DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS
UIT DE PEN VAN DE VOORZITTER
Liewe Inwoners van De Meerpaal,
Ons is ook besonder opgewonde oor die inisiatief van inwoners wat hulself beywer om De Meerpaal Lentemark op 12 September 2026 aan te bied. Dit is ’n groot onderneming en verg baie organisasie, energie en entoesiasme.
Hoewel September nog ver weg voel, weet ons hoe vinnig die maande verbygaan. Ons wens die organiseerders alle sukses toe met die voorbereiding en sien uit daarna om die vrugte van hul harde werk later vanjaar te geniet.
Die beplanning vir die opgradering van die administrasiegebou en verwante fasiliteite gaan intussen voort.
Ons werk steeds saam met die argitekte om oplossings te ontwikkel wat die funksionaliteit van die geboue kan verbeter en ons in staat stel om inwoners nog beter te bedien.
Soos met al ons projekte probeer ons om die regte balans te vind tussen praktiese behoeftes, langtermynwaarde en bekostigbaarheid.
Laastens, ’n vriendelike herinnering oor ons viervoetige inwoners: moet asseblief nie die katte voer nie. Die sukses van die katbestuursinisiatief hang af van die samewerking van almal.
Katte is uitstekende oorlewers en sal hulself kan help. Deur hulle nie te voer nie, help ons om die natuurlike balans op die terrein te bevorder en die program die beste kans op sukses te gee.
Dankie vir julle voortdurende betrokkenheid en ondersteuning. Dit bly vir bestuur ’n voorreg om saam met julle aan die toekoms van De Meerpaal te bou.
Met vriendelike groete,
Nils Tania
Voorsitter, Bestuurskomitee
JANNIE DU TOIT BY DE MEERPAAL
Op 19 Julie 2026 om 15:00 tree Jannie du Toit op in die Hollandia Zaal.
Jannie voer sy stuk “De Wals Van De Liefde” op en dis ’n geleentheid wat jy nie moet misloop nie.
Hy is bekend vir sy vertolkings van Nederlandse liedere sowel as bekende ou- en nuwe Afrikaanse musiek.
Maak ’n aantekening in jou dagboek; sien jou daar.
Nota: Die opvoering is gratis vir inwoners. Die bewonerskomitee het ingewillig om die koste te dra.
NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE
Na die AJV het ons `n verkiesing gehou vir die portefeuljes voorsitter, ondervoorsitter en sekretaresse vir die tydperk 2026-2027.
Die uitslag was as volg:
Voorsitter: Wim van den Berg.
Ondervoorsitter: Peet Delport
Sekretaresse: Nelke Ribberink.
Baie geluk !
Louise het terugvoer gegee i v m die biblioteek. Daar word steeds nuwe boeke aangekoop. Die Bewonerskomitee sal in die toekoms help om die nuwe aankope te finansieer. Sekere legkaarte gaan aan `n kinderhuis geskenk word. Gelukkig verminder die soms “geheimsinge” kartondose dikwels met onbruikbare boeke. Onthou ! ! ! Tydens die mark gaan daar weer `n boekverkoping wees.
Nadat daar geen ontvangs in die noordoostelike hoek was nie is die noodknoppies se versterkers versterk en hoop ons dat die probleme nou opgelos is.
Geert het alle probleemareas aangaande die plaveisel ge-identifiseer en ons hoop daar gaan nou aandag aan gegee word.
Ongelukkig is daar steeds probleme by die afdakke. `n Vriendelike versoek! As u motor olie lek moet u asseblief sementpoeier daarop gooi.
As ons na-ure wateronderbreking ondervind het Hein Henze (w 306) aangebied om daarmee te help. Dankie Hein !
Op 12 September is ons mark. Het u al u kinders daarvan vertel? As ek so hoor word die mark `n groot geleentheid ! Elke en Stijntjie is die koördineerders en die twee is al baie hard aan die organiseer. Peet sal elke maand die komitee op hoogte hou van al die reëlings i v m die mark.
Die oplettende Meerpalers het seker al waargeneem dat die aanwysingsbord na De Meerpaal op die hoek, verdwyn het.
Daar is voorgestel dat daar weer `n bord aangebring moet word. Verskeie voorstelle gaan ondersoek word.
