DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS
SATERDAG, 8 NOVEMBER 2025
TOEGANG EN PARKERING
Die toegangshek slegs vir voetgangers is in Ou Klipmuur en PARKEERPLEK is gereël in die terrein oorkant De Meerpaal se hek. Die hoofhek in Stellenbergweg is gesluit van 08:00 tot 15:00 tydens die mark:
Toegang is R10,00 per persoon en slegs kontant word aanvaar.
BETAALMETODES
Koepons vir die aankoop van eet- en drinkgoed is te koop by een van die twee betaalpunte. Een betaalpunt is in die Hollandia zaal, die ander naby Bennie Braai (die lapa by die swembad).
Die ander stalletjies op die mark aanvaar elkeen sy eie betaalmetodes. Dit kan wees kaarte, of kontant of elektroniese oorbetaling (EFT).
Sleg kontant word aanvaar vir inskrywingsgeld by die mini-gholf ope dag.
AANBIEDINGS
Die mark se interssante aanbiedings is almal in die omgewing van die Hollandia zaal en die sorgsentrum.
IN DIE HOLLANDIA ZAAL IS DIE VOLGENDE:
Koffie/tee met appeltert en room | Boekverkoping | Handgemaakte kaartjies |
Handwerk | Kaas | Koekies (tuisgebak) |
Soete inval (eetgoed uit Nederland) | Peuselhappies | Krale |
VOOR DIE HOLLANDIA ZAAL OP DIE GRASPERK
Koffie/tee met appeltert kan in die saal gekoop en daar is tafeltjies en sambrele op die gras voor die saal waar u die koffie en tertjies kan geniet.
Hier is ook ’n kindertafel waar kinders besig gehou sal word met verfwerk.
INTERESSANTHEDE LANGS DIE PAD VOOR DIE SORGSENTRUM:
1 Bekers ens | 7 | Blikhouers en ander versamelstukke | 13 Handsakke | |
2 Baba doopklere | 8 | 14 Kostuum juwele, fyn kralewerk, gebreide items | ||
3 Geverfde klip ens | 9 | |||
4 Gehekelde items | 10 Plante | 15 | Witte olifant | |
5 Hout artikels | 11 Quilting idees ens | 16 | ||
6 Skoene | 12 Beskuit | 17 | ||
EET- EN DRINKGOED OP DIE SUIDELIKE GRASPERK NABY BENNIE BRAAI (DIE LAPA BY DIE SWEMBAD): SLEGS KOEPONS WORD AANVAAR VIR DIE EET- EN DRINKGOED
Pannekoek | Boereworsbroodjies | Koeldrank, water en bier 0% |
Friete (Aartappelskyfies/chips) | Poeding | Kroketten |
Haring met broodjies | Rookworst met broodjie |
|
Hier is ook tafeltjies en sambrele vir eet en kuier
Op die plaveisel onder die skaduboom voor die sorgsentrum is daar musiek en baie tafeltjies met stoele vir eet en kuier.
Die mini gholf ope dag word aangebied op die bane by die klubhuis. Daar is pryse en ook ’n tafel met koeldranke en water. Sien ook die mini-gholf berig elders in hierdie uitgawe.
WAT IS ‘N FEES SONDER BOEKE?
Natuurlik gaan daar in die Hollandiasaal lekker lees Afrikaanse, Engelse en Nederlandse boeke teen billike pryse te koop wees.
Baie spesiaal is die groot afdeling pragtige koffietafel boeke, nie net ter wille van die mooi afbeeldings daarin nie maar ook vir die inligting wat dit dra. Vanjaar sal daar veral ‘n groot verskeidenheid kuns boeke met wonderlike kleur plate te koop wees.
Kom kyk en kom koop!
Elke
De Meerpaal MINI-GHOLF OPEDAG op 8 November 2025
Tydens De Meerpaal mark word die mini-gholfclub se baan met 18 putjies oopgestel sodat u vernuf met ’n setstok getoets kan word.
Inskrywings kos R40,00 per persoon maar ‘n span van 4 spelers kan inskryf vir R100,00 per span.
