Kontak ons gerus! Tel: 012 807 5217/8

Waardigheid Onafhanklikheid

April 2022 – Bewoners Bulletin

DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS

WAT VIEREN WE EIGENLIJK TIJDENS PASEN?

Bij Pasen denken veel mensen aan bergen chocolade-eitjes, een lekker, uitgebreid paasontbijt en één, voor sommigen zelfs twee, welkome vrije dagen. Maar wat vieren we nu eigenlijk tijdens Pasen?

Pasen is het belangrijkste christelijke feest en draait om de kruisiging en wederopstanding van Jezus Christus. Pasen zelf valt op zondag en is in feite de dag dat Jezus uit de dood herrees. Maar het paasfeest is ook wel de verzamelnaam voor de hele week, van Witte Donderdag tot tweede paasdag.

Witte Donderdag

De herdenking begint op Witte Donderdag, de dag dat Jezus zijn laatste avondmaal nuttigde met zijn discipelen. Dit was ook de dag dat hij werd verraden door Judas Iskariot. Die kreeg dertig stukken zilver van de Romeinen als hij Jezus zou aangeven. Dat deed hij door hem een kus te geven, zodat de Romeinen wisten wie ze moesten hebben; de judaskus. 

Goede Vrijdag

Als gevangene van de Romeinen werd Jezus op de vroege ochtend van Goede Vrijdag in het openbaar voorgeleid en ter dood veroordeeld, mede op aandringen van het publiek. Dezelfde dag nog loopt hij met doornenkroon op zijn hoofd en het zware kruis op de schouders de lijdensweg naar de plek waar hij aan datzelfde kruis wordt genageld. Daar sterft hij drie uur later. 

Stille Zaterdag

Op Stille Zaterdag herdenken christenen dat Jezus in zijn graf werd gelegd, waar hij de hele zaterdag bleef liggen. Kerkklokken blijven op deze dag stil, vandaar de naam. Dit is ook de laatste dag van de vastentijd tussen carnaval en Pasen. 

Eerste paasdag

Op zondag is het eigenlijke Pasen. Op deze dag staat Jezus weer op uit de dood. Dat ontdekten Maria en Jezus’ discipelen volgens de Bijbel toen ze bij het graf kwamen en zagen dat de grote steen die het graf beschermde, was weggerold.

Tweede paasdag

De maandag na het echte Pasen is in feite niet meer dan een bonus. Er wordt niets meer herdacht. De kerk heeft in het verleden wel voor deze dag gepleit, zodat gelovigen tijd hadden om nog een keer naar de kerk te gaan. 

NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE

Soos reeds in die vorige bulletin vermeld gaan die Bestuur en die Bewonerskomitee voortaan elke tweede maand vergader. Die volgende Bewonerskomiteevergadering sal dan op 10 Mei plaasvind. U word herinner aan ons Bewoners Jaarvergadering wat op 7 April 2022 om 15:00 in die Hollandiasaal  gaan plaasvind.

Die blokhoofde het op 15 Februarie `n sinvolle vergadering gehad. As enige probleme ondervind word met bv geisers ens. is u blokhoof net die regte persoon om te help.

Ons kan verwag om eersdaags `n ontruimings oefening te hê. Die kennisgewing “versamelpunte” is alreeds aangebring. Maak seker dat u weet waar u versamelpunt is.

Die sekuriteitspersoneel patrolleer steeds snags ons terrein sodat ons `n veilige en goeie nagrus kan geniet !

Soos u reeds weet vind die Dutch Festival op 27 Augustus plaas. Bernard Mestrum sal as koördinator  optree tussen die bestuur en die inwoners.  Bernard jy kan op ons staatmaak !

Daar word probleme ondervind met die plasing van die brandkrane by die nuwe bungalows. Dit kan probleme veroorsaak ingeval van `n brand. Daar word aandag aan gegee.  Ek wonder hoeveel inwoners, veral die dames, weet hoe om `n brandblusser te hanteer ingeval van `n brand? 

Is die put-putbane nie spoggerig nie? Dis so `n plesier om daar verby te loop of selfs op `n nuwe bankie te sit.

