DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS
So lank as die meeste van ons kan onthou, was COR BEEK die Redakteur van die Bulletin. Ons is gewoond aan die oorsigtelike formaat waarin hy dit aangebied het, foutloos en stiptelik. Maar soos ons weet, bly niks vir altyd dieselfde nie en dus het Cor, jammer genoeg, besluit om sy werk as Redakteur te beëindig.
Wat om nou te doen? Dis moeilik om Cor se skoene vol te staan, maar ons gaan dit voorlopig probeer met hierdie nuwe formaat.
Verbeteringe en aanvullings kan u aanmeld by die kantoor of per epos aan: antoinetta6@gmail.com. Hou ook die prikbord dop, asook die ore oop op die Koffie-oggende vir verdere nuus.
NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE
Dit is sowaar al Februarie 2025 ! ! Ons het ons eerste Bewonerskomitee vergadering op 5 Februarie gehou.
Peet ons ondervoorsitter, het die voorsitterstoel ingeneem terwyl Wim nog lekker vakansie hou. Ons het darem reeds met die Bestuur vergader op 22 Januarie 2025.
Wat is `n biblioteek sonder `n koerant? Die komitee het besluit om in te teken op die Engelse koerant “The Citizen”. Die koerant sal van Maandae tot Vrydae afgelewer word. Gelukkig kan ons mos Engels lees.
As `n proeflopie gaan die versorgingseenheid voorsien word van tydskrifte en grootdruk boeke. Elke Maandag sal die boeke en tydskrifte omgeruil word. Dis `n baie goeie idee. Ongelukkig het `n staatmaker, Penny Cassells die komitee verlaat. Antje Bakker was bereid om te help. Welkom ! !
Soos al die inwoners reeds weet het ons `n pragtige opgegradeerde Wit Olifant/Jumbelinas. Ons wil graag vir Elly, Peet, Luke en Sieg bedank vir hulle harde werk. Dit was sowaar baie harde werk! (Veral as jy reeds afgetree het). Wat `n ongelooflike verbetering.
`n Tydjie gelede het ons nuwe boompies op ons terrein aangeplant. Twee van die boompies het intussen al doodgegaan. Ons vra u hulp! Ons vra baie vriendelik dat ‘n inwoner naaste aan die nuut aangeplante boompie eenkeer per week die boompie natgooi (indien moontlik) as die tuinwerker dit nie doen nie.
Ons redakteur van die Bulletin, Cor Beek, wat baie jare die Bulletin behartig het, het besluit om af te tree. Al die inwoners wil hom hartlik bedank vir al die puik uitgawes. Ons is bewus daarvan dat dit harde werk en beplanning was. Baie dankie Cor!
Daar is baie beplanning gedoen om ons hysbak “op te gradeer” Die verbruikers moet kennis neem van die nuwe gebruiksaanwysings in die hysbak indien daar probleme met die hysbak ontstaan.
Nadat u die alarm knoppie gedruk het sal iemand tot u redding kom en `n blokhoof ontbied.
`n Lys met die name van die blokhoofde is by die hysbak aangebring.
Die tafels in die saal gaan aandag geniet en dan hoop ons dat die tafels met meer respek behandel gaan word.
`n Versoek van die kantoor. Indien u `n personeellid bv `n artikels gee moet `n toestemmingsbriefie die artikel vergesel sodat die sekuriteit by die hek tevrede is.
Die putt-putt het aansoek by die Bewonerskomitee gedoen vir `n donasie om `n nuwe bankie, (die een ou bankie moet vervang word) vir die klubhuis aan te skaf. Die aansoek is goedgekeur.
Daar het weer klagtes gekom dat ons inwoners en veral die besoekers dink hulle is “Max Verstappen” Ons spoedgrens in De Meerpaal is 20 km per uur. Hou in gedagte dat daar inwoners is met gehoorprobeme en nie kan hoor as daar `n voertuig nader kom nie.
Hier in De Meerpaal het ons `n “buddy” sisteem en ons hou gedurig `n ogie oor mekaar.
Die sproeiers aan die noordekant voor die bungalows, was buitewerking. Gelukkig is die fout gevind. Die tydskakelaar was verkeerd gestel.