Die gemiddelde syfer op die baan is tans 45 houe. U kan die helfte van die inskrywingsgeld terugwen indien u span van 4 se totale telling minder is as 180 houe. ’n Telling van minder as 45 houe is van toepassing op enkel inskrywings.
Let asseblief daarop dat ons as gevolg van hierdie metode om prysgeld te bepaal, slegs kontant inskrywingsgelde kan ontvang.
U kan by die Klubhuis inskryf vanaf 09:30 die oggend en u speel sodra u klaar ingeskryf het. Hier is stokke en balle beskikbaar maar as u meer vertroud is met u eie stok en gholfbal is u welkom om dit saam te bring.
Indien u sou belangstel kan u reeds op Donderdag 6 November 2025 tussen 14:00 en 16:00 inskryf en daarna die baan besigtig en kosteloos ‘n paar houe slaan om ’n gevoel vir die baan te kry.
Skakel asb vooraf vir Stijntje by 082 972 3301 as u Donderdag reeds wil inskryf en oefen.
WITTE OLIFANT / JUMBELINAS
Nuwe Tye
Baie dankie vir al die skenkings; Ons ontvang graag nog mooi items om te verkoop by die mark op 8 November.
VOLGENDE GEWONE VERKOPINGS
- Dinsdag 28 Oktober 7:30 – 09:00
- Woensdag 29 Oktober 11:00 – 12:30
- Dinsdag 25 November 07:30 – 09:00
- Donderdag 27 November 11:00 – 12:00
Lewer asb artikels af by Elly Mestrum of by Ineke Funk (oorkant Witte Olifant)
OOK BY DE MEERPAAL MARK
WELKOM
Welkom aan Barbara Kirsten, Olga Swanepoel, Megan Kruger, Hester Kruger, Lianne Steenkamp en Cathariena Peens.
Ons vertrou dat u vinnig tuis en gelukkig sal voel.
OVERLEDEN
Mnr Louis van Mierlo
Mnr Manie Visser
Ons medelewe is met hul familie en vriende.
BINGO
19 November 2025, 19:00, Hollandia zaal
UIT DE PEN VAN DE VOORZITTER
Liewe Inwoners van De Meerpaal,
Ongelukkig het ons nog geen terugvoer van die munisipaliteit ontvang oor die installasie van die grootmaat-kragmeter nie. Daar is dus sedert die vorige verslag geen verdere vordering op daardie front nie, maar ons bly opvolg en sal julle dadelik in kennis stel sodra daar nuus is.
Intussen, nou dat daar meer finansiële sekerheid is ná die goedkeuring van die begroting en die leningfasiliteit, kon bestuur begin met ’n instandhoudingsveldtog volgens die prioriteitslys wat saam met die Inwonerskomitee opgestel is. Julle sal reeds sekere sigbare verbeteringe opmerk — en daar is nog meer op pad.
Met vriendelike groete,
Nils Tania
Voorsitter, Bestuurskomitee
NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE
Oktober is die mooiste, mooiste maand. Is dit nie wonderlik om te sien hoe die natuur ontwaak na hul winterslaap?
Net toe ons gedink het die Somer is hier, trek die weer ons `n streep en is ons warmklere weer nader getrek.
Op 1 Oktober het ons, ons Bewonerskomitee vergadering gehou. Gerda het die komitee op hoogte gebring van die reëlings vir ons mark op 8 November. Het u die datum aangeteken op u kalender? Dis baie belangrik dat die inwoners die kinders en besoekers inlig dat geen parkering op die terrein toegelaat gaan word nie.
Die markkomitee word alle sterkte toegewens en ons hoop dat alles volgens plan verloop. (Veral die weer) ! !
Soos Antoinette reeds tydens `n koffie-oggend verduidelik het wag ons nou in spanning om te verneem wanneer die grootmaatmeter vir elektrisiteit in werking gaan tree. Die inwoners wat voorafbetaalde meters het sal so verlig wees wanneer die dag aanbreek. (Ons koop elke paar dae krag)
Soos die inwoners miskien opgemerk het is ons sonpanele weer blink nadat `n maatskappy al die winterstof verwyder het. Twee van ons inwoners se panele is ook weer blink nadat die maatskappy hul panele ook onderhande geneem het.
