DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS
UIT DIE VOORSITTER SE PEN
Beste Inwoners van De Meerpaal,
Dis weer daardie tyd waarin ek graag vanuit die Bestuurskomitee met julle gesels en terugvoer gee oor sake wat ons almal raak. Ek hoop dat hierdie nuusbrief julle goed bereik — en dalk selfs met ’n koppie tee in die hand!
Laat ek begin met goeie nuus: ná drie jaar se wag en verskeie struikelblokke, is die stormwaterdrein uiteindelik geïnstalleer! Dis dalk nie iets wat elke dag gesien word nie, maar dit speel ’n belangrike rol in die voorkoming van waterprobleme en in die algemene instandhouding van ons terrein.
’n Ander saak wat onder ons aandag gekom het, is die kwaliteit van die nuwe boorgatwater. Sommige inwoners het opgemerk dat dit hoë vlakke van kalsium bevat — iets wat ongelukkig algemeen is in hierdie streek. In die verlede het ons meestal op munisipale water staatgemaak en dit as vanselfsprekend aanvaar. Nou, aangesien ons genoodsaak is om self die waterbestuur te hanteer, kom daar nuwe uitdagings na vore. Ek wil julle verseker dat ons alles in ons vermoë doen om hierdie kwessie aan te spreek en om die gehalte van die watervoorsiening so goed as moontlik te hou.
Ons is ook bewus daarvan dat die verhoging in heffings ’n bron van kommer is. Die komitee werk hard daaraan om ’n regverdige oplossing te vind — hopelik teen die tyd wat julle hierdie lees, is daar reeds vordering gemaak.
Ons doel is altyd om De Meerpaal in ’n goeie toestand te hou, met dienste van ’n standaard wat ons almal verwag, sonder om die verhogings buite bereik te maak. Jaarliks probeer ons om nie die volle koste-verhogings wat De Meerpaal ondervind deur te gee nie. Ons doen dit deur slimmer beplanning, verbeterde doeltreffendheid en versigtige bestuur. Dis ’n fyn balans — en een wat ons elke jaar weer met erns aanpak.
Ten slotte wil ek iets sê oor die twee woonstelle wat al vir ’n paar maande leeg staan. Hoewel dit normaal is dat eenhede soms onbeset is, is dit belangrik dat dit nie ’n gewoonte word nie. Wanneer eenhede leeg staan, verloor De Meerpaal daardie heffingsinkomste — en dan moet dit deur die res van ons gedra word. Ons adverteer reeds op verskeie platforms, maar ek wil julle ook vra om te help: as julle familie of vriende het wat dalk belangstel om hier te kom woon, deel asseblief jul positiewe ervarings met hulle. Jou aanbeveling is ons mees waardevolle advertensie!
Dankie dat julle deel is van hierdie gemeenskap — dit is vir my, en vir die hele komitee, ’n voorreg om saam met julle aan die welstand van De Meerpaal te werk.
Met vriendelike groete,
Nils Tania
Voorsitter, Bestuurskomitee
WELKOM
Wij verwelkomen Linda Havenga.
Ons vertrou dat u vinnig tuis en gelukkig sal voel.
OVERLEDEN
Mnr Theo van der Wissel.
Ons medeleven is met zijn familie en vrienden.
NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE
Ons het in `n bitter koue konferensie lokaal vergader. (Die lugreëling was buitewerking). Gelukkig het die bespreking i v m die begroting ( 6% verhoging) ons warm gemaak. Die komitee het reeds met die Bestuur vergader maar die vergadering was nie suksesvol nie. Op 16 Julie sal daar weer `n vergadering plaasvind. Ons hoop op sukses ! ! !
Die inwoners word daaraan herinner dat as daar probleme ondervind word met bv elektrisiteit, lekkasies ens. die probleem opgeneem moet word met die blokhoof. Die blokhoof sal verdere stappe neem. In die Bulletin gaan daar elke maand aangedui word wie u blokhoof is ingeval u vergeet het.
