Kontak ons gerus! Tel: 012 807 5217/8

Waardigheid Onafhanklikheid

November 2024 – Bewoners Bulletin

DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS

NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE

In September het ons gedink “Dis heerlike Lente, die Winter is verby” (FAK). Die Lente-weer het ons toe `n lelike streep getrek, en was dit nou koud! ! !

Die Bewonerskomitee het ons twee-maandelikse vergadering met die Bestuur gehad.  Die vergadering het baie positief verloop. Joop Blokker is die nuwe blokhoof vir die woonstelle.  Welkom Joop ! ! Hy volg Jan de Wagenaar op wat uitgetree het.  Jan baie dankie vir al  die jare se insette en harde werk. Ons gaan jou mis!

Daar was navraag i v m die rolstoele wat se voetstukke verwyder is.  Annika het ons meegedeel dat die inwoners van die versorging wat `n rolstoel gebruik, hul bene beseer en die wonde herstel stadig.  Daar is altyd `n volledige rolstoel vir `n noodgeval.  `n Suurstofmasjien en ‘n suurstofsilinder is altyd beskikbaar in die versorging indien benodig.

Die versamelwerke van Shakespeare, wat dateer uit 1886 en in Nederlands vertaal is, het `n koper gekry. Die werke is vir `n bedrag van R800 verkoop.  So, nou kan nuwe boeke weer aangekoop word.

Kobus word bedank vir die nuwe paadjie by die put-put baan.  Die rollator gebruikers kan nou makliker daar beweeg.

By De Meerpaal is ons baie trots op ons pragtige tuine. Ons gesamentlike tuine is baie groot. Daarom wil ons ons “tuin ingenieurs”  bedank vir hul harde werk.  Daar kom dikwels voorstelle van die inwoners i v m die tuine wat nie altyd nagekom kan word nie.  Die voorstelle word baie waardeer. Ongelukkig het elke persoon sy eie siening i v m tuine.  

Daar word probleme ondervind met die besproeiing van die gras voor die bungalows (noordekant).  Daar word aandag aangegee. Ons “tuin ingenieurs” het ook slim planne !  Sodra hul tuinafval drom se wiele afbreek, word die drom omgeruil met die herwinnings drom en laat die stukkend drom agter.  Slim nê?

In die vorige Bulletin het ek ongelukkig gemeld dat die pragtige foto`s van die Lente-tee op You Tube en Face Book verskyn het. Jammer, die foto`s het net op Face Book verskyn.

AANDAG AL DIE HYSBAK GEBRUIKERS:  Nuwe meer verstaanbare kennisgewings gaan in die hysbak aangebring word.  Maak seker dat u die kennisgewings verstaan sodat as daar `n probleem ontstaan u weet wat om te doen.  Onthou, daar hang ook `n noodklokkie wat gedruk kan word.

As daar, bv beurtkrag is, sal die kragopwekker weer krag verskaf.  So, wees net rustig!  As die noodklokkie gedruk word, sal die versorging tot u redding kom.

Die O&O-dames het hulself weer oortref.  Woensdag, tydens die koffie-oggend, was die tema “Waar kom ek vandaan?” Wat `n interessante en leersame oggend was dit nie! Die entoesiastiese inwoners het vertel waar hul grootgeword het.  Ons het so baie geleer, bv oor Namibië, Nederland (ja, Luke, ook oor Friesland) en ook selfs oor Suid Afrika.

Baie groete

Nelke Ribberink 

Ons kry 3 soorte mense in die lewe.
Hulle wat jou tydens moeilike tye ondersteun,
hulle wat jou tydens moeilike tye verlaat,
en hulle wat jou in die moeilikheid laat beland.

Friends are the fruitcake of our lives.
Some are nutty, some are soaked in alcohol,
some firm, some sweet, but altogether,
they are great to have in your life.

DIE JUMBELINAS GAAN ‘N SOMER VERKOPING HOU

Donderdag 28ste November 2024 vanaf 9vm-11vm

Vrydag 29ste November  2024 9vm–11vm.

Ons het weereens ‘n goeie  verkoping in September gehad waar ons R2 221.00 ingesamel het. Ons wil almal wat donasies gegee het van harte bedank en ook al die dames wat gehelp het.

Ons ontvang graag somerklere, skoene en beddegoed.  Die donasies kan by Ali (B103) of Elly (B132) afgelewer word.  Of bel my by 082 495 2531 en ek sal die goedere graag kom afhaal.

Elly Mestrum

Names die Jumbelinas

BINGO

Woensdag 23 Oktober 19:00
Hollandia Zaal

WELKOM

Wij verwelkomen mevr. Louise van Breda.

Moge zij zich hier thuis en gelukkig voelen.