Die ‘eilandbewoners’ (Bl09 – B114) het gevra vir `n oplossing vir die houer van die tuin afval wat hul uitsig is as hul op hul stoepies sit. Dis regtig `n seeroog !  (Kobus het alreeds planne beraam.)

Ons is baie bevoorreg om so `n pragtige lapa te hê. Gelukkig maak die inwoners heel dikwels daarvan gebruik, veral naweke. Onthou: die persoon wat die lapa bespreek  het is verantwoordelik vir die netheid na gebruik. As die vullisdrom nie voldoende is nie kan `n swart sak by die kombuis gekry word. Daar is selfs ekstra houers om die hoek. As die lapa Saterdag gebruik word, is daar dikwels Sondae ook besprekings. 

Daar is `n dringende versoek dat die herwinningsarea (in die hoek) netjies gehou word. Daar is mos houers!  Ons is mos nie morsjorse nie! Die werkers het reeds so baie werk.

Groete tot volgende keer.

– Nelke Ribberink

Iemand wat sê:

jy moenie toelaat

dat klein dingetjies jou pla nie 

het nog nooit

saam met `n MUSKIET

in dieselfde vertrek probeer slaap nie !

Dance before the music is over.

Live before your life is over.

WELKOM

We verwelkomen deze maand de volgende nieuwe medebewoners:

Hannetje van der Linde in VA23.

VAN DIE BESTUUR

Beste Meerpalers

Ons het Woensdag 16 Maart vergader en ek gee graag terugvoer uit die vergadering.

  1. Die finansiële syfers vir die jaar is gefinaliseer en daar is weereens op ‘n mooi gelykbreeksyfer afgesluit. Die ouditeure is by ons en sal binne ‘n week die oudit voltooi. Interessant is dat die eerste oudit is met ‘n Februarie 2022 jaareinde en dit sê baie van die finansiële dissipline by De Meerpaal. Dankie aan Antoinette, Ilona en Francien.
  2. Die nuwe begroting vir 2022/23 is deur beide die Raad en die Bewonerskomitee goedgekeur. Behalwe vir die woonstelle is daar geen verhogings in heffings en huur voorsien nie. Daar is wel verhogings vir ander dienste soos etes, afdakke ens. Antoinette sal julle van die nuwe pryse in kennis stel. Finale goedkeuring sal natuurlik by ons eerskomende Algemene Jaarvergadering plaasvind.
  3. Soos in die vorige bulletins bespreek, is die herstruktering oefening van die Sorgsentrum afgehandel. Die Sorgsentrum is nou baie bekostigbaar en ek gaan ‘n Woensdag by die koffie-oggend ‘n draai maak om oor die Sorgsentrum te gesels en om die bekostigbaarheidskonsep te verduidelik. Julle is ten slotte ons ambassadeurs om die Sorgsentrum vol te hou.
  4. Leendert van Driel, wat onlangs by ons aangesluit het, het ingewillig om die Bemarkingsportefeulje op hom te neem. Bemarking is en gaan steeds ‘n groter rol speel in ons besigheid en ons is dankbaar vir sy bereidwilligheid om ons daarmee te help.
  5. Die Raad het op die betaling van die volgende geskenkbewysbedrae aan inwoners by die suksesvolle verkoop/verhuur of opname in die Sorgsentrum besluit: R2000 vir die verkoop van ‘n huis of woonstel, R1000 vir die verhuring van ‘n huis en R2000 vir die suksesvolle opname in die Sorgsentrum. Julle as inwoners is die grootste verkoopsmag wat ons het en ‘n geldjie vir jul moeite kan altyd handig te pas kom. Bemark asseblief De Meerpaal by familie en vriende!
  6. Nuwe bloed is steeds nodig op ons Bestuur en ons is op soek na ‘n Bestuurlid wat vir ons die sekretariële werk kan behartig. As een van julle kinders of kleinkinders kan kom help sal ons dit baie waardeer. Doen asseblief die moeite om hulle te vra.
  7. Ons het ‘n nuwe administrateur vir die Sorgsentrum aangestel. Sy is Solette van Rijn en begin 28 Maart 2022. Baie welkom aan Solette en ons is oortuig sy gaan dit geniet hier by ons.
  8. Wat sê julle van die mini-gholfbaan wat nou gefinaliseer is? Dit is regtig 5-ster en ‘n lus vir die oog. Geniet daarvan! Die toilette by die mini-gholfbaan is ook voltooi en is ‘n mooi aanwins.
  9. Die stadsraad het ons okkupasiesertifikaat vir die nuwe eenhede uitgereik. “Het was wel een lintwurm” en die bou van die nuwe eenhede het verskriklik lank geneem. Dit is nou gelukkig op ‘n einde.
  10. Die afdakke by die nuwe eenhede kan nou voortgaan en Tony sal die nodige reëlings met Bart Withaar Bouers tref.
  11. Die herbou van die Klubhuis gaan ook voort maar sal in twee fases gedoen word. Die dop eerste wat die vergrote vloer en dak sal insluit en daarna wanneer die finansies dit toelaat, sal die res gedoen word soos dit met almal bespreek is.
  12. Die toetslopie met die aanbring van plate aan op die Clearview heining by Oumuurkliplaan om die privaatheid van die inwoners te verbeter, is goedgekeur. Dit is slegs ‘n toets en ‘n paar panele van die heining sal gedoen word. Dankie aan Tony wat die leiding neem.
  13. Ons het op twee nuwe logo’s vir De Meerpaal en die Sorgsentrum gefinaliseer. Ook is daar nuwe slagspreuke bedink wat by die logo’s inpas. Hier is hulle:
  14. Die solar projek is steeds aan die gang. Die raad het R370k bewillig vir die aanbring van solarverhitting vir die geisers by die Sorgsentrum, Kombuis en Kantoor. Die komitee sal op die tipe stelsels en diensverskaffers besluit.

