DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS
NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE
Na twee maande het ons weer vergader. Almal was teenwoordig asook die twee lede wat so lekker vakansie gehou het.
Die biblioteekkomitee het `n opname gemaak van boeke wat in die biblioteek gelees word. Die uitslag van die opname was heel interessant en het getoon dat Afrikaans die meeste gelees word, daarna Engels en dan Nederlands. Daar was inwoners wat ongelukkig was oor die boeke wat deur die komitee verwyder is. Daar word aandag aan gegee.
Vir die persone wat nie die boeke op die boonste rak in die biblioteek kan bykom nie, is daar goeie nuus ! `n Trappie met ondersteuning gaan hopelik die probleem oplos.
Probleme by die trappe van die versorging is opgelos. Kobus het reëlings aangebring, dus gaan dit nou makliker wees.
Ongelukkig is daar weer inwoners wat ingemeng het by die werksaamhede van die kontrakteurs. Antoinette het ons mos gewaarsku dat daar werksaamhede gaan plaasvind en dat ons geduldig moet wees. Toon asseblief respek teenoor ons werkers. Geen opdragte mag aan hul gegee word nie. As daar klagtes is skryf dit asseblief in die klagteboek.
Hou moed ! ! Die inwoners van huisies 40 – 60 sal eersdaags `n nuwe blokhoof hê. Daar word aandag aan gegee.
Die stortingsterrein is `n groot probleem. Na verskeie klagtes het die Bewonerskomitee vier vullisdromme geskenk vir herwinning. Die dromme is DUIDELIK gemerk. Kom ons probeer nou dié terrein netjies hou.
Vir boomliefhebbers was dit baie slegte nuus om te verneem dat twee bome by die versorging verwyder moet word en sommige bome gesnoei moet word a g v sonpanele wat aangebring gaan word.
Baie groete
Nelke Ribberink
Moenie ophou skyn omdat
iemand anders nie van jou
lig hou nie ! !
What turns a simple day
into an amazing day is
what we do with the
little details.
Foei !
Pietje van vijf kijkt naar zijn moeder die zich opmaakt en haar gezicht insmeert met crème. “Waarom doe je dat, mams?” vraagt Pietje. “Dan wordt mammie mooi.” antwoordt moeder. Even later veegt ze de crème van haar gezicht. Pietje bekijkt haar goed en zegt dan: “Het werkt niet echt he, mams?”
DIE EILAND KAP DIT UIT !
Almal weet inmiddels dat die bewoners van Die Eiland (Bungalows 110 tot 114) so nou en dan behoefte het om lekker bymekaar te kom, koffie en koek, gesels, baie lag.
Op Sondag 24 September was dit weer so ver.
Noudat ons vriend Fred Ribberink nie meer daar is, was daar nog net agt bure oor. En julle weet hoe dit gaan: elkeen bring lekkergoed vir agt mense, dus daar was genoeg koek en so aan vir ongeveer dertig mense.
Op die gras, in die skaduwee van die Bottel Brush bome wat blom, het ons weer heerlik gesels, die laaste nuus gedeel, lawwigheid gepraat en lekker gelag. Die parkiete, wat by die een boom ‘n voerhokkie het, steur hulle nie aan ons nie maar vlieg aan en af. Die dikkop is ‘n ander saak: hy het kom kyk en SO opgewonde geraak dat hy sommer oor die dakke vlieg!
Ag, dit was weer lekker; ons is bly om in De Meerpaal te wees met sy mooi omgewing en gawe mense.
Antoinetta Hoogendoorn
Woensdag 22 November 19:00
Hollandia Zaal
Spesiaal vir pensioenarisse op die vraag: Hoe gaan dit?
- Baie goed… ek het vanoggend darem mos bo die grond wakker geskrik.
- Wel, opgestaan en self aangetrek.
- Nie te goed nie… ek het soveel pyn dat ek nie eens plek het vir almal nie.
- Ag my Vriend, ek kla nie oor my pyne nie, want ek kry dit verniet.
- Dit gaan baie goed, elke pyn is op sy regte plek.
