Kontak ons gerus! Tel: 012 807 5217/8

Waardigheid Onafhanklikheid

Maart 2024 – Bewoners Bulletin

DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS

NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE

Februarie het met spoed begin vir die Bewonerskomitee:

Wim, Peet en Jaap het ure spandeer om die statute van die SNBC en die van die Bewonerskomitee te bestudeer i/s die pligte van die komitee. ‘n vergadering met die voltallige komitee het toe gevolg.

Die SNBC se jaarlikse begroting is deur Wim, Peet en Jaap bestudeer. Verskeie vrae wat onduidelik was is na Rob deurgestuur vir verduideliking. Rob het die vrae beantwoord.

Die tegniese span van die komitee het met Rob vergader.

Ten einde het die Bewonerskomitee op 6 Februarie hul maandelikse vergadering gehou.

(Ek dink die komitee het ‘n vakansie nodig ! ! )

Minder aangename nuus. Jan de Wagenaar het a.g.v. gesondheidsredes na baie jare as komiteelid bedank. Gelukkig is hy nog bereid om as blokhoof op te tree en sal hy nog die Wit Olifant hanteer. Namens die Bewonerskomitee en inwoners wil ons Jan hartlik bedank vir al sy insette, toewyding en harde werk. Hy was ware staatmaker! ! Sterkte word hom toegewens!

Die katte se probleem is nog nie opgelos nie. Peet het verder inligting gekry. Die beste oplossing is steeds om die ma-kat te laat steriliseer. Sy sal dan geen ander katte op haar gebied toelaat nie. (Wat gebeur met die ander vyf klein katjies?)

Die straatligte wat buite werking is, is groot probleem. Die kontrakteur wat verantwoordelik is vir die elektrisiteit is onbereikbaar. Geen foon of e-pos word beantwoord nie. Antoinette doen haar bes !

As ‘n inwoner belangstel om sonpanele te laat installeer is dit die inwoner se eie verantwoordelikheid om dit te reël. By die kantoor moet eers toestemming verkry word en as projek afgehandel is moet COC-sertifikaat ingehandig word.                         

Elke   het   verslag   gedoen   i.v.m.   die  biblioteek.   As   lesers   enige klagtes   het,   moet   die klagtes met die komitee bespreek word en nie met die kantoor nie.

In Januarie is die volgende hoeveelheid boeke gelees: 82 Engelse boeke, 45 Afrikaanse boeke en 17 Nederlandse boeke.

Die afgelope maand is nuwe boeke aangekoop. Die ywerige lesers het reeds die boeke ontdek. Gedurende die jaar sal daar nog nuwe boeke aangekoop word.

Die aanbring van die persoonlike inligting kan op u yskas of agter deur aangebring word. In geval van ‘n probleem het die versorging al u inligting en sal die versorging u naasbestaandes kontak.

Die nuwe inwoners, mnr en mev Groothuijzen, beplan om op 1 Maart hul bungalow te betrek. Intussen gaan daar muur om hul tuin gebou word wat sal help met die verkeersdrukte. Bart Withaar sal die kontrakteur wees. Hy is mos ‘n ou bekende !

Die dakgeut by die woonstelle is nog nie herstel nie. Geen kontrakteur stel belang om die geut te herstel nie. Die werkie is te gering! (Miskien sal Bart Withaar tot die redding kom)

Die noodknoppies sal ook een van die dae weer gekontroleer word.

Sommige ontruimingsborde is nie meer duidelik nie en sal vervang word. Graag wil ons Rudi bedank vir die herstel van die “Dikkoppad” bord. Die bord is op  geheimsinnige wyse afgestamp. (Die skuldige is bekend.)

Vir die inwoners wat belangstel: Dit het in Januarie 140 mm gereën.

Baie groete,

 Nelke Ribberink

SOLAR VIR DIE VERSORGINGSEENHEID

Die Bewonerskomitee en Bestuur het uitgebreid vergader oor die Solar wat nou by die versorging aangebring is. Daar is besluit dat die Bewonerskomitee nie betrokke gaan wees by die projek nie en dus ook geen  verantwoordelikheid daarvoor  gaan hê nie.  Dit is ‘n projek deur die  bestuur geïnisieer  en gefinansier, met die Bestuur se kapitaal en hulle dra die volle verantwoordelikheid daarvoor.