Ongelukkig is daar verskeie klagtes ontvang i v m die mindere netjies voorkoms van ons wooneenhede se stoepe. Die inwoners word vriendelik gevra om by die reëls van De Meerpaal te hou. Ons blokhoofde is gevra om `n ogie te hou. Ons is trots op ons pragtige terrein en op die voorkoms van ons wooneenhede.
Die flinke stappers wat die Dikkoppad gebruik, het seker opgelet dat die seemeeu, wat die pad aandui, `n gedaanteverwisseling ondergaan het en nou werklik soos `n Dikkop lyk. Luuk baie dankie vir jou inisiatief om die verandering aan te bring. (Ons weet mos Luuk moet altyd besig bly ! !)
Nou iets interessants ! Dis die kies van `n naam vir die huisie by die put put bane. Daar was 16 voorstelle, sommige baie oorspronklik. Lede van die Bewonerskomitee (Wim, Peet en Nelke) het 3 name gekies vir die kortlys.
Ons het gekyk dat die naam beskrywend en kort is en maklik kan sê. Die name op die kortlys was die volgende: De Molen, Kuierplek en Klubhuis. Tydens die Bewonerskomitee-vergadering het elke lid `n stembriefie ontvang en moes daar `n kruisie getrek word langs die lid se keuse. Die wenner het voldoen aan die kriteria. Die redakteur Peet, het die voorreg om die naam van die wenner in die Bulletin bekend te maak. Ja, dit is nou spannend ! ! Die volgende projek is nou om die nuwe naam op die huisie aan te bring.
Elke, het verslag gedoen i v m die biblioteek. Alles verloop baie goed en sy bedank die komitee vir hul harde werk. As die inwoners wonder wanneer daar weer nuwe boeke aangekoop gaan word, sal hul moet wag tot na die minimark tot daar weer fondse is. Die minimark vind plaas op 8 November 2025. Teken solank die datum op u kalender aan.
Luuk en Rudi, die staatmakers, sal die naamplaatjies wat op die bome aangebring is herstel. Sommige bome het so vinnig gegroei en die stam het dikker geword met die gevolg fdat die naamplaatjies gebuig het.
Al die inwoners wil die redakteur van die Bulletin, Peet, gelukwens die die pragtige uitgawes van die Bulletin.
Ons besef dit is baie werk en beplanning.
Baie dankie en groete.
Nelke Ribberink
SPESIALE LEDEVERGADERING VAN DIE SNBC
5 Augustus 2025 om 11:00
In die Hollandia Zaal
UIT DIE BIBLIOTEEK
Almal is sekerlik bewus van ons wonderlike bibloteek. ‘n Mens kan gerus soontoe gaan, al beplan ‘n mens nie, om ‘n boek uit te neem nie.
Jy vind daar boeke in Nederlands, Engels en Afrikaans en boonop nog boeke met groot skrif.
Jy sal ook’n groot hoeveelheid van legkaarte raakloop en ook nog ‘n verskeidenheid tydskrifte, altans ‘n bietjie verouderde uitgawes.
Daar is ook verskillende afdelings soos Natuur, Sosiale Kultuur, Avontuur en nog meer, ingesluit foto boeke van ander lande en interessante onderwerpe.
By die gewone boeke is daar baie bekende skrywers soos Jeffrey Archer en Deon Meyer, wat seker die meeste van ons ken – ten minste dié, wat van speurverhale hou.
Daar is egter ook minder bekende skrywers, soos bv. Joanna Trollope, wat die moeite werd is om te lees.
Joanna Trollope is ‘n Engelse skryfster, wat oorspronklik ‘n onderwyseres was. Sy het etlike boeke geskryf wat met pryse bekroon is. Haar boeke vertel stories uit die alledaag se lewens, familie, vriendskap en liefde
Net om ‘n paar titels te noem – “The other familie”, “The soldier’swife”, “The best of friendships”.
Die boeke van haar lees ‘maklik’ – die taal gebruik is goed.
Vir ouer mense soos ons is dit goed om te lees, omdat ons dit na ‘n ander wêreld vat, dit bou konsentrasie en dit help om te ontvlug, as iemand die behoefde daaraan het – selfs al word dit voorgelees – boeke maak alles beter.
Die wyse dr Seuss het eens gesê:-
The more that you read, the more things you will know, the more places you go.
