DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS
VAN DIE BESTUURSTAFEL
Met die gebrekkige dienslewering van die munisipaliteit oor die laaste jare het die Bestuur van De Meerpaal besluit dat dit vir die toekoms belangrik sal wees om tot ‘n groot mate selfvoorsienend te word met betrekking tot krag en water. Ongelukkig moet ons self die infrastruktuur skep om te verseker dat ons inwoners van drinkbare water voorsien word. Ook moet ons verseker dat ons beskik oor die nodige elektrisiteit om nie net noodsaaklike funksies te bly vervul nie, maar ook om te probeer om die ongerief van onderbrekings soveel moontlik te beperk.
Hierdie realiteite het ons genoodsaak om die grootste kapitale uitgawes ooit aan te gaan. De Meerpaal is in die bevoorregte posisie om sodanige uitgawes te kan bekostig as gevolg van gedisiplineerde finansiële beleid in die verlede. Die projekte is groot, verg professionele hulp, en word waargeneem onder die toesig van die Bestuur.
Die Bestuur bestaan uit vrywilligers. Onbaatsugtigheid is een van die kernvoorwaardes van deelname aan die Bestuur van De Meerpaal. Maar ongelukkig is daar maar min bestuurslede en die verantwoordelikhede volop.
Ons moet weereens ‘n beroep doen op die inwoners om tog asseblief navraag te doen in hul familie- of vriendekring of daar mense is wat bereid is om die Bestuur te help om De Meerpaal die heelbeste tuiste te maak wat hy kan wees.
Nils Tania
WELKOM
Wij verwelkomen Anna-Mari vd Merwe, Carina Cillier, Nicolaas en Marietjie Potgieter, Hanli Potgieter, Friedrich en Elsie Blum.
Ons vertrou dat u vinnig tuis en gelukkig sal voel.
OVERLEDEN
Mev T Lensink op 28 Feb 2025
Mnr A de Bruin op 28 Feb 2025
Mev JF de Villiers op 15 Mar 2025
Ons medeleven is met hun familie en vrienden.
BLOKHOOFDE
Fred Siebrand neem waar as blokhoof vir eenhede H1 tot H20 tydens die afwesighed van Anneke Heesakkers.
Gedurende hierdie tyd behou Fred ook sy pligte as blokhoof van H21 tot H39.
Ons wens Anneke ‘n spoedige herstel toe.
NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE
Die Bewonerskomitee het weer op 5 Maart vergader en ons het sommer na die koffie-oggend vergader. Drie lede van die komitee het verskoning gevra.
Vir die nuwe inwoners of vir die inwoners wat vergeet het, die volgende inligting:
Die Bewonerskomitee bestaan uit die volgende lede:
Wim van den Berg is die voorsitter, Peet Delport is die ondervoorsitter en Nelke Ribberink is die sekretaresse. Die ander lede is Anneke Heesakkers, Jaap Kelder, Rudi v d Wielen, Nicolette Coetzee en Antoinette Venter.
Die komitee vergader elke maand en elke tweede maand word ook met die Bestuur vergader.
Die Algemene jaarvergadering van die Bewonerskomitee vind op 16 April plaas. Die jaarvergadering van die SNBC vind voorlopig op 21 Mei plaas. Skryf die datums asseblief op u kalender. Dis belangrik dat u die vergaderings bywoon.
Soos verlede maand genoem is daar op “The Citizen” ingeteken en dit word nou van Maandag tot Vrydag afgelewer in die biblioteek asook in die Versorging. Ongelukkig is daar geen Afrikaanse koerante meer beskikbaar nie. (Wat is ‘n biblioteek sonder ‘n koerant !!!)
Die eerste uitgawe van die Bewonersbulletin se nuwe redaksie is goed ontvang,
Nicolette (die kostannie ! ! !) word bedank om die week se spyskaart vir ons op Whatsapp te laat kry. Dit help baie om ons etes vir die week te beplan.
Op ons terrein word deesdae dikwels dooie duiwe en ander voëls opgetel. Peet, ons veearts, waarsku dat dit moontlik is a g v “New Castlesiekte”. Moet asseblief nie die dooie voëls met u kaalhande optel nie. Rapporteer dit aan die kantoor. Die werkers is opgelei om dit te hanteer.
Vir die stappers wat die Dikkoplaan stap en wat `n ruskansie wil geniet is daar nou `n bankie geplaas op die gras ongeveer voor B124.
