Kontak ons gerus! Tel: 012 807 5217/8

Waardigheid Onafhanklikheid

Januari 2024 – Bewoners Bulletin

DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS

VOORSPOEDIG NIEUWJAAR

SINTERKLAAS 2023

EERS ‘N BIETJIE AGTERGROND VIR NIE-HOLLANDERS:

Sint Nicolaas/Sinterklaas/die Sint is ‘n eeue-ou tradisie in Nederland, waarvan soveel werk gemaak word as in die res van die wêreld van Kersfees. En nee, Sinterklaas is nie Santa Claus nie! “Ons” Sint is ‘n biskop wat elke jaar op sy verjaardag, 5 Desember, per stoomboot uit Spanje aankom in Holland. Hy ry op ‘n skimmelperd Ohzosnel en is vergesel van sy kneg Piet. Die biskop dra ‘n lang rooi mantel en daaronder ‘n wit kleed met kantjies; op sy kop pryk die biskop hoed (myter) en in sy hand het hy ‘n lang goue staf. Nou kom die sprokie: Ohzosnel kan oor spitsdakke loop met ‘n eeue ou grysaard op sy rug. Piet moet dikwels deur skoorstene kruip om presente af te lewer, en dis hoekom sy gesig vol swart strepe is. By die kaggel staan kindersskoentjies gereed om die pakkies te ontvang in ruil vir ‘n wortel wat hulle daar vir Ohzosnel neergesit het. Soggens vind die kind dan sy present en sien dat Ohzosnel sy wortel gekry het. ‘n Bietjie soos die muis met die tand, nie waar nie? Kinders glo heilig aan die Sinterklaas  totdat hulle so by 6-jarige ouderdom begin twyfel. En selfs al kom die Sint tuis op besoek en lees jou sondes voor uit sy groot boek, en ook al herken jy die buurman se stem agter die vermomming, jy maak asof jy glo – want anders verpas jy dalk jou presentjies!    

Nou na De Meerpaal se jaarlikse viering van hierdie unieke tipies-Hollandse tradisie. Die tafels het mooi rooi tafeldoeke en daar lê ook peperneute. Ons sing uit volle bors soos soet kinders ou bekende Sinterklaas liedjies en hou die dubbeldeure na die gang dop. Daar is skielik ‘n vreeslike gebons op die deur, dit gaan oop en ‘n storm van peperneute word in die saal in geslinger. En elke jaar is ons tog weer bly om ons eie Sint te sien: besonder lank en waardig, sy tabberd perfek, sy lang silwer baard en golwende hare wek seker die afguns van ons mans. En daar kom Piet ook aan gehuppel in sy pak van ‘n Middeleeuse page. Minsaam knikkend na links en regs beweeg die Sint na sy troon en gaan sit met “die groot boek” op sy skoot. Hierdie boek was vroeër toe ons klein was nogal skrikwekkend, want jy weet nie watter sondes Sint ontdek het nie.

By De Meerpaal is dit nie anders nie, al is ons nie meer bang nie. Sondes of sondetjies is daar altyd.  

PIET is die eerste een wat hierdie keer aangespreek word. Hy rook en dis vandag eintlik onaanvaarbaar. Sy verweer is, dat daar êrens nog ‘n dame is wat ook rook. Maar die meeste van ons gedra ons darem beter!

JAN VOS moet vorentoe kom, want die Sint het gerugte gehoor van veelwywery. Ja, die man was onlangs Wildtuin toe met twee (2!) van ons dames. Sy seun was darem saam as chaperon.

HEIN MAURER moet verduidelik hoekom hy heeldag rond loop. Hy voel dat jy in kondisie moet bly, ook al is jy 87.

Van ANNEKE HEESAKKERS hoor die Sint net dat sy besonder behulpsaam is en nou ook Voorsitter van die Klaverjas Klub is. Natuurlik ken die Sint nie hierdie tipies-Nederlandse kaartspeletjie nie, die “kinders” in die Saal roep waaroor dit gaan.    

MARGRIET VAN DER BERGH moet volgende vorentoe kom en verduidelik waaroor die “Greetjies” gaan en sy word bedank vir haar ywer by daardie instelling van ons.

NELKE RIBBERINK as enigste vrou op die Bewoners Komitee staan haar “man” volgens die Sint.

ANTOINETTA HOOGENDOORN is al jare lank ‘n samewerker aan ons Bulletin en word soos al die ander beloon met ‘n klein geskenkie.

