Kontak ons gerus! Tel: 012 807 5217/8

Waardigheid Onafhanklikheid

September 2025 – Bewoners Bulletin

DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS

LENTE-UITGAWE

Gooi de ramen open

Laat de wereld binnen

De winter geeft zich over

De lente kan beginnen

Stef Bos

WELKOM

Wij verwelkomen Mev Janita Smit.

Ons vertrou dat u vinnig tuis en gelukkig sal voel.

OVERLEDEN

Mev.J H H Kok.

Ons medeleven is met haar familie en vrienden.

Antoinetta Hoogendoorn het bedank as verslaggewer en mede-skrywer van die Bewoners bulletin. (Sy sal egter gelukkig wel nog soms van haar laat hoor).
Baie dankie Antoinetta, ons het jou gereelde kommentare en artikels baie geniet en waar-deer. Dit gaan moeilik wees vir enigiemand om jou skoene vol te staan.

UIT DIE VOORSITTER SE PEN

Liewe Inwoners van De Meerpaal,

Ons het onlangs ons Spesiale Vergadering gehou om die 2026-begroting goed te keur. Hierdie was nie net ’n administratiewe stap nie, maar ’n waardevolle geleentheid om saam stil te staan by die belangrikheid van De Meerpaal se finansies. Ek wil graag vir almal wat hul stem laat hoor het en belangrike oorwegings gedeel het, bedank. Jul insette dra by tot die welsyn van ons hele gemeenskap.

Ons bestuur glo dat inwoners goed ingelig moet wees oor die keuses wat gemaak word, en dat niemand ooit deur verborge kostes of slinkse fooie verras moet word nie. Dit beteken natuurlik dat ons soms moeilike gesprekke moet voer en harde besluite moet neem. Maar aan die einde van die dag weet elkeen van ons waar ons staan. Bestuur streef altyd daarna om verrassings tot ’n minimum te beperk, ’n vaste koers te hou, en sorg te dra vir beide die fasiliteite en die mense wat hier woon.

Intussen het inwoners ons ook attent gemaak op ’n paar situasies wat reggestel moet word. Ons is dankbaar vir hierdie terugvoer en kan intussen die volgende aankondig:

Gastehuis-tariewe: In die verlede is die koste vir ’n verblyf bereken “per persoon”. Van nou af geld daardie selfde tarief vir die hele eenheid, ongeag die aantal persone wat daar oorbly. Dit behoort ’n paar duidelike tekortkominge reg te stel.

Indien die tarief in die toekoms te laag sou wees, sal ons dit hersien.

Verpligte etes: Ons is bewus van die ongelukkigheid wat ontstaan het weens die ongelyke behandeling van inwoners op hierdie gebied. Aan die een kant moet ons verseker dat die vermoë om etes te voorsien in die toekoms beskerm word — dit is ’n noodsaaklike deel van ons dienslewering en risiko beplanning. Aan die ander kant moet die stelsel regverdig en volhoubaar wees, terwyl ons ook probeer om administratiewe kompleksiteit so laag as moontlik te hou. Om ’n balans te vind is nie maklik nie, en die oplossing sal waarskynlik almal raak. Bestuur neem dit glad nie ligtelik op nie. Ons vra dus geduld terwyl ons die opsies deeglik deurwerk. Sodra ons ’n alternatiewe voorstel het, sal ons dit aan julle voorlê vir oorweging. En dit, glo ek, sal ’n goeie geleentheid wees vir koffie en beskuitjies!

Baie dankie vir julle betrokkenheid en geduld. Deur saam te werk en saam te dink, verseker ons dat De Meerpaal ’n plek bly waar almal tuis voel.

Met vriendelike groete, 

Nils Tania  Voorsitter, Bestuurskomitee De Meerpaal Aftree-oord

De Meerpaal Mark

ONTHOU SATERDAG, 8 NOVEMBER 2025

Aan al ons bewoners,familie, vriende en voornemende bewoners.

Ons vorder goed met die beplanning. Daar sal heelwat stalletjies wees soos pannekoek, worsbroodjies, haring, krokette, kaas, De Soete Inval en nog baie meer. Daar is ook spesiaal voorsiening gemaak vir kinders. Daar sal nog pamflette uitgedeel word maar intussen vra ons dat julle ons mark bekend stel tussen vriende, familie ensovoorts. Vir enige navrae skakel asseblief Gerda de Wagenaar by 083 456 1449.

NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE

Op 5 Augustus is daar ’n spesiale Bewonersvergadering gehou om die begroting goed te keur.  Die voorsitter van die Bestuur, Nils Tania, het die vergadering ingelig i v m De  Meerpaal se finansiële posisie. Die meerderheid het d m v stemme die begroting goedgekeur. Die vergadering is op gebruiklike wyse afgesluit met ’n heerlike koppie koffie en `n spekulaas koekie ! ! 