- Ek is darem nog padwaardig, maar moet net nie my “bonnet” oop maak nie.
- Wel, wel, wel, ek kners op my agtertande en glimlag met my voortande.
- Ek voel vandag soos ‘n kriek wat Doom ingekry het, ek beur al na die een kant toe.
- Dit gaan op-en-af en heen-en-weer soos met ‘n bak jellie wat onrustig is.
- Dit gaan tussen sleg en verskriklik.
- Ek druk deur, al maak dit seer.
DE MEERPAAL SORGSENTRUM
Die afgelope ongeveer twee
maande, was ek en Piet baie betrokke by ons Sorgsentrum – Piet as pasiënt en ek, Carla, as eggenoot .
Iets wat my tydens hierdie tyd van die personeel by die Sorgsentrum opgeval het, is hulle bekwame, vriendelike, hulpvaardige en sorgsame optrede teenoor al die inwonendes – dit betref die tydelike en permanente inwoners. Opvallend was die glimlaggende gesigte – dit ondanks die feit dat die werkslading meeste van die tyd baie groot is. Die personeel is hardwerkend en professioneel – dit geld vir matrone Anika, Susters (ook die suster wat op ‘n Maandag al die medisyne vir al die inwonendes uitsoek vir die hele week), administratiewe personeel en hulpverpleegsters en moet nie die manlike verpleërs vergeet nie!
Dieselfde geld ook vir die personeel van die kombuis wat met ‘n glimlag op hulle gesigte die lekker kos aandra en bereid is om te help waar en indien nodig. Ook die personeel van die wassery wat op een of ander manier amper altyd die regte wasgoed, by die regte eienaars, skoon terug besorg.
Baie dankie aan elkeen van julle vir julle liefde, omgee, ondersteuning en positiwiteit wat so onvoorwaardelik aan ons en ook aan die ander inwoners van die Sorgsentrum gegee word. Julle is tops! Hou so aan met julle uitstekende werk. Baie dankie.
Piet en Carla Boer
TWEEDEHANDSE KLEDING VERKOPING
Eind augustus hebben de Jumbelina dames een verkoping gehouden waar voor een totaal van R2 290 is verkocht. Dit is een uitstekend bedrag, hartelijk dank aan al de medewerkers. Ook dank aan alle Meerpalers die altijd klaar staan om schenkingen te geven.
De schenkingen kunnen bij Bungalow 103 of bij Elly Mestrum, Bungalow 132, gebracht worden. Ik ben ook bereid om te halen als het moeilijk voor uw is om te brengen. Bel mij bij 082 495 2531.
De volgende verkoping zal op 30 november van 10:00 tot 12:00 uur en op 1 december van 8:00 tot 10:00 uur bij Bungalow 105 gehouden worden.
Met vriendelijke Jumbelina groeten
Elly Mestrum, namens alle Jumbelina dames.
WELKOM
Wij verwelkomen mevr. Inge Muhl en dhr. Charles Dusse, mej. Anna Heckroodt, mevr. Rene Janse van Vuuren en mevr. JH de Villiers.
Hopelijk voelen zij zich spoedig bij ons thuis.
OVERLEDEN
In september overleden Isable van Niekerk, Tish Whitehead en Wim Zonnenberg.
Onze condoleances gaan uit naar hun familie en vrienden.
Dat zij in vrede mogen rusten.
Klever jog.
De meester zegt tegen Rob: ik leg 3 eieren op tafel. En jij legt er nog 2 bij. Hoeveel eieren liggen er dan?
Rob: ik kan geen eieren leggen, meneer
OKTOBER IS DIE MOOISTE MOOISTE MAAND sing die digter Louis Leipoldt. Maar daar is niks fout met November nie!
Onlangs kom ek terug van ‘n kort vakansie in Namibië – sand, en skynbaar groei daar net palmbome. By tuiskoms stap ek uit die motor en word omtrent bedwelm deur ‘n verruklike blomgeur.
