DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS
Kom mee naar buiten allemaal
Dan zoeken wij de Wielewaal
En horen wij die Muzikant
Dan is Zomer weer in ‘t land.
WELKOM
Wij verwelkomen Egp Geert en Fransisca van Brakel.
Ons vertrou dat u vinnig tuis en gelukkig sal voel.
OVERLEDEN
Mev S Kuijers
Mev G Marais
Mev A Vermeulen
Mev I Muhl
Ons medeleven is met haar familie en vrienden.
Nadat Antoinetta Hoogendoorn verlede maand bedank het, het die rede vir haar bedanking wonderbaarlik verdwyn. Ons verwelkom haar terug as verslaggewer en mede-skrywer van die Bewoners bulletin.
De Meerpaal Mark
SATERDAG, 8 NOVEMBER 2025
Die organiseerders is hard aan die werk en die voorbereidings vorder fluks.
Maak ’n groot aantekening in jou dagboek en moenie hierdie geleentheid misloop nie.
In volgende maand se bulletin berig ons breedvoering oor al die bedrywighede en die heerlike eet- en drinkgoed.
UIT DE PEN VAN DE VOORZITTER
Beste bewoners van De Meerpaal,
Wij kijken ernaar uit u allen te ontmoeten tijdens de Algemene Vergadering op 8 Oktober om 11:00. Voor ons is dit opnieuw een mooie gelegenheid om samen met u belangrijke zaken te bespreken, natuurlijk onder het genot van een kopje koffie.
Op de agenda staat het plan van het management om de financiële slagkracht van De Meerpaal te versterken, zodat we de noodzakelijke investeringen in water- en energie-infrastructuur kunnen blijven doen. Tegelijkertijd willen we de kwaliteit van onze dienstverlening hoog houden én de verhogingen van de bijdragen zo beperkt mogelijk houden. De Algemene Vergadering is een officieel moment, met een aanwezigheidsregister en een formele agenda, maar laat dat u vooral niet afschrikken. Wij verheugen ons op een open gesprek over de onderwerpen die ons allemaal raken, in een toegankelijke en informele sfeer.
Zoals u wellicht weet, komt het managementcomité bijeen om de maand op de derde Woensdag. We hebben het geluk een team van professionals in ons midden te hebben die hun vrije tijd beschikbaar stellen om samen goed doordachte besluiten te nemen. Dat doen we met het oog op het belang van alle bewoners. De Meerpaal is immers een grote en complexe organisatie die in een sterk gereguleerde omgeving opereert.
Daarom geloven wij dat het beter is om één keer goed te beslissen, dan snel en onzorgvuldig. Mocht u dus soms het gevoel hebben dat zaken wat langer duren dan u verwacht had, weet dan dat wij waarschijnlijk druk bezig zijn om het juiste te doen. We vragen om uw begrip, en ook om uw vertrouwen dat wij steeds handelen met de toekomst van onze gemeenschap in gedachten.
Met vriendelijke groet,
Nils Tania
Voorzitter, Managementcomité De Meerpaal Woonzorgcentrum
SPESIALE LEDEVERGDERING IN DIE HOLLANDIA ZAAL
WOENSDAG 8 OKTOBER 2025 OM 11:00
NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE
Die bewonerskomitee heet Wietske v d Dussen hartlik welkom as gekoöpteerde lid van die komitee.
Aangesien daar heelwat nuwe inwoners in De Meerpaal is, stel ek graag die komitee aan u bekend:
- Wim v d Berg – voorsitter
- Peet Delport – ondervoorsitter
- Nelke Ribberink – sekretaresse
- Antoinette Venter – Kantoor
- Nicolette Coetzee – Personeel
- Rudi v d Wielen – lid
- Jaap Kelder – lid
- Jan Windt – lid
- Wietske v d Dussen – lid
Die inwoners is welkom om `n lid te kontak indien iets u hinder of om `n skrywe te rig aan die komitee.
Daar was weer heelwat klagtes van besoekers wat verkeerd parkeer, Kom, ons werk saam om onaangenaamheid te voorkom. (Sien ook berig later in die bulletin. Red)
Af en toe is daar klagtes i v m die sekuriteit by die hek. Die Bestuur werk daaraan om ons veiligheid te verseker.
Wat `n verrassing was dit nie toe ons grys sonskerms gewas word. Dit was regtig nodig. Baie dankie Antoinette. Die skerms lyk weer splinternuut.