Ilona baie dankie vir ons nuwe adreslyste. Dit help baie.
In die vorige maand se Bulletin het ons gevra dat u moet oplet vir termiete sodat daar aandag aan gegee kan word. Verwittig Kobus asseblief.
Sommige bungalows het vullisdromme voor hul motorhuise. Daar is `n versoek dat net kombuisafval in `n plastiese sak daarin geplaas word en nie los skille, sneesdoekies , tuinvuil ens daarin gegooi word nie.
Ons tegniese komitee, Peet en Wim het elke maand `n afspraak met Antoinette om `n wandeling te onderneem om probleme op die terrein te identificeer wat aandag nodig het.
Baie groete
Nelke Ribberink.
DANKIE!
Vir ‘n geruime tyd was De Meerpaal versorging ons tuiste. Ons is uiteindelik weer tuis !!
Namens Ellie en myself will ons die staf en die versorgingspersoneel hartlik bedank vir hulle puik sorg, liefde en ondersteuning tydens ons verblyf in die versorging.
Ons wil ook graag ons dank uitspreek teenoor die fisioterapeut, Melvena Conradie, wat my gemotiveer, geinspireer en geleer het om na my beroerte weer te kan loop.
Baie dankie
Dave en Ellie van Delden
WELKOM
Wij verwelkomen:
Mev H de Groot
Ons vertrou dat u vinnig tuis en welkom sal voel
OVERLEDEN
Mnr J de Klerk
Ons medeleven is met hun familie en vrienden.
DE MEERPAAL LENTE-MARK
12 September 2026
Inwoners en familie van De Meerpaal het voorkeur gehad om stalletjies te bespreek tot die einde van Mei 2026. Vanaf Junie is die oorblywende stalletjies aan ander persone ook beskikbaar gestel.
Om ’n stalletjie te bespreek rig navrae aan:
Elke Kelder by B111 of Stijntje Delport by B125.
WITTE OLIFANT / JUMBELINAS
Dinsdag 30 Junie 7:30 – 8:30 en 14:00 – 15:00
Woensdag 1 Julie 11:30 – 13:00
Dinsdag 7 Julie 7:30 – 8:30
- Dinsdag 28 Julie 7:30-8:30 en 14:00-15:00
- Woensdag 29 Julie 11:30 – 13:00
- Dinsdag 4 Augustus 7:30 – 8:30
Ons sê baie dankie vir alle donasies wat gereeld inkom ! Ons ontvang steeds graag winter klere, skoene en artikels vir die Witte Olifant.
Die voorraad is min
Kontak:
- Elly Mestrum
- Ineke Funk (oorkant Witte Olifant)
- Louise van Breda
- Linda De Bruin
BIBLIOTEEKHOEKIE
Gereelde besoekers aan ons Biblioteek het dadelik gesien dat daar onlangs 24 nuwe Engelse boeke aangekoop is, want hulle is met ‘n spoed opgeraap!
Hier is onder andere boeke deur Sarah Moss, Ian Rankin, Irma Venter, Kata Mosse en Nora Roberts.

Die beplanning is om met die volgende aankope op nuwe Afrikaanse boeke toe te spits. Begin so lank uitsien daarna!
Nog lekker nuus is dat ons boekestoor wat onbuikbaar was weens stof, nou voorsien is van ‘n splinternuwe plafon, geverf is en stofdig gemaak is.
Dankie aan Cobus en sy span.
Elke
DE MEERPAALLIED 2026
De Meerpaal het ’n mooi nuwe lied
De Meerpaal het ’n mooi nuwe lied. Ons het dit reeds tydens koffie-oggend gehoor en gesing.
Die lirieke is geskryf deur Ali van Dijk en die lied word gesing op die wysie van Dat kleine café aan de haven. Die lirieke volg die bekende refreinwysie en die hele lied sing baie gemaklik.
Refrein
In hierdie heerlike plek onse Meerpaal
Vir seniore ’n rus en genot
Hier in die heerlike plek ja De Meerpaal
Om hier te woon, is mos ’n seën, ’n gelukkige lot.
Vers 1
Bestuur, personeel en vrywilligers werk hard en sorg baie goed vir ons oord.
