DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS
UIT DE PEN VAN DE VOORZITTER
Liewe Inwoners van De Meerpaal,
Die afgelope maand het betekenisvolle vordering gebring, veral op die gebied van finansiële beplanning en energie-infrastruktuur. Verskeie prosesse wat reeds lank in wording is, begin nou tasbare momentum toon.
Francien Grootendorst is tans besig met die opstel van die 2027-begroting, wat binnekort gereed sal wees vir voorlegging aan die bewonerskomitee. Hierdie begroting bring besondere uitdagings mee, aangesien die besluit om ons beleid rakende verpligte etes te verander, finansieel verreken moet word.
Hierdie beleidsverandering laat ’n beraamde tekort van ongeveer R 500 000 per jaar. Ons voorneme is om hierdie bedrag oor ’n tydperk van drie jaar geleidelik in die kostestruktuur in te faseer, sodat die impak op inwoners se heffings so beperk as moontlik bly. Dit verg noukeurige beplanning, realistiese aannames en verantwoordelike bestuur van ons kontantvloei en reserwes.
Met die installasie van die grootmaatmeter is ’n belangrike strukturele mylpaal bereik. Hierdie stap stel ons in staat om ons energie-opwekking en -verbruik meer geïntegreerd te bestuur en die voordele van ons bestaande sonkragstelsel verder uit te brei na De Meerpaal as geheel.
’n Gespesialiseerde ingenieursfirma het reeds waardevolle voorstelle gemaak om op ons bestaande infrastruktuur voort te bou. Ons is tans besig om hierdie oplossings finansieel en tegnies te verfyn sodat dit binne ons begrotingsraamwerk pas. Die benadering is gefaseerd en berekend, met die doel om langtermyn stabiliteit en energie-sekuriteit te verseker.
Terwyl Antoinette ’n welverdiende blaaskans geneem het, het Ilona die operasionele bestuur alleen hanteer. Ons vertrou dat inwoners haar met besondere begrip behandel het terwyl sy twee rolle moes vervul — en indien daar ekstra versoeke was, hoop ons dit is met ’n glimlag gedoen.
Met die oog op verdere administratiewe ondersteuning oorweeg ons klein aanpassings aan die hoofadministrasiegebou om werkruimte vir ’n addisionele personeellid te skep, asook verbeterde stoorruimte vir die Hollandiasaal. Hierdie verbeterings is gerig op groter doeltreffendheid en volhoubare ondersteuning van ons dienslewering.
Dankie vir julle betrokkenheid en insette. Verdere ontwikkelinge sal met julle gedeel word soos elke proses sy volgende mylpaal bereik.
Deur Nils Tania
Voorsitter van die Bestuurskomitee
NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE
Die Nuwejaarsfunksie op 30 Januarie 2026 ! ! Wat `n wonderlike geleentheid was dit nie om die nuwe jaar op so `n vrolike noot te begin. (92 inwoners het die saal vol gesit). Gerda en haar O & O-span word hartlik bedank vir die puik en keurige geleentheid.
Die Bewonerskomitee het reeds op 21 Januarie met die Bestuur vergader. (Dit was maar moeilik na so `n lekker lang vakansie).
Die Bewonerskomitee se vergadering het op 4 Februarie plaasgevind. Al die lede was teenwoordig behalwe Jan Windt wat ongesteld was. Ons wens hom alle beterskap toe.
Uiteindelik, na `n lang gewag, gaan die “bulkmeter” in werking tree. Die elektriese slimmeters is geinstalleer. Inwoners met voorafbetaalde meters moes hul meters inhandig. (tot ons spyt ! !) en nou is ons ook deel van die “bulkmeter” familie.
Ongelukkig gaan daar nou persone wees wat werkloos gaan wees a g v die “bulkmeter”. Aan die getroue meterlesers wat op `n spesifieke dag elke maand vroeg moes opstaan om die meters te lees, ons hartlike dank.
Ons wil ook graag ons “reënman” Sieg bedank wat ons altyd ophoogte hou van die reënval in ons omgewing. Kyk gerus op die aansteekbord. Sieg was November en Desember baie besig met al die reën.
