Kontak ons gerus! Tel: 012 807 5217/8

Waardigheid Onafhanklikheid

September 2026 – Bewoners Bulletin

DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS

spring

Lente-Uitgawe

UIT DIE VOORSITTER SE PEN

Liewe Inwoners van De Meerpaal,

Nie alle verbeterings by De Meerpaal hoef groot projekte te wees om ‘n verskil te maak nie. Soms is dit juis die kleiner, praktiese verbeterings wat ‘n mens elke dag raaksien — of, as ons ons werk reg doen, dalk later glad nie meer raaksien nie!

Ons het begin met ‘n program om die verweerde agterdeure van ons huurhuise met aluminiumdeure te vervang. Die eerste tien deure word nou aangepak. Dit behoort nie net netjieser te lyk nie, maar aluminium behoort ook op die lang duur minder onderhoud te verg en die elemente beter te weerstaan. Ons sal die program mettertyd verder voer soos ons begroting dit toelaat.

‘n Ander, kleiner verandering waarvan ons besonder hou, is by die biblioteek aangebring. Die deure is verander sodat hulle nou heeltemal kan oopmaak, wat toegang vir inwoners met rollators aansienlik vergemaklik. Dit klink miskien na ‘n baie eenvoudige aanpassing, maar dit is presies die soort praktiese verbetering waarna ons voortdurend moet kyk. De Meerpaal moet sover moontlik vir ál sy inwoners maklik en gemaklik bruikbaar wees.

Terwyl ons met hierdie kleiner verbeterings voortgaan, gaan die groter werk natuurlik ook aan. Die afgelope jaar het ons heelwat aandag aan ons energie-infrastruktuur, administratiewe kapasiteit en geboue gegee. Nie elke projek lewer elke maand iets nuuts om oor te skryf nie — professionele beplanning neem soms langer as wat ons almal sou verkies — maar die werk gaan agter die skerms voort. Ons sal julle op hoogte hou soos die volgende stappe gereed is om uitgevoer te word.

En dan, natuurlik, ons gereelde openbare diensboodskap: moet asseblief nie die katte voer nie! Teen hierdie tyd behoort die katte self seker al te weet dat die Voorsitter elke maand gaan kla oor hulle spyseniering. Hulle is slim, vindingryk en uitstekend in staat om na hulself om te sien. Ons program om die katbevolking verantwoordelik te bestuur kan egter net werk indien ons almal saamwerk — hoe oortuigend daardie twee groot oë by die kombuisdeur ook al mag wees.

Dankie vir julle samewerking, insette en vir die klein dingetjies wat elke dag help om De Meerpaal ‘n beter plek te maak.

Met vriendelike groete,
Nils Tania
Voorsitter, Bestuurskomitee De Meerpaal Aftree-oord

Nuwe aluminiumdeure in die huise

Die bulletin het sommer baie gou terugvoer ontvang van een van die inwoners:

“Dit voel bietjie snaaks om ‘n glas voordeur te hê, maar dit helder wel die interieur op.”

NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE

Wat ‘n pragtige en gesellige oggend het die O & O nie vir ons gereël met die optrede van ds Wouter van Wyk nie! (Hy kan gerus weer vir ons kom kuier.) Met die vrolikheid nog in ons geheue het die Bewonerskomitee direk daarna vergader.

Soos reeds in die vorige Bulletin gemeld is, het ons vorige aanwysingsbord “De Meerpaal” verdwyn. Daar was nog geen oplossing oor waar die nuwe bord (deur die Bewonerskomitee geborg) aangebring moet word nie. Antoinette en die tegniese komitee sal ‘n wandeling onderneem om die regte plasing vir die bord te vind.

Tydens die vergadering het Antoinette weer die uitermate hoë waterverbruik deur die inwoners beklemtoon. Daar word weereens ‘n beroep op die inwoners gedoen om water spaarsamig te gebruik. Kom ons werk asseblief almal saam! Ons sal ook ons tuine moet aanpas na plante wat droogtebestand is. Aandag sal ook gegee word aan ons besproeiingstelsel vir ons gemeenskaplike tuine.