Die inwoners van die huurhuisies wat hierdie somer so warm gekry het, het navraag gedoen of daar isolasie op die dak is. Daar is ondersoek gedoen en die dakke het wel isolasie materiaal op.
Baie groete
Nelke Ribberink
WELKOM
Wij verwelkomen Marietjie Vorster.
Ons vertrou dat u vinnig tuis en gelukkig sal voel
OVERLEDEN
Op 16 Februari overleed Mevr Henny Vlietstra
en op 17 Februari Mevr Anna Potgieter
Ons medeleven is met hun familie en vrienden,
Mogen zij in vrede rusten.
ONS NUWEJAARSFUNKSIE
Die jaar was al nie meer heeltemal so nuut nie, voordat daar ‘n geskikte geleentheid was om hierdie funksie te hou.
Ons het geweet dat die Hollandia Saal nie voor 18:30 oop sal wees nie, maar tog was daar om 18:30 al baie mense by die pragtig gedekte tafels. Ons skat dat daar omtrent 100 mense aanwesig was, dus dit was omtrent al ons bewoners wat nog mobiel is.
PEET DELPORT was die Seremoniemeester en het hom soos te verwagte baie goed van hierdie taak.gekwyt. Iemand het ook opgemerk dat sy grappe behalwe hilaries tog ook so “skoon” is.
By die koffie wat bedien word, het ons gesmul aan lekker soetgoed terwyl die saal gons van ons geanimeerde gebabbel.
Toe roep Peet ons aandag op vir ‘n vertoning deur Louise Loots. Meeste van ons het glad nie geweet ons het ‘n regte voordragskunstenaar in ons midde nie! Sy het indrukwekkende pantomimes opgevoer, en veral by die een van die Trein Reisiger was ons almal verbaas oor haar soepelheid en spitsvondigheid.
Wyn, soutigheid plesier vorm die pouse voor Louise se tweede optrede.
Die idee was ‘n saamsang, maar dit het gelyk asof die Meerpalers skielik skaam was. Ondanks Louise se vurige aanmoedigings was die medewerking maar flou – ons moet almal daaraan werk!
Ons kuier nog gesellig saam en voel dat ons 2025 nou deeglik afgeskop het.
Antoinetta Hoogendoorn
BLOKHOOFDE
- Anneke Heesakkers: H1 tot H20
- Fred Siebrands: H21 tot H39
- Bep Wolters: H40 tot H60
- Angeline le Roux: B101 tot B108
- Imogene Groothuijzen: B109 tot B114 en B127 tot B130
- Hein Henze: B115 tot B126
- Sieg Maritz (Hoof-blokhoof): B131 tot B138
- Joop Blokker: W201 tot W308
WINKELGENOT BY DE MEERPAAL
Was jy al by die Wit Olifant nadat dit verbou en saamgevoeg is met die Jumbelina’s?
Gaan kyk gerus na ons winkel wat soos ‘n nuwe plek lyk! Die verbouings is gedoen deur ‘n aantal van ons handige mans onder wie Peet Delport, Luuk Hepkema, Sieg Maritz en Stef Smits. Hulle was alsmaar besig met breek, bou, elektrisiteit, plafon en isolasie insit en uiteindelik die netjiese verf.
En siedaar! ‘n Groot ligte ruimte wat ook nog koel is omdat Cobus kans gesien het om die ou lugreeling weer aan die gang te kry.
Aan die Oostekant vind jy al die snuisterye van die Wit Olifant, en aan die Westekant is die klere van die Jumbelina’s netjies opgehang en op rakke uitgestal – selfs gemerk na grootte.
Die hele winkel word beheer deur Elly Mestrum wat bygestaan word deur alle Jumbelina dames.
Hierdie winkelpaleis sal oop wees op elke eerste en laaste Woensdag van die maand en elke eerste en laaste Dinsdag van die maand.
Die eerste verkopings was Dinsdag 25 Febuarie 2025 17:30 tot 19:00 en Woensdag 26 Januarie 11:30 to 13:00. Die volgende verkopings is op Dinsdag 4 Maart 2025 17:30 en Woensdag 5 Maart 11:30
Ons dames sien daarna uit om jou daar te verwelkom.
Antoinetta Hoogendoorn.
