DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS
NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE
Aangesien ons die Bewonerskomitee se jaarvergadering op 3 Mei gehad het, het ons op 2 Mei geen Bewonerskomitee vergadering gehad nie.
Die jaarvergadering het baie goed verloop. Daar was 63 inwoners teenwoordig. Die notule sal binnekort versprei word vir kommentaar deur die aanwesige bewoners waarna die komitee dit vir goedkeuring aan die jaarvergadering volgend jaar sal voorlê. Casper Lamprecht had as komiteelid bedank en Hans van der Putte was nie vir herkiesing beskikbaar nie. Dr Peet Delport is verkies as `n nuwe lid van die Bewonerskomitee. Baie geluk Peet!
Die O & O-komitee het weer hulself oortref met die aanbied van Koningsdag. Die dames het selfs al Dinsdagmiddag aan die werk gespring. Dit was `n oranje fees ! ! Ons word toe bederf met heerlike oranje vlaskywe, geskenk deur die Nederlandse Ambassade. Baie dankie dames ! !
Daar wag `n groot verrassing vir ons by die eetsaal. Dit lyk of daar groot veranderinge plaasvind. U kan gerus `n draaitjie daar gaan maak. Ek dink ons sal almal nou daar wil gaan eet.
Daar was `n versoek of die groot areas gras nie met die trekker gesny kan word om tyd te bespaar. Tot ons teleurstelling het die trekker ons verlaat en in sy plek is daar `n oranje selfaangedrewe grassnyer (oranje boven!) aangeskaf.
Nadat Luke en ek al die areas geïdentifiseer het waar moontlik nuwe bome aangeplant kan word, het Luke nie gras onder sy voete laat groei nie en `n hele paar kwekerye wat spesialiseer in bome besoek en inligting ingewin. Intussen het Luke die plekke waar bome geplant gaan word aangedui door staal penne met witgeverfde top. Baie dankie Luke.
Baie groete
Nelke Ribberink
“Kommer is soos `n wiegstoel,
dit gee jou wel iets om te doen,
maar bring jou nêrens nie”
VERSOEK VAN DIE BIBLIOTEEK KOMITEE

Indien u naar Nederland gaat of Nederlandse bezoekers ontvangt, hopen wij dat u ons kunt uithelpen door nieuw-uitgegeven boeken aan ons te doneren; wij denken aan jonge schrijvers zoals b.v. Griet op de Beeck. Indien u zo ‘n schenking kunt maken, breng dan die boek aub naar Elke Kelder. Bij voorbaat onze hartelijke dank!
Hartelijke dank aan Ton Sanders voor de mooie boekenkasten die nu onze voorraad-ruimte overzichtelijker maken.
Nog ‘n dringende versoek van die biblioteek komitee:
- As u ‘n boek uitneem, skryf dit tog asb. in die register, want ons benodig dit vir ons sigblad (= spread sheet).
- Moenie die boek self op die rak terug sit nie. Ons probeer orde hou.
- Die geel plakkers op boeke dui daarop dat die boek nuut op ons rakke is.
De Bibliotheek Comité
TWEEDEHANDSE KLEDING VERKOPING
Op 2 en 3 Mei 2023 hebben de Jumbelina dames een verkoping gehouden waar een totaal aan R1 977 is verkocht. Dit is een uitstekend bedrag; hartelijk dank aan al de medewerkers. Ook dank aan alle Meerpalers die altijd klaar staan om schenkingen te geven.
Wij willen, namens de Jumbelinas, Ali en Joop van Dijk hartelijk bedanken voor al hun harde werk gedurende vele jaren. Nog steeds zijn zij bereid om de schenkingen in ontvangst te nemen bij Bungalow 103. Schenkingen kunnen ook bij mij, Elly Mestrum, Bungalow 312, gebracht worden. Ik ben ook bereid om kleding te komen ophalen als het voor u moeilijk is om deze te brengen.
Met vriendelijke Jumbelina groeten,
Elly Mestrum, namens alle Jumbelina dames
BINGO
Woensdag 7 Juni -19.00
Hollandia Zaal
WELKOM
Wij verwelkomen Mevr. Mary-Ann Brits die vanaf 1 mei een Meerpaler is geworden. Mag zij zich snel bij ons thuis voelen.
OVERLEDEN
Op 29 April overleed Fred Ribberink; op 4 mei Piet Miske; en op 9 mei Dr Phillip de Moor. Ons medeleven is met hun familie en vrienden.
Moge zij in vrede rusten
'N DRINGENDE BEDELBRIEF VAN DIE WIT OLIFANT
Soos ons almal weet, word daar in Augustus weer ‘n Dutch Festival gehou.