Soos reeds bekend is, word daar beplan om die administratiewe gebou op te gradeer, wat ‘n groot verbetering gaan wees. Sodra die planne gefinaliseer is, sal Nils (die voorsitter van die Bestuur) die planne aan ons bekend maak. Dit lyk my daar gaan ‘n “facelift” plaasvind.

Al die “boekwurms” sal opgewonde wees oor die goeie nuus! Die Bewonerskomitee is bereid om R3 000,00 beskikbaar te maak om nuwe boeke vir die biblioteek aan te koop, behalwe dat daar nog steeds verdere hulp van die komitee sal wees met aankope.

Die sonpanele is op die oomblik vol stof. Ná die winter word die panele weer skoongemaak deur ‘n maatskappy. Die panele word twee keer per jaar skoongemaak. Indien inwoners met sonpanele ook van die geleentheid gebruik wil maak, moet die kantoor in kennis gestel word.

Dit is weer ‘n “moeilike” tyd vir sommige inwoners waar bome met bessies groei. Hou moed! Dis net tydelik. Geen groot takke van bome mag verwyder word sonder die toestemming van Antoinette nie.

Daar is vir elke tuinwerker ‘n begeleier aangestel. Die twee sal elke Vrydag ‘n rondleiding onderneem deur sy area. Probleme en behoeftes sal aangespreek en opgelos word indien moontlik.

Klagtes is ontvang oor die opdamming van water a.g.v. ‘n sproeier, asook die versakking van die plaveisel by die “Molen”. Antoinette sal aandag daaraan gee.

In die laaste tyd het dit ‘n paar keer gebeur dat daar lekkasies in ons eenhede plaasgevind het. In plaas daarvan om Kobus ná-ure te laat kom, is daar aan ‘n plan gedink. Kobus, in samewerking met Imogene (hoof van die blokhoofde), het ‘n rondleiding onderneem en vir elke blokhoof gewys waar elke eenheid se buitekraan is om die watertoevoer af te sluit indien nodig. Dankie blokhoofde!

Baie groete
Nelke Ribberink

WELKOM

Wij verwelkomen:

Mev A de Smidt

Ons vertrou dat u vinnig tuis en welkom sal voel.

DE MEERPAAL LENTE-MARK

12 September 2026

Dis amper tyd en die mark se stalletjies is vol bespreek.

Die mark word gehou op die parkeerplek voor die saal en ook in die saal. Die hoofhek sal op 11 en 12 September gesluit wees; die ander twee hekke sal gebruik word vir voertuie. Die verdere reëlings vir parkering en toegang sal tydens ‘n koffie-oggend verduidelik word.

Ons maak staat op jou ondersteuning. Vertel aan almal en stuur die brosjure wat jy reeds ontvang het, aan jou familie en aan al jou kennisse.

Daar is veel om van te kies, of probeer sommer iets van alles. Die mark bied aan jou:

Poffertjes, Kroketten, Rookworst, Haring, Pannekoek, Kaas, Appeltert met room, Koffie, Aarbeie, Makroons, Chips, Lekkergoed, Soete Inval, Advocaat. Water en koeldrank. Koekies en beskuit. Skoene en klere. Boeke, Witte Olifant, Koperware, Juweliersware, Parfuum, Handwerk, Kaartjies, Hekelwerk, Naaldwerk, Nederlandse aandenkings en versamelitems, Plante, Tupperware. Nederlandse Musiek.

demeerpaalmark@gmail.com

ONS GENIET 'N VROLIKE KOFFIE-OGGEND

Ds Wouter van Wyk sing en Marcel Dednam swing in die Hollandia Saal. Baie van ons swing saam!

En het ons almal nie ‘n heerlike oggend gehad nie! Mense wat gedink het dat predikante net Psalms sing, besef meteen dat daar ook ander moontlikhede is toe Marcel die klawers ferm takel en Dominee losbars met ‘n Elvis Presley “song”. Toe is dit ook onmiddellik duidelik dat ons Meerpalers wel oud mag wees, maar beslis nie koud nie; voete tik die maat, hier en daar beweeg skouers op die maat asof ons by die gimnastiek is.