Goeie nuus van die biblioteekkomitee. Daar is weer nuwe boeke aangekoop en manne, daar is spesiaal aan julle gedink. Lekker lees.
Ons is almal lief om soms te gaan stap, te gaan kuier of by iemand lekker te gaan koffie drink. Onthou asseblief om altyd u deur te sluit.
Namens al die inwoners wil ons die personeel van De Meerpaal en die Bestuur bedank vir alles wat hulle doen om De Meerpaal so ‘n besonderse oord te maak en waar al die inwoners so gelukkig is. Baie dankie ! !
Baie groete
Nelke Ribberink
WIT OLIFANT / JUMBELINAS
Eerste WINTER verkoping. Nuwe Voorraad!
- Dinsdag 25 Maart 17:30
- Woensdag 26 Maart 11:30
- Dinsdag 1 April 17:30
- Woensdag 2 April 11:30
NUUT IN DIE BIBLIOTEEK
DIE AFREIS VAN ABEL LOTZ
deur Chris Karsten
Boek III in die Abel trilogie
’n Speurverhaal.
Hoekom moes hy stilgemaak word? Al Kaida, kubervriende, Dept Binnelandse sake……
Baie vrae
OOR BERGE EN DALE
deur Jackie Grobler
Op reis saam met ’n monumentjagter
’n Boek vir liefhebbers van die langpad en leunstoel reisigers
SPREEKGROEP
Graag verneem ek of daar belangstelling is vir die begin van ´n spreekgroep. Dit behels die (informele) saamlees van gedigte ens. Ons kan nie almal sing nie, maar as ek luister na die geroesemoes op ´n Woensdagoggend in die saal, kan ons wel almal goed praat! Indien julle belangstel, kontak my asseblief:
082 4844 237 of loer in by 109.
Dankie!
Imogene Groothuijzen
BINGO
23 April 2025
19:00
Hollandia zaal
Sjoelclub
Op 17 Maart 2025 is die Algemene Jaarvergadering van De Meerpaal Sjoelclub gehou.
Nadat ons klaar gespeel het is daar gesellig verkeer met koffie en heerlike eetgoed.
Na die pouse met verversings is die vergadering ge-open deur die voorsitter Sieg Maritz en hy meld dat die klub se ledetal effens verminder het gedurende die afgelope jaar. Ons het verskeie nuwe lede bygekry maar ook lede om verskeie redes verloor. Daar is ’n oomblik stilte gegun vir die afsterwe van Ingrid de Bont.
Ons het tans ongeveer 40 gereelde spelers in die klub.
Die sjoelclub kom Maandagaande om 19:00 byeen in die Hollandia zaal en word gereeld deur dertig tot veertig spelers bygewoon. Dit is baie gesellige aande met koffie en koekies tydens pouse en gepaste agtergrond musiek dra grootliks by tot die sukses van die aande. Sieg het ook die spelers bedank vir hulle gereelde deelname en goeie gees.
Die finansies van die klub is gesond en daar is besluit om die jaarlikse ledegeld onveranderd te laat op R100,00 per persoon per jaar.
Interessante data oor die uitslae van die spelle gedurende die afgelope jaar is genoem, onder andere dat ‘n nuwe hoogste telling van 518 vir een aand aangeteken is.
Die finale tellings vir 2024/25 is gelees en die beste spelers het die wisseltrofee ontvang:
Beste speler – Dames – Margriet van den Berg. Tweede was Anneke Heesakkers en derde was Gerda de Wagenaar. (Dit is dieselfde persone as verlede jaar).
Beste speler – Mans – Peet Delport . Tweede was Jan Wegman en derde was Hein Maurer.
Spesiale vermelding – Bep Wolters wat elke aand agter die skerms sorg dat alles gereed is vir die belangrike koffiedrink pouse tussen die spelle het met hierdie trofee weggestap.
Die komitee vir die nuwe jaar is verkies en sien soos volg daaruit:
- Voorsitter: Sieg Maritz en Stef Smits as waarnemend.
- Penningmeester: Margriet van den Berg met Stijntje Delport as waarnemend.
- Sekretaris: Peet Delport en Nelke Ribberink as waarnemend.