Ook ‘n woord van Elly:
Ons het ‘n baie geslaagde winkelopening gehad met baie mense wat kom koop en kyk het. Ons sê vir almal baie dankie en maak asseblief weer ’n draai by ons. Ek sê ook vir almal wat gehelp het baie dankie.
Ons vra dat u aan ons dink indien u tweedehandse goedere, klere, bedegoed, gordyne en skoene het wat u nie meer kan gebruik nie.
Bel my gerus om af te haal of lewer by ons af in die nuwe winkel oorkant die woonstelle,
Elly Mestrum 082 495 2531
Namens die Witte Olifant en Die Jumbelinas
MINI-GHOLF
Die algemene jaarvergadering van De Meerpaal mini-gholfclub is op 6 Februarie 2024 in die klubhuis gehou.
In sy voorsittersverslag noem Peter dat ons bane nog in goeie toestand is maar dat daar gedurende die komende jaar onderhoudswerk gedoen sal moet word. Ons sal ook een ou muurbank in die klubhuis moet vervang. Daar was goeie opkoms by die weeklikse klubbyeenkomste en daar was gereeld ongeveer 20 van die 30 lede op die baan.
As voorsitter is Peter van Hoven herkies en hy beklee dan ook die pos van wedstrydleier.
Stijntje Delport is herkies en sal weer beide die poste van sekretaris en penningmeester vul.
’n Nuwe lid op die bestuur is Imogene Groothuijzen wat ook sal waarneem indien een van die bestuurslede nie teenwoordig kan wees nie
Die klub het ‘n sertifikaat vir uitsonderlike prestasie oorhandig aan Peet Delport vir vir die meeste kolhoue (6) op een dag.
Die dameswenner-trofee vir 2024 is oorhandig aan Betti Tania met ’n gemiddelde telling van 41.82 en die manswenner-trofee het gegaan aan Peet Delport met ’n gemiddelde telling van 41.44.
Die trofee vir die meeste kolhoue gedurende die jaar is oorhandig aan Peet Delport met ’n totaal van 62 vir die jaar.
Die lede was dit eens dat ons bevoorreg is om sulke goeie bane te hê en inwoners word weereens genooi om op Donderdagoggende te kom deelneem.
Stijntje Delport
VERJAARDAGEN IN MAART 2025
HARTELIJK GEFELICITEERD
Annatjie Landman
Rudolf de Bont*
Catrien Vos
Sandra Lykiardopolus
Henriette Bredell
Thea Boshoff
Joop Blokker
Frits Tewes
Alida Vermeulen
Sheila van der Merwe*
Jenneke vd Putte*
Nel Wegman
Hendrik Maurer
Lina Grobler
Izak de Villiers
Jan Wegman
Hester Falch*
Erik Schneider
Maria de Lange
* Kroonjaar
BINGO
5 Maart 2025
19:00
Hollandia zaal
Ken jou Blokhoof:
Daar het onlangs ‘n paar veranderinge ingetree m.b.t. die Blokhoofde in De Meerpaal.
Met die uittrede van Jan de Wagenaar, Ton Boerrigter, Dave van Delden en Carien Carstens, was ons in die knyp, maar as die nood op sy hoogste is, is die uitkoms ook naby en kon ons gelukkig al die vakatures weer vul.
Ons wil net baie dankie sê aan al bogenoemde persone vir hul diens, wat sommiges vir etlike jare op ‘n onbaatsugtige wyse verrig het. Mag julle nou jul ruskans salig en kommervry geniet. Baie dankie ook aan die nuwe toetreders, sowel as diegene wat nog aangebly het.
Neem asseblief kennis wie u Blokhoof is en ondersteun hom/haar in die uitvoering van hul staande pligte. Want hulle is almal maar net vrywilligers.
Die volledige lys van die huidige blokhoofde verskyn elders in hierdie bulletin.
Daar is ook opnuut gekyk na die pligte/funksies van die Blokhoofde en dit is saamgestel in ‘n dokument wat as riglyn sal dien vir die betrokke persone. Vir u, bewoner van De Meerpaal, se insig plaas ons ‘n verkorte weergawe, sodat u kan weet wat om van hulle te verwag:
- Verwelkoming van nuwe intrekkers. Dra inligting aangaande alle aktiwiteite en fassiliteite oor en verskaf ‘n lys van voorafgaande. Stel vas of hulle voorsien is van ‘n dokument wat die reëls van De Meerpaal uiteen sit.