Dit lyk of die probleme met die noodknoppies nou opgelos is. Die noodknoppies wat buitewerking was is voorsien van `n “booster”en `n nuwe battery.
Die onwettige parkering by die afdakke bly `n groot probleem. Die inwoners van die huise word gevra om asseblief saam te werk en die besoekers te vra om op die voorste parkeringarea te parkeer. As die besoekers teen die muur by die afdakke parkeer skep dit probleme vir persone wat hul motor onder die afdak wil gebruik.
Dan `n groot verrassing ! ! Die hoogtepunt van die jaar. Ons Kersete vind op 26 November plaas. Daar word al druk beplan. Onthou u nog hoe pragtig die saal was en natuurlik die spyskaart ! ! ! Die Bewonerskomitee het `n donasie van R6 000,00 gegee. Baie dankie ! ! ! Elke ete kaartjie word met R30,00 gesubsidieer. Dus sal die ete kaartjie R120,00 kos i p v R150,00.
Onthou asseblief om geen dooie voëls met u kaalhande op te tel nie. Laat die kantoor asseblief weet indien `n dooie voël gewaar word. Voëlgriep is nog steeds met ons.
Baie groete
Nelke
Brief uit Nederland:
November………slachtmaand,
De zomer is voorbij en de winter komt er aan. Momenteel kun je zelfs in de winter verse aardbeien eten, maar dat was hier vroeger ( en nog niet eens zo lang geleden) wel anders. De laatste maanden van de herfst was het noodzaak om de voorraad eten voor de wintermaanden op orde te hebben. Dus werden de weckpotten en de weckketel uit de kelder gehaald om de boontjes en de appels en de peertjes in “te wecken”. En dan maar hopen dat het wecken was geslaagd en de weckpotten dus dicht bleven en in de kelder kon worden teruggezet. Nou ja,…..er ging er wel eens eentje open, en eentje…och.
Naast het wecken werden ook vaak de snijboontjes op zout gezet in zo’n mooie bruine keulsepot met een theedoek er overheen en afgedekt met een rond houten bordje en daar weer een steen op. Maar met de komst van de supermarkten en de vriezer raakte dit alles in de vergetelheid en werd dit allemaal voltooid verleden tijd.
Werd alles voltooid verleden tijd ? Nee, in het Boerenbondmuseum in Gemert (Noord Brabant) wordt de traditie van de november slacht nog volop in ere gehouden en wordt deze traditie voortgezet. Tijdens de slachtdag worden niet alleen de methoden en gebruiken van weleer getoond, zoals het varken op een ladder spannen ( het varken “leren”) maar komt ook het vlees bewerken aan de orde. Op een slachtdag word net als vroeger niets verspild. Na het slachten en uitbenen word elk deel van het dier gebruikt. Vlees word verwerkt tot bijvoorbeeld verse worst, balkenbrij en van de kop maakt men zult. Hammen
worden gerookt en op zolder gehangen om te drogen en vetten worden gebruikt voor koken en zelfs organen worden omgetoverd tot voedzame gerechten. Het is een feest om op de slachtdag in dit Boerenbondsmuseum te gast te zijn en hier krijgen bezoekers ook de gelegenheid om historische gerechten te proeven die met deze oude technieken zijn bereid. Zo proeven bezoekers de smaak van het verleden, vaak bereid volgens familierecepten die generaties lang zijn doorgegeven. Veel van vroeger is verloren gegaan en vervangen door nieuwe technieken en methodes en daarom is een “ouwerwetse” slachtdag als deze zo belangrijk om de jeugd van vandaag te kunnen laten zien hoe gebruiken van toen, zijn uitgegroeid tot productietechnieken van vandaag. En natuurlijk zijn er heel veel boeken geschreven over het koken van vroeger en hoe we dat nu kunnen nadoen in de magnetron, maar het smaakt toch anders. De kippensoep komt uit een pakje of maken we zelf van kippen-dijtjes, maar vroeger werd de kip geslacht (liep dan nog een rondje zonder kop) werd gewassen en geplukt en zat ’s-avonds al in de soep. E
n de kinderen speelden met de kippenpoot die je kon samentrekken met het spiertje. Maar zelf een kip slachten doen we niet meer ! Dus waar ben ik straks te vinden op zondag 2 november ? Op de slachtdag in het Boerenbondsmuseum en ik ga mij daar te goed doen aan heerlijke worst en echte Brabantse zult en balkenbrij. Ik verheug mij er nu al op en zal u graag laten weten hoe het was en vooral hoe lekker het allemaal was.