Antje U Bakker
WITTE OLIFANT / JUMBELINAS
WINTER UITVERKOPINGS
HALFPRYS
- Dinsdag 29 Julie 17:30
- Woensdag 30 Julie 11:30
- Dinsdag 5 Augustus 17:30
- Woensdag 6 Augustus 11:30
GEWONE PRYSE
- Dinsdag 26 Augustus 17:30
- Woensdag 27 Augustus 11:30
- Dinsdag 2 September 17:30
- Woensdag 3 September 11:30
BLOKHOOFDE
| Naam | Vir eenhede |
|---|---|
| Fred Siebrands | H1 tot H20 |
| Fred Siebrands | H21 tot H39 |
| Bep Wolters | H40 tot H60 |
| Angeline le Roux | B101 tot B108 |
| Imogene Groothuijzen | B109 tot B114 en B127 tot B130 |
| Hein Henze | B115 tot B126 |
| Graham Harding | B131 tot B138 |
| Joop Blokker | W201 tot W308 |
KLUBHUIS
Die klubhuis het ’n naam: KLUBHUIS.
Die bewonerskomitee het verskeie voorstelle ontvang vir ’n naam vir die nuwe kuierplek en na stemming in die bewonerskomitee is op “KLUBHUIS” besluit.
‘n Naambord sal op die gebou aangebring word sodra ‘n aanvaarbare kwotasie verkry is.
Heelwat instandhouding is vanjaar gedoen. Die bane is gediens en die rante oorgeverf. Dit lyk alles nou sommer splinternuut en op 26 Junie is die herstelde bane ingewy met ‘n geselligheid na afloop van die weeklikse byeenkoms.
Die voorsitter, Peter van Hoven, het vir Antoinette en almal verwelkom. In ‘n kort toespraak het hy die verloop van sake geskets en vir Luuk, Wim, Stijntje, Danie, Antoinette, Cobus en Peet bedank vir hulle bydrae.
Die projek is uit verskeie oorde gefinansier. Die bewonerskomitee en die klub het bygedra. De Meerpaal het ruim bygedra en daar was verskeie items kosteloos deur die kublede en andere geskenk.
Intussen is water- en kragtoevoer ook na KLUBHUIS aangelê. KLUBHUIS is nou gereed om deur alle inwoners gebruik te word vir kleiner byeenkomste.
PERSONEEL
Ons het verlede maand volledig berig dat ons al die werkers van De Meerpaal tydens koffie-oggend bedank het vir hul diens aan De Meerpaal en die inwoners.
Op 2 Julie het ons die geleentheid gehad om vir Antoinette en Ilona te bedank vir hulle diens aan die inwoners. Antoinette is al betrokke by De Meerpaal sedert 1995 en sinds 2012 bestuurderes. Ilona het haar in 2012 opgevolg.
Antoinette bestuur De Meerpaal, die sorgsentrum en die personeel terwyl Ilona die skakel met die buitewêreld is.
Daar word gesê Antoinette se taakomskrywing is kort en kragtig: “Doen alles wat gedoen moet word”.
Ilona hanteer die finansies en is De Meerpaal se “eiendomsagent”.
Daarmee saam staan hulle altwee ook die inwoners en personeel by met elke moontlike navraag.
Weereens dankie vir julle ondersteuning en harde werk (soms onder moeilike omstandighde).
De Meerpaal Mark
Die O&O en Handwerkklub beplan ´n mini-mark vir bogemelde datum.
DAGBOEK SOLANK DIE DATUM !
Indien u weet van iemand (of uself?) wat sou belangstel om ´n stalletjie te hê,
kontak asseblief vir Annatjie Maritz, Gerda de Wagenaar of Jettie Horsman.
“MANTELSORG BY DE MEERPAAL”
Barmhartige Samaritane word in Nederland mantelsorgers genoem.
By `n onlangse (nie ernstige) siekte blyk dit dat die Meerpalers goeie samaritane is. Reëlmatige vrae hoe dit gaan, katrolletjies sop, bakkies appelmoes, selfs hulp by huishoudelike pligte soos wasgoed ophang, ritte na die winkels as dit weer nodig was.