- Neem maandeliks die verbruiks-lesings van alle nie-voorafbetaalde elektrisiteitsmeters.
- Wees behulpsaam met die 6-maandelikse toetsing van die nood-knoppies. (In samewerking met die Versorgings-Afdeling).
- Koördinering van 6-maandelikse nood ontruimings-oefeninge en verleen hulp aan persone wat beperkte vryheid van beweging het.
- Hulpverlening in gevalle wanneer ‘n persoon in die hysbak (by die woonstelle) gestrand raak.
- Proaktiewe optrede, rapportering (en hulpverlening waar moontlik), t.o.v. probleme op die terrein, soos bv. waterlekasies, elektriese falings ens. Waar daar bv. ‘n waterlek in ‘n eenheid ontstaan wat die plafon of vloerbedekking sal beskadig, kan die buitekraan toegedraai word. ‘n Aantekening sal dan in die klagteboek gemaak word, waarna dit soos in onderstaande paragraaf hanteer sal word.
Let Wel:
Vir al u gewone huishoudelike probleme, is dit u verantwoordelikheid om self die besonderhede in die klagteboek/register by die kantoor aan te teken, waarna die faktotum en sy span dan by die eerste geleentheid daaraan aandag sal gee. Voorbeelde hiervan sou bv. insluit, maar is nie beperk tot: herstel of vervanging van ‘n kragsok, skewe gordynkap, lekkende kraan, foutiewe stort of toilet, foutiewe lig en/of skakelaar, ens, ens.
Met almal se samewerking behoort ons ‘n positiewe ervaring by De Meerpaal te beleef !
Sieg Maritz
'N LOFLIED OP DE MEERPAAL
29 Desember 2024 het gekom en gegaan. Beslis nie ‘n dag wat ek wil herhaal nie!
Toe ek my oë oopmaak was ek in die hospitaal met ‘n gebreekte heup!
Ek kan niks van die gebeure onthou nie, maar danksy die vinnige optrede van my wonderlike bure en die professionele personeel van De Meerpaal was ek binne ‘n uur of twee veilig in die hospitaal.
Na vier weke se gemis is ek terug by my veilige hawe en my “Meerpaal-familie”.
Baie dankie aan al die vriende, bure en mede-inwoners wat by my ingeloer het, en steeds kom kyk het hoe dit gaan. Ek waardeer julle omgee-harte.
‘n Spesiale woord van dankbaarheid vir die wonderlike diens en versorging wat ek ontvang het in die Versorgings-eenheid. Die personeel gaan uit hul pad uit om dit so gemaklik moontlik te maak vir elke pasient!
Wat ‘n voorreg om deel te wees van De Meerpaal!
Mary Ann Brits
Uit die De Meerpaal Biblioteek
Teen die tyd dat u hierdie lees, is dit reeds weer die einde van Februarie. Ons vertrou dat u 2025 met nuwe moed en entoesiasme ingegaan het en dat ons baie van u in die biblioteek kan verwelkom.
Graag maak ons u weer daarop attent om boeke wat u uitneem in die uitneemboek aan te teken met die volle titel en naam van die skrywer. Ons maak elke maand ‘n opsomming van die gegewens en gebruik die inligting om leestendense te bepaal
U het seker opgelet dat nuwe Afrikaanse en Engelse boeke sowel as grootdruk boeke aangekoop is, wat op die klein boekrakkie op die tafel uitgestal word.
Ons Grootdruk boekafdeling is op Woensdagoggende tussen 8.30 en 9.30 oop, wanner mev. Ineke Funk gereed is om u met u boekkeuse te help.
Die Algemene Biblioteek is sewe dae ‘n week oop van soggens 8 uur tot saans ongeveer 5 uur wanneer die kantoorblok gesluit word, of selfs later as daar aktiwiteite in die saal is.
Vanaf Februarie het ons begin om boeke na die Versorgingseenheid te neem vir persone wat nog lees maar nie self in staat is om ons biblioteek te besoek nie. Voorlopig is dit tweeweekliks op ‘n Maandagoggend. Ons vertrou dat die diens ‘n behoefte sal bevredig.