Van Aad Overvliet ons Nederlandse medwerker
Dit maak nie saak
hoe jy voel nie.
Staan op, trek aan.
daag op, en moet
nooit opgee nie.
Anoniem.
UIT DIE BIBLIOTEEK
Die Troebadoer deur Marie Heese
Die Troebadoer is ‘n allegoriese vertelling wat plaasvind in geen spesifieke land en tyd nie.
Daar is oorlog in die land toe Theodorus die troon gryp en die land deur onredelike belastings vernietig .
Die troebadoer, wat in sy stryd teen Theodorus gewond is, word in die hospitaal wakker sonder geheue, oog en verskeie vingers. Die non wat hom verpleeg het, gee hom ‘n luit, waarmee hy sy brood op pad kan verdien.
Gedurende sy omswerwinge sluit ‘n gehawende hond, Flenters, by hom aan. Later sluit verskeie ander mense by hom aan. Onder andere Irina met haar fluit en donkie, Basjan, wat sou opgehang word met sy perd en vielle (‘n antieke snaarinstrument); Rufus, met sy beuel, Simon sonder tone, bespeel ‘n tamboeryn en Zander en Cecilia vlug van haar pa wat haar wou verkoop.
Op pad na die Grootstad tree die musikante oral op.
Maar wat lewer die troebadoer se terugkerende geheue op, wat vind hulle op pad? En wat is die noodlot waarheen almal op reis is?
Die Troebadoer is op die De Meerpaal biblioteek se rakke
Marie Wybenga
KOFFIE-OGGEND
Ons gesellige koffie-oggende was weer vol verassings:
27 Augustus, Neder-land, Water-land, Rampen-land.
Luuk Hepkema gee ’n interessante kykie na die onststaan van Nederland, die geskiedkundige stryd teen die watervlak met die bou van dyke, die rol van die watermeulens, en die moontlike ramp wat Nederland in die gesig staar tydens toekomstige vloede en die stygende watervlakke weens aardverwarming.
Op 3 September 2025 beleef ons ’n gevoelvolle aanbieding van Amore Galore
Johan Coertzen (tenoor) en Melissa Gerber-Venter (sopraan) met begeleiding deur Marina Mentz gee ’n uitvoering wat mens hoendervleis gee. Die twee kuntenaars bekoor ons met bekende arias, populêre Afrikaanse liedere en treffermusiek uit flieks en operettes.
ONWETTIGE PARKERING
VERJAARDAGEN IN OKTOBER 2025
HARTELIJK GEFELICITEERD
Alida Zonnenberg
Marietjie Potgieter
Aartje van Duuren
Geertje Siebrand
Bep de Bruyn
Nelke Ribberink
Errol Rindel
Teuntje Schouwstra
Mary-Ann Brits*
Ané van Mierlo
Joke Heydenreich
Johan Vosloo
Maria Pienaar
*Kroonjaar
Lynnridge Mall se naam het verander na Lynnridge Walk
Vast, wekelijks programma
Zoals per 20 Augustus 2025; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.
MAANDprogramma:
09:00 09:00 10:00 13:30 19:00 | Busdienst; zie hierboven Oefeningen in Hollandia Zaal Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek Klaverjas Sjoelen |
09:00 14:30 18:30. | Bloeddruk kliniek tot 10:30 Bijbelstudie Bridgeclub |
09:45 14:00 | Koffieochtend; zie hierboven Koorrepetitie |
09:00 09:30 15:00 | Busdienst; zie hierboven Put-put Bijbelstudie |
09:00 09:00 | Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats Bus naar Willow Crossing. |

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.
Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Peet Delport
Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal
Vaste medewerkers: Aad Overvliet
Afsluitdatum voor nieuwe bijdragen uiterlijk 15de van elke maand aan Peet Delport: p.delport@mweb.co.za
De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.