Laasjaar was dit ‘n groot sukses en veral ons Olifant het heelwat geldjies ingebring vir die goeie doel.
Maar ons kan nooit genoeg koopwaar hè nie! Daarom hierdie smeekbede vir meer items soos elektriese apparate, ornamente, huisraad, ens. Alles is welkom! Bedel asb. ook by jou kinders, nefies en niggies, vriende en kennisse, by almal aan wie jy kan dink.
Olifant-bestuurder JAN DE WAGENAAR
HET JY AL GEHOOR?
Soos ons almal weet, word daar in klein dorpies allerlei verhale vertel, groter gemaak en oorvertel. Soms is dit ook sommer skinder verhale.
De Meerpaal is natuurlik nie ‘n dorp nie, maar wel ‘n klein gemeenskap waar min gebeur en dus baie vertel en oorvertel word. In Afrikaans het ons die mooi uitdrukking dat jy net vertel wat jy “uit die perd se bek” verneem het. Party keer kan of wil Die Perd nie praat nie, en dit beteken dat ons ook moet stilbly.
‘n Verdrietige voorbeeld. Een van ons bewoners is al lank siek, daar is volgens die dokters geen hoop op genesing nie, hy sal moontlik binnekort sterwe. Ons is almal bekommerd oor hom, praat natuurlik wel onder mekaar oor die situasie en hoor een dag dat die sieke uit sy lyding verlos en oorlede is. ‘n Goeie kennis van hom gaan so vinnig as moontlik na die oorledene se huis om te gaan kondoleer. Hy weet nie wat om te se nie, dus druk hy net met simpatie die hande van die weduwee en familielede. Gelukkig maar dat hy nie geweet het hoe om sy simpatie uit te druk nie, want die “weduwee” het nog steeds ‘n eggenoot alhoewel hy natuurlik ook nog steeds in die hospitaal en sterwende is. Hierdie Perd kon jy self nie vertel nie, maar moes jy maar nie liewer wag totdat die weduwee jou vertel as dit regtig so ver is?
Mens kan skade doen met stories.
‘n Ou wysheid lui as volg:
Is dit waar?
Is dit regverdig?
Is dit nodig om dit verder te vertel?
Wat ook wel gebeur by ‘n plek soos De Meerpaal, is dat stories vooruit loop wanneer nuwe bewoners intrek terwyl ou bewoners hulle reeds ken. Dan word hulle bekritiseer of gelukkig ook wel vol lof bespreek. Maar kan die huidige bewoner dan nie self besluit of hy al dan nie van die nuwe mense hou nie?
Ook oor die Versorging word dikwels gekla deur mense wat glad nie daar bly nie. Een van ons bewoners moes na ‘n ongeluk vir 6 (ses) weke in die Siekeboeg verbly. Sy was al eerder ‘n paar maal in die deftige (en duur) Sandton Kliniek waar jy selfs wyn by jou etes kry, maar sy het die eintlike versorging hier tog met meer aandag en beter gevind.
Daar kan jy dink aan Albert Einstein se (natuurlik wyse) uitspraak dat ‘n vooroordeel moeiliker om te breek is as ‘n atoom.
Soms is daar natuurlik ook vrolike en goeie nuus. Dan voel ons vry en bly om dit met ander te deel. Gedeelde vreugde is dubbele vreugde.
Maar slegte of onbevestigde nuus? Nee wat, die Perd se Bek bly maar die beste en die enigste goeie bek!
Is dit waar en is dit nodig om verder te vertel?
Antoinetta Hoogendoorn
VERJAARDAGEN IN JUNI 2023
HARTELIJK GEFELICITEERD
Stijntje Delport
Tina Westermann
Millie Slabbert
Afke Hepkema
Annatjie Maritz
Ton Lensink (91)
Jill de Moor
Elizabeth Blokker
Rentia Venter
Graham Harding
Elizabeth Kok *
Ria Brits (91)
Petrus Delport
*Kroonjaar
KLEIN PORTRET
ANGELINE LE ROUX
Angeline is ook weer een van ons slagoffers wat eintlik nie “geportretteer” wil word nie, omdat sy nie graag oor haarself praat nie. Toe sy uiteindelik oortuig is om saam te werk, kry ons ‘n taalkeuse: Nederlands in Limburgse dialek of Afrikaans. Angeline is naamlik in Limburg gebore+ die familie het altyd net dialek gepraat, en sy het na aankoms in Suid-Afrika net Afrikaans gepraat.
Limburg. Sy is gebore in Maastricht, die stad van Andre Rieu, hartlikheid en die heerlikste gebak waarvan die Limburgse vlaaie beroemd is. Maastricht (Mestreech in dialek en soos elke Nederlander dit graag noem), word ook wel die Parijs van Nederland genoem. Bruisend, Middeleeus en tog ook modern, elegant; niks plastiekstoele en -tafels by straatkafees nie, maar ordentlike rottang meubels en katoen tafeldoeke.