Die van ons wat die optrede van Jannie du Toit bygewoon het, kon Marcel nie misgekyk of gehoor het nie. Hy is skaam en spreek nie ‘n woord nie, maar hy weet hoe om die klavier te laat praat en sing. Die dominee is natuurlik gewoond om vir gehore te praat en wissel die musiek af met stukkies inligting, soos byvoorbeeld dat hy en Marcel nooit weet hoe iets gaan klink nie omdat albei graag improviseer.

Aan alle goeie dinge kom ‘n einde en ons gaan huis toe met musiek in ons harte. Die lewe lag ons weer toe!

Antoinetta Hoogendoorn

BIBLIOTEEKHOEKIE

Boekresensie

Lus vir ‘n bietjie opwinding? Verbeel jou dan jy is Helga Roets, aan die verkeerde kant van 80; jy woon in ‘n aftree-oord, ry met jou eie motor en doen jou eie ding soos en wanneer jy wil.

Maar o wee, jou lewe word skielik omvergewerp deur ‘n diagnose van makulêre degenerasie wat jou onafhanklikheid bedreig. Jou verbete pogings om jou nie te laat onderkry nie, word ongevraag en tot jou uiterste frustrasie belemmer deur ‘n lastige afgetrede dokter se inmenging en die gekonkel van ‘n teenstander uit vervloë dae!

Moet ook nie jou kinders se teenkanting en jou eie hardkoppigheid vergeet nie …

Meng dit alles saam en jy kry ‘n “wonderlike” allegaartjie: jy “wonder” heeltyd benoud wat op aarde jou volgende gaan tref!

Kom saam op hierdie opwindende avontuur. Lees gerus Die Avonture van Helga Roets deur Riaan Grobler. Dit is in ons biblioteek beskikbaar.

Louise Loots

'N DANKBARE PRESTASIE

Stef en Addy Smits zijn op 17 September 2026, 60 jaar getrouwd!

Wij wensen hun een hele fijne dag met het vieren van hun Diamanten huwelijk. Mogen ze blijven genieten van elkaar en hun leven in De Meerpaal.

Extra liefs en gelukwensen van al hun dierbaren.

WITTE OLIFANT / JUMBELINAS

SOMER VERKOPING

Dinsdag 25 Augustus 7:30 – 8:30 en 14:00 – 15:00
Woensdag 26 Augustus 11:30 – 13:00
Dinsdag 1 September 7:30 – 8:30

SOMER VERKOPING

Dinsdag 29 September 7:30 – 8:30 en 14:00 – 15:00
Woensdag 30 September 11:30 – 13:00
Dinsdag 6 Oktober 7:30 – 8:30

Ons sê baie dankie vir alle donasies wat gereeld inkom!

Ons ontvang graag items vir die Witte Olifant vir die Lentemark op 12 September.

Elly Mestrum – Bungalow 132, Selno 082 495 2531
Ineke Funk – Woonstel 208 (oorkant Witte Olifant)
Louise van Breda – Huis 33, Selno 084 484 3833
Linda de Bruin – Huis 19, Selno 082 370 5077

LESSE UIT NOAG SE ARK

  1. Sorg dat jy nie die boot verpas nie.
  2. Ons is almal in dieselfde bootjie.
  3. Dis veiliger om in pare te beweeg.
  4. Moet jou nie aan kritiek steur nie.
  5. Beplan vooruit. Dit het nie gereën toe Noag begin bou het nie.
  6. As jy stres ervaar, “float” ‘n bietjie.
  7. Bly fiks; jy kan dalk onverwags gevra word om ‘n boot te bou.
  8. Die tempo waarteen jy dinge doen is nie bepalend nie — die slak het, net soos die cheetahs, in die Ark gekom.
  9. Onthou, die Ark is deur ‘n amateur gebou, die Titanic deur “professionals”.
  10. As jy saam met die Here reis, gee Hy altyd vir jou ‘n reënboog aan die einde van die reis.

