Kontak ons gerus! Tel: 012 807 5217/8

Waardigheid Onafhanklikheid

Desember 2022 – Bewoners Bulletin + Kersete Fotos

DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS

De Meerpaal se Jaarlikse Kersete 2022: ‘n paar fotos van die lekker geleentheid. (Klik op fotos om groter te sien) Ons inwoners het heerlik saamgekuier terwyl Personeel en Bestuur hul bedien.

DECEMBER: EEN FEESTMAAND

Het is alweer zo ver, de laatste maand van het jaar 2022 is aangebroken. Op Oudejaarsavond is het 2022 jaar geleden dat we begonnen zijn met de hedendaagse jaartelling. Waarom? Omdat in Bethlehem een zekere Jezus van Nazareth, zoon van Jozef en Maria, was geboren. Een keerpunt in de wereldgeschiedenis!

Die geboorte vieren we op 25 december. Waarom? Volgens sommigen is deze datum gekozen omdat 25 december precies negen maanden na het begin van de lente is, de periode waarin ook Pasen valt. Over de daadwerkelijke geboortedatum van Jezus is de bijbel niet duidelijk, maar het kan niet in de winter zijn geweest “want de herdertjes waren nog in het veld”.

Bij het calculeren van het geboortejaar werd een foutje gemaakt; die moest eerder hebben plaatsgevonden dan was aangenomen, ergens tussen 6 en 4 jaar BC, ‘’before Christ’’. Op zichzelf is dat niet zo belangrijk, maar wel dat Jezus’ geboorte, leven, dienst, dood en opstanding inderdaad het keerpunt in onze wereldgeschiedenis is. Dit kan van geen andere persoon gezegd worden.

Pas in de vierde eeuw wordt 25 december door de christelijke Kerk uitgeroepen tot de officiële geboortedag van Jezus. De Germanen vierden vroeger in december de langste nacht en de terugkeer van het licht. Hierbij stond het licht symbool voor nieuw leven. Ook de Romeinen vierden in december een feest dat gaat over nieuwe oogst en dus nieuw leven. Kerstmis ging het heidense midwinterfeest vervangen. Dat de viering van Kerst verband houdt met het vieren van nieuw leven – in dit geval een nieuw tijdperk – staat dus vast.

Kerstmis betekent verschillende dingen voor verschillende mensen. Voor veel mensen gaat kerstmis over de geboorte van Jezus. Voor anderen gaat Kerstmis onder andere over familie, vrienden, liefde, geven, barmhartigheid en zelfs lekker eten. Voor bedrijven gaat Kerstmis dan weer over geld, Kerstmis wordt steeds commerciëler. Eerste Kerstdag is een nationale feestdag in vele landen, die gezinshereniging rond een feestelijke maaltijd en de uitwisseling van geschenken mogelijk maakt.

En daarmee komt het kerstmannetje, ofwel Santa Claus, op de proppen, die met zijn slee de wereld overgaat om die geschenken uit te delen. Hij is in feite de vervanger van St Nicolaas, Sinterklaas, maar dan zonder diens bisschopskleding. In het begin werd hij in de Verenigde Staten, waarheen Nederlandse emigranten Sinterklaas hadden ingevoerd, afgebeeld als een dikbuikige Hollandse zeeman met een pijp in een groene winterjas. De naam Santa Claus is niks anders dan een verbastering van de naam Sinterklaas.

Gelukkig prefereren vele Nederlanders nog het Sinterklaasfeest op 5, 6 december boven het kerstmannetje. Met geschenken voor de kinderen en surprises met rijm voor de ouderen. Kerst is er vervolgens voor een denken aan Jezus en om met familie bij elkaar te komen. En dan is er nog Oudejaarsavond met traditionele oliebollen en appelflappen. Het kan niet op. Geniet de decembermaand!

(Diverse internetbronnen.)     

 

SNAAKS, SNAAKSER, SNAAKSSTE

Daar was vroeër al verhale in ons Bulletin oor al die gediertes by De Meerpaal: slange, muise, skilpaaie, nagapies die hele voëlparadys wat ons hier het, en so meer.

Veral die voëls speel ‘n rol in ons lewe. Baie voerhokkies gee ons die kans om ons te verlustig aan die mooi kleure, die vrolike gefladder en getjilp. Die dikkoppe het natuurlik tot die simbool van De Meerpaal geword, vaste inwoners na wie selfs ‘n wandelpad vernoem is!

