DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS
NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE
Ons het `n suksesvolle vergadering gehad. Ongelukkig kon Antoinette nie teenwoordig wees nie aangesien sy met verlof is. Ons gun haar `n welverdiende ruskansie !
`n Tyd gelede het die inwoners `n vraelys voltooi i v m u keuse van leesstof
en, na aanleiding van die uitleenregister in die biblioteek, is tot die gevolgtrekking gekom dat daar baie min Nederlandse boeke gelees word. “Ou boeke” soos die Konsalik boeke, word nie meer gelees nie en word verwyder om plek te maak vir nuwe boeke. Wim bedank die komitee vir hul harde werk.
Die boomplantdag sal in Augustus plaasvind, hopelik na die Dutch Festival.
Ons oefening vir die ontruiming kon volgens omstandighede nie in Mei plaasvind nie, maar wees gereed vir Julie. Hou die drafskoene maar gereed ! !
Daar word weereens gevra dat as daar enige klagtes is i v m u woning of tuin, skryf die klagte asseblief in die klagteboek.
Reëlings vir die Dutch Festival op 26 Augustus is al goed aan die gang.
Wim, ons voorsitter, verteenwoordig De Meerpaal en sal die vergaderings bywoon.
Daar is ook `n beroep op die inwoners gedoen om te help om die “Wit olifant” `n groot sukses te maak. Daar is nou u kans om u ongebruikte artikels te skenk !
Ek weet nie of die inwoners al daarvan bewus is nie, maar die saal se gloeilampe is vervang met sterker gloeilampe wat `n groot verbetering is `n Groot dankie aan Kobus en Murphy.
Die inwoners word weereens daaraan herinner dat ons tuiniers net in hul eie tyd u mag help met privaat werk!
Baie groete
Nelke Ribberink – Sekretaresse BK
Begin elke dag met `n glimlag
om jou mond
liefde in jou hart
en `n vonkel in jou oë !
Stella Esterhuizen
(Prikbord)
There are good ships,
and wooden ships,
Ships that sail the sea.
But the best ships
are friendships !
And may they always be!
An Irish Toast
VAN HET BESTUUR
Beste Meerpalers.
Ons het Woensdag 21 Junie 2023 vergader en ek gee graag terugvoer uit die vergadering.
- Die Algemene Jaarvergadering is op 17 Mei gehou en het vlot en goed verloop. Die notule is uitgestuur vir kommentaar. Die kommentare is verwerk en die notule is deur die Bestuur goedgekeur. Dankie vir almal wat die vergadering bygewoon het.
- Die finansiële syfers tot Mei 2023 wys weereens ʼn netjiese surplus.
- Die Sorgsentrum is steeds propvol en ons is dankbaar hiervoor. Daar is baie oorde wat sukkel om hul fasiliteite gevul te kry en baie van die oorde sluit hul Sorgsentrums.
- Die eetkamer opknapping is aan die gang en neem ʼn bietjie langer as wat beplan is. Nog ʼn tikseltjie geduld en die taak sal voltooi wees.
- Die bemarking van De Meerpaal is belangrik. Ons Facebook blad word goed besoek en ons plaas gereeld nuwe foto’s en berigte. Die nuwe brosjures is gedruk en lyk sommer spiekeries. Julle sal van die brosjures gegee word om ons te help met die uitdeel daarvan by vriende en familie en ander mense wat moontlik oorweeg om De Meerpaal hul tuiste te maak. Baie dankie daarvoor.
- Daar sal binnekort na die vervanging van die watertoevoerpype by die woonstelle gekyk word.
- Die tenderdokumente vir die installasie van die solarkragprojek is uitgestuur. Kontrakteurs gaan ʼn vergadering by ons bywoon en daarna kry hul geleentheid om hul voorstelle en kwotasies by ʼn onafhanklike ingenieur in te dien. Daar sal dan besluit word oor die beste voorgestelde oplossing en koste.
- Die projek om die hele Meerpaal van boorgat water te voorsien vorder. Besprekings het plaasgevind met ʼn kontrakteur en hulle gaan ʼn kosteberaming vir ons doen. Die omvang van die projek is sodanig dat ʼn tenderproses gevolg sal word om ʼn kontrakteur vir die installering aan te stel.
- Die munisipale elektriese dienskaste gaan aandag kry. Van hulle is onveilig en moet dringend aangespreek word.
- Bestuur is besig om versekeringspremie kwotasies in te win. Dit nadat die bate lyste met hul vervang waardes onlangs opdateer is.