Aandag alle manne in De Meerpaal ! ! ! Daar is dringend opsoek na `n poeltafel vir die klubhuis. (Dit lyk vir my dis waar die manne gaan kuier!) Indien u goeie nuus het kan u Jan Windt kontak.
Die naambord van die klubhuis is ook aangebring. Dit lyk sommer spoggerig.
Terwyl ons tydens die koffie-oggend so na die pragtige sang geluister het, was daar manne wat se oë gedwaal (??) het en tot die ontdekking gekom het dat die brandblussers in die saal verkeerd geplaas is. Daar sal aandag aan gegee word.
Ons koffie-oggende is altyd die hoogte punt van die week. Die inwoners wil graag al die “Greetjes” wat behulpsaam is met die maak en skink van die koffie en tee asook die uitdeel van die koekies. (Jammer manne net een koekie) `n Spesiale woord van dank aan die “Greetjes” wat Somer en Winter al 08:00 (sommige slaap nog) in die saal moet wees om ons tafels so kleurvol te dek. Dis altyd `n verrassing! Baie dankie aan al die “Greetjes”.
Gerda de Wagenaar en haar span het `n reuse taak met die beplanning van die mark op 8 November. Gerda het die komitee op hoogte gebring met die vordering van die reëlings tot dusver. Die dames betrokke by die stalletjies het ook Donderdagoggend (4 September) vergader. Dit lyk of die dames alles onder beheer het. Het u die datum al op die kalender aangeteken en u kinders laat weet dat hulle die dag `n afspraak met De Meerpaal het?
Die komitee van die biblioteek is baie bedrywig. Die Nederlandse boeke word uitgesorteer om plek te maak op die rakke.
Die inwoners van die woonstelle spog nou met `n pragtige houer teen die muur waarin die Bulletins en die Bronbergers geplaas gaan word en nie meer op die trappe nie. Baie dankie Peet!
Die vordering van die “bulkmeter” verloop nog steeds volgens plan. Volgens plan word die oorskakeling van die meters op 11 September gedoen. Heelwat inwoners is baie spyt dat die voorafbetaalde meters gaan verdwyn.
Alle inwoners word gewaarsku dat voëlgriep weer met ons is. Moet asseblief geen dooie voëls met u kaalhande hanteer nie. Indien dooie voëls gewaar word laat asseblief die kantoor weet. Voëlgriep kan dodelik wees vir mense.
Let asb. ook daarop dat honde nie op die terrein toegelaat kan word nie
Namens al die inwoners wil ons graag vir suster Ingrid sterkte toewens met die rugoperasie wat sy moet ondergaan. Ons bid vir `n spoedige herstel.
Die blokhoofde het `n tydjie gelede alle noodknoppies getoets. (Daar was inwoners wat nie hul nood-knoppie kon vind nie!) Op `n onverklaarbare rede was daar heelwat noodknoppies wat buite werking was. Die batterye kan tog nie so vinnig buiteweking wees nie. Daar word aandag aan die probleem gegee.
Op 17 September vergader die komitee met die Bestuur. Ons hoop om dan goeie nuus te hoor i v m die etes.
Baie groete
Nelke Rikbberink
UIT DIE BIBLIOTEEK
Die Troebadoer deur Marie Heese
Die Troebadoer is ‘n allegoriese vertelling wat plaasvind in geen spesifieke land en tyd nie.
Daar is oorlog in die land toe Theodorus die troon gryp en die land deur onredelike belastings vernietig .
Die troebadoer, wat in sy stryd teen Theodorus gewond is, word in die hospitaal wakker sonder geheue, oog en verskeie vingers. Die non wat hom verpleeg het, gee hom ‘n luit, waarmee hy sy brood op pad kan verdien.
Gedurende sy omswerwinge sluit ‘n gehawende hond, Flenters, by hom aan. Later sluit verskeie ander mense by hom aan. Onder andere Irina met haar fluit en donkie, Basjan, wat sou opgehang word met sy perd en vielle (‘n antieke snaarinstrument); Rufus, met sy beuel, Simon sonder tone, bespeel ‘n tamboeryn en Zander en Cecilia vlug van haar pa wat haar wou verkoop.
Op pad na die Grootstad tree die musikante oral op.
Maar wat lewer die troebadoer se terugkerende geheue op, wat vind hulle op pad? En wat is die noodlot waarheen almal op reis is?
