DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS
NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE
Dis heerlike lente, die winter is verby ! ! Dis net wonderlik hoe die natuur ontwaak uit sy winterslaap.
Dit was `n besonderse Bewonerskomiteevergadering na so `n heerlike lente sjampanjeontbyt. (Alkohol vry). Die bewoners wil graag vir Gerda en al die gasvrouens hartlik bedank vir so `n puik oggend. Die voorsitter was so beindruk dat hy met die toestemming van die komitee besluit het dat elke gasvrou `n verrassing gaan ontvang. Die foto`s van die pragtige geleentheid verskyn op “You Tube” en Facebook. Dit is die moeite werd om te gaan kyk.

Die biblioteekdames het heelwat boeke en CD`s tydens die Dutch Festival verkoop. `n Pragtige bedrag van R3 500 is ontvang. Die fondse sal gebruik word om nuwe boeke aan te koop.
Daar is `n verrassende ontdekking gedoen. Daar is `n versamelde werke van Shakespear wat in Nederlands vertaal is. Die werke dateer uit 1886. Die werke as `n stel is te koop. Indien u belangstel kan die komitee genader word.
Oortollige en verouderde boeke word verkoop en word nie vernietig nie sodat daar plek gemaak kan word vir die nuwe aankope.
A.g.v. ongelukkige omstandighede is die “Besoekers parkering”-borde verwyder. Die ou reël is weer van toepassing. M.a.w. geen parkering vir besoekers by die afdakke nie. Vyf minute word toegelaat vir op- en aflaai. Jammer!
Die inwoners wat so fluks gehelp het by die Dutch Festival om die dag so `n sukses te maak word hartlik bedank. Ongelukkig het die weer nie heeltemal saamgespeel nie.
Die inwoners word daaraan herinner dat indien u spesiale eet behoeftes het, u die probleem met Nicolette moet opneem. Nicolette doen werklik baie moeite om in almal se behoeftes te voorsien.
A.g.v. omstandighede en `n baie besige Augustusmaand is die ontruimings- oefening verskuif na September. Dus wees maar gereed en maak seker dat u weet waar u moet bymekaar kom.
As u miskien u Bulletin verlê het, is dit geen probleem. Die maandelikse program met aktiwiteite is altyd beskikbaar op die “prikbord”.
Baie groete
Nelke Ribberink.
Jare verrimpel jou vel
maar om jou entoesiasme
te verloor verrimpel
jou gees.
Sometimes in life, everything
goes smoothly but then
something happens.
Important thing is to know, how to
turn problems into opportunities.
OUDERDOM
As jy met grasie ouer word,
hoor jy slegter,
maar jy luister baie beter.
As jy met grasie ouer word,
sien jy minder,
maar jy kyk baie dieper.
As jy met grasie ouer word,
is jou stem nie meer suiwer nie,
maar elke woord wat jy praat is vol betekenis.
As jy met grasie ouer word,
word jy kragter minder, want jou
aanraking word sagter.
As jy met grasie ouer word,
stap jy stadiger,
want jy kuier langer.
Grysheid bring wysheid.!
Anonym
WELKOM
Wij verwelkomen Linda de Bruin, Willem Verhagen, Alida Vermeulen en Anna van der Westhuizen.
Moge zij zich hier thuis en gelukkig voelen.
OVERLEDEN
Op 4 september overleed Dr. Rudi Funk, op de 17de Mevr. Ingrid de Bont
en op de 20ste Dhr. Corrie Verwey.
Ons medeleven gaat uit naar hun familie en vrienden.
Moge zij in vrede rusten.
DUTCH FESTIVAL 2024
Alhoewel daar baie minder mense die Dutch Festival op 31 Augustus bygewoon het, was die fees desnieteenstaande ’n groot sukses. Daar was na raming so 1200 besoekers. Die rugby, ’n groot musiek fees en die koue het van verlede jaar se besoekers weggehou. Diegene wat daar was, het egter hul beursies wyd oopgemaak.
Ons skat die totale omset vir die dag op R300k 000. Die surplus, wat vir liefdadigheid ingesamel is, beloop net so onder die R130 000. Die Meerpaalklubs, DMBZC en die liefdadigheidsorganisasies was almal tevrede met die mooi opbrengste wat bereik is. Die gelde sal vir seker vir goeie doele aangewend word.
Aan geselligheid het dit nie ontbreek nie en die Rad van Avontuur en die lekker musiek het bygedra tot ’n heerlike atmosfeer op die terrein. Die wat nie kon kom nie het ’n prettige uitstappie gemis.