JAN WEGMAN was, soos altyd, ons gewaardeerde Piano Man en die Sint vra vir ‘n applous vir ons musikant.

Laaste maar nie minste nie, kom MARTIE WISE vorentoe en nou moet die Sint maar probeer om Afrikaans te praat. Martie is na ‘n ernstige ongeluk weer in haar eie huis. En hoekom het sy altyd so dikwels by De Meerpaal gekuier? Vir wie nie geweet het nie: sy is die Moeder van Ilona!

Die Sint slaan sy boek toe, ons waai almal vrolik terwyl hy deur toe stap en ons sing: “Dag, Sinterklaasje, daa-daag Zwarte Piet, luister allemaal naar ons afscheidslied.”

Het jy nou lus geword om meer te weet van die eeue-ou Sinterklaas tradisie? Elke jaar vanaf einde November kan jy op BVN televisie kyk na die Sinterklaas Journaal: allerlei avonture soos die stoomboot wat onklaar raak, die Groot Boek wat onvindbaar is, ens. Kinders vind dit spannend en vir ons is dit tog ook wel amusant. Probeer maar om jou in die skoentjies van ‘n 5-jarige kind te plaas! 

Antoinetta Hoogendoorn

WELKOM

Wij verwelkomen mevr. M du Preez.

Hopelijk voelen zij zich spoedig bij ons thuis

OVERLEDEN

In november overleed mevr. Marlene van Niekerk
en in december dhr. Fouree Cronje
en mevr. Petronella Engelbrecht.

Onze condoleances gaan uit naar hun familie en vrienden. Dat zij in vrede mogen rusten.

BINGO

24 JANUARI 2024

19:00

Hollandia Zaal

KERSETE 2023

Die jaar het verby gevlieg en dis alweer tyd vir die jaarlikse Kersete!

Die kaartjie wat ook die uitnodiging is, was hierdie jaar ‘n gelamineerde bladwyser met afdrukke van dier pootjies (katte) en pote (olifant). Dit moes ons op die idee gebring het van die tema van hierdie jaar, wat allerlei oor Afrika was. Ons verstaan nou waarom die personeel groot hoede dra: dis verkenners, nie cowboys of Meksikane nie! Ons gaan op Safari.

Alhoewel ons gewaarsku was dat dit onnodig is om vroeg te kom aangesien tafels aangewys is soos deur ons gevra, kan  ons nie gekeer word nie en staan voor 12:00 en bak in die son voor die Hollandia Saal se deure. Soos elke jaar het ons moeite gedoen om feestelik aan te trek vir ‘n feestelike ete: mans in langbroeke en hemde, dames dikwels in rompe en rokke en boonop met juwele en soms selfs bietjie grimering!

As die deure dan oop gaan vind ons dat die saal weer pragtig versier is. Stoele het “rokke” aan en strikke om, blomstukke op die tafels het ‘n brandende gloeilampie as bekroning, daar staan goue dierfiguurtjies van kameelperd, renoster, sebra, olifant ens. op die tafel en servette is bedruk met luiperdmotiewe. Daar speel ‘n DVD met Afrika beelde. By elke sitplek is daar ‘n bordjie met ‘n broodjie en die beloofde hoenderlewerpate in ‘n klein glaspotjie asook ‘n koekie met ‘n goue diermotief op die wit versiersuiker. Ons skuif aan by ons vriende, skink ons ystee en luister na Rob Wesseloo se verwelkoming. Voorgereg en die eerste (maar nie orals die laaste) glasie wyn.

Na  ‘n oomblik stilte vir gebed is dit tyd vir ‘n speletjie. Rob verduidelik 2 (twee) keer hoe dit werk en ons probeer regtig ons bes doen. Elkeen het ‘n papier gekry met daarop ‘n lyntekening van allerlei diere wat ons moet tel om dan ‘n prys te wen as jou tafel die vinnigste en beste antwoord gee. Ons ruik onraad, want selfs aan ons eie tafel is daar verskille in die aantal diere op die papiere: soms is daar ‘n apie MET skoenlapper en soms ‘n apie SONDER skoenlapper. Maar dit gaan oor die speletjie en nie oor die pryse nie, ons het ons kostelik vermaak met hierdie soek en tel.

Dominee Wouter hardloop rond tussen die tafels vir ‘n “Hello and Goodbye” na sy ou bekendes wat jammer is om hom te moet laat gaan.