Daar is `n vriendelike versoek. Die voorportaal is `n tyd gelede opgegradeer. Peet het `n pragtige staander gemaak vir ons koerante en tydskrifte asook `n houer vir afvalpapier. Sommige inwoners hou ongelukkig nie van die Rekord se advertensies nie dus word die advertensies uitgehaal en net bo-op die blad gelaat. Daar is mos `n spesiale houer onder vir afvalpapier! Plaas asseblief die advertensies daarin. Baie dankie
Anneke sorg ook altyd vir `n goue gedagte op die aansteekbord. Baie dankie Anneke.
Die afgelope tyd het ons dikwels kragonderbrekings gehad. Dit was vir ons almal ontwrigtend. Dis ontoelaatbaar om `n elektriese verlengingskoord aan te bring vanaf die muurprop by die woonstelle se trappe vir privaat gebruik. Die situasie kan `n risiko inhou indien `n inwoner daaroor val. Onthou ! Indien enige klagtes ondervind word rapporteer die klagte by die blokhoof.
Ons as inwoners is so gelukkig in De Meerpaal. Kom ons besoek so af en toe die versorgingseenheid om met die inwoners (wat nie so gelukkig soos ons is nie) `n geselsie aan te knoop of selfs `n grappie met hul te maak. Ons besoekies Kan hul dag tog so ophelder. (Ons het mos tyd)
Baie groete
Nelke
WELKOM
Wij verwelkomen:
Mnr en Mev Rossouw
Ons vertrou dat u vinnig tuis en welkom sal voel
OVERLEDEN
Mnr AG Strydom
Mev VEM Marais
Mev M du Preez
Ons medelewe is met hul familie en vriende.
WITTE OLIFANT / JUMBELINAS

IN MAART HOU ONS SOMER UITVERKOPING
- Dinsdag 3 Maart 7:30-9:00 en 14:00-15:00
- Woensdag 4 Maart 11:30-13:00
- Dinsdag 10 Maart 7:30-8:30
WINTERVERKOPING BEGIN
- Dinsdag 31 Januarie 7:30 – 09:00 en 14:00-15:00
- Woensdag 1 April 11:30 – 13:00
- Dinsdag 7 April 07:30 – 08:30
Elly Mestrum of Ineke Funk.
LEVEN
Geweldig wat het leven met je doet,
Het tilt je op naar hemelhoge toppen,
En vlecht Een krans van bloemen om je hoed, Het siert je tuin met duizend rozen knoppen.
Maar steeds als je te hoog vliegt van de grond, Dan grijpt het leven zich bij je kladden En zet je weer neer op het stekkie waar je stond, En in een mum van tijd is hebben – hadden.
Leven dat is zien met je ogen open,
Leven is zien dat je voeten lopen.
Leven is zien en leven is horen,
Weten dat je niet voor spek en bonen bent geboren.
Van Anneke
VAN DIE BIBLIOTEEK
Kolle, kolle, net waar jy kyk
Wat sou dit tog beteken?
Daar is seker genoeg lesers wat weet dat ons in De Meerpaal biblioteek ’n afdeling vir nie-fiksie het.
Ingeval daar ondudelikheid is by iemand:
Nie=fiksie boeke is in breë kennisvelde ingedeel.
Dit word aangedui deur verskillende kleurkodes en daarvolgens op die rakke gerangskik bv. ROOI vir avontuur, PERS vir kuns , GROEN vir natuur ensovoorts.
Nie-fiksie boeke vind jy in die rakke weerskante van die deurloop na die versameling Engelse literatuur en regs om die draai as jy deur die deurgang is.
Volg die kleurkodes wat teen die rak aangebring is en dan die ooreenstemmende kleurkolle op die rugkant van die boeke.
Geniet die interessante boeke wat jy daar vind.
Thea
ST VALENTINE WAS BY DE MEERPAAL
HOE ROOIER HOE MOOIER
Op 11 Februrie het ons Valentynsdag gevier in die Hollandia Zaal. En was dit nie ‘n heerlike oggend nie! Die saal was vol, die meeste mense in rooi of minstens met ‘n serpie of iets.
Gerda de Wagenaar doen soos so dikwels die afkondigings, maar vir die geleentheid is haar kop getooi met rooi harte wat saam beweeg soos sy beweeg.