Groete 

Rob Wesseloo – Voorsitter SNBC

JOLYT IN DIE VERSORGING

As dit nie kan soos wat dit moet, moet dit maar soos dit kan ! ! ! Na twee operasies en `n kort hospitaal verblyf was Antoinetta Hoogendoorn reg vir `n stepdown kliniek. Wat in haar geval natuurlik ons eie Versorging was. Gevestig in `n gerieflike kamer met eie badkamer maak sy haar tuis en hoor `n bekende stem. Kan jy glo ! ! !? Dis Rineke Derksen haar buurvrou by die bungalows wat ook hier haar buurvrou gaan wees. Rineke sukkel al lank met `n voetwond en mag glad nie op die voet staan nie. Sy is die Tannie-sonder-voete. Antoinetta is die Tannie-sonder-hande ! ! ! Dis logies dat hulle vroeg soggens saam koffie drink en lag en gesels. Dit help nie om te kla en te kreun nie! `n Derde slagoffer kom op die gelag af. Dit is Joke Heydenreich wat moet herstel na `n voetoperasie. Joke het wel hande en voete maar mag nie loop nie. Die koffie-drink word nou `n ritueel vir drie. Joke voel baie onmagtig want sy mis haar wifi om te kan twitter, skyp ens. Toe Antoinetta toestemming kry om `n paar uur per dag by haar huis deur te bring sien Joke haar kans en verdwyn ook huis toe na haar wifi. Antoinetta voel veiliger in die versorging as sy snags daar slaap en sy wil natuurlik ook nie vir Rineke so alleen daar laat nie. Dus `n geselsie en ons geniet saam ons middagkoffie. Die vriendelike personeel weet al gou dat die tannie-sonder-hande te vinde is by die tannie-sonder-voete. Ons kan mekaar uithelp want die tannie-sonder-hande kan iets aangee aan haar lotgenoot en die tannie-sonder-voete doen die versorging van die ander een se naels. Die personeel lag en geniet die situasie en ons ook ! Die tannie-sonder-hande kan wel opdragte gee (om dit stukkie te skrywe) wat sy aan Nelke Ribberink gegee het.

MEERPAAL GHOLFDAG 9 JUNIE 2022

Die gholfdag is op Donderdag 9 Junie by die Woodhill Country Club in die Ooste van Pretoria. Ons het almal – maar almal – se ondersteuning nodig. Dit is ‘n groot dag met die moontlikheid van ‘n baie goeie opbrengs vir die Sorgsentrum. Ons maatskaplike werkster word jaarliks uit hierdie inkomste betaal en is dit dus regtig die moeite werd om ondersteun te word.  Gholfers in De Meerpaal of kinders en kleinkinders wat gholfers is moet asseblief gevra word om deel te neem. Carol Klein help met die reëlings en daar kan met haar kontak opgeneem word by 082 671 3695 of carol@mitco.co.za. Ons maak staat op julle!