Die Troebadoer is op die De Meerpaal biblioteek se rakke
Marie Wybenga
WITTE OLIFANT / JUMBELINAS
Ons ontvang graag somer klere, skoene en artikles vir die witte Olifant
Baie dankie vir al die skenkings van klere en Witte Olifant artikels, hou asseblief so aan. Lewer asb artikels af by Elly Mestrum, Bungalow 132.
VOLGENDE VERKOPINGS
- Dinsdag 30 September 17:30
- Woensdag 1 Oktober 11:30
- Dinsdag 28 Oktober 17:30
- Woensdag 29 Oktober 11:30
BINGO
15 Oktober 2025, 19:00, Hollandia zaal
KOFFIE-OGGEND
Ons gesellige koffie-oggende was weer vol verassings:
27 Augustus, Neder-land, Water-land, Rampen-land.
Luuk Hepkema gee ’n interessante kykie na die onststaan van Nederland, die geskiedkundige stryd teen die watervlak met die bou van dyke, die rol van die watermeulens, en die moontlike ramp wat Nederland in die gesig staar tydens toekomstige vloede en die stygende watervlakke weens aardverwarming.
Op 3 September 2025 beleef ons ’n gevoelvolle aanbieding van Amore Galore
Johan Coertzen (tenoor) en Melissa Gerber-Venter (sopraan) met begeleiding deur Marina Mentz gee ’n uitvoering wat mens hoendervleis gee. Die twee kuntenaars bekoor ons met bekende arias, populêre Afrikaanse liedere en treffermusiek uit flieks en operettes.
ONWETTIGE PARKERING
DOPPIES
By my tuiskoms na ´n oorsese besoek, is ek oorweldig met sakke en dose vol doppies! Die doppies wat ons almal getrou insamel, is bedoel vir die Sweethearts Foundation, ´n landswye instansie, sonder winsbejag. Die doppies en broodknippies word, teen vergoeding, aan ondernemings wat die tipe plastiek herwin, gelewer.
Fondse op die manier verkry, word dan vir die aankoop van rystoele, vir diegene wat dit andersins nie kan bekostig nie, aangewend. Wees verseker dat selfs hierdie beskeie bydrae, en hopelik, u volgehoue ondersteuning, hoogs op prys gestel word.
Imogene Groothuijzen
DANKBAARHEID
elke dag minstens één keer
waarop ik bewust stilsta bij de dingen die ertoe doen
en de mensen die me dierbaar zijn één moment
dat is mijn streven,
zo wordt dankbaar zijn
een manier van leven
Ali van Dijk
DE MEERPAAL – ZORGCENTRUM
Die Zorgcentrum is die spilpunt van De Meerpaal. Die beskikbaarheid van goeie sorg en etes waaneer jy nie meer self kan nie, is moontlik die grootste rede waarom afgetredenes in die De Meerpaal woon.
Die sorgsentrum se personeel bestaan uit 5 geregistreerde verpleegkundiges, 14 dagskof versorgers en 10 nagdiens versorgers wat alternatief 12 uur skofte werk. Die centrum se dokter bring elke Maandag ‘n beoek en spreek ook die inwoners van die oord per afspraak .
Die sorgsentrum het ook ‘n administratiewe dame wat die versorging se administrasie hanteer en reageer op die noodknoppies.
Elke Dinsdag bied ons ’n gratis bloeddruk kliniek aan die inwoners van De Meerpaal. Die versorging verskaf ‘n opsie van ‘n uitgekontrakteerde fisioterapeut wat tweemaal per week besoek aflê indien nodig.
Waar moontlik word die inwoners van die Zorgcentrum bygestaan om aan die sosiale bedrywighede van De Meerpaal deel te neem
Die versorging is ‘n oop eenheid, wat nie gebonde is aan enige besoektye nie. Dus kan familie en vriende kuier by die inwoners gedurende die dag.
Almal by die Sorgsentrum verwelkom enige navrae.