Ek word, soos gewoonlik, baie vroeg wakker, nog voordat die voëltjies regtig kwetter soos later. Nou “gesels” hulle vakerig en saggies met mekaar en ek verbeel my dat ek vinkie-taal kan verstaan. “More, my liefie. Het jy lekker geslaap?” “Ja, dankie my man, die nessie wat jy gebou het is so snoesig.” ‘Nou, maak oop jou ogies, want ek het ‘n lekker wurmpie vir jou gebring.”
Na baie genies en gesnuif sê my rooi oë vir my dis hooikoors tyd. Maar dan is daar soveel te sien in ons tuine! As die hadedasse en kolganse begin roep, gaan ek rondom De Meerpaal stap. Orals blom die sterjasmyn, grootste boosdoener vir niesers en snuiwers. Die pragtige Bottle Brush bome is nou verby blomtyd, maar dit beteken dat pluisies orals rondwaai. Atjiesoe!
En opeens is daar nou die oorstelpende kleureksplosie van die Bougainville orals.
Wat bring November ons alles?
By die ingangshek staan vyf van die allermooiste bome wat nou volop pers blomtrosse spog. Ek dog dat ek oorspronklik was toe ek hulle Wisteria bome genoem het voordat ek geweet het hul Afrikaanse naam is Van-Wyks-Hout. Met hulp van ons boomplaatjies weet ek nou dat hy inderdaad ‘n Wisteria Boom is. Terloops: in Nederland noem ons Wisteria altyd Blauwe Regen – dis ook mooi, nè?
Ek stap aan en kom verby die hoekhuis waar Rentia al haar potte met plante liefdevol rondom die stoep geplaas het. Vanaf Huis 16 het hulle uitsig gehad op die bruin kanvas van die motor-afdakke. Nie so mooi nie, dus staan nou orals blompotte om die uitsig te verfraai. Daar naby is ‘n enorme lid kaktus met gigantiese pienk blomme wat my aandag trek. Nog nooit so iets gesien nie, baie eksoties en beeldskoon.
By Huise 34 en 35 is die tuin baie groot gemaak en versag weer eens die aanblik van die afdakke. Ek ontwaar selfs ‘n pienk Dipladenia (Mandeville) by Huis 55! Met my “groen” vingers kon ek daai rankplant nog nooit suksesvol kweek nie, maar in De Meerpaal werk dit – want later op my wandeling ontdek ek nog ene by B108.
Aan verby die swembad en funksie geboue, agter verby die garages van die woonstelle; ek lek altyd my lippe af as ek verby die moestuin daar stap, aarbeie toegepak teen die voëls met wie mens moet wedywer vir die eerste vruggies.
Verder verby die nuwe Bungalows waar vygies glans in juweel kleure. By die draai na die Dikkop Pad is daar nou ‘n mini natuurreservaat: ‘n familie wilde honde, ‘n groot roofvoël en ‘n sebra wat rustig in die gras lê en mense nakyk.
By Die Eiland is nou al die rose in hul halfsirkel in volle glorie. En dis so goed om struike en blomme te sien wat nie agter muurtjies of heinings weg gesteek word nie.
Ja, November is die mooiste mooiste maand.
Antoinetta Hoogendoorn
Flauw grapje
Het was etenstijd in het vliegtuig. “Wilt u iets eten?” vroeg de stewardess aan een man.
“Waaruit kan ik kiezen?” vroeg hij.
“Uit ja of nee.” zegt de stewardess
VERJAARDAGEN IN OKTOBER 2023
HARTELIJK GEFELICITEERD
Alida Zonnenberg
Aartje van Duuren
Geertje Siebrand
Fransie De Villiers
Nelke Ribberink
Errol Rindel *
Teuntje Schouwstra
Mary-Ann Brits
Ané van Mierlo
Joke Heydenreich
Inge Muhl (91)
Johan Vosloo
Maria Pienaar
*Kroonjaar
Uit onderzoek blijkt dat verjaardagen gezond zijn. Mensen met meer verjaardagen dan gemiddeld, blijken ook werkelijk langer te leven!
NUUS VAN DE MEERPAAL BIBLIOTEEK
Die meeste van u het die afgelope maande opgemerk dat die Biblioteek komitee baie besig was om boeke uit te sorteer, die rakke nuut te rangskik en boeke te skuif. Sommige dae was dit ‘n groot deurmekaar spul en was die rustige biblioteek wat ons geken het ‘n miernes van aktiwiteite.