Toe kom ons seremoniemeester Maria van Schalkwyk vorentoe,ook met rooi harte op die hare. Sy vertel bietjie oor die agtergrond van hierdie dag wat baie mense tog maar as ‘n geldmakery beskou; Rooi rose en parfuums is dan skielik duurder!
Op die tafels was rooi harte en na ons koppie koffie met Red Velvet gebak (bewoners weier om saam te speel sonder koffie!) verduidelik Maria wat ons gaan speel: Op die tafels is rooi harte met ‘n wit agterkant; elke tafel kies ‘n naam vir sy deelnemers waarna mense sinne kan opskryf wat volgens hulle betrekking het op Valentynsdag. Anneke lees ’n paslike gedig en die tafels se geskrifte word later voorgelees. Dit wissel natuurlik van sentimenteel tot spitsvondig. Dit was wel opvallend dat die mannetafel maar afsydig was; vind hulle speletjies flou of is hulle onromanties?!
Ons drink ‘n glasrooi koeldrank, verdeel die ballonne en gaan huistoe terwyl die inwoners wat al lank hier bly, saamstem dat dit die beste Valentynsdag ooit was.
MINI-GHOLFKLUB
Op 5 Februarie is die mini-gholfklub se algemene jaarvergadering in die “nuwe KLUBHUIS” gehou.
Peter van Hoven, die voorsitter, het almal welkom geheet en ’n paar hoogtepunte uit die jaar se werksaamhede uitgelig. Ons lede het gehelp met ons kaste in die KLUBHUIS en instandhouding van ons baan en en na heelwat skuur en verf lyk die bane sommer weer nuut. Harry is ook bedank vir sy aandeel om die tuine netjies te hou.
Die finansies is gesond en die klubgelde in onveranded gelaat vir 2026.
Het bestaande Mini-golf klub bestuur is herkozen, tewete: Peter van Hoven (Voorzitter en Spelleider), Imogene Groothuijzen (Adjunk Voorzitter & Verversings) en Stijntje Delport (Penningmeester & Sekretaris).
Daar zijn ook wisseltrofee prijzen uitgereikt voor de beste mans speler (Peet Delport), de beste dames speler (Betti Tania) en de meeste kolhouwen gedurende het jaar (Peet Delport.
Daarnaast kreeg Peet Delport een speciale vermelding voor het beste baanrecord in een enkel spel (32).
De Meerpaal Mini-golf klub is het Bestuur van de Meerpaal en het Bewonerskommitee heel erg dankbaar voor de financiele ondersteuning met betrekking tot het KLUBHUIS en vertrouw dat ook de andere inwoners van de Meerpaal de KLUBHUIS nog lang kunnen genieten.
Na die vergadering in ’n rondte mini-gholf gespeel waarna ons gesellig saam verkeer het en versnaperinge geniet het.
As jy nog nie gespeel het nie, kom loer gerus in op ’n Donderdagoggend kyk of jy nie ook lus kry om aan te sluit nie.
Peter van Hoven en Stijntje Delport
Die dames- en manswenner vir 2025.
Betti Tania en Peet Delport
BINGO
Weer op 11 Maart 2026
Hollandia zaal 19:00
HOBBYCLUB HOU OPRUIMING
Op Vrydag 6 Maart 2026, om 09:00 hou lede van die hobbyclub hulle jaarlikse opruiming in die Hollandiazaal.
Die volgende items is onder andere beskikbaar:
- Tafeldoeke van verskillende groottes.
- Verskeidenheid van materiale geskik vir vele doeleindes.
- Verskeie kramery (“haberdashery”) artikels
Kom loer gerus, dalk kry jy net die atikel waarna jy al lank op soek is.
OPGRAWINGS IN DE MEERPAAL??
Nee, nee, dis net om jou aandag te trek ! WOENSDAG 11 Maart met die koffie oggend het ek professor MAGDEL LE ROUX uitgenooi. Sy is afgetree by UNISA se Departement Ou Testament en Bybelse Argeologie en het baie kennis en ervaring van opgrawings in Griekeland, Turkye, Iran en Midden Ooste.