Die gerugte,  wat die rondte doen  oor deelname aan hierdie Solar projek, is ongelukkig nie waar nie. Ons versoek daarom dat enige iemand wat iets meer van die projek wil weet, direk met die Bestuur sal praat.

Wim van den Berg

Voorsitter Bewonerskomitee

Hier twee aardige spreuken die ik zojuist in een boek heb gevonden:

  • Je kunt de wind niet veranderen, maar wel de stand van de zeilen.
  • Als je zon brengt in het leven van anderen, kun je de stralen niet weghouden van jezelf.

Het boek staat in ons bibliotheek, Nederlandse afdeling, onder ‘W’ (de titel is “Weer”, en daar is geen auteur).

Met vriendelijke groet,

Ingrid de Bont

BEDANKINGS

Namens die Bewonerskomitee en al die inwoners wil ons al die personeel van De Meerpaal hartlik bedank vir hul puik diens, vriendelikheid, geduld en behulpsaamheid !!

Dis die personeel wat dit vir ons inwoners so aangenaam maak om ’n inwoner van De Meerpaal te wees !!

WELKOM

Wij verwelkomen Alex en Imogene Groothuizen.
Hopelijk voelen zij zich spoedig bij ons thuis

OVERLEDEN

Op 15 februari 2024 overleden Diana van Wamelen
Onze condoleances gaan uit naar haar familie en vrienden.
Dat zij in vrede mogen rusten.

BINGO

WOENSDAG 6 MAART 19:00

HOLLANDIA ZAAL

BERIG VAN DIE MINI-GHOLFKLUB

Die algemene jaarvergadering van die mini-gholfklub is op 25 Januarie 2024 in die klubhuis gehou. In sy voorsittersverslag noem Peter dat ons op eie koste nuwe trofeeborde en ’n swartbord in die klubhuis aangebring het, en dat ons nou vir ’n volle jaar op ons nuwe bane kon speel.  Daar was goeie opkoms by die weeklikse klub-byeenkomste en daar was gereeld ongeveer 20 van die 30 lede op die baan.

Die reglement van die klub was verouderd en is gewysig om by nuwe omstandighede aan te pas. Die gewysigde reglement is op hierdie vergadering algemeen goedgekeur.  Een van die wysigings behels dat nie-inwoners onder bepaalde omstandighede ook by die klub mag aansluit.

As voorsitter is Peter van Hoven herkies en hy beklee dan ook die pos van wedstryd leier. Stijntje Delport is verkies en sal beide die poste van sekretaris en penningmeester vul.

Die klub het sertifikate vir uitsonderlike prestasies oorhandig aan Graham Harding vir sy rekordtelling van 34 oor 18 putjies en aan Peter van Hoven vir die meeste kolhoue (5) op een dag.

Die 2023-wennertrofee vir dames  is oorhandig aan Betti Tania met ’n gemiddelde telling van 41.4 en die wenner-trofee vir mans het gegaan aan Louis van Mierlo met ’n gemiddelde telling van 41.7. Die trofee vir die meeste kolhoue gedurende die jaar is oorhandig aan Peter van Hoven met ’n totaal van 75 vir die jaar.

Die vergadering het Peter van Hoven benoem as erelid van die klub vir sy rol in die oprigting van die  nuwe bane en vir sy onbaatsugtige bydrae tot die sukses van die klub.

Die lede was dit eens dat ons bevoorreg is om sulke goeie bane te hê en inwoners word weereens genooi om op Donderdag oggende te kom deelneem.

Die wenners:





v.l.n.r.:   Louis van Mierlo, Betti Tania, Peter van Hoven, Graham Harding

HOE ROOIER HOE MOOIER

St. Valentine’s Day in die Hollandia Saal 

Laat ons die saak eers nugter bekyk:

Wie nou eintlik hierdie Heilige Valentyn was, is duister. Daar word verwys na twee moontlikhede, maar soos gewoonlik kyk ons maar wat “Dr Google” vertel. Skynbaar was Valentyn ‘n priester, of selfs ‘n biskop, in Rome en het hy het deel geneem aan die vervolging van Christene. Hy word gevang en gemartel totdat hy sterf. Omdat hy in die gevangenis ‘n paar wondere sou verrig het word hy heilig verklaar. Hy word begrawe op 14 Februarie op die Via Flaminia in Rome. Vanaf die 8ste eeu word sy herdenking op hierdie datum gevier.