Boekskenkings is altyd welkom en ons sê baie dankie daarvoor.
Dit sal ons help as enkelboek skenkings in die plastiekbak op die tafel geplaas word. Daarna sal ons dit verder hanteer.
Indien ‘n inwoner van De Meerpaal se hele boekbestand weggedoen moet word, stel ons voor dat ‘n komiteelid genader word sodat ons kan reël om na die boeke te kyk terwyl hulle nog op die eienaar se rak staan, en net diè kan uitsoek wat geskik is vir ons biblioteek.
Items wat ons nie as skenking kan aanvaar nie is : CD’s , DVD’s, skool- of universiteitshandboeke, spesialisboeke, bv. kookboeke, naald- en handwerkboeke en meeste koffietafelboeke. Die rede daarvoor is, dat ons nie stoorplek daarvoor het nie en die items ook moeilik is om te verkoop.
Ons word dikwels oorval deur kartonne vol boeke, dikwels uit ‘n boedel, wat onverwags en naamloos, in die biblioteek verskyn. Meestal kan ons slegs ‘n baie klein hoeveelheid van die boeke gebruik of bêre vir verkoop op die Dutch Festival. All hierdie boeke moet egter deurgekyk , weer in die bokse gepak en op koste van De Meerpaal vervoer word na plekke wat vir groot skenkings gerat is, soos tweedehandse boekwinkels of Hospices.
Ons weet dat alle skenkings goed bedoel is en ons is dankbaar daarvoor, maar ongelukkig is ons plek beperk en die biblioteek is gerig op senior mense, wat meestal vir ontspanning en plesier lees. Dus RAADPLEEG ASSEBLIEF EERS DIE BIBLIOTEEKKOMITEE VOOR SKENKINGS GEMAAK WORD. Baie dankie.
Vir al ons lesers wens ons goeie gesondheid toe en groot leesplesier.
Vriendelike Lesersgroete
Elke Kelder
Voorsitster Biblioteekkomitee
EEN DAG VRIJ
Dus jij wilt een dag vrij? Besef je eigenlijkwel wat je vraagt?
Een jaar heeft 365 dagen waarop gewerkt kan worden. Er zijn 52 weken per jaar waarin je al twee weekend dagen vrij bent, er blijven dan nog 261 dagen over. Per dag werk je 16 uur niet, wat gelijk staat aan 170 dagen, zo blijven er nog 91 dagen over.
Iedere dag besteed je 30 minuten aan het drinken van koffie, per jaar is dat 23 dagen, waardoor er nog maar 68 dagen overblijven. Daarnaast heb je een uur lunch pauze per dag, wat gelijk staat aan 46 dagen. Zo blijven er nog 22 dagen over om te werken. Normaal gesproken ben je 2 dagen per jaar ziek, zodat er nog 20 dagen overblijven. We hebben 5 verplichte feestdagen per jaar wat het aantal werkdagen reduceert tot 15. Daarvan geven we je met een royaal gebaar 14 dagen vakantie, waardoor er nog maar 1 dag overblijft om te werken en jij wilt graag die ene dag vrij????!!!!
Belangrik – Nuwe besonderhede
DE SOETE INVAL
Kontakpersoon – Jannie Nap
Bestellings – 082 366 7699
Vast, wekelijks programma
Zoals per 28 januari 2025; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.
MAANDprogramma:
09:00 09:00 10:00 13:30 19:00 | Busdienst; zie hierboven Oefeningen in Hollandia Zaal Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek Klaverjas Sjoelen |
09:00 14:30 18:30. | Bloeddruk kliniek tot 10:30 Bijbelstudie Bridgeclub |
09:45 14:00 | Koffieochtend; zie hierboven Koorrepetitie |
09:00 09:30 15:00 | Busdienst; zie hierboven Put-put Bijbelstudie |
09:00 09:00 | Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats Bus naar Willow Crossing. |

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.
Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Peet Delport
Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal
Vaste medewerkers: Aad Overvliet:
Afsluitdatum voor nieuwe bijdragen uiterlijk 15de van elke maand aan
Antoinetta Hoogendoorn: antoinetta6@gmail.com
De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.