Die laaste tyd is daar ook kiewiete. Hulle het kuikens en onlangs was daar een buite die draad terwyl die ander een veilig by sy paniekerige Ma binne die draad is. Bewoners wil so gou as wat die bejaarde bene hulle kan dra na die straat beweeg om die kuiken te red. ‘n Sug van verligting toe dit self onder die draad deur skarrel.

Maar nou het ons ook nog ‘n voël  wat nie van ‘n enerse geslag is nie. Deesdae is hier ‘n kalkoen! Dalk ontsnap van een van die plotte langs Stellenbergweg? Eers het die vroeë wandelaars hom (of is dit ‘n sy?) gesien by die kombuis waar hy gestaan en wag het totdat die personeel hom sy ontbyt voer. Inmiddels is hy al SO tuis by ons, dat hy besluit het om bietjie op verkenning te gaan en nou heeldag statig rondstap by die huise op Die Eiland (B109 tot B114).

Omdat ons almal oor hom praat en die woord Kersfees steeds genoem word, het hy inmiddels die Franse naam Noël gekry. Inmiddels is Noël so tuis dat hy nie maar op kyk as ons op ons stoep is nie, hy loer selfs by ons vensters in! Maar ons sal hom nie voer nie.

Ons hoop dat hy nog lank by ons mag wees en indien nie, dat hy Kersfees oorleef.

– Annetta Hoogendoorn

WELKOM

We verwelkomen de volgende nieuwe bewoners:

Barry Truter

Adriana Truter

Stephen en Annatjie Smits

OVERLEDEN

Op 4 november is mevr. M F van der Merwe overleden.

Ons medeleven is met haar familie en vrienden.

Mag zij in vrede rusten.

HOOFSUSTER(S) BY ONS SORGSENTRUM

Suster Anette van Zyl  –  Suster Anika Damstra

Vir baie van ons het dit onverwags gekom dat ons moes afskeid neem van Suster Anette.  Sy het 15 getroue jare goeie dienste gelewer wat ons vir seker gaan mis. Sy het belanggestel in die bewoners, beide in die sorgsentrum en op die terrein.  Ons het nie altyd geluister na haar goeie raad nie en dan kom dit ons soms duur te staan.

Maar daar is altyd ‘n tyd van kom en van gaan.  Ons gun haar dit om te rus en nog lank en gesond van haar pensioen te geniet.  Mag dit met jou baie goed gaan Anette.

Nou het ons ‘n nuwe hoofsuster, naamlik Suster Anika Damstra.  Ek was so (on)gelukkig dat ek bystand nodig gehad het en het haar dus ontmoet. My eerste ontmoeting was heel positief en ons hoop dat sy nog lank by ons sal wees. Sy was reeds bekend by De Meerpaal omdat sy in die nagdiens gewerk het.

Natuurlik is ek van plan om altyd goed te luister na goeie raad.  Dit is maar die beste vir ons almal.

Gesondheids groete

– Ali van Dijk

NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE …

Ek kan nie glo dat die Bewonerskomitee hul laaste vergadering vir die jaar gehou het nie. Die tyd vlieg darem verby !

Die biblioteekkomitee is baie hard aan die werk om ons biblioteek op te gradeer en plek te maak vir die aankoop van nuwe boeke.

As die inwoners hierdie bulletin ontvang is die nuwe CCTV-kameras al geïnstalleer om sodoende ons sekuriteit te verbeter.  Die bestuur word bedank.

Soos ons reeds bewus is het suster Annette afgetree. Suster Annika Damstra, wat `n ou bekende is, is aangestel  in haar pos. Baie geluk !  Suster Engela Myburgh is aangestel vir `n proeftydperk van drie maande. Ons wens hulle alle sterkte toe.

Die boomliefhebbers het seker al die naamplaatjies teen die bome gesien.  Ek het alreeds `n paar nuwe boom name bygeleer. Ek wil Lieuwke  hartlik bedank vir al sy moeite wat hy gedoen het om die naamplaatjies aan te bring.  Dit was `n groot werk.  Intussen moes hy nog sy vrou, wat “beenaf” is, versorg.

Die dromme by die herwinnings area by die woonstelle sal nou elke week leeggemaak word.

Die Bewonerskomitee het gedink dit sou `n goeie idee wees om `n duideliker en groter aanwysingsbord aan te bring om die ingang van die kantoor aan te dui.

Ons wil graag vir dr Peet Delport hartlik bedank vir die pragtige koerante rak wat hy gemaak het vir die portaal. Gelukkig is die Rekords, wat so `n seeroog was, nie meer sigbaar nie. Daar is een groot versoek.  As u nie die advertensies wil lees nie, is daar aan die onderkant van die rak plek waar die advertensies geplaas kan word.