- Die Dutch Festival is op 26 Augustus 2023 en aan al die reëlings vir ʼn suksesvolle dag word hard gewerk. Dankie aan julle wat help en bereid is om jul tyd in te sit vir hierdie goeie doel. Laat weet vriende en familie van dié groot fees en die geselligheid wat op hulle wag.
Groete
Rob Wesseloo Voorsitter SNBC
WELKOM
We heten de volgende personen welkom: Mnr Dawie Roux, Mev Nellie Engelbrecht, Egpaar W Zonnenberg, Mev HJ Botha en Mnr D Wolters,
OVERLEDEN
Op 30 mei overleed Mev Dick Buis; op 1 Juni
Mnr Stoffel Reynders, op 6 juni Dr Thea Strydom en op 11 juni Mev Beb Jenie.
Ons medeleven is met hun familie en vrienden.
Moge zij in vrede rusten
VERJAARDAGEN IN JULI 2023
HARTELIJK GEFELICITEERD
Dick Wolters *
Yvonne Gauché
Jan de Wagenaar
Isabel Bekker
Bieny Scholtemeyer
Anke Schutte
Loamie Terblanche
Magdalena v Niekerk
Martin van de Pol (94)
*Kroonjaar
As jy nog nooit ‘n Duisendpoot gesien het nie, kan ons nou enetjie wys. Alida was al boervrou, hoenderboerin, tuisnywerheid-ster, bak-ster, handwerk-ster, finansiële administrateur en dalk nog meer waarvan ons nie eers weet nie want sy het ook nog baie kursusse geloop. Sy lag: “Ek is soos ‘n spons, kan en wil alles in my opneem.”
Alida is in Greytown gebore en haar huis se tale was Afrikaans en Zulu. Toe sy 10 jaar oud was, verhuis die familie na Pongola en haar huistaal word net Afrikaans.
In 1958 woon sy in Hluhluwe, getroud met ‘n boer. Op die plaas is daar vee
sowel as landbou produkte. Alida het ‘n klein stukkie van die groot plaas gebruik om ‘n hoenderboerdery te begin, waar haar grootste werk was om die slange uit die hokke te hou; haar kuikens kom van Pretoria af. Ook begin sy ‘n groente plasie; haar waterpomp se naam was “Good Enough” maar hy was glad nie so goed nie! Ook het sy toe wêreldwyd breimasjiene verkoop, terwyl daar nog drie breimasjiene steeds aan die werk is vir haar.
In 1988, inmiddels geskei, vertrek sy na Pretoria waar sy begin werk vir die Suid Afrikaanse Polisie en sommer rekenaargeletterd raak.
In 2008 het sy afgetree en gedink sy gaan nou van haar rus geniet en net op haar eie met haar motor rondtoer langs familie en vriende. Maar in 2009 kom daar ‘n noodkreet van haar seun wat hulp nodig het in sy reklame bedryf. Dus word Ma daar nou ‘n finansiele administrateur.
In 2021 het sy “finaal” afgetree. Maar ja – daar is by die leerlooiery in Silverton leerlappies verkry sodat sy leerbaadjies kon maak, sy het baie sukses gehad met Tupperware verkope, vir Lynnwood Rif se Tuisnywerheid het sy artikels gemaak in die styl van Biggie Best, verder het sy tussendeur speelgoed gehekel en gebrei wat sy ook kon verkoop.
In De Meerpaal voel sy baie tuis, sy noem dit die Zevende Hemel met sy gawe mense, uiterlik soos ‘n vakansieoord en redelik gelyke paadjies vir ‘n daaglikse stap. Want sy het altyd fiks gebly omdat sy baie van haar produkte per fiets afgelewer het – 30 km op ‘n dag was nie ongewoon nie.
En nou sit sy in die sonnetjie en hekel haar pragtige speelgoed wat sy beplan om weer te verkoop op die Dutch Festival. Maar daardie verkope is al om die draai! Voor die tyd kan jy nog bestellings maak by Huurhuis 14. As jy nie ‘n patroon het nie, fantaseer Alida sommer een, soos die laaang worshond wat sy nou vir iemand hekel.