Nou die siniese Hollandse interpretasie van hierdie feest. Valentyn moet die beskermheilige wees van bloemiste, want al in begin Februarie word die pryse van rooi rose verdubbel en ook die apteke doen nie sleg nie, want pryse van parfuums word met 10% verlaag (nadat hulle met 20% verhoog was!). In Europa het ons vroeër nog nooit van hierdie evenement gehoor nie, maar waarskynlik het dit oorgewaai uit die Verenigde State, net soos Moedersdag en Vadersdag wat ook maar net geldmakers vir die besighede is. As jy lief is vir iemand kan jy dit mos elke dag van die jaar se? En ‘n ruikertjie is altyd welkom – nie net op 14 Februarie nie!

Nou vir ons eie St. Valentynsdag. Die saal het geskitter vir jou oë van al die bloedrooi wat jy sien. Spierwit tafeldoeke, rooi blommetjies, rooi servette in glase, cup cakes met rooi versier. Omtrent alle bewoners het rooi gedra en die wat nie het nie, het ‘n serp of outydse Hollandse boere sakdoek om die nek geknoop. Een dame kom uit die Biblioteek, is al amper in die saal toe sy al die rooi sien, en gryp haar rollator om gou huis toe te gaan en haar wit bloes vir ‘n rooi een te verwissel.

Antoinette Venter doen die aankondigings soos gewoonlik, en word verras deur Gerda de Wagenaar wat aankondig dat dit nie net Antoinette se verjaarsdag is nie, maar ook die herdenking van haar troudag! Dis nou eers romanties…Ons sing Antoinette luidkeels toe a sy die Saal verlaat.

Dit word stil as ons geniet van koek, sjokolade en koffie.

 En dan kom ‘n verrassing waarvan Gerda ons vantevore niks vertel het nie: ‘n sangeressie en geluid man, vir die geleentheid sy ook geklee in ‘n pragtige  bloedrooi rok en hy in ‘n rooi T-hemp. Die sangeres is Karmen de Villiers, ‘n kleindogter van ons eie bewoners Hiram en Kobie Kendall, maar ook van Fransie de Villiers uit die Versorging. Karmen sing ‘n paar romantiese liedjies wat besonder goed in almal se smaak val soos blyk uit die uitbundige applous en “Encore” geroep. 

Nou word daar ‘n vrugtesap bedien, natuurlik rooi, en ons kan nog ‘n bietjie babbel voordat ons huis toe gaan. Tevrede en gelukkig omdat O & O  weer eens so ‘n mooi oggend gereël het.

Baie dankie! Antoinetta Hoogendoorn 

VERJAARDAGEN IN FEBRUARI 2024

HARTELIJK GEFELICITEERD

Annatjie Landman *
Rudolf de Bont
Sandra de Villiers
Catrien Vos
Sandra Lykiardopolus
Henriette Bredell
Thea Boshoff (97)
Joop Blokker
Frits Tewes
Sheila van der Merwe
Jenneke vd Putte
Nel Wegman *
Hendrik Maurer
Lina Grobler
Izak de Villiers
Penny Cassels
Tina Beek
Jan Wegman
Hester Falch
Erik Schneider *
Maria de Lange

*Kroonjaar

Uit onderzoek blijkt dat verjaardagen gezond zijn. Mensen met meer verjaardagen dan gemiddeld, blijken ook werkelijk langer te leven!

Brief uit Nederland:

Met Carnaval blijkt maar weer……….
Wij hebben helemaal geen regering nodig !

Afgelopen november gingen wij in Nederland dus naar de Stembus om een nieuwe regering te kiezen. De uitslag was heel bijzonder met een mokerslag voor de gevestigde partijen als VVD en CDA en PvdA.  De populistische partijen als de BBB (Boer Burger Beweging) en de PVV (Partij voor de Vrijheid) gingen er met de winst vandoor, evenals de NSC (Nieuw Sociaal Contact) van Pieter Omtzigt. De uitslag was dus duidelijk en het volk heeft gesproken.

