Kontak ons gerus! Tel: 012 807 5217/8

Waardigheid Onafhanklikheid

Oktober 2023 – Bewoners Bulletin

DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS

Op die dag van ons Festival was dit regte Hollandse weer: regtig koud en met taamlik sterk wind, maar later het dit gelukkig ‘n  bietjie beter geword.

Meeste mense het eers ‘n bietjie rond geloop en gekyk wat daar alles te koop is en wat die pryse was.

Vanaf Bungalow 109 tot 114 het die verskillende tafels gestaan met al die goetertjies wat te koop was; dit was ‘n groot verskeidenheid en veral Die Soete Inval het daar goeie besigheid gedoen.   

Die regte Nederlandse produkte het besonder goed gevaar: Krokette, poffertjies, nasi goreng, gerookte wors, haring, hoender satay en appeltert – almal het goeie besigheid gedoen.

Aan die ander kant, vanaf Bungalow 103 tot 106, was daar ook tafels; onder meer die Wit Olifant wat soos altyd druk besoek is en goed verkoop het.

Dit was ‘n baie goeie idee om tafels en stoele voor die Versorging neer te sit, sodat almal gesellig kon kuier met vriende en familie – terwyl hulle snoep van die Hollandse lekkernye. Op die agtergrond van die gebabbel het Nederlandse musiek weerklink en daar was ook die Rad van Avontuur wat heelwat besoekers gehad het.

In Die Hollandia Saal was daar ook tafels opgestel. Die Naaldwerk Tafel word altyd bewonder en die Boeke Tafel was hierdie jaar alfabeties gerangskik wat dit vir die besoekers maklik gemaak heg om nou presies die boek te vind wat hulle soek. Ook was daar ‘n tafel waar die mooiste boekies en kaartjies aangebied is.

Dit was weer ‘n baie gesellige en  goed georganiseerde  mark, wat ons almal geniet het. Baie dankie aan al die mense wat so hard gewerk het om hierdie sukses te bereik. Ook Antoinette en Nicolette met al hul helpers het hard gewerk, en dan was daar natuurlik ons staatmaker Kobus en sy tuin mense wat alles moes reg sit – en dit was ongelooflik dat op dieselfde middag alles al weer opgeruim was en De Meerpaal gelyk het asof daar nooit ‘n Festival was nie! Nogmaals baie dankie aan almal wat so hard gewerk het.

Net een vraag: waar was die Kaasboer met sy produkte waarvoor Nederland wêreldwyd beroemd is?!     

 Jenneke van de Putte en Antoinetta Hoogendoorn

Die Dutch Festival is tot voordeel van vele liefdadigheidsorganisasies en ons kon hierdie jaar vyf sulke organisasies help. Ook kon De Meerpaal se Bewoners klubs weer voordeel trek uit die makietie. Studente kon ook ‘n voordeeltjie geniet. Dit op sigself, is ‘n mooi bydrae tot die verligting van so baie mense wat swaar kry in hierdie tyd.

Die fees het ook, nes vorige jaar, ‘n groot finansiële resultaat opgelewer:

  • Die surplus was net so oor die R120 000 maar ons het R15 000 aan kapitale uitgawes bestee. Tafels, nette en sambrele en ʼn paar ander benodighede is gekoop en dit lyk asof ons nou na drie jaar alles het wat nodig is om die fees aan te bied.
  • Die Meerpaal klubs het so R18 000 verdien.
  • Buite liefdadigheid het ʼn R40 000 voordeel getrek.
  • Die balans van die opbrengs is na die DMBZC-NPO oorgedra en sal in die Sorgsentrum aangewend word.

Weereens dankie vir elke medewerker en ook dankie aan elke besoeker aan die fees. Ons het goeie terugvoer gekry met die lekkernye en die nuwe Rad van Avontuur wat wenners was. Met ‘n paar verbeterings, toevoegings en meer buite stalletjies gaan volgende jaar nog beter wees.

Dagboek solank 31 Augustus 2024.

Rob Wesseloo, Maryke Molenaar en Ciska Nel

Libje der noch Friesen yn en om Pretoria en Johannesburg?
Dan moate wy wer in slach by mekaor út komme.

Ik noegje jim út om Sneontemiddei 21 Oktober om 12.00 by my te kommen foar in hapke en in drankje.

Ek ha ek Beerenburg.

Adres: 658 11de laan, Gezina, Pretoria.

Belje, SMS of WhatsApp 083 306-2714 of email: deboer@mega.co.za.

Wytze de Boer.

OUDERDOM STATISTIEKE BY DE MEERPAAL

Hierdie gegewens word in die kantoor bygehou en ek probeer om daarvan ‘n weergawe aan julle deur te gee.