OVERLEDEN

Op 11 oktober overleed mevr. Fenna Klooster.

Ons medeleven gaat uit naar hun familie en vrienden.

Moge zij in vrede rusten.

PUT-PUT

Die wandelpad deur die put-put baan is nou weer begaanbaar.  Cobus en sy span het die paadjie teenaan die motorafdakke oorgedoen en die wandelpad is nou geskik vir ’n staproete en ook vir rollators en rolstoele.

Hierby kan die asblikke ook makliker deur die werkers verby die motors geneem word op pad na die afval terrein.

Dankie Cobus en bestuur, dit word waardeer.

Stijntjie

OPROEP

Ek doen hierby ‘n beroep op al ons inwoners om my asseblief te laat weet wie stel belang om die “wit olifant” oor te neem by Jan de Wagenaar. Indien moontlik vanaf Januarie 2025. Jan is ongelukkig nie meer in staat om dit verder te doen nie. Indien ons niemand kry om dit te doen nie sal die “wit olifant” ongelukkig moet sluit. 

Baie dankie : Gerda de Wagenaar

Naskrif:

Julle is welkom om my te kontak indien julle iets meer wil uitvind of as julle dalk ʼn week of twee saam met ons wil werk.

Groete.

DIE MARITZE

Sieg is die oudste van die twee, dus kom hy eerste aan die woord.

Hy is in Meyerton gebore; toe hy drie maande oud was is sy Pa, wat in die Polisie was, verplaas na die deeltydse Suis-Wes-Afrika (SWA) waar hulle onderskeidelik in Swakopmund en Usakos gewoon het. Vervolgens het die drie kinders (een seun en twee dogters) afwisselend by hul grootouers Maritz en Du Preez gewoon. Hierna het hul Moeders in die koshuis by Willowmore gaan werk, en die drie kinders kon toe ook in dieselfde koshuis bly.

Na ‘n jaar op Willowmore vertrek die gesin weer na SWA, en gaan die kinders vir twee jaar in die koshuis by Stamprietfontein. Dit was ‘n plaasskool waar kinders gehelp het met verbouing van groente wat aan die koshuis voorsien is.

Weer verskuif hulle na twee jaar na Mariental, wat ‘n groter dorp is, en daar voltooi Sieg sy skoolloopbaan in1966. Dit was hier waar die gesin in kontak kom met ‘n gemeenskap van Duitsers en Hollanders.

Na sy matriek jaar bevind Sieg hom in Pretoria om sy diensplig op Voortrekkerhoogte te verrig. Dis dan ook te verstaan dat hy hier sy loopbaan in die destydse Departement van Pos en Telekommunikasie as Leerling Tegnikus begin.

Na voltooiing van ‘n 3-jaar opleiding tydperk word hy aangestel as Tegnikus in Outomatiese Sentrales, asook as Field Training Officer. Gevolglik moes hy kon praat en het uiteindelik uit sy dop gekruip – en sedertdien kan jy hom nie stil gemaak kry nie. Hy eindig as Bestuurder by Ondersteuningsdienste: Metodes en Prosedures na ‘n loopbaan van 37 jaar by Telkom.

Daarna stuur hy verder om hom te bekwaam as elektrisiën. Hier moes hy, as 56-jarige, saam met baie jonger outjies skouer skuur ten einde die vaktoets te kon aflê. Dit was baie inspanningsvol, maar na bereiking van die Sertifikaat van Bekwaamheid het hy vir nog 7 jaar selfstandig gewerk onder die naam SMARTLEK.

Tussendeur het hy tog tyd gehad vir sy stokperdjies: jag, bv. op kudu, gemsbok, sebra en springbokkies, wat hy dan saam met Annatjie afslag en verwerk. Ook was daar hengel, staptoere en sport, wat karate, muurbal en padhardloop ingesluit het. Na vele half- en vol-marathons, asook 5 Comrades Marathons, verruil hy die sport in die jaar 2000 vir ligte gimnasium oefeninge. Groter staptoere, soos die Visrivier Canyon-, Fanie Botha- en Mac Mac-roetes, lê nou ook in die verre verlede. Deesdae bly net die maandelikse stap op Dinsdag in die Botaniese Tuine oor.

*****

En nou ANNATJIE. Sy het groot geword in die “Hollandse deel” van Pretoria, die Moot in Rietfontein. Daar het Sieg en sy mekaar ontmoet en is later getroud. Hulle is die trotse ouers van drie pragtige dogters.