Na de verkiezingen volgt dan dus de formatie en gaan partijen met elkaar om tafel om afspraken te maken wie wat gaat doen. Wie krijgt welk Ministerie en wie gaat in de Tweede Kamer zitting nemen. Maar hoe duidelijk ook de uitslag,……..die formatie lukt niet erg en inmiddels is Pieter Omtzigt uit de besprekingen gestapt. Het werd hem allemaal te veel en hij is moe !

Dus zelfs nu in februari nog geen regering, maar………we zijn erachter dat we helemaal geen regering nodig hebben. We hebben immers het jaarlijks terugkerende feest van het zuiden, het Carnaval.

Begin februari wordt menigeen al zenuwachtig en begint alvast zijn of haar kleren klaar te leggen. In Brabant is dat de boerenkiel met de rode zakdoek, en in Limburg is dat een feestelijke en trotse uitdossing van edelman, of iets heel belangrijks met veel glitter en veel versieringen. En dan op vrijdag 9 februari is alles losgebarsten. De burgemeester geeft de sleutel van stad of dorp aan Prins Carnaval die met zijn Prinses en gevolg van Adjudanten en diverse Ministers, dansgarde en veel muziek drie dagen de baas is over de stad. En dat gaat prima !! Iedereen is vrij, iedereen is welkom op het feest, er is genoeg bier en er zijn genoeg worstenbroodjes, er zijn optochten en we groeten met “Alaaf”. Kortom,………in het zuiden van het land is het goed leven met Carnaval.

Alleen in het zuiden ?……Nee, heel voorzichtig ziet men hier en daar ook boven de rivieren het carnaval zijn intrede doen. En eerlijk is eerlijk, ook voor het Carnaval boven de rivieren neem ik soms mijn petje af. Maar waar vroeger iedereen het carnaval omarmde zien we nu toch vooral bij de Ouderen een terugloop. Carnaval is nu vooral een feest tot zo’n beetje de 60 jaar. Uitzonderingen natuurlijk daargelaten.

En als je dan in een dorp of stad woont waar Carnaval niet of matig wordt gevierd, dan ga je gewoon drie dagen naar een dorp of stad verderop. Want,….. met Carnaval is iedereen welkom, hoewel,…….in het zuiden toch niet iedereen. De vriendenclubs van boven de rivieren, die in het zuiden de boel op stelten komen zetten, die zien we liever niet. Carnaval is namelijk een feest van regels en tradities en die moet je kennen. Vervelend doen, dronken worden, anderen lastigvallen, dat heeft dus niets te maken met dit mooie feest. Dus gaan sommige dorpen en steden op slot als het te druk wordt. De touringcars met vriendenclubs komen er dan niet meer in en daarmee is het feest weer helemaal ons feest geworden. En dan blijkt dat we eigenlijk helemaal geen regering nodig hebben en we het met onze Prins en Prinses en zijn Adjudanten het prima af kunnen. Wij redden ons wel hier in Brabant en Limburg.

Alaaf van Aad Overvliet

Vast, wekelijks programma

Zoals per 20 februari; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.

MAANDprogramma:

Maandagen

09:00

09:00

10:00

13:30

19:00

Busdienst; zie hierboven

Oefeningen in Hollandia Zaal

Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek

Klaverjas

Sjoelen

Dinsdagen

09:00

14:30

18:30.

Bloeddruk kliniek tot 10:30

Bijbelstudie

Bridgeclub

Woensdagen

09:45

14:00

Koffieochtend; zie hierboven

Koorrepetitie

Donderdagen

09:00

09:30

15:00

Busdienst; zie hierboven

Put-put 

Bijbelstudie

Vrijdagen

09:00

09:00

Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats

Bus naar Willow Crossing.

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.

Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Cor Beek

Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal

Vaste medewerkers:
Antoinetta Hoogendoorn – en
Aad Overvliet – Amov@planet.nl

Afsluitdatum voor nieuwe bij-dragen uiterlijk 15de van elke maand aan Cor Beek of cor.beek@gmail.com

De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.