Dankie dat u geduldig met ons was. Ons vertrou dat die biblioteek nou meer gebruikersvriendelik is. Die boeke is nou almal streng volgens alfabet gerangskik en dus behoort u skrywers en hulle boeke makliker te vind.
U is bewus daarvan dat ons baie boeke van die rakke verwyder het, hoofsaaklik omdat die rakke te vol was. Ons weet dat u wonder wat met die boeke sal gebeur. Hulle is in die boeke stoor en wag om by volgende boekverkopings verkoop te word. Maar wat as hulle nie verkoop nie? Ook in die stoor is net beperkte ruimte en sal ons op die een of ander manier van hulle ontslae moet raak. Weggooi is ons laaste opsie. Ons vra dus u hulp om ons te laat weet van enige verenigings, skole, boek markte, ens. wat boek donasies aanvaar
Graag wil ons die volgende punte onder u aandag bring :
- Teken boeke wat u uitneem in die Uitneem Boek aan. Ons maak ‘n opsomming daarvan en boek aankope gebeur daarvolgens.
- Boek skenkings kan in die plastiekhouer gemerk “Boek Skenkings” in die biblioteek geplaas word. Kartonne vol boeke moet ook eers in die biblioteek geplaas word, sodat ons geskikte boeke vir ons biblioteek kan uitsoek
- ‘n Boekrakkie “Leser Keuse” staan op die tafel waar u biblioteekboeke, wat u vir ander lesers wil aanbeveel, kan neersit.
- In die “Boek aankope Voorstelleboek” kan u voorstelle vir boek aankope neerskryf.
Verder is ons komitee lede altyd oop vir voorstelle en kritiese kommentaar. Klagtes sal so gou as moontlik binne ons vermoëns opgelos word.
Die komiteelede is : Elke Kelder (Voorsitster), Tel 082 389 6100: Penny Cassells (Finansies) Tel 073 346 5117; Ingrid de Bont (Sekretaresse) Tel 079 101 8976; Maria Wybenga (Lid) Tel. 083 574 2271.
LEKKER LEES !!
VANDAAG LIEVE HEER, IK BEN 80
En er is zoveel dat ik niet heb gedaan.
Ik hoop, lieve Heer, U laat me leven tot ik 81 ben
Maar dan heb ik nog niet alles afgerond wat ik wil doen.
Wil je me alsjeblieft laten blijven tot ik 82 ben?
Zoveel plaatsen waar ik naartoe wil, zo heel erg om te zien,
Denk je dat het je zou kunnen lukken om het 83 te maken?
De wereld verandert zo snel, er staat ons zoveel te wachten,
Ik zou het heel graag willen, lieve Heer, om 84 te worden.
En als ik dan nog leef
Ik zou zeker tot 85 willen blijven.
Meer vliegtuigen in de lucht en meer computers in de mix,
ik zou heel graag willen zien wat er gebeurt als ik 86 ben.
Lieve Heer, het is veel gevraagd en ik weet zeker dat het leuk is in de hemel,
maar ik blijf heel graag tot mijn 87ste.
Ik weet dat ik tegen die tijd niet snel zal zijn en soms zal ik te laat zijn,
maar het zou zo aangenaam zijn om er op 88 te zijn.
Ik zal zoveel dingen hebben gezien en zo’n geweldige tijd hebben gehad
Ik weet zeker dat ik bereid zal zijn om te vertrekken als ik 89 ben.
Nog een laatste ding dat ik zou willen zeggen, ik dank je vriendelijk
Maar als het goed met U is, zou ik zeker voorbij de 90 willen leven
Elke Kelder
Brief uit Nederland:
van zaterdag is hier in Nederland nog steeds een lekkere dikke krant. Zo dik dat je het lezen moet verdelen over de zaterdag én de zondag. Dat zijn dus de twee leesdagen waarbij je alle tijd hebt om er eens rustig voor te gaan zitten. Maar de afgelopen weken, en ook de komende weken zal dat minder het geval zijn. Want,…..