Annatjie het gewerk as ‘n administratiewe klerk by die Patente Kantoor, die Mediese Raad, asook as ‘n rekeningkundige klerk by ‘n bekende apteek in Garsfontein. Hier moes sy handel met mediese fondse en klagtes wat klante oor hul rekeninge gehad het. Tussendeur het sy ook, as deeltydse naaldwerkster, die pot help aan die kook hou met ‘n ekstra inkomste. So help sy om die drie dogters deur hul universiteit tydperke te ondersteun. Met haar ervaring in die apteek, wat dikwels van rekenaarprogram verander het, het sy heelwat kennis opgedoen. Deur the grape vine in De Meerpaal weet ons dat sy bedrewe is met rekenaars en selfone en al die probleme waarmee daardie goed ons soms verras.

*****

Die Maritze het van De Meerpaal gehoor by lede van die Karavaan Klub, waarvan hulle geesdriftige lede is. Een van hul gedeelde stokperdjie van meet af is om te kamp. Kampeer in alle vorme, soos tent, daktent en woonwa. Vanaf kamp was dit ook ‘n logiese stap na 4 X 4 toere in Namibië, Botswana, Mosambiek en Zimbabwe, en – les bes – in die ganse Suis-Afrika lê hul wielspore. Met toekomstige Genade en geluk wil hul vir nog ten minste die volgende vy jaar volhou daarmee. Want die wapad bly hul woning!

In de Meerpaal is die tweetal heel goed ingeburger en neem aan vele saamkomste deel. Annatjie is een van ons Greetjes en die penningmeester van die Hobby Club. Sieg is voorsitter van die Sjoel Club, braai die vleisies by die Manne Dinge en sing in die koor.

Voorwaar mense wat nie stil sit nie! Hulle is gesellig en gasvry boonop.

Antoinetta Hoogendoorn

WIJ ZIJN OVERLEVERS …

(voor hen die vóór 1940 zijn geboren)

 Wij van vóór 1940 zijn geboren vóór de televisie, vóór penicilline, polio-injecties, diepvriesproducten, Xerox, contactlenzen, video’s en de ‘pil’. We zijn geboren vóór radar, creditcards, gespleten atomen, laserstralen en balpennen, vóór vaatwassers, wasdrogers, elektrische dekens, airconditioners, druppeldroge kleding, en voordat de mens op de maan liep.

We zijn eerst getrouwd en daarna gaan samenwonen (hoe vreemd kun je zijn?). We dachten dat ‘fast food’ was wat je at in de vastentijd, een ‘Big Mac’ een te grote regenjas en een ‘crumpet’ iets bij de thee. We bestonden al vóór huismannen, computerdating en vóór ‘beschutte accommodatie’ iets was waar je op een bus wachtte. We waren er vóór kinderdagverblijven, groepswoningen en wegwerpluiers. We hadden nog nooit gehoord van FM-radio, cassettedecks, kunstharten, tekstverwerkers of jonge mannen die oorbellen dragen. Voor ons betekende ‘time-sharing’ saamhorigheid, een ‘chip’ was een stuk hout of gebakken aardappel, ‘hardware’ betekende bouten en moeren, en ‘software’ was nog geen woord.

Vóór 1940 betekende ‘Made in Japan’ rommel, de term ‘vrijen’ verwees naar weten dat je je ‘ex- amen’ bij de ander deed, ‘stud’ was iets dat een kraag aan een overhemd vastmaakte, en ‘all-the-way gaan’ betekende in een dubbeldekker naar het eindpunt blijven zitten. In onze tijd was het roken van sigaretten ‘in de mode’, ‘gras’ werd gemaaid, ‘coke’ werd in het kolenhuis bewaard, een ‘joint’ was een stuk vlees dat je op zondag at, en ‘pot’ was iets waar je in kookte. ‘Rockmuziek’ was een slaapliedje van een liefhebbende moeder, ‘eldorado’ was een ijsje, een ‘homo’ was het leven en de ziel van het feest, terwijl ‘aids’ gewoon schoonheidsbehandeling of hulp voor iemand in moeilijkheden betekende.

Wij, die vóór 1940 zijn geboren, moeten een taaie bende zijn als je denkt aan de manier waarop de wereld is veranderd en de aanpassingen die we hebben moeten maken.

Geen wonder dat er vandaag de dag een generatiekloof is, maar …… bij de gratie van God … we hebben het overleefd!

Met dank aan Jack Dusty’s Earth

VERJAARDAGEN IN NOVEMBER 2024

HARTELIJK GEFELICITEERD

Alida Zonnenberg
Aartje van Duuren
Geertje Siebrand
Janetta Kok (96)
Fransie De Villiers
Bep de Bruyn *
Nelke Ribberink
Errol Rindel
Teuntje Schouwstra
Mary-Ann Brits
Ané van Mierlo
Joke Heydenreich *
Inge Muhl
Johan Vosloo
Maria Pienaar *

* Kroonjaar

Uit onderzoek blijkt dat verjaardagen gezond zijn. Mensen met meer verjaardagen dan gemiddeld, blijken ook werkelijk langer te leven!