Ons is baie jammer dat Anneke, weens omstandighede bedank het as lid van die bewonerskomitee. Anneke ons wens jou alle sterkte toe. Baie dankie vir al jou insette en positiewe bydraes wat jy gedurende die jare gelewer het. BAIE DANKIE ! ! !

Wietze v d Dussen sal as gekoöpteerde lid by die komitee aansluit.

Elke het die vergadering ingelig dat die rakke in die biblioteek uitgesorteer gaan word met die oog op die mark op 8 November. Die uitgesoekte boeke sal tydens die mark verkoop word.

Soos ons al vir Luuk leer ken het kan hy nie stilsit nie. Hy het onderneem om die “Molen” by die hek onderhande te neem. Die Bewonerskomitee sal die kostes dra.

Soos ons reeds tydens ‘n koffie-oggend deur Antoinette verneem het is die “bulk”meter vir elektrisiteit reeds geinstalleer (ons was mos die hele dag en aand sonder krag) ! ! Daar word nou gewag vir goedkeuring deur Tshwane.  Die voorafbetaalde meters gaan verval. Die inwoners is reeds daarop gewys dat hul so min as moontlik krag op die meters moet hê aangesien Tshwane nie die oorblywende krag gaan vergoed nie.

Baie dankie dat al die inwoners so flink gereageer het op die whatsapp i v m die stoepreëls.

Ons inwoners sien elke maand so daarna uit om die Bulletin te ontvang.  Ek wonder of ons al besef het hoeveel die finansiële uitgawes is om ons elkeeen van ‘n Bulletin te voorsien. Daar is op hierdie stadium ‘n punt bereik dat ons moet bespaar om die verspreiding van gedrukte uitgawes te verminder.

’n Nuwe metode van verspreiding vir die gedrukte uitgawe van Bewoners Bulletin gaan vanaf Oktober gebruik word.  Die metode sal later tydens koffie-oggend verduidelik word.. 

Die redakteur word weereens bedank vir `n puik Bulletin.

Ons wil vir Gerda en haar span bedank vir al die reëlings i v m die mark op 8 November. (Het u die datum al op u kalender aangeteken?)  Die reëlings en beplanning is `n reuse taak. Sterkte Dames.

Die Klubhuis het nou `n naam.  Rudi baie dankie vir die reëlings vir die maak van die naambord.  Die naam sal binnekort aangebring word. Soos ons almal bewus is, is die Klubhuis tot al die inwoners se beskikking en die Klubhuis moet benut word. Daar was ‘n voorstel dat ’n braaiplek ingberig word. Die Bewonerskomitee het aangebied om ‘n braaier aan te koop.  Die inwoners kan gerus by die Klubhuis gaan inloer ! !

Ja, die privetboom met sy bessies, wat deur die voëls versprei word, is `n ergenis vir sommige inwoners, veral op die stoepe. Daar is besluit om nie die groot bome te verwyder nie aangesien die bessietyd net tydelik is. Nuwe klein boompies wat opkom moet verwyder word.

Indien `n besoeker of selfs ‘n inwoner wie se motor onder die afdak geparkeer is, se motor olie lek op die plaveisel, is dit die verantwoordelikheid van die inwoner om die oliekol te verwyder.

Indien daar verstoppings van die afvoerpype voorkom, skryf die probleem asseblief in die klagteboek sodat daar aandag aan gegee kan word.

Antoinette, Angeline en hul helpers word bedank vir hul kreatiwitet en harde werk  (Dit nogal op `n Vrydag ! !) om ons tuin ‘bietjie “modern” te maak. Ek dink die struike wat verwyder is was ook al “antiek”. Baie dankie.

Baie groete

Nelke

UIT DIE BIBLIOTEEK

AROUND AFRICA ON MY BICYCLE

Riaan Manser

Avonturiers onderneem dinge wat by die gewone mens nooit sal opkom nie. Hulle word gedryf deur die wil en vermoë om doelwitte te bereik wat onmoontlik lyk. Hulle kan hulle eie swakhede oorwin.

Riaan Manser is so ‘n persoon, en in sy boek “Around Africa on my Bicycle” (in die De Meerpaal biblioteek beskikbaar) beskryf hy sy fietstoer om Afrika.

Die hele projek het met ‘n droom begin nadat hy tot die besef gekom het dat hy iets wou doen wat hom trots kan maak en waardeur hy ander positief kan beinvloed.  

Sy keuse was ‘n toer.  As Suid-Afrikaner was sy natuurlike keuse Afrika, die kontinent met al sy probleme, oorloë, HIV, hongersnood, armoede en oneerlikheid.  Die toer om Afrika moes internasionale bewustheid skep oor die ontstellende lewensomstandighede op die kontinent.