Die koop van die draaiorrel vanuit Nederland was net te duur en ons gaan maar bly soek in Suid Afrika vir ʼn stukkende een wat ons kan regmaak; leidrade is meer as welkom.
Die prys vir die besgeklede Nederlander het vergete gebly, alhoewel daar baie besoekers was wat ‘spiekeries’ gelyk het. Baie dankie aan hulle wat bygedra het tot die atmosfeer van die dag.
Dankie aan alle besoekers, almal wat hul moue opgerol het om die dag ’n sukses te maak en dankie aan De Meerpaal personeel vir al die vooraf werk en die opruim van die perseel die volgende Maandag. Dankie aan alle stalletjie houers, want sonder hulle sou die dag nie so suksesvol gewees het nie.
Ons hoop om volgende jaar weer so te maak. Dagboek solank 30 Augustus 2025!
Groete, namens die DF-komitee,
Ciska Nel, Maryke Molenaar, Johan van Dam en Rob Wesseloo.
BINGO
Woensdag 23 Oktober 19:00
Hollandia Zaal
‘n Inwoner se terugblik op 31 Augustus 2024
Dis nie net een dag tevore dat al die aktiwiteite vir hierdie jaarlikse festyn begin nie.
Natuurlik is daar eers al die organisasie: Wie gaan wat doen? Watter tye gaan hulle werk? Hoeveel helpers? Heel wat vergaderings het vooraf gegaan aan weer eens ‘n goed geslaagde Festival. Balonne was opgeblaas en hang al in vrolike trosse rooi-wit-blou-oranje in bome en aan pale, tafels en stoele was uitgesit selfs tot op die gras by Die Eiland, plekke vir stalletjies is gemeet en gemerk. Die inwoners is gevra om alle parkeerplekke vanaf Vrydag 14:00 oop te laat en ook dit het hierdie jaar gewerk.
Vrijdag om 16:00 hoor ons al die eerste motors en sien ons mense wat stalletjies reg pak. Daar was soos altyd ‘n groot verskeidenheid aan eetgoed, handewerk, baie boeke, ens.
Die begin van ons groot dag het maar bedenklik gelyk: koud, met ‘n geniepsige windjie sodat ons bang was dat besoekers maar min gaan wees. Daarby was daar ‘n groot Rugby wedstryd aan in die middag en ook het vele skole en kerke hul bazaars gehou soos altyd in einde Augustus.
Maar tog: om 09:30 gaan die hek oop en die eerste besoekers het gekom, ook heelwat jong mense, klein kinders en natuurlik ou vriende van die Meerpalers.
Die D,J, speel Hollandse musiek naby die tafels voor die Versorging wat reg staan om te ontspan, te kuier, en veral te eet en te drink. Orals loop ons helpers rond, die van die Versorging getooi met feestelike oranje hoede. Ons tipiese eetgoed, die poffertjes, krokette, pannekoeke en soute haring en nasi goreng was net so populêr as elke jaar.
En toe word aangekondig dat die tyd is vir die verloting van die pragtige kombers wat Ane van Mierlo gemaak het. Ons is almal bly dat dit gewen is deur ons eie Sandra Lykiardopolus wat so baie lootjies gekoop het.
By die Rad van Avontuur moet daar ook steeds afgekondig word dat daar weer ‘n voorwerp “Gevonde of Verlore” is.
Vroeg middag word die stalletjies opgepak, die verkopers lyk nie ontevrede nie. En om 15:00 is De Meerpaal weer die gewone doodstil Sentrum vir Bejaardes. Die inwoners wat so hard gewerk het, is dood moeg en tevrede huis toe.
MAAR DIT WAS NOG NIE DIE EINDE NIE!
O & O se dames was natuurlik wel baie besig met die Festival, maar blykbaar het hulle nog energie oor gehad om die daaropvolgende Woensdag ‘n pragtige LENTE ONTBYT aan te bied in die Hollandia Saal. Dit lyk tog asof ‘ n voëltjie iets gefluister het daaromtrent, want die saal was vol. Tafelnommers is by die deur uitgedeel, sodat jy nou eens ‘n keer saam met ander inwoners kan sit as die mense wat jy altyd self uitsoek – so leer jy weer nuwe vriende maak!
Elke gasvrou kon haar eie inspirasie gebruik vir die tafel wat aan haar toegeken is en het haar eie servies- en messegoed en blomme gebring. Ook die ontbytkos was verskillend en het gevarieer tussen brownies, muffins, roosterbrood, plaatkoekies, yoghurt, vrugteslaai, ens. nadat die fees afgeskop is met vrugtesap of vonkelwyn (toe maar, dit was darem alkoholvry!)