Sy gaan ons verras met “Fassinerende ontdekkings met uitgrawings uit die bybelse wêreld”.
Kom luister en bring jou buurman/buurvrou saam.
SIEN JOU DAAR.
Luuk Hepkema
Iewers in Windhoek – Namibië Ingestuur deur Luuk Hepkema
Bericht uit Nederland:
Nederland kent ze nog, niet meer zoveel als vroeger, maar toch nog genoeg om er eens een keertje aandacht aan te besteden.
De kleine dorpjes, gehuchten en buurtschappen waar families al generaties lang wonen. Het karakter in zo’n dorpje is vaak al behoorlijk veranderd. Eerst ging de school weg, daarna de kerk, de plaatselijke kruidenier en soms zelfs het café. Kortom,……..aan al die voorzieningen is de afgelopen periode behoorlijk geknaagd. Maar ze zijn er nog en ze willen blijven !
Of dat voor het dorp als “Moerdijk” ook nog mogelijk is, is de vraag. Moerdijk, in het westen van Noord Brabant, moet helemaal verdwijnen om plaats te maken voor uitbreiding van industrie en haven. Een heel dorp dus wat er over tien jaar niet meer zal zijn.
De huidige dorpen, gehuchten en buurtschappen vragen dus aandacht voor hun bestaan én voor behoud van de leefbaarheid in hun dorp. Leefbaarheid betekent dus dat de noodzakelijke voorzieningen als kruidenier en café in een dorp minimaal aanwezig moeten zijn. En in een leefbaar dorp moet ook ruimte zijn voor sport en spel. Kortom,…..er is nog genoeg te doen, maar hoe doen ze dat dan in het buitenland ?
Om daar achter te komen heeft de VKKL (Vereniging Kleine Kernen Limburg) een studiereis georganiseerd naar Oostenrijk. Juist daar zijn nog veel van die kleine bergdorpjes te vinden die ’s-winters vaak afgelegen en moeilijk bereikbaar zijn, en waar de bewoners hebben geleerd hoe het dorp leefbaar te houden, en dus ook in de winter. Op het moment dat u dit leest ben ik met de VKKL al weer terug van deze studiereis en waar we gesproken hebben met de bewoners en de bestuurders van deze dorpjes om te horen en te zien hoe men in een klein dorp werkt aan het leefbaar houden voor jong en oud. Met name dus ook voor “jong” omdat daarmee ook het voortbestaan van het dorpje kan worden gewaarborgd.
De aanpak zoals we die we in Oostenrijk hebben gezien, de gesprekken met de inwoners, de manier waarop men de jongeren in het dorp wil houden ( dus ook werkgelegenheid en wonen) hebben we mee teruggenomen naar huis en gaan we proberen toe te passen op de situaties in onze eigen dorpen. Met een nieuw kabinet in Nederland en met alle goede voornemens moet dat toch lukken.
Dat we daar de hulp van de inwoners zélf bij nodig hebben spreekt voor zich en dat de Overheid in e.e.a. ook haar steentje moet bijdragen is zonder meer een feit, maar de eerste stap zal gezet moeten worden door de bewoners zelf. VKKL kan daar een handje bij helpen en wie weet wordt er de komende jaren zo hard gewerkt aan de leefbaarheid in onze dorpjes, dat de inwoners uit de bergdorpjes in Oostenrijk bij ons komen kijken en wij kunnen vertellen hoe dit alles hier is opgepakt, en hoe we naast onze mooie en soms lawaaierige steden die mooie dorpjes toch hebben kunnen behouden.
Van Aad Overvliet
VERJAARDAGEN IN MAART 2026
HARTELIJK GEFELICITEERD
Me. Landman
Me. Bartlett
Mnr de Bont
Me. Vos
Me. Lykiardopolus*
Me. Bredell
Mnr Blokker
Mnr Tewes
Me. Vermeulen
Me. Peens
Me. van der Merwe
Me. vd Putte
Mnr Maurer*
Me. Grobler*
Mnr de Villiers
Mnr Blum
Mnr Wegman
Me. Falch
Mnr Schneider
Mnr Offerman
Me. de Lange*
*Kroonjaar
DIE GESKIEDENIS VAN VORSKOTE
Ek dink nie ons kinders weet wat ‘n voorskoot is nie. Die hoofgebruik van Ouma se voorskoot was om die rok daaronder te beskerm, want sy het net ‘n paar gehad. Dit was ook omdat dit makliker was om voorskote te was as rokke en voorskote wat minder materiaal gebruik het. Maar daarmee saam het dit as ‘n pothouer gedien om warm panne uit die oond te haal.