Groete, die Zorgcentrum
VERJAARDAGEN IN OKTOBER 2025
HARTELIJK GEFELICITEERD
Margriet van den Berg
Marietjie Bruwer
Alida Badenhorst
Isabella Bloemhof
Ineke Funk
Corry Minny
Elly Mestrum
Geert van Brakel
Ansu Bakker
Ben van Mierlo
Ali van Dijk*
Johanna van Gass
Ellie van Delden
Anna v Graan*
Nicolaas Potgieter
Hendrik Mulder
*Kroonjaar
Brief uit Nederland:
Nederland let op de kleintjes,
De vakanties zijn zo’n beetje achter de rug en dat betekent
dat er in Nederland weer een prijzenoorlog losbrandt. Bijna alle winkels hier stunten dus met allerlei acties van 2 en 1 gratis, tot kortingen, soms wel 60%. In de winkelstraten word je bijna de winkel ingetrokken en het ene aanbod is nog mooier dan het andere. Die hele actie met al die kortingen maakt de prijs van het artikel natuurlijk wel erg ondoorzichtig, want wat kost dan één potje bruine bonen als je er bij twee, ééntje gratis krijgt. De consumentenbond in Nederland is dan ook een fel tegenstander van al dit soort verstopte prijzen en dan hebben we het nog niet over de prijsverhogingen die je terugvindt in een iets mindere inhoud in het pak of potje, maar wel met dezelfde prijs als voorheen.
In buurlanden als België en Duitsland kennen ze dit soort acties dan niet. Daar is de prijs gewoon de prijs zonder flauwekul. Daar weet de klant precies waar hij aan toe is, en dus hebben knappe koppen binnen allerlei consumentenclubjes hier in Nederland dagenlang prijsvergelijkingen zitten maken tussen de prijzen in Nederland en de prijzen in deze buurlanden. Juist de Nederlanders die aan de grens met deze buurlanden wonen doen heel vaak hun boodschappen “even over de grens” en zien daar in de winkels duidelijke prijzen voor precies dezelfde merkproducten. En als je op verjaardagen luistert naar de verhalen, dan is het in Duitsland en België zo wie zo allemaal veel goedkoper. En als je dan ook nog meteen benzine tankt verdien je zo maar een kwartje per liter. Dat is toch tien euro bij een tankinhoud van 40 liter. Maar is dat wel zo ?
Uit al die berekeningen is gebleken dat de prijzen in Duitsland en België niet of nauwelijks verschillen met de prijzen in Nederland. Maar dan moet je die prijs wel terugrekenen naar bijv. één potje bruine bonen en “drie voor de prijs van twee” blijkt dan uiteindelijk op hetzelfde bedrag “per stuk” uit te komen. Dus de moraal…….er is in feite geen echt prijsverschil, behalve dan dat kwartje per liter benzine, maar het op en neer rijden naar Duitsland of België kost ook benzine en het voordeel in de ene hand, verdwijnt dan al weer snel in de extra benzinekosten in de andere hand. En wat zeggen al die onderzoekers naar deze prijzen ?
Koop gewoon in Nederland, maak zoveel als mogelijk gebruik van 3=2 (of nog beter 4=2) bespaar op je benzinekosten door in Nederland te tanken ( in dorpen vaak goedkoper dan langs de snelweg) en laat je niet gek maken door al die aanbiedingen die je al van verre tegemoet schreeuwen.
Vanuit Duitsland lokt men nu de Nederlandse consument met rekensommetjes inclusief lekker eten in Duitsland. Een restaurant bezoek in Duitsland is goedkoper dan in Nederland en met meteen boodschappen doen én tanken ben je wél goedkoper uit, zeggen ze !
Ik krijg er grijze haren van, of komt dat door die shampoo die ik in Duitsland heb gekocht ?
Aad Overvliet
Lynnridge Mall se naam het verander na Lynnridge Walk
Vast, wekelijks programma
Zoals per 20 Augustus 2025; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.
MAANDprogramma:
09:00 09:00 10:00 13:30 19:00 | Busdienst; zie hierboven Oefeningen in Hollandia Zaal Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek Klaverjas Sjoelen |
09:00 14:30 18:30. | Bloeddruk kliniek tot 10:30 Bijbelstudie Bridgeclub |
09:45 14:00 | Koffieochtend; zie hierboven Koorrepetitie |
09:00 09:30 15:00 | Busdienst; zie hierboven Put-put Bijbelstudie |
09:00 09:00 | Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats Bus naar Willow Crossing. |

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.
Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Peet Delport
Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal
Vaste medewerkers: Aad Overvliet
Afsluitdatum voor nieuwe bijdragen uiterlijk 15de van elke maand aan Peet Delport: p.delport@mweb.co.za
De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.