Die onderhoud word goed begroot en beplan, ja dit lyk alles soos dit behoort.
Vir dié wat verswak het of tydelik siek is, sal hulp vir ons altyd daar wees.
Die biblioteek bied koerante en boeke vir ieder en elk wat wil lees.
Refrein
In hierdie heerlike plek onse Meerpaal
Vir seniore ’n rus en genot
Hier in die heerlike plek ja De Meerpaal
Om hier te woon, is mos ’n seën, ’n gelukkige lot.
Vers 2
Ons is so gelukkig vir ruimte daarbuite en ons het ook veel groenigheid,
want ons kan gaan wandel en kuier met ander en kan so ons eensaamheid kwyt.
Ons put-put en swem bring ons buite; dis alles vir eie gesonde plesier.
Ons is so gelukkig om hier te kan woon, daar is all’s wat ons nodig het hier.
Refrein
In hierdie heerlike plek onse Meerpaal
Vir seniore ’n rus en genot
Hier in die heerlike plek ja De Meerpaal
Om hier te woon, is mos ’n seën, ’n gelukkige lot.
Vir dié wat nie die wysie ken nie, hieronder is die note vir die lied.
Bericht uit Nederland:
We komen water tekort !
We kennen het allemaal nog vanuit onze
schooljaren. Nederland is “waterland” bij uitstek met al haar rivieren, haar meren zoals het IJsselmeer, en de Noordzee voor de deur. Water genoeg en soms zelfs teveel en vandaar ook de bekende strijd tegen het water.
Maar nu doet zich iets merkwaardig voor. Er dreigt in Nederland een tekort aan water ! en dan hebben we het niet over het water in de sloten en de meren, maar dan hebben we het over schoon drinkwater.
Steeds vaker hebben de waterzuiveringsbedrijven grote moeite om vanuit het vervuilde water weer schoon drinkwater te maken. Water vervuild met afval, lozingen vanuit fabrieken, landbouwchemicaliën en medicijnen van mens en dier. Het komt allemaal in het water.
Tel daarbij op het groeiende aantal inwoners in ons land, de vraag naar steeds meer drinkwater, en de cirkel is rond. Jarenlang stond Nederland er om bekend het schoonste drinkwater van Europa te leveren en waar in andere landen flessen(bron)water op tafel staan, schenken we in Nederland zuiver en helder kraanwater aan tafel. Maar hoe lang nog ?
Een onderzoek heeft aangetoond dat van al dat schone drinkwater slechts 10% daadwerkelijk wordt opgedronken. De rest wordt verbruikt onder de douche, bij het wassen van de auto, de wasmachine, het besproeien van de planten in de tuin, voor koeling van grote datacenters, de voedingsindustrie en het vullen van het zwembad. Goed beschouwd natuurlijk zonde, om dat kostbare drinkwater te gebruiken voor het wassen van de auto, en het sproeien van de tuin. Dat kan toch ook met water wat een ietsje pietsje minder schoon is. Maar hoe doe je dat ? Dan zul je alle huizen in Nederland moeten voorzien van een aparte waterleiding, een zogenaamde A en B leiding. A staat dan voor altijd schoon en B staat dan voor ’n Beetje schoon. Hoe goed bedacht dan ook,……zo’n operatie is natuurlijk niet haalbaar. Maar er zijn ook eenvoudige oplossingen, zoals het opvangen van het regenwater om dat te gebruiken in de tuin, de auto wassen in een wasstraat waar per auto minder water wordt verbruikt dan thuis, en ook nog meteen na gebruik wordt gezuiverd. Bewust omgaan met water dus, omdat water wel oneindig is, maar schoon drinkwater niet.
Inmiddels heeft dit alles ook de schooljeugd bereikt. Ouders (en ook Opa’s en Oma’s) krijgen nu de goede raad om de kraan niet te laten lopen bij het tandenpoetsen. Krijgen de goede raad om ietsje minder lang te douchen, voor het besproeien van de tuin éérst even op buienradar te kijken of het straks misschien wel gaat regenen. En die kraan die een klein beetje lekt ? zet er maar een bakje onder Opa, dan kunt u dat straks gebruiken voor de plantjes.