Bericht uit Nederland:

Toen keek heel Nederland naar boven

Wekenlang was Nederland erop voorbereid. Vergaderingen waren afgezegd; aan het strand, op de Veluwe en op de terrasjes in Limburg waren plekken gereserveerd. Stoelen en bankjes waren al klaargezet. Op campings was de ruimte om het fenomeen ongestoord te kunnen gadeslaan vrijgemaakt van tenten en caravans. Kortom, Nederland was er klaar voor. Waarvoor? Voor de zonsverduistering van woensdag 12 augustus jl.

In kranten en op radio en televisie was weken van tevoren al het nodige geschreven en geadviseerd. Kijk niet in de zon! Gebruik een speciale “eclipsbril” (die weken van tevoren overal al waren uitverkocht), en dus werd ook de laskap uit de garage gehaald om door de laskap de verduistering van de zon te kunnen zien. En een enkele slimmerik gebruikte een vergiet (een pan met gaatjes) om met de rug naar de zon en op een wit papier de zon door het vergiet te laten schijnen op het papier.

Eindelijk was het dan woensdagmiddag en het aftellen was begonnen. De avondspits (ook al was het vakantie) begon vroeger, want iedereen wilde voor het donker thuis zijn, want het zou donker worden. De zon zou voor 97% verduisterd worden en er zou alleen een dunne rand overblijven. De natuur zou even ophouden met ademen en de vogels zouden gedurende de zonsverduistering stil zijn. Geen gefluit of gekwetter zou er te horen zijn. En dan is het 19.10 uur en het eerste stukje maan schuift voor de zon. En het gaat verder, steeds verder, en op televisie wordt de hele zonsverduistering uitgezonden voor diegenen die geen brilletje of vergiet bij de hand hebben. In Spanje is de verduistering 100% en vanuit Spanje krijgen we de beelden en het commentaar ook te horen en te zien.

Ondertussen gaat de maan onverstoorbaar verder en verder en dan is daar het moment dat de verduistering voor 97% klaar is. En tóch hoor ik nog vogels in de boom en ik hoor gekwetter. Ik vermoed dat die vogels dit al eens eerder hebben gezien en dus niet meer zo verbaasd zijn.

Om 20.10 uur is het allemaal voorbij en staat er weer een stralende zon die langzaam ondergaat. Op de tv zijn er talkshows die de zonsverduistering nog eens dunnetjes overdoen. En voor wie het allemaal gemist heeft, is er de volgende morgen de krant met een grote foto op de voorpagina. De volgende zonsverduistering in Nederland staat genoteerd voor 2081, en wie zo lang niet kan wachten: op 2 augustus 2027 trekt er eentje over Zuid-Spanje, Libië, Algerije, Tunesië en Egypte. En dat is niks te vroeg, want de maan hebben wij de komende maanden zelf hard nodig.

Denk maar aan de komst van Sint Nicolaas en het “zie de maan schijnt door de bomen”. Dan moet de maan wel thuis zijn! Dus de speciale brillen, laskap en vergiet kunnen weer opgeborgen worden, en de laatste restjes zonnebrandcrème “factor 50” kunnen nog gauw uitgesmeerd worden. Het kan nog net!

Aad Overvliet

VERJAARDAGEN IN SEPTEMBER 2026

HARTELIJK GEFELICITEERD

G de Lange
A van der Merwe
J Eales
L de Bruin
C Boer
A le Roux
T Horjus
K Kendall
W Harding
C Stroebel

HARTELIJK GEFELICITEERD

BLOKHOOFDE

Ons neem afskeid van Angeline le Roux as blokhoof van B101–B108. Dankie vir jou hulp en bydrae.

  • Louise Loots – H1 tot H20
  • Tina Horjus – H21 tot H39
  • Bep Wolters – H40 tot H60
  • Imogene (waarnemend) – B101 tot B108
  • Imogene Groothuijzen (Hoof) – B109 tot B114 & B127 tot B130
  • Hein Henze – B115 tot B126
  • Graham Harding – B131 tot B138
  • Joop Blokker – W201 tot W308

BINGO

Geen in September

Weer op 7 Oktober 2026

OVERLEDEN

Mev MM de Lange

Mev A Heesakkers

Mev E Kok

Ons medeleven is met hun familie en vrienden.