Dis nou tyd om Nicolette te laat ongemaklik voel. Sy mag inmiddels verwag dat sy elke jaar hartlik toegejuig word vir al haar harde werk, en nogtans bloos sy steeds weer bloedrooi as sy geprys word. Al die personeel het weer berge verset om hierdie ete tot die sukses te maak wat dit elke jaar weer is. Besoekers van buite kan nie glo wat daar alles gebeur by onse Meerpaal nie.  

Hoofgereg bestaan uit besonder-saggebraaide beesrollade met aartappelkrokette, groenbone met suurroom en sitruspatats, daarby ‘n peerslaai waarin nog meer vrugte verwerk is. Die bestuurslede werk altyd as kelners en hardloop rond met wyn (rooi, wit en rose) en appelsap. Die saal gons dan ook van geselligheid  en lekker gelag.

Na die koekstruif word koffie of tee bedien en is dit tyd vir Wim van de Bergh om al die mense, wat so hard gewerk het, te bedank. Ja, ons Kersete is nou maar eenmaal een van die hoogtepunte van ons Meerpaaljaar bespieël ons as ons versadig en verkwik huistoe stap. 

Hoeveel werk dit alles was: toe ek soggens om 05:30 verby die kombuis stap, is daar al baie hard gewerk en alhoewel ek graag ‘n kykie wou neem, het ek besluit hulle is te besig om gesteur te word. En volgende jaar sal daar weer ‘n Kersete wees, weer met ‘n ander tema, weer met doodvermoeide maar tevrede personeel agterna. Ons is bevoorreg en kyk daarna uit!

– Antoinetta Hoogendoorn

SNEEWITJIE KOM WEER

Sneewitjie, weer planke toe? Op Saterdag 25 Maart om 14u30 in die Hollandiasaal, indien die belangstelling genoeg is.

O&O het besluit om die opvoering te herhaal en nooi graag die kinders en kleinkiners van ons inwoners en die personeel van harte uit om saam te kom geniet van hierdie optrede. Toegang is gratis; donasies welkom.  

Baie belangrik: Vul u naam en aantal persone in op die lyste by die prikborde asb. Sou daar nie genoeg belangstelling wees nie dan word die opvoering gekanseleer. Maar hopelik sien ons julle wel daar!

– O & O

“ZIJN MIJN BUREN NOG IN ORDE?”

Methodes om zeker te maken dat – met uw buur – alles nog in orde is.

Ouderen vallen soms in hun huisje of appartement en, als ze alleen wonen, kunnen ze uren- – zo niet dagenlang – daar liggen zonder iemand hen vindt! En voordat u het vraagt: … Ja, ze hebben misschien knopjes voor hulpoproepen (die met een ketting om hun nek kunnen worden gehangen); maar wanneer ze het meest nodig zijn, ze zelden bij de hand zijn, omdat sommige oudjes ze op een ontoegankelijke plaats hebben opgeborgen, “waar ze veilig zijn!” En sommige alarmen, die aan muren zijn bevestigd, zijn niet altijd binnen handbereik – bijvoorbeeld als men is gevallen en misschien op de buik op de badkamervloer ligt.

Dus wat kunnen we doen?

Hier zijn drie suggesties, die ieder gebruikmaken van een zichtbare aanwijzing dat – als deze niet is verwijderd – aan buren aangeeft dat er mogelijk iets mis is:

1. Plaats een haak aan de buitenkant van uw toegangsdeur en hang elke avond, vlak voordat u naar bed gaat, een rode plastic schijf aan de haak. Verwijder de plastic schijf 's ochtends. Als een buurman of vriend de volgende ochtend langs de deur loopt en de schijf daar om 11 uur nog steeds ziet hangen, klopt die hopelijk op de deur om te kijken of u in orde bent.

2. Net als in het vorige voorbeeld, plaatst u een specifiek ornament of object op een zicht-bare vensterbank. Ook hier, in het geval dat het na de ter plaatse normale wakkere uren nog staat, zou dit tot bezorgdheid moeten leiden en voorbijgangers hopelijk aanzetten om te kijken of alles wel in orde is.

3. En dan is er nog de laatste variatie - doe gewoon de gordijnen dicht als u naar bed gaat en open ze 's ochtends als eerste. (Dit is waarschijnlijk de meest onopvallende van de drie voorgestelde methodes).

In het geval dat er niet op het kloppen wordt gereageerd dan hopelijk wordt er een persoon, die een sleutel van het huis of appartement, heeft, gewaarschuwd.