…..we zijn inmiddels de trotse bezitter van twee treinstellen die alle twee vrolijk door de kamer rijden. Ieder treinstel zijn eigen rails en voldoende batterijen op voorraad dus. Natuurlijk zijn de treinen voor de kleinkinderen en niet voor Opa,…..(hoewel ?) en één van de twee treinstellen is zelfs de trein van Santa Claus met licht en geluid (ho, ho, hooooo).
Het uitleggen van de rails is dus al een feest en als beide treinen met aanhang dan onder de tafel verdwijnen om even later weer tevoorschijn te komen dan is het feest compleet. Maar een trein onder de tafel door is wel erg mager dus er moet een stadje gebouwd worden met huisjes en boerderijen en auto’s enzovoort. De huisjes kant en klaar kopen is natuurlijk geen optie en is ook niet opvoedkundig. Nee,…zelf maken, dat is pas leuk dus op naar Ikea (heet dat in Zuid-Afrika “Home Sweet Home”?) en aldaar de bouwplaten gekocht. Zelf inkleuren, zelf vouwen en in elkaar zetten en zo vordert het stadje huisje voor huisje. En als de kleinkinderen weer naar huis gaan is steevast de vraag of de trein en alles er omheen mag blijven staan. Opa en Oma hinkelen er de rest van de week wel overheen.
Ik beschrijf dit huiselijke tafereeltje terwijl in Oekraïne en in Israël en de Gazastrook aan alle huiselijke tafereeltjes abrupt een einde is gekomen. Geen huis waar je met je trein kunt spelen, groot verdriet in veel gezinnen en families, kinderen die zoek zijn; en geen moment van de dag en de nacht ben je veilig. Bommen en raketten die jou en jouw gezin bedreigen. En dat alles vanwege een diepe, diepe ingewortelde haat! Veel jongeren groeien in dat klimaat van haat op, maar er zijn daar toch ook Opa’s en Oma’s die er anders in staan? Wijze Opa’s en Oma’s die toch moeten aangeven dat deze haatoorlog tot niets leidt? Ja,………tot groot verdriet bij iedereen. Tot nog meer zorgen en nog meer armoede.
Wat zou ik al die Opa’s en Oma’s graag een treintje cadeau willen doen. Een treintje op batterijen zodat als er geen stroom is er toch met de trein gespeeld kan worden. En wat zou ik graag een bouwplaat willen geven zodat ze samen met de kleinkinderen huisjes en boerderijen en auto’s kunnen bouwen. Eerst inkleuren en dan vouwen en in elkaar zetten. En dan languit op je buik kijken hoe de trein van onder de tafel weer aan komt rijden, met licht en geluid! Dan is er geen tijd meer voor oorlog want er moet met de trein gespeeld worden. En de trein mag blijven staan tot volgende weekend want het huis wordt toch niet gebombardeerd. Want het is geen oorlog meer. Wat zou dat mooi zijn. Ik wens u vandaag en morgen en alle dagen vrede voor u zelf en voor allen om u heen. Ook in Oekraïne, ook in Israël en ook in Gaza.
Aad Overvliet

Vast, wekelijks programma
Zoals per 20 oktober; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden
MAANDprogramma:
09:00 09:00 10:00 13:30 19:00 | Busdienst; zie hierboven Oefeningen in Hollandia Zaal Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek Klaverjas Sjoelen |
09:00 14:30 18:30. | Bloeddruk kliniek tot 10:30 Bijbelstudie Bridgeclub |
09:45 14:00 | Koffieochtend; zie hierboven Koorrepetitie |
09:00 09:30 15:00 | Busdienst; zie hierboven Put-put Bijbelstudie |
09:00 09:00 | Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats Bus naar Willow Crossing. |

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.
Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Cor Beek
Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal
Vaste medewerkers:
Antoinetta Hoogendoorn – en
Aad Overvliet – Amov@planet.nl
Afsluitdatum voor nieuwe bij-dragen uiterlijk 15de van elke maand aan Cor Beek of cor.beek@gmail.com
De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.