


Ons 24-uur sorgsentrum bied die sorg, ondersteuning en persoonlike diens wat u benodig
Ons sorgsentrum, geleë in ‘n pragtige De Meerpaal aftreeoord, bied ‘n rustige omgewing en die ekstra sorg wat baie inwoners benodig vir ‘n optimale lewenskwaliteit in hul silwer jare. Die sorgsentrum is wonderlik ingerig vir seniors wat meer ondersteuning nodig het (permanent of tydelik), maar nogsteeds so onhafhanklik as moontlik wil wees. U het die privaatheid van ‘n eie kamer met ‘n badkamer, etes en wasgoed word voorsien, asook toegang tot 24 uur profesionele versorging wat aangepas word by u unieke behoeftes. Daar is baie geleentheid om met ander inwoners te sosialiseer en deel te neem aan die aktiwiteite, wat ook aangepas word na die behoeftes van mense in die sorgsentrum.
Verswakte versorging
("Frail care") en siekeboeg
Alle etes, tee en koffie, en versnaperinge word verskaf
Hulp met selfversorging soos aantrek en higiëne
Fasiliteite: Eetsaal, TV kamer, biblioteek, haarsalon, tuine
Goed ingerig: maklik toeganklik vir seniors
Toedien van medikasie en mediese bystand
24 uur veiligheid vir u gerusstelling
Wasgoed word
weekliks gedoen
Uitstekende diens vir inwoners asook hul geliefdes:
Ons doen ons beste om aan ons inwoners se spesifieke belange en vereistes te voldoen, en ons verstaan ook dat ‘n aftreeoord die inwoners se families in ag moet neem. Ons kantoor is ‘n behulpsame kontakpunt vir enige vrae.