MASKERS AF !!

We gaan vooruit (ook al gaat het misschien niet vlug genoeg naar onze zin!) Buiten hoeven we niet langer een masker te dragen, nog wel in openbare gebouwen en winkels en in het openbaar vervoer. We mogen ook een beetje dichter bij elkaar staan: op één meter afstand.

DUTCH FESTIVAL 27 AUGUSTUS

Die Dutch Festival vind op Saterdag 27 Augustus plaas. Die span wat die organisering doen het reeds vir die eerste keer bymekaar gekom om die basiese dinge uit te sorteer. Ons probeer dit natuurlik so Nederlands moontlik te maak met die regte stalletjies, kos en musiek. Ons gaan julle as inwoners betrek, dit is die wat kans sien om te help. Bernard Mestrum het ingewillig om as die Meerpaal verteenwoordiger op te tree.  De Witte Olifant en die Boekestalletjie laat ons aan die inwoners oor.  Ons moet vroeg begin om voorraad vir de Witte Olifant bymekaar te kry en dit beteken dat julle, julle vriende en familie asseblief alle oortollige bruikbare artikels by Jan de Wagenaar kom aflaai. As julle nog iets wil bysit wat die dag nog Nederlandser gaan maak is julle welkom. By die eerste   was daar 850 besoekers en hierdie jaar beraam ons 1 500 besoekers.

VEREN IN DE LUCHT …

Een oud spreekwoord vertelt het verhaal van iemand die roddels herhaalde. Al snel had de hele gemeenschap het gerucht gehoord. Later hoorde de persoon die de roddels verspreidde dat het gerucht niet waar was. Berouwvol ging hij vervolgens om advies te vragen naar een ouderling in de gemeenschap die een reputatie had van grote wijsheid. De ouderling zei tegen de persoon: “Ga naar huis en neem een verenkussen mee naar buiten. Scheur het kussen open en strooi de veren; kom morgen bij mij terug.” De persoon deed wat de ouderling had opgedragen. De volgende dag ging de persoon terug naar de ouderling. Deze zei: “Ga de veren verzamelen, die je gisteren hebt uitgestrooid, en breng ze naar mij terug.” De persoon ging naar huis en zocht naar de veren, maar de wind had ze allemaal weggevoerd. De persoon keerde terug naar de ouderling en zei: “Ik kon geen van de veren vinden die ik gisteren had uitgestrooid.” “Zie”, zei de ouderling, “het is gemakkelijk om de veren te verstrooien, maar onmogelijk om ze terug te krijgen. Zo is het ook met roddels; er is niet veel voor nodig om kwetsende woorden te verspreiden, maar als je dat eenmaal gedaan hebt, kun je de schade nooit meer helemaal ongedaan maken”. – Jim Lieb Oorspronkelijk in het Engels verschenen in de februari 2022 Nieuwsbrief van de Retirement Matters Voluntary Life Rights Association.

VERJAARDAGEN IN APRIL 2022

HARTELIJK GEFELICITEERD

Elke Kelder
Ingrid de Bont
Naomi Mulder
Fred Siebrand
Rineke Derksen
Jannetjie Oudshoorn
Henny Vlietstra
Joop van Schaik
Diny Verbeek
Jos Voerman (99)
Otto vd Dussen *
Rina Thom
Bep Wolters *
Tish Whitehead
Lettie Koch
Hans van der Putte
Isabel van Niekerk *
Dick Buis *
Ton Sanders
Ellie Broere

*Kroonjaar

ODE AAN DE ROLLATOR

Oh, rollator, als ik jou toch niet had

Dan kon ik nooit alleen op pad.

Oh, rollator, als ik jou niet bezat

Dan lag ik vele malen op mijn gat.

Oh, rollator wat fijn dat je bestaat

Dankzij jou kom ik nog eens op straat.