Dit was darem `n geskarrel om betaalde krag te kry toe sommige van ons onverwags prepaid-meters kry. Die “slim” inwoners het sommer deur hul bank of selfone krag gekoop, ander het gou Pick en Pay toe gery om krag te koop. Nou moet ons leer om seker te maak dat ons genoeg krag het of ons sit sonder krag! !

U het seker al bewus geword dat ons al `n paar keer `n vals alarm gehad het en heelwat inwoners het gereageer.  Daar is  `n probleem. (Die alarm het seker Covid.)  Antoinette gee aandag daaraan.

Namens die Bewonerskomitee wil ons die staf en al die inwoners `n geseënde feesgety en voorspoed vir die nuwe jaar toewens.

Baie groete; ons vergader weer op 14 Februarie 2023.

– Nelke Ribberink – Sekretaris BK

Dis nie hoe oud jy is nie,
maar dis oor hoe jy is as jy oud is,
wat belangrik is ! ! !

Forgiveness is important.
It takes a lot of effort to forgive.
But it takes a lot more energy to not forgive.

… EN VAN DIE BESTUUR

Beste Meerpalers,

Ons het Woensdag 16 November vergader en ek gee graag terugvoer uit die vergadering.

  1. Euwelma Groenewoud het nuut by ons aangesluit. Sy is die dogter van Angeline Le Roux. Baie dankie dat jy ingewillig het om ons te kom help, dit word opreg waardeer. Ons is weer voltallig en gaan die nuwe jaar met nuwe energie en passie binne.
  2. Nils Tania is as ondervoorsitter verkies. Ons sê geluk aan Nils en ook dankie vir sy bereidwilligheid om sy tyd en ondervinding met ons te deel.
  3. By ons vergadering is daar opnuut gekyk na die verdeling van verantwoordelikhede en die bestuurslede het die volgende verantwoordelikhede aanvaar.

  • Risiko beheer  – Nils Tania
  • Sekuriteit – Henk van der Veen
  • Finansies – Francien Grootendorst
  • Regsdienste en Governance –  Miko Louw
  • Infrastruktuur en onderhoud – Tony Hofman
  • Menslike hulpbronne – Bert Schouwstra
  • Sekretarieel – Welma Groenewoud    
  • Bemarking – Len van Driel
  • Sorg – Maryke Moolenaar

  1. Die finansiële syfers tot Oktober 2022 is steeds beter as begroot. Daar gaan in die nuwe jaar gekyk word om die vaste beleggings verder op te top noudat ons die doelwit van R4.5m kontant op hande, bereik het.
  2. Die kamera CCTV projek is aan die gang en behoort teen einde November voltooi te wees. Die voordeel wat die stelsel inhou is breedvoerig in die Oktober nuusbrief bespreek.
  3. Die opgradering van die ingangsbeheer is ook in proses. Sodra ons reg met die veranderings sal Antoinette met julle as inwoners kommunikeer.
  4. Die Sorgsentrum is steeds goed beset en ons is baie dankbaar hiervoor. Min sorgsentrums is in so ʼn bevoorregte posisie soos ons. Ons is ook bly dat alle personeel poste gevul is. Anika Damstra is die hoof van Sorg en ons sê geluk aan haar met die aanstelling verder het Engela Myburgh en Anneke Doms ook by ons sorg span aangesluit . Annette van Zyl het amptelik afgetree maar help ons nog van tyd tot tyd uit waar nodig. Ons wens Annette alles van die beste toe en dat sy haar aftrede sal geniet.
  5. Na aanleiding van ‘n gesprek in die Bewonerskomiteevergadering gaan ons na spesifikasies kyk vir rugsteun krag in jul huise. Dit sal bestaan uit die uitoefening van drie of vier moontlike keuses met verskillende vlakke van koste verbonde aan elke opsie. Daar kan ook geen opsie uitgeoefen word nie en dan kan van die bestaande fasiliteite soos dit tans geld, gebruik gemaak word.
  6. Die panele aan op die Clearview heining by Ouklipmuurlaan om die privaatheid van die inwoners te verbeter, is geïnstalleer en daar heers tevredenheid hieroor.
  7. By die onklaar raak van ʼn geiser het julle nou ʼn keuse om ʼn elektriese of ʼn Solar geiser in te sit. Die koste vir die vervanging van die elektriese geiser is vir De Meerpaal se rekening, maar die addisionele koste ten opsigte van die Solar geiser is vir julle eie rekening. Die besparing van koste op die elektrisiteitsrekening is vanselfsprekend julle s’n.