Brief uit Nederland:

HET IS BIJNA NOVEMBER, bij ons vroeger op het “platteland” ook wel slachtmaand genoemd.

Op de kleine boerderijen werd het varken geslacht om daarvan de heerlijkste hammen en worsten en karbonades, etc. van te maken. Er was dus een hoop werk aan de winkel en op veel scholen kregen de kinderen er speciaal vrij voor om thuis mee te helpen. Want voor de slacht begon moest er een hoop geregeld worden.

Om te beginnen een scherp mes, heel veel heet water, schalen om het bloed in op te vangen en een ladder (een leer !) om het geslachte varken op te binden en  verder te kunnen uitbenen. Daarvan komt dus ook de uitdrukking “een varken leert nog na zijn dood” En dan dus het moment waarop het vet gemeste varken werd geslacht.

Mijn Oom Thijs zegende eerst het varken met een kruisteken, sprak de woorden…..”ik hoop dat je me goed zult smaken”…… en met een stevige steek zeeg het dier ten onder. Schalen stonden al klaar om het bloed in op te vangen om daar later bloedworst van te maken. Van de achterkant dus de ham, van de kop de zult ofwel de zure zult (ook wel hoofdkaas genoemd), en van de ribben de karbonades en niet te vergeten het varkenshaasje. En van alles wat overblijft maken we worst en spek. Niets van het varken werd immers weggegooid ! Dat slachten kon men vaak tot in het dorp ruiken, dat wil zeggen……. de Pastoor kon het ruiken, want steevast kwam de Pastoor een paar dagen ná de slacht “toevallig” langs om met de beste karbonades naar huis te fietsen.

Ik moest aan dit stukje jeugdsentiment denken toen ik deze week in de supermarkt moest zijn. Ik kom daar zelden maar dit keer moest ik mee. En het viel mij op dat de bloedworst nu keurig gesneden en verpakt in het koelvak lag, evenals de speklapjes en de ham. En ik moest denken aan de ham die vroeger ’s-winters gewoon boven de haard hing. En ik zag ze liggen, de échte Gelderse rookworst. Nou ja,…”de échte?….. Naast de varkensrookworst (dat is toch de lekkerste) lag er ook runderrookworst en zelfs magere rookworst. Zoveel rookworsten maakten mijn oom en tante helemaal niet. Gewoon één soort van het varken en gewoon vet! Ik moest denken aan een taalgrapje uit mijn schooltijd, …..”Rookworst zonder R is óók worst”’

De zure zult zag er heel anders uit dan vroeger bij mijn oom en tante. Het winkellandschap in Nederland is dus 100% veranderd. Het begon hier allemaal in de jaren 50 met de koelkast waar je voor kon sparen bij Albert Heijn. Dat was een slimme zet want nu hoefde Albert Heijn de verse etenswaren niet meer zelf koel te houden, maar kon dat nu thuis bij Moeder in de koelkast. De zelfbediening ontstond en de winkels van De Gruijter gingen ten onder. Zij konden het tempo van de veranderingen niet mee bij benen. Het persoonlijke bij het doen van de boodschappen verdween en de supermarkt met de snel kassa kwam ervoor in de plaats. En in plaats van de laatste nieuwtjes hoor ik de kassière nu allen maar vragen of ik een bonnetje wil. En nee,…dat wil ik niet ! Ik wil die worst en ham van vroeger terug. Maar dat zal niet gebeuren en ik moet ook met mijn tijd mee. Ik schrijf dit verhaaltje dus gewoon op mijn laptop !

Maar liever…………..

Niets van het varken werd weggegooid !!

Aad Overvliet

Vast, wekelijks programma

Zoals per 24 oktober; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.

MAANDprogramma:

Maandagen

09:00

09:00

10:00

13:30

19:00

Busdienst; zie hierboven

Oefeningen in Hollandia Zaal

Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek

Klaverjas

Sjoelen

Dinsdagen

09:00

14:30

18:30.

Bloeddruk kliniek tot 10:30

Bijbelstudie

Bridgeclub

Woensdagen

09:45

14:00

Koffieochtend; zie hierboven

Koorrepetitie

Donderdagen

09:00

09:30

15:00

Busdienst; zie hierboven

Put-put 

Bijbelstudie

Vrijdagen

09:00

09:00

Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats

Bus naar Willow Crossing.

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.

Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Cor Beek

Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal

Vaste medewerkers:
Antoinetta Hoogendoorn – en
Aad Overvliet – Amov@planet.nl

Afsluitdatum voor nieuwe bij-dragen uiterlijk 15de van elke maand aan Cor Beek of cor.beek@gmail.com

De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.