Antoinetta Hoogendoorn
Brief uit Nederland:
We liggen voor Pampus,
Velen van u kennen die uitdrukking misschien nog wel, daterend uit lang-vervlogen tijden toen de schepen van de VOC terugkeerden uit “de Oost” en voor de kust van Amsterdam in de toenmalige Zuiderzee moesten wachten alvorens binnen te kunnen varen. Thans wordt de uitdrukking gebruikt om aan te geven dat we heel erg moe zijn, zeg maar “bek af”! Als een eiland al zo lang deel uitmaakt van de Nederlandse woordenschat, en zo is verweven met de geschiedenis van een land, wil je dat eiland toch ook een keer met eigen ogen zien. En zo is het gekomen dat Tineke en ik zaterdag 3 juni de reis naar Pampus hebben aangevangen. Voor wie de reis ook wil maken,……….eerst met de trein naar Amsterdam, station Amstel. Dan met de bus naar Muiden P&R (Parkeer en reis) en dan met de bus naar het vestingstadje Muiden.
Muiden is een oud vestingstadje met als hoogtepunt het Muiderslot. Een grote vesting met als doel “verdediging” aan wat nu het IJsselmeer heet. Gebouwd in 1285. Begin 1800 bijna gesloopt, door ingrijpen van Koning Willem 1 is dat voorkomen en de beroemde architect Pierre Cuypers (je kent hem misschien van het Centraal Station of het Rijksmuseum in Amsterdam) heeft de restauratie ter hand genomen. Sinds 1878 is het nu een Rijksmuseum.
Maar Muiden is meer dan alleen het Muiderslot. Het heeft twee sluizen die de in- en uitstroom van het water van de Vecht in het IJsselmeer regelen, het heeft knusse grachtjes en ruimte voor heel veel watersport. En over water gesproken,….natuurlijk ook een aanlegplek voor de boot naar Pampus. De boot doet er ongeveer 20 minuutjes over en meteen vanuit Muiden is het eiland Pampus al te zien.
Waar Pampus vroeger niet veel meer was dan een zandbank, is het
omstreeks 1887 opgehoogd en uitgebreid tot een verdedigingseiland. Dit huidige eiland Pampus maakt deel uit van de Hollandse Waterlinies en was bedoeld als verdedigingswerk voor de stad Amsterdam. Zo kon Amsterdam beschermd worden tegen vijandige aanvallen vanuit het noorden. En zo kreeg het eiland een eigen militaire functie met een echt fort en kanonnen. Op het fort werden twee geschutkoepels geplaatst en afgedekt met een grote kap van koper. Leverancier van die twee kappen was de firma Krupps uit Duitsland. In de Tweede Wereldoorlog had Duitsland grote behoefte aan koper, dus,………de vijand haalde het koper van het dak en bracht het weer terug naar de Firma Krupps.
Na de Tweede Wereldoorlog kwam het eiland in verval. Er bleef weinig goeds over van het eiland wat ooit zoveel voor Nederland had betekend. Totdat in 1986 zes pioniers besloten Pampus weer in ere te herstellen. Een zeer omvangrijke klus, wat niet zonder slag of stoot is uitgevoerd. Zo was het eiland altijd afgesloten van elektriciteit, gas en water en voor het riool en thans wordt het nodige gedaan om met behulp van de moderne technieken en middelen het eiland helemaal zelfvoorzienend te maken. Kortom,……….van de zandbank van weleer tot een modern eiland, maar met behoud van de unieke geschiedenis.
Toen we terugreisden stapten Tineke en ik in de verkeerde bus en kwamen we uit in Hilversum. Dan van daaruit maar terug naar huis. Zelfs de verkeerde bus kon geen afbreuk doen aan deze interessante middag op het eiland.
Aad Overvliet
Vast, wekelijks programma
Zoals per 19 juni; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden
MAANDprogramma:
09:00 09:00 10:00 13:30 19:00 | Busdienst; zie hierboven Oefeningen in Hollandia Zaal Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek Klaverjas Sjoelen |
09:00 14:30 18:30. | Bloeddruk kliniek tot 10:30 Bijbelstudie Bridgeclub |
09:45 14:00 | Koffieochtend; zie hierboven Koorrepetitie |
09:00 09:30 15:00 | Busdienst; zie hierboven Put-put Bijbelstudie |
09:00 09:00 | Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats Bus naar Willow Crossing. |

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.
Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Cor Beek
Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal
Vaste medewerkers:
Antoinetta Hoogendoorn – en
Aad Overvliet – Amov@planet.nl
Afsluitdatum voor nieuwe bij-dragen uiterlijk 15de van elke maand aan Cor Beek of cor.beek@gmail.com
De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.