Het spreekt natuurlijk voor zich dat deze methodes allemaal afhankelijk zijn van het hebben van buren in de buurt, en van hun geheugen en betrokkenheid. Bewoners die een paar dagen weggaan, zouden het iedereen moeten laten weten – zodat er geen vals alarm wordt geslaan.

– Henry Spencer

Zoals in het Portretje van Berndt Mestrum beloofd, vertelt Elly nu haar eigen verhaal.

Zij is in 1943 geboren in Dordrecht, een van de oudste steden van Nederland, gelegen aan de samenvloei van verschillende rivieren in het natuurreservaat De Biesbosch in Zuid-Holland.

In December 1947 vertrokken haar ouders, Wim en Rie Hazewindus, met de “Sibiak” naar Zuid-Afrika. Vader Hazewindus werkte voor de firma Schwarzkopf (haarproducten).

Men had op de kaart gekeken, zag dat Bloemfontein nogal centraal gelegen was in Zuid-Afrika, een van de grotere steden was, en dat leek dus een goede plaats voor een nieuwe vestiging van hun producten.

Al gauw ontdekte Wim Hazewindus dat Bloemfontein niet helemaal het bruisende centrum van handel en nijverheid was dat men dacht, dus na maar net 1 jaar vertrok de familie naar Pretoria. Zij woonden in de 18de Laan en later, tot 1952, in de 3de Private Laan waar Elly een paar Nederlandse kinderen leerde kennen; o.a. Nelke Ribberink. Toen de Hazewindussen tot 1953 in de De Waalstraat gingen wonen leerde Elly ook Jan de Wagenaar kennen.

1953 was natuurlijk ook het jaar van de grote natuurramp en overstromingen in Nederland. De Nederlandsche Vereeniging zamelde geld in voor de duizenden slachtoffers in Nederland. Hoe? Er werd een praalwagen gebouwd en daarop zaten een paar Hollandse meisjes in de bekende klederdracht; die meisjes waren Elly Mestrum, Nelke Ribberink, Corry de Wagenaar en Marianne Vetter.

De familie Hazewindus woonde later in New Muckleneuck, in de Bronkhorststraat, waar Elly in 1961 haar matriek behaalde bij Clapham High School. Wim Hazewindus was heel actief bij de Nederlandsche Vereeniging, acteerde tot 1980 bij de Hollandse Spelers, en was samen met vrouw Rie de eerste inwoner van De Meerpaal; eerst in een huurhuis, daarna in bungalow 108. Ook hier was hij actief bij de organisatie betrokken en werd zelfs als eerste tot Erelid benoemd.

Elly leerde na haar matriek voor verpleegster maar werkte hoofdzakelijk als doktersassistente. In 1960 ontmoette zij Berndt Mestrum; het paar is in 1965 getrouwd waarna zij zich in Kempton Park vestigden.

In 1966 gingen de Mestrums naar Kaapstad waar hun kinderen werden geboren; in 1967 kwam zoon Peter en in 1970 dochter Karin. Tot 1970 woonden zij in Kaapstad, waarna de familie weer naar Kempton Park vertrok. In 1980 was er een kort verblijf van 18 maanden in Kaapstad, maar verder bleven zij (eindelijk) honkvast, van 1981 tot 1995, in Kempton Park. Daarna woonden zij tot 2020 in Sandton en uiteindelijk werd nog eens verhuisd naar De Meerpaal. Het is wat de Engelsen een ‘pigeon pair’ noemen

Omdat de nieuwe bungalows nog onder constructie waren woonden zij eerst voor 8 maanden in huis no.4 en daarna volgde de zoveelste verhuizing, nu naar hun nieuwe bungalow.

Elly heeft haar organisatietalenten zeker van Vader Wim geërfd: Zij dient sinds 2021 op het O&O Comité, is sinds juli 2021 waarnemend voorzitter bij het sjoelen, is sinds 2023 betrokken bij de Jumbelinas, is penningmeester van De Brug, en speelt bij dit alles ook nog putt-putt.

Een echte Bezige Bij.

– Antoinetta Hoogendoorn

VERJAARDAGEN IN DECEMBER 2023

HARTELIJK GEFELICITEERD

Siegfried Maritz *
Mieke Boerrigter
Annie den Houting
Hein Henze
Addy Smits
Bertha van Dam
Lieuwke Hepkema
Wim van den Berg
Vlot de Boer
Cornelia van Wamelen *
Anneke Heesakkers
Lynie vd Westhuizen
Wietske vd Dussen
Edith Koen (99)
Ton Boerrigter

*Kroonjaar

Uit onderzoek blijkt dat verjaardagen gezond zijn. Mensen met meer verjaardagen dan gemiddeld, blijken ook werkelijk langer te leven!