Je gaat overal met mij naar toe

En ben ik onderweg een beetje moe,

Dan zet ik mij op jouw plankje neer

En na een poosje rusten, gaat het dan weer.

Sjouwen met een zware tas is nu voorbij,

Die vervoer jij gemakkelijk voor mij

Je overheerst het beeld op pleinen en in straten

Onderweg even rustend om met iemand te praten.

Wel de rem dan even aangetrokken

Anders komen er zeker brokken.

 

Wil ik er even uit dan ben ik niemand tot last

Ik voel me zelfstandig, dat is zeker en vast.

 

De uitvinder van de rollator, ons aller vriend

Heeft de hoogste onderscheiding verdiend.

 

Als je dus niet meer alleen kunt gaan,

Schaf je dan maar een rollator aan

Die verrijkt beslist je hele bestaan!!

– Ingezonden door Dineke de Jonge

Op 13 maart ontvingen we deze brief van Aad Overvliet in Nederland: 

Het is oorlog !!

Eigenlijk kent mijn generatie het begrip “oorlog” alleen maar vanuit de geschiedenisboeken. De laatste oorlog in Europa is meer dan 77 jaar geleden en zie,….we zitten er nu middenin. Niet dat er oorlogshandelingen in ons dorp of in onze straat plaatsvinden, maar 2000 kilometer naar het Oosten, ofwel 3 uur vliegen is het allemaal te erg voor woorden.

 2.5 miljoen mensen op de vlucht en steden in brand geschoten. Vele doden en gewonden en dat allemaal omdat mijnheer Poetin (nou ja,…mijnheer?) wil bouwen aan zijn groot Russische rijk.

We dachten na het omvallen van de Berlijnse muur dat een oorlog in Europa nooit meer zou voorkomen. Op defensie werd fors bezuinigd, jaar op jaar, want waarom zou je investeren in een leger als er toch geen oorlog meer komt? In veel talkshows op tv zie ik nu gasten voorbijkomen en hoor ik zeggen dat wij in slaap zijn gesust en dat zij ons alle afgelopen jaren hebben gewaarschuwd. Maar vreemd genoeg heb ik deze mensen nooit gezien of gehoord. Waar hebben zij dan geroepen en waar hebben zij ons gewaarschuwd? Ik heb ze nooit gehoord!

In Nederland zijn wij allemaal begaan met het Oekraïense volk en vangen de vluchtelingen ruim en royaal op. We accepteren de hier en daar al een beetje lege vakken in de supermarkt en aan de benzinepomp hikken we tegen de hoge prijs aan. Normaal kost een liter benzine € 1,65 en nu gewoon € 2,40 ofwel een prijsstijging van 45% en bij een volle tank van 40 liter is het verschil dus € 30,==. De prijs van gas om te koken en het huis te verwarmen is zelfs met ruim 150% gestegen en we kijken nu met z’n allen naar de Overheid die nu aan de beurt is om haar hoge belastingtarieven op benzine en gas te verlagen. We kijken naar het buitenland waar dat al aan de gang is en hopelijk gaan die belastingtarieven volgende week (>20 maart) hier ook omlaag.

Maar ook al is het leven van de ene op de andere dag heel erg veel duurder geworden, en ook al moeten we nu goed kijken waar we ons geld aan uitgeven, we leven ondanks dit alles nog steeds in een vrij land. De zon schijnt en de vogels fluiten en achter in onze tuin is het een drukte van belang wie waar zijn of haar nestje mag bouwen. Iedereen in de Oekraïne en eigenlijk iedereen in Europa wil maar één ding: Ophouden met oorlog voeren. Ophouden met mensen op de vlucht jagen en vooral praten!! En luisteren. Luisteren naar elkaar!! En bidden, want bidden is ook praten en waarin we mogen vragen om wijsheid voor onze regeringen en waar we ook mogen praten over onze angst. Want angstig is het!

 Vraagje,…….bid u mee ?

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.

Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Cor Beek

Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal

Vaste medewerkers:
Antoinetta Hoogendoorn – B114 en
Aad Overvliet – Amov@planet.nl

Afsluitdatum voor nieuwe bij-dragen uiterlijk 15de van elke maand aan Cor Beek – B120 of cor.beek@gmail.com

De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.