Geweldig om te zien hoe de aanstaande generatie zich ervan bewust is dat het anders moet, en ook anders kan. Zodat er ook straks schoon drinkwater uit de kraan blijft komen. Met deze jeugd durf ik de toekomst wel aan. Ik wens u allemaal een lekker kopje thee en vriendelijke groeten uit een veranderend Nederland.
Van Aad Overvliet Jul 2026
VERJAARDAGEN IN JULIE 2026
HARTELIJK GEFELICITEERD
Yvonne Gauché*
Jan de Wagenaar*
Anke Schutte
Magdalena v Niekerk
Carien Carstens
*Kroonjaar
BLOKHOOFDE
- Anneke Heesakkers – H1 tot H20
- Tina Horjus – H21 tot H39
- Bep Wolters – H40 tot H60
- Angeline le Roux – B101 tot B108
- Imogene Groothuijzen (Hoof) – B109 tot B114 & B127 tot B130
- Hein Henze – B115 tot B126
- Graham Harding – B131 tot B138
- Joop Blokker – W201 tot W308
BINGO
15 Julie 2026
Hollandia zaal 19:00
KOFFIE-OGGEND
Ons gesellige koffie-oggende was weer vol verassings:
27 Augustus, Neder-land, Water-land, Rampen-land.
Luuk Hepkema gee ’n interessante kykie na die onststaan van Nederland, die geskiedkundige stryd teen die watervlak met die bou van dyke, die rol van die watermeulens, en die moontlike ramp wat Nederland in die gesig staar tydens toekomstige vloede en die stygende watervlakke weens aardverwarming.
Op 3 September 2025 beleef ons ’n gevoelvolle aanbieding van Amore Galore
Johan Coertzen (tenoor) en Melissa Gerber-Venter (sopraan) met begeleiding deur Marina Mentz gee ’n uitvoering wat mens hoendervleis gee. Die twee kuntenaars bekoor ons met bekende arias, populêre Afrikaanse liedere en treffermusiek uit flieks en operettes.
LEVEN
Geweldig wat het leven met je doet,
Het tilt je op naar hemelhoge toppen,
En vlecht Een krans van bloemen om je hoed, Het siert je tuin met duizend rozen knoppen.
Maar steeds als je te hoog vliegt van de grond, Dan grijpt het leven zich bij je kladden En zet je weer neer op het stekkie waar je stond, En in een mum van tijd is hebben – hadden.
Leven dat is zien met je ogen open,
Leven is zien dat je voeten lopen.
Leven is zien en leven is horen,
Weten dat je niet voor spek en bonen bent geboren.
Van Anneke
DE MEERPAAL MINI-GHOLFKLUB
Vanaf Mei is wintertyd van toepassing:
Ons begin speel om 09:30 op Donderdae
ALGEMENE JAARVERGADERING VAN DIE STICHTING NEDERLANDS BEJAARDECENTRUM (SNBC)
VIND PLAAS OP 27 MEI OM 15:00 IN DIE HOLLANDIA ZAAL
Die Stigting se bestuurskomitee
- Nils Tania – Voorsitter
- Karin Pienaar – O/Voorsitter
- Ansie Venter – Sekuriteit
- Herman Bakker – Tegnies
- Francien Grootendorst – Finansies
- Michelle Viljoen – Sekretaresse
- Bert Schouwstra – Menslike Hulpbronne
- Miko Louw – Prokureur
Vast, wekelijks programma
Zoals gebruikelijk; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.
MAANDprogramma:
09:00 09:00 10:00 13:30 19:00 | Busdienst; zie hierboven Oefeningen in Hollandia Zaal Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek Klaverjas Sjoelen |
09:00 14:30 18:30. | Bloeddruk kliniek tot 10:30 Bijbelstudie Bridgeclub |
09:45 14:00 | Koffieochtend; zie hierboven Koorrepetitie |
09:00 09:30 15:00 | Busdienst; zie hierboven Put-put Bijbelstudie |
09:00 09:00 | Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats Bus naar Willow Crossing. |

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.
Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Peet Delport
Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal
Vaste medewerkers: Aad Overvliet
Afsluitdatum voor nieuwe bijdragen uiterlijk 15de van elke maand aan Peet Delport: p.delport@mweb.co.za
De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.