Brief uit Nederland:

Afgelopen week was in onze vriezer het brood op. Op zich nou niet zo’n bijzondere gebeurtenis want in de supermarkt is brood gewoon te koop, maar bij ons thuis kopen wij geen brood, maar wij bakken het zelf. (Als zoon van een bakker is dat ook logisch). Echter,……om brood te kunnen bakken heb je meel nodig en ik neem u daarvoor even mee naar de Zuidmolen in Groesbeek (bij Nijmegen).

De Zuidmolen is zo’n typische molen waar graan van de boeren uit de omgeving werd gemalen. De molen zelf dateert uit 1857 maar graan malen gebeurt er nu niet meer. Dat zou je bij binnenkomst echter niet zeggen. Het ruikt er naar meel, er staan overal grote zakken met meel en overal ligt meel op de grond en in de vakken. Het is echt zo’n molen die met een druk op de knop meteen weer in actie kan komen. Maar helaas,……..toch gebeurt dat niet, want graan malen kan in de fabriek machinaal veel gemakkelijker dan met een molen die afhankelijk is van wind.

De Zuidmolen verpakt daarom al het meel wat zij elders inkopen in grote en kleine verpakkingen en je kunt het niet zo gek bedenken of het is er te vinden. Diverse meel, rogge- en graanproducten, volkoren- en boerenvolkorenmeel. Meel voor cake en gebak, maar ook noten, vruchten, krenten en rozijnen. Alleen al het rondkijken en het ruiken van al dat meel is een feest.

Eenmaal thuisgekomen met de aankoop begint het feest pas echt. Zelf broodbakken en zelf een beetje experimenteren is toch het leukste wat er is. Eerst de vraag “wat gaan we maken?” Gewoon bruin volkorenbrood, of krentenbrood, of typische Brabantse worstenbroodjes, of toch maar cake of gebak of appeltaart. Iedereen die wel eens deeg heeft staan kneden (je moet erbij staan, zittend kan het dus niet!)  weet dat het deeg in je handen leeft. En dat “leven” van het deeg wordt dan weer voor een groot deel bepaald door de manier waarop het graan is gemalen. De steen, de groeven in de steen, vlug of langzaam, en heel belangrijk,…….hoeveel tijd is er verstreken tussen het malen en het kneden? Vervolgens dus rustig laten rijzen en bedenk dan eens hoeveel werk je haalt uit een kilo meel. Allereerst de boer die het graan verbouwd, dan de molenaar die het graan maalt, dan de bakker die er brood en ander lekkers van bakt en tot slot die aardige juffrouw in de winkel die het verkoopt.

Zo rijdend of wandelend tussen de graan- en de roggevelden hier in Oost-Brabant en Limburg kan ik zo verlangen naar die lekkere geur van versgebakken brood en kijk ik met plezier naar al dat prachtige wuivende graan. En gelukkig komen er steeds meer échte bakkers die dit prachtige product maken. Maar het graan leent zich tot nog iets,……en dat is ons onvolprezen Limburgse bier. Gemaakt uit graan, hop en gist en mout en water. En heel veel liefde…

Ik wens u in dit jaar wat voor ons ligt heel veel gezondheid en iedere dag te beginnen met een heerlijk ontbijt om ’s-avonds af te ronden met een goed glas bier.  Want eerlijk, graan,……….daar zit wat in !

Aad Overvliet

Vast, wekelijks programma

Zoals per 20 december; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.

MAANDprogramma:

Maandagen

09:00

09:00

10:00

13:30

19:00

Busdienst; zie hierboven

Oefeningen in Hollandia Zaal

Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek

Klaverjas

Sjoelen

Dinsdagen

09:00

14:30

18:30.

Bloeddruk kliniek tot 10:30

Bijbelstudie

Bridgeclub

Woensdagen

09:45

14:00

Koffieochtend; zie hierboven

Koorrepetitie

Donderdagen

09:00

09:30

15:00

Busdienst; zie hierboven

Put-put 

Bijbelstudie

Vrijdagen

09:00

09:00

Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats

Bus naar Willow Crossing.

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.

Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Cor Beek

Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal

Vaste medewerkers:
Antoinetta Hoogendoorn – en
Aad Overvliet – Amov@planet.nl

Afsluitdatum voor nieuwe bij-dragen uiterlijk 15de van elke maand aan Cor Beek of cor.beek@gmail.com

De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.