Vir mantelsorg hoef ons nie na Nederland te gaan, dis reg by ons! !
Dankie
Antoinetta Hoogendoorn
KOFFIE-OGGEND
Op 2 Julie het ons “De Meerpaal July” gehou. Inwoners is gevra om tuisgemaakte hoofbedekkings te dra met die Durban July perdewedren as tema. Gedurende die oggend koffie was daar baie goedige op- en aanmerkings en komplimente en later moes die deelnemers voor die beoordelaars verbystap. Dit was moeilike besluite maar die uitslag was eenparig.
Daar was pryse vir mans en dames en Corrie, Sheila en Luuk het met die pryse weggestap.
Op 9 Julie het Wim Verhage opgetree en ’n volgepakte Hollandia Zaal is vergas met Nederlandse, Afrikaanse, nostalgiese en geestelike liedere. Na afloop van sy optrede het Angeline vir Wim Verhage bedank en ’n geskenk oorhandig.
DIKKOP-PAD en sy geheime!?
Almal wat die Dikkop pad al gestap het, het seker al die “mini meerpaal met voël” by die westelike begin sien staan. Dit was helaas in ‘n slegte toestand en die termiete was gulsig om die onderkant op te eet. Die gevolg was dat dit omgeval het en tydelik aan ‘n boom vasgebind was. Die voël was kleurloos.
Ek sien daar was ‘n voël bo-op die mini meerpaal en ek het verwag dis ‘n dikkop. Ali van Dijk vertel my toe dit was vroeër ‘n seemeeuw en vir haar ‘n irritasie. Ons sien maar min seemeeuwe hier in De Meerpaal.!!
Nou ja dit kan mos reggestel word!
Met die herstel kom ek af op n klein koperplaatjie wat vasgespyker was aan die meerpaal. Die opskrif is “ C Schriek Pta “. Ou inwoners is genader maar sonder sukses en dus bly dit een geheim ! (tot iemand dit oplos)
Die mini meerpaal het effens korter geword maar min mense sal dit agter kom! Die bruin kleur is verander na swart, want dit was tipies die kleur van kreosoot wat op alle meerpale gebruik is.
Die naambord met die naam “DIKKOP PAD”is ook opgeknap en die oorspronklike aggresiewe dikkop met gespreide vlerke is nog steeds daar.
Nou hoop ons net dat die egte lewende dikkoppe nie afgeskrik word deur die opgegradeerde monument nie.
Luuk Hepkema
DE MEERPAAL RESTAURANT
De Meerpaal se Restaurant word beman deur vyf vriendelike en bekwame personeellede wat bestaan uit een man en vier dames.
Die smaaklike voedsel wat voorberei word kan of in ons eetsaal geniet word of in ‘n gemerkte mandjie met houers ingegee word voor 9:00 op weeksoggende om in u eie woning te geniet.
Indien inwoners vir die naweek kos wil bestel moet dit op Vrydag voor 9:00 met die kombuis gereël word.
Gaste is baie welkom om saam met ons inwoners middagete te geniet, dit moet net vooraf gereël word met Nicolette sodat daar geen teleurstellings kan wees nie.
Die restaurant se spyskaart vir die naweek en komende week word op Vrydae op die Whats app-groep geplaas.
Nicolette
Brief uit Nederland:
Het is vakantie in Nederland……..