- Verversings: Angeline le Roux, Margriet van den Berg, Gerda de Wagenaar, Bep Wolters, Elly Mestrum, Atie Bakker, Nelke Ribberink, Imogene Groothuijzen, Jettie Horsman en Addy Smits is gekies om op roterende grondslag te help met die verversings. Annatjie Maritz is koördineerder.
Die wenners: Margriet, Peet, Bep

As jy nog nie sjoelen hier gespeel het nie, of as jy lanklaas gespeel het, nooi die klub jou uit om enige Maandagaand om 19:00 te kom kyk en selfs deel te neem. Dalk byt die prettige sjoelengogga jou ook.
Peet Delport
DIE MAN LANGS DIE PAD MET DIE NAAIMASJIEN
Luuk Hepkema het op die idee gekom om ‘n keer te gaan praat met die man op die verkeerssirkel en iets uit te vind van sy agtergrond. Die afgelope drie jaar sit hy daar agter ‘n naaimasjien, later meer gerieflik onder ‘n sonskerm. ‘n Bord by sy voete lui dat hy ‘n kleremaker is en ook skoene reparasies doen.
Luuk en ek gaan saam soontoe, stel ons bekend, en vra na sy verhaal.
Sy naam is Nana Kwane. Hy is gebore in Ghana in ‘n familie wat nogal welaf was.
Maar vandag het hy ‘n Malawi paspoort. Malawi is deel van SADEC, ‘n unie van lande wat ‘n bietjie soos die Europese Unie probeer om die verkeer tussen lande makliker te maak asook die ekonomie deur byvoorbeeld dieselfde belastingvoorwaardes in te stel.
Nana is ‘n wêreldreisiger wat al tyd deurgebring het in Kanada en Finland. Hy glimlag en vertel dat sy mense orals in die wereld welkom is by hul eie groep: jy sien ‘n Swartman, stel jouself bekend en word verwelkom in sy huis vir ‘n maaltyd en dalk onderdak. Hulle sal jou ook vertel waar om werk te vind.
Ons kyk na Nana se masjien en sien dat dit van die merk Snier is.
Nooit van gehoor nie? Dis doodgewoon ‘n Singer onder ‘n ander naam.
Ons kleremaker het dosyne tolletjies garing in alle kleure van die reënboog op sy tafel. Party van ons inwoners was al by hom vir reparasies en was heel tevrede met sy werk. Terwyl ons daar is, stop ‘n luukse Mercedes by ons en ‘n dame haal haar gerepareerde stiletto-hakskoentjies van lakleer op.
Elke vrou weet dat die ellendigste werkie is om ‘n ritssluiter te vervang in ‘n langbroek. Nou gaan koop jy ‘n ritssluiter by Sewing Supplies (Gift Acres Sentrum) waar dit in alle kleure, soorte en mate te koop is. Jy bring dit saam met die broek na vriendelike Nana en die volgende dag kan jy die broek weer ophaal – vinnig, goed, en heelwat goedkoper as by die droogskoonmakers wat sulke dienste aanbied.
Waar het Nana sy vak geleer? Hy was op ‘n Tegniese Kollege waar hulle die funksies van masjiene en motors geleer het asook hoe om dit reg te maak. Van daar af het hy maklik sy pad gevind.
Dit is nou drie jaar dat hy by die verkeerssirkel sit en werk. Dit is gerieflik, want hy woon in die kompleks op die hoek sodat dit maklik is om sy tafel, masjien, ens. te vervoer.
Nana het familie in die omgewing. Sy sussie is ‘n verpleegster en sy oom het onlangs ‘n huis gekoop in Meyers Park.
Maar Nana se droom is om weer terug te gaan na Kanada en spesifiek na Toronto.
Antoinetta Hoogendoorn en Luuk Hepkema
VERJAARDAGEN IN APRIL 2025
HARTELIJK GEFELICITEERD
Elke Kelder
René Janse v Vuuren*
Naomi Mulder
Fred Siebrand
Jannetjie Oudshoorn
Louise Loots
Otto vd Dussen
Sue Sutherland
Rina Thom
Adriana Truter*
Charles Dusse*
Marie Wybenga
Bep Wolters
Hans van der Putte
Elsie Blum
Ton Sanders
Gerrit Schreurs
Piet Boer
Emily Marais
Ellie Broere
* Kroonjaar
IETS NUUTS
Hoe kom goud in die grond en hoe haal ons dit uit?