Die tweede vraag was, op watter wyse sou hy om Afrika reis? Hy besluit, soos dit ‘n regte avonturier betaam, om die reis om Afrika per fiets aan te pak. Dit sou ‘n reis wees wat nog niemand voor hom probeer het nie – dus ‘n regte uitdaging.

So ‘n reis vat baie voorbereiding en ondersteuning: prakties, emosioneel en finansieel. Hy sou al langs die Afrikakus ry, van een land langs die kus na die volgende.

Hy sou sy fiets moet trap vir 36 000 km, deur 33 lande reis, wat almal visums vereis en al sy nodige bagasie, fietsonderdele, water en kos op die fiets moet saamry. Maar hy het nie moed opgegee en donateurs gesoek en gekry.

Sy toer was oral hoofsaaklik gekenmerk deur die vriendelikheid en hulpvaardigheid van wildvreemde mense, dikwels die armstes van die armes. Probleme was dikwels onbegaanbare paaie, waar hy sy fiets moes stoot. Hy was in die tronk gegooi deur dronk grenspolisie in Ekwatoriaal Guineë en gyselaar gehou en met die dood gedreig deur dwelmverslaafde tienerrebelle in Liberië.   Sy grootste administratiewe probleem en uitgawe was om visums te bekom vir die lande wat hy moes besoek om sy doel te bereik. Met trots noem hy in die aanhangsel tot sy boek, dat hy geen omkoopgeld op die toer betaal het nie. Behalwe deur die kontinent en sy mense, was Riaan oorweldig deur die piramides in Egipte, hy bestyg Kilimanjaro, die hoogste punt in Afrika en besoek Lake Assal wat die laagsts punt in Afrika is, naamlik 150m onder seespieël.

Riaan se beplanning om die reis in een jaar te voltooi was baie optimisties. Uiteindelik het hy twee jaar en twee weke benodig om terug te kom in Kaapstad waar sy toer begin het. Ek wonder watter avontuur hy volgende gaan beplan.

Elke

WITTE OLIFANT / JUMBELINAS

Dankie vir almal wat ons altyd ondersteun

VOLGENDE VERKOPINGS

  • Dinsdag 26 Augustus 17:30
  • Woensdag 27 Augustus 11:30
  • Dinsdag 30 September 17:30
  • Woensdag 1 Oktober 11:30

Ons hou van nou af net een verkoping per maand

Ons ontvang graag somerklere en skoene en artikels vir die witte Olifant. Lewer asb artikels af by Elly Mestrum, Bungalow 132 of Ineke Funk Woonstel 208 (oorkant Witte Olifant)

BINGO

3 September 2025, 19:00, Hollandia zaal

BLOKHOOFDE

NaamVir eenhede
Anneke HeesakkersH1 tot H20
Fred SiebrandsH21 tot H39
Bep WoltersH40 tot H60
Angeline le RouxB101 tot B108
Imogene Groothuijzen (Hoof)B109 tot B114 en B127 tot B130
Hein HenzeB115 tot B126
Graham HardingB131 tot B138
Joop BlokkerW201 tot W308

Mini-gholf – Nuwe tye

Die lente het aangebreek.

Die mini-gholfklub se weeklikse byeenkoms op Donderdae begin vanaf 4 September weer om 9:00

KOFFIE-OGGEND

Die koffie-oggende was weereens heel gesellig.

Daarby was daar kunstenaars wat ons op mooi musiek getrakteer het.

Jan Wegman het weereens sy uitstekende vermoë om musiek uit ‘n klawerbord te toor op 30 Julie aan ons bewys en op 6 Augustus was dit Ralph Michielsen se beurt om nostalgiese sowel as nuwe liedere vir ons te sing. Van Neil Diamond en Chris Kristofferson tot Steve Hofmeyr.

WASSERY

De Meerpaal het ‘n wassery op die terrein, waarvan al die inwoners gebruik kan maak teen ‘n bekostigbare prys.

Die dienste word gelewer deur drie dames wat onderskeidelik die wasgoed gaan haal by die wonings en weer terugneem nadat dit gewas en gestryk is.

Die nodige reëlings kan getref word met Maureen.

VERJAARDAGEN IN SEPTEMBER 2025

HARTELIJK GEFELICITEERD

Gijs de Lange
Anna-Mari van der Merwe
Junette Eales
Linda de Bruin
Carla Boer
Gertruida Marais
Angeline le Roux
Nellie v Brouwershaven
Tina Horjus
Kobie Kendall
Maria du Preez
Wilhelmina Harding
Christine Stroebel

*Kroonjaar

Brief uit Nederland:

Anak Indië,……..