Die bestuur dra hul dank oor aan die inwoners vir die boom identifikasies wat voltooi is. Dit is oulik. Ook die ingang na die kantoor is baie netjies en ʼn groot verbetering. Die Bestuur sê dankie hiervoor en sal ʼn sonskerm aanbring om dit nog mooier te laat lyk.

  1. Daar is R28 000 bewillig om die nie-ernstige kraak by die nuwe huise reg te maak. Daar sal ook ʼn toets skag gegrawe word om die oorsaak van die versakking vas te stel.
  2. Die Kersete is naby en Bestuur gaan julle met eet en drinkgoed bedien. Sien julle daar.

Groete

– Rob Wesseloo Voorsitter SNBC

VERJAARDAGEN IN DECEMBER 2022

HARTELIJK GEFELICITEERD

Roel Vos
Dolly Majoor *
Jacobus de Villiers
Stef Smits *
Ina van Bommel *
Willie Lamprecht *
Petra Genis
Joop van Dijk
Dave van Delden
Stoffel Reynders
Aartje Bakker
Maria van Niekerk
Rudi vd Wielen
Martha du Toit
Maria van Schalkwyk
Hendriena Robbertze

*Kroonjaar

LIEVE MENSEN ALLEMAAL

Dit keer voor u geen verhaal
want deze keer is Sint gezwicht
voor een ouwerwets Sinterklaas gedicht.

Dat komt omdat de Knutselpiet
die eigenlijk moet knutselen en lijmen
toch overdag het allerliefst
een versje zit te rijmen.

Nou is zijn Hollands niet zo best
nog minder is zijn Afrikaans
dus ziet u fouten in dit gedicht
Bedenk dan,……hij is beter in het Spaans.

Zo kreeg ik een mailtje van deze Piet
hij vroeg mij “Sint vergeet u ’t niet”
we moeten dit jaar met zak en roe
naar de bewoners van De Meerpaal toe.

Met een roe naar De Meerpaal, 
Sint sprak, dat mocht hij wensen,
In wooncentrum De Meerpaal zijn toch
alleen maar lieve mensen ?

Sint riep de Piet dus op zijn kantoor 
en vroeg wil je dit nu echt wel hoor ?
Doch Piet sprak rustig omdat hij wist,
hij had zich gewoon een beetje vergist.

Want een roe meebrengen,
vond ook Piet niks waard.
Hij bedoelde geen roe,…..
maar een routekaart !

En zo kwam alles toch nog goed
en nu gaan Sint en Piet vol goede moed
met onder de arm een boek en veel papieren
om in De Meerpaal de Sint zijn verjaardag te vieren.

Dus lieve mensen wees niet bevreesd,
want de Mensheid lijdt het meest
van alle zorgen en alle plagen
die nooit en te nimmer op komen dagen.

Hartelijke groeten van Sint en Piet

Vast, wekelijks programma

Zoals per 15 november; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden

Maandagen

09:00

09:00

10:00

13:30

19:00

Busdienst; zie hierboven

Oefeningen in Hollandia Zaal

Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek

Klaverjas

Sjoelen

Dinsdagen

09:00

14:30

18:30.

Bloeddruk kliniek tot 10:30

Bijbelstudie

Bridgeclub

Woensdagen

09:45

14:00

Koffieochtend; zie hierboven

Koorrepetitie

Donderdagen

09:00

09:30

15:00

Busdienst; zie hierboven

Put-put 

Bijbelstudie

Vrijdagen

09:00

09:00

Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats

Bus naar Willow Crossing.

Speciale dagen:

Sinterklaas

Dinsdag

6 December

 

Verzoeningsdag

Vrijdagmiddag

16 December

Kantoor gesloten

Kerstdag

Zondag

25 December

 

Welwillendheidsdag

Maandaag

26 December

Kantoor gesloten

Kerstvakantie

Hele week

26 t/m 30

Kantoor gesloten

Oudejaar

Zaterdag

31 December

 

MAANDprogramma:

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.

Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Cor Beek

Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal

Vaste medewerkers:
Antoinetta Hoogendoorn – B114 en
Aad Overvliet – Amov@planet.nl

Afsluitdatum voor nieuwe bij-dragen uiterlijk 15de van elke maand aan Cor Beek – B120 of cor.beek@gmail.com

De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.