Daar woon tans 49 mans en 120 dames by De Meerpaal.  Dit wil sê in alle huise, bungalows, woonstelle en ook in die Versorgings eenheid.  Die totale aantal bewoners sluit 29 (eg)pare in.  Alle syfers bly natuurlik voortdurend wissel.

Die gemiddelde leeftyd van die huidige bewoners het aansienlik gedaal na die sterwe van twee van ons oudste bewoners, nl. Dr Thea Strydom wat 104 jaar oud was en daarna Mev Riet Cuypers wat 102 jaar oud was. Maar nogtans is die totale leeftyd van die huidige bewoners 14017 jaar.  Ter verduideliking is dit die jare wat al die huidige inwoners saam geleef het.  Dit wil sê as persoon A 70 jaar oud is en persoon B is 75 jaar oud dan het hulle saam 145 jaar gelewe.

Die gemiddelde leeftyd van die mans kom te staan op 82.90 en dié van die dames is 82.96.

Hopelik is dit ‘n goeie en begrypende omskrywing en dit is die plan om dit na enkele maande weer te herhaal.

Sorg goed vir julleself sodat ons die gemiddeldes nog verder kan opstoot.

Met vriendelike ouderdoms groete

Ali van Dijk

Volgende Bingo avond is op woensdag 11 oktober 2023.

DIE SEËN VAN ‘N BEJAARDE

Geseënd is jy, as jy verstaan dat my hande bewe en my voete stadig geword het.

Geseënd is jy, as jy daaraan dink dat my ore nie meer goed kan hoor nie.

Geseënd is jy, as jy weet dat my oë nie meer goed kan sien nie, as jy nie kwaad word as ek die mooiste koppie laat val of omdat ek vir die soveelste maal dieselfde storie vertel nie.

Geseënd is jy, as jy my toelag en my vra na die dae van my jeug.

Geseënd is jy, as jy sagkens met my omgaan, my stille trane begryp en my laat voet dat iemand vir my omgee.

Geseënd is jy, as jy langer by my bly as dit oral donker word en as jy my hand vashou wanneer ek alleen die nag in moet, die nag van die dood.

Geseënd is jy, —  as ek in die hemel kom sal ek die sterre vir jou aansteek.

-Bron: Nuusbrief Elpida

WELKOM

Wij verwelkomen de heer Corrie Verwey, mevr. Emily Marais, mevr. Janette Kok  en echtpaar Gerrit en Gerrie Schreurs.

Hopelijk voelen zij zich spoedig bij ons thuis.

OVERLEDEN

In augustus overleed Riet Cuypers (102) en vorige maand mevr. CJ de Lange en mevr. I van Niekerk.

Onze condoleances gaan uit naar hun familie en vrienden.

Dat zij in vrede mogen rusten.

Kwart minder kans op dementie door olijfolie?

Op 26 juli 2023 verscheen zowel op de webpagina’s van scientias.nl als margriet.nl een artikel over olijfolie en de kans op dementie. Uit een onderzoek met 90.000 Amerikanen bleek dat met olijfolie gebruiken de kans op overlijden door dementie met ongeveer 25% kan verminderen. Olijfolie staat al lang bekend als gezond en past in de ‘Schijf van Vijf’ van het voedingscentrum. Maar is het logisch dat één voedingsmiddel zo’n enorm effect heeft? Laten we eens beter naar het onderzoek kijken.   

Het onderzoek keek naar het gebruik van verschillende soorten olijfolie en de kans op overlijden aan dementie. Ze vonden een kwart minder kans, dat is een enorm effect. Is hier een verklaring voor?  Allereerst werd niet gekeken naar het ontstaan van dementie, maar alleen naar overlijden aan dementie. Dat werd niet vastgesteld door de onderzoekers zelf, maar door de eigen (huis)arts. Dit wordt vaak gezien als een onbetrouwbare methode. Zo zal de ene arts een longontsteking als doodsoorzaak opgeven en een ander dementie de schuld geven van de verminderde weerstand tegen een longontsteking. 

Bevolkingsonderzoek

Belangrijker is dat het gaat om bevolkingsonderzoek. Dat betekent dat ze gegevens verzamelden van veel mensen, maar je nooit betrouwbaar een oorzaak-gevolg relatie kunt aantonen. Olijfolie staat al lange tijd bekend als gezond, waardoor mensen die op hun gezondheid letten olijfolie gebruiken. Deze mensen hebben vaak ook andere gezonde gewoontes, zoals veel bewegen en niet roken. Het kan dus zijn dat het effect niet alleen door de olijfolie komt, maar ook door andere gezonde gewoontes.  