Ik was vorige week een avondje naar de film. Normaal duurt een film ongeveer 90  minuten  maar deze film was anders. Het was eigenlijk geen film maar een
documentaire. Hij duurde dan ook  ruim 2 uur. De titel was dus “Anak Indië” en ging over de toestroom in de jaren 50  van de “KNIL Militairen” zij moesten na de onafhankelijkheid van Indonesië van Soekarno het land verlaten. KNIL militairen waren soldaten van het Koninklijk Nederlandsch-Indisch Leger, het Nederlandse koloniale leger in Nederlands-Indië (nu Indonesië). Het KNIL bestond van 1830 tot 1950 en was een beroepsleger, voornamelijk samengesteld uit inheemse soldaten en Europese officieren. 

Nederlanders zoals ik weten weinig van deze Indische Nederlanders. De Regering hield destijds veel verborgen en Nederland was net zelf uit een verwoestende oorlog gekomen en had wel iets anders aan zijn hoofd. De Indische mensen kregen dus in plaats van een warm welkom, een koude ontvangst op de kade van Rotterdam en een busreis naar een pension. Het was winter en bij vertrek uit Indonesië was men gekleed in tropische kleding, maar dus niet geschikt voor het koude Nederland. Voor warme kleding moest men dus zelf maar zorgen. Het pension was een tijdelijke opvang en van waaruit men snel moest doorstromen naar een woning, soms niet meer dan een bovenhuis. Om te kunnen leven moest er geld verdient worden dus ieder baantje werd aangepakt. In den Haag kwamen velen dus in dienst van de overheid en nog telt onze overheid heel veel 2e en 3e generaties. In het pension en in huis moesten de kinderen zich stil houden. De buren wilden geen herrie, en het koken met kruiden werd al snel een probleem, want de buren vonden het maar “stinken ” !! Kortom,…..men moest zich aanpassen, en men paste zich ook aan. Men vond een plekje in de Nederlandse samenleving. Men werd lid van de plaatselijke voetbalclub, men richtte eigen verenigingen op, er kwamen Passar Malams en men droeg  de naam INDO met trots.  (Door enkelen vertaald in “In Nederland Door Omstandigheden)

Er was gelukkig ook plaats voor vertier. In de muziek kwamen de beroemde “Blue Diamonds” in beeld. Twee mooie Indische jongens en waar de meisjes graag naar keken en mee uitgingen. Dit tot jaloezie van de Nederlandse jongens met hun blanke huid en blonde kop. Nederland hing aan de lippen van zangeressen met Indonesische achtergrond als  Anneke Grönloh met o.a.  haar hit “brandend zand” en het duo Sandra en Andrés, en langzamerhand wende men in Nederland aan deze “andere” Nederlanders.  In plaats van aardappelen met spruitjes ( en een kuiltje voor de jus) leerde Nederland Indisch en Chinees eten. Restaurantjes werden overal geopend met op tafel een papieren kleedje en alle gerechten hadden een nummer. Je bestelde dus geen Nasi Rames” maar nummer 191. En het bier was Heineken die vaak ook als financier optrad.  Alle puzzelstukjes vielen dus op hun plaats en inmiddels zijn veel Chinees Indische Restaurantjes aan het verdwijnen. Vaak als gevolg van geen opvolging door de kinderen.

Na bijna 75 jaar zien we nu in deze film hoe het kwam en hoe het was. En we zien hoe deze Indische Nederlanders hun plek hebben gevonden in onze samenleving. De film is soms ontroerend, soms ook met een lach en een traan. Voor veel emigranten in Zuid Afrika wellicht ook heel herkenbaar, dus waar mogelijk raad ik aan om deze film te gaan zien. Misschien te streamen via internet ?

Aad Overvliet

Vast, wekelijks programma

Zoals per 20 Augustus 2025; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.

MAANDprogramma:

Maandagen

09:00

09:00

10:00

13:30

19:00

Busdienst; zie hierboven

Oefeningen in Hollandia Zaal

Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek

Klaverjas

Sjoelen

Dinsdagen

09:00

14:30

18:30.

Bloeddruk kliniek tot 10:30

Bijbelstudie

Bridgeclub

Woensdagen

09:45

14:00

Koffieochtend; zie hierboven

Koorrepetitie

Donderdagen

09:00

09:30

15:00

Busdienst; zie hierboven

Put-put 

Bijbelstudie

Vrijdagen

09:00

09:00

Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats

Bus naar Willow Crossing.

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.

Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Peet Delport

Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal

Vaste medewerkers: Aad Overvliet

Afsluitdatum voor nieuwe bijdragen uiterlijk 15de van elke maand aan Peet Delport: p.delport@mweb.co.za

De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.