Dit was wonderlik om kinders se trane af te droog, en is by geleentheid selfs gebruik om vuil ore skoon te maak.
Van die hoenderhok is die voorskoot gebruik om eiers, kieskeurige kuikens en soms half-uitgebroeide eiers te dra om in die warm oond klaargemaak te word.
Toe geselskap kom, was daardie voorskote ideale wegkruipplekke vir skaam kinders..
En toe die weer koud was, het Ouma dit om haar arms gedraai.
Daardie groot ou voorskote het menige sweet voorkop afgevee, gebuig oor die warm houtstoof.
Spaanders en aansteekhout is in daardie voorskoot die kombuis ingebring.
Uit die tuin het dit allerhande groente gedra. Nadat die ertjies uitgedop is, het dit die skille gedra.
In die herfs is die voorskoot gebruik om appels in te bring wat van die bome geval het.
Toe onverwagte geselskap die pad opry, was dit verbasend hoeveel meubels daardie ou voorskoot binne ‘n kwessie van sekondes kon afstof.
Toe aandete gereed was, het Ouma op die stoep uitgestap, haar voorskoot geswaai, en die manne het geweet dis tyd om van die lande af in te kom vir ete.
Dit sal lank duur voordat iemand iets uitdink wat daardie ‘outydse voorskoot’ wat soveel doeleindes gedien het, sal vervang.
Ek weet nie hoeveel kieme op daardie voorskoot was nie.
Maar ek het nog nooit iets van ‘n voorskoot af behalwe liefde ontvang nie.
– skrywer onbekend
BLOKHOOFDE
- Anneke Heesakkers – H1 tot H20
- Tina Horjus – H21 tot H39
- Bep Wolters – H40 tot H60
- Angeline le Roux – B101 tot B108
- Imogene Groothuijzen – B109 tot B114 & B127 tot B130
- Hein Henze – B115 tot B126
- Graham Harding – B131 tot B138
- Joop Blokker – W201 tot W308
KOFFIE-OGGEND
Ons gesellige koffie-oggende was weer vol verassings:
27 Augustus, Neder-land, Water-land, Rampen-land.
Luuk Hepkema gee ’n interessante kykie na die onststaan van Nederland, die geskiedkundige stryd teen die watervlak met die bou van dyke, die rol van die watermeulens, en die moontlike ramp wat Nederland in die gesig staar tydens toekomstige vloede en die stygende watervlakke weens aardverwarming.
Op 3 September 2025 beleef ons ’n gevoelvolle aanbieding van Amore Galore
Johan Coertzen (tenoor) en Melissa Gerber-Venter (sopraan) met begeleiding deur Marina Mentz gee ’n uitvoering wat mens hoendervleis gee. Die twee kuntenaars bekoor ons met bekende arias, populêre Afrikaanse liedere en treffermusiek uit flieks en operettes.
ONWETTIGE PARKERING
Vast, wekelijks programma
Zoals gebruikelijk; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.
MAANDprogramma:
09:00 09:00 10:00 13:30 19:00 | Busdienst; zie hierboven Oefeningen in Hollandia Zaal Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek Klaverjas Sjoelen |
09:00 14:30 18:30. | Bloeddruk kliniek tot 10:30 Bijbelstudie Bridgeclub |
09:45 14:00 | Koffieochtend; zie hierboven Koorrepetitie |
09:00 09:30 15:00 | Busdienst; zie hierboven Put-put Bijbelstudie |
09:00 09:00 | Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats Bus naar Willow Crossing. |

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.
Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Peet Delport
Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal
Vaste medewerkers: Aad Overvliet
Afsluitdatum voor nieuwe bijdragen uiterlijk 15de van elke maand aan Peet Delport: p.delport@mweb.co.za
De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.