Illustrasie Krediet: https://veroniquedejong.nl/portfolio/map-of-maastricht-illustration/
Terug na Angeline. Haar Pa het in Nederland gewerk in die laboratorium van “De Sphinx”, vervaardigers van omtrent alle sanitêre keramiek in Nederland. Hy word gevra om ‘n soortgelyke pos te aanvaar in Meyerton. Die familie het geëmigreer en die 10-jarige Angeline het nie méér geweet as wat haar ouers vertel het nie: “Ons gaan ‘n groot reis maak.” Maar dit beteken toe wel afskeid van haar maatjies, ‘n nuwe taal en nuwe skool. Maar die kind het goed aangepas, taal was nie ‘n probleem nie, sodat sy ook kon studeer.
Sy het in die koshuis gebly toe haar vriendin haar vra om saam te kom na een of ander dans. Angeline is ‘n skamerige mens en het gevoel dat sy eintlik niks verloor het by ‘n dans waar sy niemand ken nie. Vriendin hou aan en Angeline gaan saam; haar “blind date” was Frits le Roux. Romanse, en twee jaar later word Angeline mevrou le Roux. Die egpaar het ‘n seun en ‘n dogter gekry, wat tot Ma se groot geluk nou weer albei in Suid-Afrika bly.
Toe Frits en Angeline in hul bungalow intrek is daar heelwat veranderings aangebring om dit na smaak te maak. Sowaar, daar is nou ‘n vleugie Franse sjarme en verfyning in die huis; dis dalk die enigste huis in De Meerpaal met muurpapier en op die stoep ‘n tafeldoek van Damaske linne.
Jammer genoeg het Frits kort nadat hulle hier ingetrek het, ‘n aanval gekry en bedlêend geword. Angeline het hom volledig versorg met hulp van ons Versorging totdat hy hier oorlede is.
Maar die lewe gaan voort. In De Meerpaal is daar natuurlik baie weduwees wat dieselfde moeilike pad geloop het, dus is ons bewoners altyd empaties en hulpvaardig waar nodig.
Angeline is tog ook ‘n selfstandige vrou wat haarself goed besig hou: Maandag gimnastiek in die Hollandia Saal, Dinsdag stap met vriende in die Botaniese Tuin, Woensdag is sy altyd in die saal by die koffieoggend, Donderdag is dit put-put en die naweek is vir kinders en kleinkinders.
En verder hou die tuin haar besig. Elke verbyganger bewonder haar pragtige orgideë wat sommer in die oop grond staan en blom.
Uit Mestreech kom buite Rieu en vlaai ook nog hierdie gesellige Afrikaans/Limburgse vroutjie.
Antoinetta Hoogendoorn
“WAAR JOUW BED STAAT, IS JOUW THUIS”
We waren dus in Zuid-Afrika. Voor ons als Nederlanders is het altijd weer een feest om in ZA te mogen zijn. We waren dus ook een paar dagen bij De Meerpaal, en met al die bloemen en bomen en goed-onderhouden grasperken, zeggen wij,…….” wat wonen jullie daar mooi”.
We hebben mogen logeren in het gastenhuisje wat Ilona voor ons zo mooi had geregeld en in jullie bibliotheek kon ik zo rustig werken op mijn laptop en leuke gesprekken hebben met jullie. En net zoals in Holland begint ook jullie dag met het lezen van de krant. We hopen dat de legpuzzel met 2000 stukjes in de smaak is gevallen en als we de volgende keer weer komen dan hopen we dat de puzzel af is en komen we hem graag bewonderen.
Ik heb mooie verhalen gehoord van de tijd dat jullie hier aankwamen in ZA en heb een leuk en amusant gesprek gehad met jullie Cor Beek van het bewonersbulletin.