Stef Smits gaan ons meer hiervan vertel op
Donderdag 10 April 2025 om 10:30 in die Hollandia Zaal
Brief uit Nederland:
Tafeltje dek je,
….ezeltje strekje,
Kent u het verhaal nog van de kleermaker en zijn drie zonen waarvan er één meubelmaker werd. Na een jaar lang hard werken kreeg hij in plaats van zijn loon een houten tafeltje van zijn leermeester cadeau. Aan het tafeltje was niets bijzonders te zien en het was van gewoon hout, maar het had één goede eigenschap. Als je het neerzette en je zei: “Tafeltje, dek je!” dan was dat tafeltje ineens bedekt met een helder laken, er stonden een bord, een mes en een vork op, en schotels met gekookt en gebraden eten zoveel plaats er maar was, en zo’n groot glas rode wijn dat iemands hart er warm van werd. Nu lopen sprookjes altijd goed af en eindigen altijd met “en zij leefden nog lang en gelukkig” maar dit verhaal leeft wel heel erg lang. Eigenlijk leeft het nog steeds want in veel steden en dorpen in Nederland bestaat er nog steeds een “tafeltje dek je”. Enkele cateraars hebben zich gespecialiseerd in het koken van deze maaltijden die vervolgens één of meerdere keren per week bij de mensen thuis worden bezorgd. De maaltijd hoeft dan nog alleen maar te worden opgewarmd in de magnetron. De maaltijden zijn dus
droogvries of diepvries en je kunt een abonnement afsluiten voor één tot zeven maaltijden per week. Een uitkomst dus voor ouderen die zelf niet meer willen of kunnen koken. Maar……..ouderen zijn ook lekkerbekken en kiezen sinds kort steeds vaker voor gewoon vers. Geen kant en klare maaltijd met allerlei kleur- en smaakstoffen daarin, maar gewoon vers ! In ons dorp (en in veel andere dorpen) bestaat zo’n tafeltje dek je service waarbij vrijwilligers iedere dag rond de klok van 12 uur een verse en warme keuzemaaltijd bij de mensen thuis bezorgen. En…..altijd drie gangen, dus soep, hoofdmaaltijd en een puddinkje na.
Voor veel ouderen is die bezorger het hoogtepunt van de dag en veel ouderen geven ook aan hoe zij de maaltijd bezorgd willen hebben. Of op een tafeltje bij de achterdeur, of gewoon aanbellen bij de voordeur. Het kan allemaal, net zoals een handje helpen bij het opscheppen van de soep in het bord. Het is ook een sociale controle want iedere dag kijkt er iemand “even” om de hoek van de deur of alles nog goed gaat. En voor de kinderen die vaak ver weg wonen is het een geruststelling als zij weten dat Vader en Moeder iedere dag gezond eten !
Dit Tafeltje Dek je is inmiddels zo bekend bij iedereen dat veel Ouderen ook met vragen komen om een handje te helpen bij het vervangen van een kapotte lamp, of even een gaatje boren in de muur om een schilderijtje op te hangen, of zelfs het boodschappenbriefje meegeven aan de bezorger die dan de volgende dag de boodschappen bij zich heeft. Ik vind het een fantastisch initiatief om op die manier met elkaar, voor elkaar te zorgen. Waar de Overheid steeds verder van de mensen afstaat, zoeken de mensen elkaar gewoon op. Waar zo’n sprookje al niet toe kan leiden. Ik ben er trots op !!
Februari 2025
Aad Overvliet
Vast, wekelijks programma
Zoals per 20 April 2025; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.
MAANDprogramma:
09:00 09:00 10:00 13:30 19:00 | Busdienst; zie hierboven Oefeningen in Hollandia Zaal Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek Klaverjas Sjoelen |
09:00 14:30 18:30. | Bloeddruk kliniek tot 10:30 Bijbelstudie Bridgeclub |
09:45 14:00 | Koffieochtend; zie hierboven Koorrepetitie |
09:00 09:30 15:00 | Busdienst; zie hierboven Put-put Bijbelstudie |
09:00 09:00 | Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats Bus naar Willow Crossing. |

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.
Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Peet Delport
Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal
Vaste medewerkers: Aad Overvliet:
Afsluitdatum voor nieuwe bijdragen uiterlijk 15de van elke maand aan
Antoinetta Hoogendoorn: antoinetta6@gmail.com
De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.