdevolle Kersgety toe en voorspoed vir die nuwe jaar.
Baie groete
Nelke Ribberink
DE MEERPAAL MARK 2025
Tydens die mark is looitjies verkoop vir ’n bottel 16 jaar Glenfiddich whisky.
Vir R50 kon jy twee nommers kies.
64 nommers is gekies en met die trekking by koffie-oggend op 19 November was die gelukkige wenner Mnr Smits! Baie geluk – Geniet hom
KOFFIE-OGGEND
Ons gesellige koffie-oggende was weer vol verassings:
27 Augustus, Neder-land, Water-land, Rampen-land.
Luuk Hepkema gee ’n interessante kykie na die onststaan van Nederland, die geskiedkundige stryd teen die watervlak met die bou van dyke, die rol van die watermeulens, en die moontlike ramp wat Nederland in die gesig staar tydens toekomstige vloede en die stygende watervlakke weens aardverwarming.
Op 3 September 2025 beleef ons ’n gevoelvolle aanbieding van Amore Galore
Johan Coertzen (tenoor) en Melissa Gerber-Venter (sopraan) met begeleiding deur Marina Mentz gee ’n uitvoering wat mens hoendervleis gee. Die twee kuntenaars bekoor ons met bekende arias, populêre Afrikaanse liedere en treffermusiek uit flieks en operettes.
ONWETTIGE PARKERING
Die kantoor sluit op 24 Desember en heropen op 5 Januarie 2026
Vast, wekelijks programma
Zoals gebruikelijk; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.
MAANDprogramma:
09:00 09:00 10:00 13:30 19:00 | Busdienst; zie hierboven Oefeningen in Hollandia Zaal Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek Klaverjas Sjoelen |
09:00 14:30 18:30. | Bloeddruk kliniek tot 10:30 Bijbelstudie Bridgeclub |
09:45 14:00 | Koffieochtend; zie hierboven Koorrepetitie |
09:00 09:30 15:00 | Busdienst; zie hierboven Put-put Bijbelstudie |
09:00 09:00 | Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats Bus naar Willow Crossing. |

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.
Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Peet Delport
Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal
Vaste medewerkers: Aad Overvliet
Afsluitdatum voor nieuwe bijdragen uiterlijk 15de van elke maand aan Peet Delport: p.delport@mweb.co.za
De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.