Transvetten en dementie 

De uitvoerend onderzoeker, dr. Tessier, wees in een interview ook nog op een ander interessant feit. Vroeger zaten er vaak transvetten in bak- en braadvetten. Op dit moment is dat veel minder, omdat uit ander onderzoek bleek dat transvetten erg ongezond zijn. Transvetten verhogen bijvoorbeeld het risico op hart- en vaatziekten, wat kan leiden tot dementie. Deze vermindering van transvetten in producten vond halverwege het onderzoek plaats. Dus mogelijk verklaart niet het gebruik van olijfolie, maar juist het niet gebruiken van andere producten een belangrijk deel van het resultaat. 

Welk type olijfolie? 

Dit onderzoek keek naar alle soorten olijfolie. In Nederland is het advies om vloeibare bak- en braadproducten te gebruiken. Olijfolie is bijvoorbeeld geschikt om mee te bakken en te braden. Een uitzondering is de duurdere ‘extra vierge olijfolie’. Deze heeft meer smaak en is daardoor geschikt om koud te gebruiken door bijvoorbeeld pasta’s, salades, tapenades en koude sauzen. Bij langdurige verhitting van extra vierge olijfolie boven de 180 °C gaat de smaak echter verloren en kunnen ongezonde stoffen ontstaan. 

Bron: Nieuwsbrief Alzheimer Nederland

Namakwaland Se Blommeprag

Al die 23 jare wat ek in Pretoria woon, belowe ek myself om na die Namakwaland se veld blomme te gaan kyk. Elke jaar weer is daar iets wat my planne in die wiele ry, maar in hierdie jaar was dit dan tog so ver!

Op die prikbord was daar ‘n advertensie van Elzette Minnaar Toere na die Weskus  en Namakwaland. Nog dieselfde dag meld ek my aan en kry die besonderhede van die toer wat acht dae sal duur.

Soos gevra meld ons om 05:30 aan by die Garden Court Hotel in Hatfield. ‘n Groot nuwe bus staan voor en ons koffers gaan in die laaibak; handbagasie en klere vir oornag gaan in die bus op bagasierak, Die 21 passasiers begin reeds kennis maak, daar word in geklim, sitplek gekies en ons is op pad vir die eerste lang skof na Colesberg. 

Langs die pad sien ons verskillende soorte bokke, volstruise en damme met flaminke. Weer ‘n lang rit, nou deur die Karoo en omdat ek tog iets van blomme wil opmerk in hierdie halfwoestyn, kyk ek nou maar na die vygies wat hulself braaf verdedig teen die klipperige veld.

Verby Beaufort Wes is daar skielik baie geel blomme, maar net langs die weg. Ons chauffeur, die nimlike Kallie,  stop dikwels op versoek sodat foto’s geneem kan word.  

By Matjiesfontein doen ons ‘n klein toer deur ‘n gedeelte van die ou landhuis en eindig in die kroeg met ‘n drankie en die vrolike pianis

In Worcester is dit nogal ‘n soektog om die hotel te vind waar ons oornag. Na nog twee oornagtings kom ons in Springbok. Skielik verskyn daar tussen die geil geel groen grasvelde plate met veldblomme in geel, pers en oranje. Dit is inderdaad in groot gedeeltes in een kleur wat volgens ‘n boer in ons groep ‘n aanduiding  mag wees van verskillende grond soorte. Orals is nou oseane van blomme, ook op kliprante en in die klipperigste stukkies veld. Ons klim steeds in en uit die bus en fotografeer vir ‘n vale omdat dit dalk mooier is as die laaste stop. Daar is ‘n baie ligte briesie en ek sien dat die blomme naby my sagkens beweeg in die wind; en dan kyk jy verder en tot aan die verre horison sien ek ‘n ligte golwing deur die hele veld gaan. Daarby lyk dit ook nog asof daar ‘n lig skyn oor die blomme, want almal glans en skitter. Natuurlik kom ook ek met massa ‘s foto’s huis toe, maar hierdie skoonheid kan mens nie vas lê nie, jy neem dit huis toe as een van die mooiste herinneringe van my lewe. 

Antoinetta Hoogendoorn

VERJAARDAGEN IN OKTOBER 2023

HARTELIJK GEFELICITEERD

Margriet van den Berg
Maria Bruwer *
Alida Badenhorst
Bettie Loedolff
Ineke Funk *
Corry Minny
Elly Mestrum *
Ben van Mierlo
Ali van Dijk
Corrie Verwey
Susanna Kuijers * (100)
Emmy Haak
Johanna van Gass
Ellie van Delden
Anna v Graan
Geertjѐ Slump
Hendrik Mulder
Hilly Henze *

*Kroonjaar

Uit onderzoek blijkt dat verjaardagen gezond zijn. Mensen met meer verjaardagen dan gemiddeld, blijken ook werkelijk langer te leven!