Ons is almal oud,
Ons huise nou maar koud.
Maar wat De Meerpaal ons blywend bied
Is die lekker son om van te geniet.

Foto in die son – met toestemming van Katrien

DE MEERPAALLIED 2026

De Meerpaal het ’n mooi nuwe lied

De Meerpaal het ’n mooi nuwe lied. Ons het dit reeds tydens koffie-oggend gehoor en gesing.

Die lirieke is geskryf deur Ali van Dijk en die lied word gesing op die wysie van Dat kleine café aan de haven. Die lirieke volg die bekende refreinwysie en die hele lied sing baie gemaklik.

Refrein

In hierdie heerlike plek onse Meerpaal
Vir seniore ’n rus en genot
Hier in die heerlike plek ja De Meerpaal
Om hier te woon, is mos ’n seën, ’n gelukkige lot.

Vers 1

Bestuur, personeel en vrywilligers werk hard en sorg baie goed vir ons oord.
Die onderhoud word goed begroot en beplan, ja dit lyk alles soos dit behoort.

Vir dié wat verswak het of tydelik siek is, sal hulp vir ons altyd daar wees.
Die biblioteek bied koerante en boeke vir ieder en elk wat wil lees.

Refrein

In hierdie heerlike plek onse Meerpaal
Vir seniore ’n rus en genot
Hier in die heerlike plek ja De Meerpaal
Om hier te woon, is mos ’n seën, ’n gelukkige lot.

Vers 2

Ons is so gelukkig vir ruimte daarbuite en ons het ook veel groenigheid,
want ons kan gaan wandel en kuier met ander en kan so ons eensaamheid kwyt.

Ons put-put en swem bring ons buite; dis alles vir eie gesonde plesier.
Ons is so gelukkig om hier te kan woon, daar is all’s wat ons nodig het hier.

Refrein

In hierdie heerlike plek onse Meerpaal
Vir seniore ’n rus en genot
Hier in die heerlike plek ja De Meerpaal
Om hier te woon, is mos ’n seën, ’n gelukkige lot.

Vir dié wat nie die wysie ken nie,  hieronder is die note vir die lied.

DE MEERPAAL MINI-GHOLFKLUB

Vanaf Mei is wintertyd van toepassing:

Ons begin speel om 09:30 op Donderdae

ALGEMENE JAARVERGADERING VAN DIE STICHTING NEDERLANDS BEJAARDECENTRUM (SNBC)

VIND PLAAS OP 27 MEI OM 15:00 IN DIE HOLLANDIA ZAAL

Die Stigting se bestuurskomitee

  • Nils Tania  –  Voorsitter
  • Karin Pienaar  –  O/Voorsitter
  • Ansie Venter  –  Sekuriteit
  • Herman Bakker  –  Tegnies
  • Francien Grootendorst  –  Finansies
  • Michelle Viljoen  –  Sekretaresse
  • Bert Schouwstra  –  Menslike Hulpbronne
  • Miko Louw  –  Prokureur

Vast, wekelijks programma

Zoals gebruikelijk; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.

MAANDprogramma:

Maandagen

09:00

09:00

10:00

13:30

19:00

Busdienst; zie hierboven

Oefeningen in Hollandia Zaal

Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek

Klaverjas

Sjoelen

Dinsdagen

09:00

14:30

18:30.

Bloeddruk kliniek tot 10:30

Bijbelstudie

Bridgeclub

Woensdagen

09:45

14:00

Koffieochtend; zie hierboven

Koorrepetitie

Donderdagen

09:00

09:30

15:00

Busdienst; zie hierboven

Put-put 

Bijbelstudie

Vrijdagen

09:00

09:00

Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats

Bus naar Willow Crossing.

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.

Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Peet Delport

Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal

Vaste medewerkers: Aad Overvliet

Afsluitdatum voor nieuwe bijdragen uiterlijk 15de van elke maand aan Peet Delport: p.delport@mweb.co.za

De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.