Onze reis ging verder richting Kaapstad om na een paar dagen aan boord te gaan van de MSC “Orchestra” die ons terug gaat brengen naar Europa. We waren dus in Durban en we deden La Reunion aan. Het deed ons een beetje Europees aan en weinig Afrikaans. Anders dan Mauritius wat weer echt op Afrika leek. De Seychellen,……heel erg mooi en ook weer lijkend op Europa maar met een vleugje Afrika. Zeven dagen op zee om vervolgens aan te komen in Aqaba (Jordanië) met aan de andere kant het Israëlische Eilat. Beide steden grenzen aan elkaar, maar door de politiek zijn ze juist ver van elkaar verwijderd. Jammer !! We hebben ook het nieuwe Aqaba gezien met zijn luxe hotels, en prachtige lanen, én het zomerpaleis van de koning. En dan dus op naar het hoogtepunt van deze reis, de doortocht door het Suez Kanaal. Indrukwekkend dit kanaal, 193 kilometer door de woestijn, met de hand uitgegraven en soms maar 60 meter breed. En het
lijkt wel of het na zo’n 160 jaar nog steeds niet af is met al die zandzuigers en hijskranen op de kant. De Sinaï aan de ene kant en het vaste land van Egypte aan de andere kant. Steden, wegen, spoorlijnen, bruggen en sommige stukken woestijn die geen woestijn meer zijn. Gewoon groen en bomen en planten. De hele doortocht duurt zo’n tien uur en is dus tien uur lang adembenemend En als we dan het Suez Kanaal met Port Said achter ons laten zijn we op weg nar Kreta, naar de hoofdstad Heraklion. Drukte overal, typisch Griekenland en ook al een beetje typisch Europa. Het waait en het regent. We zouden bijna niet meer weten wat regen is ! We besluiten de stad te verkennen met de “Stap in – Stap uit” bus en kopen een kaartje. We zijn in Griekenland, dus zoek zelf maar uit van welke busonderneming jij een kaartje hebt gekocht. We vinden “onze” bus maar de tijd is te kort om alles goed te zien. Een goed excuus om nog eens terug te komen naar Heraklion.De reis gaat verder, we moeten nog naar Salerno en naar Rome en in Genua gaan we van boord. Nog één nachtje Genua en dan naar huis. De reis was geweldig, ons verblijf in De Meerpaal was warm. Dank aan iedereen (in het bijzonder “ons Anke”) maar nu slapen we weer in ons eigen bed. Want waar je bed staat, is jouw thuis ! 
Aad Overvliet

PAUL VAN VLIET OVERLEDEN
Cabaretier Paul van Vliet is op 25 april op 87-jarige leeftijd in het bijzijn van zijn familie overleden in zijn woonplaats Den Haag.
Zijn familie laat weten:
“We zijn intens verdrietig maar vooral ook trots op wie hij was en wat hij voor velen heeft betekend. Hij laat met zijn teksten, muziek en komische types een schat aan verhalen en liedjes na die getuigen van een vol leven en een prachtige theatercarrière. Onze lieve Paul, levenslustig, krachtig en vol ideeën tot het eind. We gaan hem missen.”
Schrijver, zanger, speler, ondernemer, ambassadeur van Unicef, stichter van Theater PePijn. Geen wonder dat Jacques d’Ancona hem de veelzijdigste van alle Nederlandse cabaretiers heeft genoemd.
In 1992 werd Paul van Vliet door Audrey Hepburn geïnstalleerd als eerste Unicef ambassadeur van Nederland. Sindsdien heeft hij veel van zijn tijd en werkkracht ingezet voor het Kinderfonds van de Verenigde Naties.
Ik ben niet bang
Om dood te gaan
Ik ben alleen maar bang
Voor de manier waarop
Ja kijk, ik ben zo bang
Dat als het zover is
Dat er dan mensen
Gaan beslissen over mij
Mijn lichaam en mijn leven
En mijn dood
Dus daarom zeg ik het
Je toch maar liever nu
Voor het geval dat
Als ik dan…
Wou ik je vragen of
Jij…als het kan
Ervoor wil zorgen
Dat ik niet in zo’n ziekenhuis
Maar bij ons thuis
En in mijn eigen bed
Op de manier zoals ik wil…
Ja, God
Ik zit maar wat te zeuren
En het is nog niet zover
Maar goed
Dan weet je ‘t vast
Voor straks
Mijn laatste wens:
Mijn eigen huis
Mijn eigen bed
En jouw intensive care.
© Copyright – Paul van Vliet
Vast, wekelijks programma
Zoals per 23 Mei; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden
MAANDprogramma:
09:00 09:00 10:00 13:30 19:00 | Busdienst; zie hierboven Oefeningen in Hollandia Zaal Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek Klaverjas Sjoelen |
09:00 14:30 18:30. | Bloeddruk kliniek tot 10:30 Bijbelstudie Bridgeclub |
09:45 14:00 | Koffieochtend; zie hierboven Koorrepetitie |
09:00 09:30 15:00 | Busdienst; zie hierboven Put-put Bijbelstudie |
09:00 09:00 | Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats Bus naar Willow Crossing. |

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.
Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Cor Beek
Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal
Vaste medewerkers:
Antoinetta Hoogendoorn – en
Aad Overvliet – Amov@planet.nl
Afsluitdatum voor nieuwe bij-dragen uiterlijk 15de van elke maand aan Cor Beek of cor.beek@gmail.com
De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.