Dit pikken we niet ………! ​

Er is weer een rapport verschenen. Dat gebeurt in Nederland regelmatig, en vaak verdwijnt zo’n rapport dan ergens onder in een lade en kijkt niemand er meer naar om, maar dit keer gaat het rapport van hand tot hand, of beter gezegd van “krant tot krant”, want wat zegt dit rapport,……..van de 50 steden in Nederland woon je het prettigs in de Randstad. In dat rapport staan de steden als Amsterdam, den Haag en Rotterdam, inclusief Leiden en Delft, bovenaan de lijst mét stip !! Als je dáár woont dan heb je het helemaal gemaakt. Steden als Venlo, Roermond, Maastricht of eigenlijk heel Limburg staan onderaan de lijst alsof je daar beter niet kunt wonen. En die waardering heeft dit rapport boven zichzelf uit doen stijgen, want dit pikken de Limburgers natuurlijk niet.

Limburg, met zijn traditionele schutterijen, zijn verschillende harmonieën en fanfares, zijn vlaaien en heerlijke Limburgse bieren, Limburgse peren- en appelstroop en niet te vergeten zijn asperges – of in het Duits: “Spargel”. Maastricht….stad van traditie, van wierook en zuurvlees (Zoervleisj). Roermond met zijn grindplassen en fantastische watersportmogelijkheden. Limburg,….met aan de ene kant het Duitse Noordrein Westfalen met steden als Aken en Keulen, Limburg……..met aan de andere kant de Belgische Ardennen,……..Limburg met zijn kronkelende Maas als grensrivier met België, en de heerlijke Belgische frieten dus binnen handbereik. En neem een stad als Venlo. Gelegen tegen de grens met Duitsland aan en te midden van een groot tuinbouwgebied met blauwe bessen als hoofdmoot.

En dan hebben we het nog niet eens gehad over de vriendelijkheid van de Limburgers. Als je op visite komt is er altijd vlaai en je moet blijven mee-eten. Met al deze heerlijkheden in een golvend landschap leef je automatisch ook wat rustiger. Geen haast, geen stress, en morgen is er weer een dag. Vergaderingen beginnen in Limburg altijd een kwartiertje later. Dat is het zogenaamde Limburgs kwartiertje. Zelfs de repetities van de Koninklijke Zangvereniging Maastrichter Staar (Mastreechter Staar betekent “Ster van Maastricht) zijn hier op ingesteld. Dat geldt niet voor het wereldberoemde orkest van André Rieu. Maar André reist de hele wereld over met zijn Straus Orkest, en ga in Zuid Amerika het Limburgs kwartiertje maar eens uitleggen.

En dus is Limburg gekwetst met dit wegzetten naar helemaal onder in de ranglijst en het voortrekken van de Randstad naar de hoogste regionen waar je het meest plezierig kunt wonen. Natuurlijk kent de Randstad ook zijn mooie steden en zijn strand en duinen, maar ze moeten nou ook weer niet overdrijven. Het landschap is niet te vergelijken met het Limburgse, de huizenprijzen zijn voor jonge mensen niet meer op te brengen, in de file op weg naar je werk is heel normaal, net zoals het dicht op elkaar wonen. De Randstedelingen zijn welkom in Limburg om van al dat moois en lekkers te genieten, maar dan weer gauw naar huis, want er is nog iets wat typisch Limburgs is, en dat is ’s avonds op een bankje voor het huis genieten van een biertje. In alle rust !!

 (Maastricht)

Vast, wekelijks programma

Zoals per 20 september; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden

MAANDprogramma:

Maandagen

09:00

09:00

10:00

13:30

19:00

Busdienst; zie hierboven

Oefeningen in Hollandia Zaal

Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek

Klaverjas

Sjoelen

Dinsdagen

09:00

14:30

18:30.

Bloeddruk kliniek tot 10:30

Bijbelstudie

Bridgeclub

Woensdagen

09:45

14:00

Koffieochtend; zie hierboven

Koorrepetitie

Donderdagen

09:00

09:30

15:00

Busdienst; zie hierboven

Put-put 

Bijbelstudie

Vrijdagen

09:00

09:00

Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats

Bus naar Willow Crossing.

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.

Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Cor Beek

Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal

Vaste medewerkers:
Antoinetta Hoogendoorn – en
Aad Overvliet – Amov@planet.nl

Afsluitdatum voor nieuwe bij-dragen uiterlijk 15de van elke maand aan Cor Beek of cor.beek@gmail.com

De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.