De vakantie is begonnen. De scholen zijn dicht, de bedrijven
draaien op halve kracht en Nederland gaat op vakantie. Waar men zoal heen gaat ? naar Spanje, of Italië, of Turkije of Griekenland. Wie dichter bij huis wil blijven gaat naar Duitsland of Frankrijk, en de slimste onder ons blijven gewoon in eigen land. Want zo’n vakantie in zo’n ver land is niet niks. Het begint al met het lezen van de waarschuwingen van de ANWB (Algemene Nederlandse Wielrijders Bond) maar thans met name voor iedereen met een auto. Waarschuwingen om de files bij de tolpoortjes in Frankrijk te mijden. Tips om voldoende zonnebrandcrème mee te nemen en tips om voldoende water bij je te hebben. Tips ook om je auto op tijd na te laten kijken en let op de juiste bandenspanning. Op vakantie gaan is eigenlijk gewoon werken, en nog hard ook !! Eenmaal aangekomen op de camping of in het hotel in het vakantieland is het zaak om uit de zon te blijven. Want bij 35 graden of meer verbrand je al binnen een half uur. Kijk ook iedere avond even de tent
of de caravan na voor het geval het die nacht gaat stormen, en houdt de radio bij de hand voor overstromingen en aardverschuivingen. Een caravan die met de stroom meedrijft is helemaal niet leuk, en als je er zelf in zit nog minder. Nog een tip van de ANWB,……om bij diefstal meteen aangifte te doen bi de plaatselijke politie en zorg vooral voor een goede reisverzekering inclusief dekking voor pechhulp en repatriëring.
Maar dan de slimme vakantieganger zoals ik. Ik ga niet in de file staan, ik zoek de aardverschuivingen en de overstromingen niet op. Bandenspanning ? Mijn auto staat gewoon op de oprit en ik zit heerlijk en ontspannen in mijn tuin met een glas Zuid Afrikaanse wijn. Dat dan weer wel !! Ik geniet van de bloemenpracht in mijn tuin, haal hier en daar wat onkruid weg, en kijk op buienradar wanneer het gaat regenen. Dan hoef ik niet te sproeien. En als we weg willen dan is een dagje Duitsland al prima. Kunnen we gelijk wat boodschappen doen en goedkoop tanken . We slapen gewoon in ons eigen bed, gaan onder onze eigen douche en zo’n vakantie is de mooiste vakantie die er is.
De kinderen en de kleinkinderen zoeken de drukte en de hectiek dus wel op, maar wij blijven thuis om beschikbaar en bereikbaar te zijn als er iets fout gaat ( en er gaat nooit iets fout !!) Wij koken niet op een éénpits vlammetje maar hebben de beschikking over een comfortabele keuken met een kookplaat voor wel vijf pannen. De afwas gaat in de dishwasser en we drinken koffie van échte koffiebonen in plaats van Nestlé koffie- korrels. Heeft vakantievieren op onze manier dan alleen maar voordelen ? Nee,……wat wij missen is de terugkomst van een vakantie. Je eigen huis en je eigen
bed en je eigen douche. Wij missen het schoonmaken van de caravan, het uitpakken van de koffers en de drie dagen die volgen om alle kleren te wassen en te drogen. Wij missen de stapel post en rekeningen van de afgelopen drie weken. Maar wat wij niet missen is alle drukte die het thuiskomen weer met zich meebrengt. Want wij zijn al thuis
en hebben genoten van al die rust en ons eigen comfort.
De beste vakantieplek is toch gewoon mijn tuin !!
Mijn eigen Costa el Tuinia.
Aad Overvliet
VERJAARDAGEN IN AUGUSTUS 2025
HARTELIJK GEFELICITEERD
Luit Kiewiet*
Annie Venter
Tietje Prinsloo
Harold Ray Lund*
Gerrie Schreurs
*Kroonjaar
BINGO
3 September 2025, 19:00, Hollandia zaal
Vast, wekelijks programma
Zoals per 20 April 2025; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.
MAANDprogramma:
09:00 09:00 10:00 13:30 19:00 | Busdienst; zie hierboven Oefeningen in Hollandia Zaal Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek Klaverjas Sjoelen |
09:00 14:30 18:30. | Bloeddruk kliniek tot 10:30 Bijbelstudie Bridgeclub |
09:45 14:00 | Koffieochtend; zie hierboven Koorrepetitie |
09:00 09:30 15:00 | Busdienst; zie hierboven Put-put Bijbelstudie |
09:00 09:00 | Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats Bus naar Willow Crossing. |

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.
Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Peet Delport
Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal
Vaste medewerkers: Aad Overvliet:
Afsluitdatum voor nieuwe bijdragen uiterlijk 15de van elke maand aan
Antoinetta Hoogendoorn: antoinetta6@gmail.com
De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.
BINGO
23 Julie 2025, 19:00, Hollandia zaal