Aan alle tafels is daar vrolik gesels, die sfeer was fantasties – dalk ook omdat jy nou ‘n keer by ander mense sit?
Jammer genoeg kom aan alle goeie dinge ‘n einde; maar selfs die einde was in styl met koffie of tee in mooi koppies.
Ons kan O & O nie dankbaar genoeg wees vir al die harde en kreatiewe werk wat hulle steeds doen.
Brief uit Nederland:
Beleg en ontzet van De Sleutelstad Leiden
Als we naar de geschiedenis kijken in Europa dan springt de tachtigjarige oorlog in, met name, Nederland er toch wel uit. Vanaf het jaar 1568 tot 1648 waren de Spanjaarden hier de baas en ook al is dat al bijna 400 jaar geleden, deze tachtigjarige oorlog leeft nog steeds in Nederland en met name op 3 oktober in Leiden. Want de stad Leiden herdenkt op die dag haar verzet tegen de Spanjaarden.
Het was in het jaar 1574 dat Leiden omringd was door de Spaanse legers en niets en niemand kon de stad in of uit. Het eten was op en de Leidenaren leden honger. Burgemeester van der Werff bood zijn arm aan de bevolking aan om die dan maar op te eten, maar dat ging de Leidenaren toch te ver.
Willem van Oranje, de leider van het verzet, besloot vanuit Brielle om rondom de stad Leiden de dijken door te steken waardoor de landerijen onder water kwamen te staan. De Spanjaarden sloegen op de vlucht en het was de 8-jarige Ewout Jopensz die ’s-morgens vroeg buiten de stadspoort de pot met hutspot aantrof (aardappelen, wortelen, uien en schapenvlees). Het eten was nog warm en trots nam hij de hutspot mee naar de stad.
In de loop van de dag kwam het leger van Willem van Oranje (de Watergeuzen) de stad Leiden binnenvaren en deelden aan de hongerige bevolking “haring en wittebrood” uit. De stad was bevrijd en als dank voor hun standvastigheid kreeg Leiden een universiteit. De nog steeds wereldberoemde “Universiteit Leiden”.
Tot zover de geschiedenis in het kort; straks, op 3 oktober, herdenkt Leiden dit allemaal weer. Het begint de avond van tevoren met een grote optocht en een kranslegging bij het monument van Burgemeester van der Werff (u weet nog wel.., van die arm). Op 3 oktober is iedereen vrij en begint ’s-morgens om 7 uur met samenzang in het Van der Werffpark en daarna wordt aan de “Leienaren” een witbrood en twee haringen per gezinslid uitgereikt. Het is traditie om die ochtend jouw brood en haringen op te halen in een witte kussensloop.
Daarna begint om 10 uur de jaarlijkse herdenkingsdienst in de Pieterskerk met als afsluiting het Leidsch Volkslied. Voor de liefhebber en voor zover mogelijk:
www.youtube.com/watch?v=raVcJMH1sRA.
Er is een grote kermis door de hele stad, en ’s-middags is er de grote historische optocht. Hét evenement van de dag, en de Leienaren kijken hier ieder jaar weer naar uit. Veel oud Leienaren komen die dag terug naar hun geboortestad, sommigen zelfs vanuit het buitenland, om dat feest van “hun” Leiden toch vooral niet te missen. Maar het belangrijkste is toch wel dat heel Leiden die dag hutspot eet. De hele stad ruikt naar ui en wortel en overal staan viskramen met natuurlijk… haring en voor de liefhebber bokking (gerookte haring).
Bijna 400 jaar geleden is het allemaal gebeurd en deze traditie van herdenken en feestvieren is niet meer weg te denken uit Leiden. De stad waar je op 3 oktober als oud “Leienaar” wilt zijn.
Ik dus ook !
Aad Overvliet
Vast, wekelijks programma
Zoals per 24 september; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.
MAANDprogramma:
09:00 09:00 10:00 13:30 19:00 | Busdienst; zie hierboven Oefeningen in Hollandia Zaal Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek Klaverjas Sjoelen |
09:00 14:30 18:30. | Bloeddruk kliniek tot 10:30 Bijbelstudie Bridgeclub |
09:45 14:00 | Koffieochtend; zie hierboven Koorrepetitie |
09:00 09:30 15:00 | Busdienst; zie hierboven Put-put Bijbelstudie |
09:00 09:00 | Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats Bus naar Willow Crossing. |

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.
Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Cor Beek
Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal
Vaste medewerkers:
Antoinetta Hoogendoorn – en
Aad Overvliet – Amov@planet.nl
Afsluitdatum voor nieuwe bij-dragen uiterlijk 15de van elke maand aan Cor Beek of cor.beek@gmail.com
De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.