DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS
Moedersdag - 11 Mei 2025
Ik ben je moeder, ik maak me altijd zorgen
over jou vandaag en over jouw morgen
ik ben je moeder, en geloof het of niet
het liefst bespaarde ik al je verdriet
maar ik weet, je moet je eigen leven leiden
als je pijn hebt sal ik in stilte mee lijden
maar ik heb in jou het grootste vertrouwen
dat je voor jezelf een mooi leven zult bouwen
Ma
Elke keer wat ek ‘n drukkie nodig gehad het was u arms daar om my liggaam toe te vou.
Elke keer wat ek ’n vriend nodig gehad het was daar ’n moederhart wat verstaan.
Elke keer wat ek ’n vermaning nodig gehad het was u oë streng genoeg om nee te sê.
Elke keer wat ek leiding nodig gehad het was dit u liefde wat my gelei het.
Dankie ma
VAN DIE BESTUURSTAFEL
Die Bestuur is druk besig met die afhandeling van die finansiële jaar, die oudit en jaarstate. Ook is dit tyd om ‘n begroting op te stel vir die jaar wat voorlê. Ons het reeds ‘n voorlopige begroting aan die Bewonerskomitee voorgelê en ons sien uit na hul deelname in die proses. Al hierdie sake kom tot ‘n hoogtepunt by die Algemene Jaarvergadering aan die einde van volgende maand. Ons sal die datum van die vergadering finaliseer wanneer ons seker is dat die ouditeure klaar sal wees met hulle werk.
Die Algemene Jaarvergadering van die Stigting is die belangrikste element van die bedryf van De Meerpaal. Dit moet aan streng vereistes voldoen, en die verloop kom baie formeel voor. Tog is dit in almal se belang dat die bewoners deel is van die gebeure en die Bestuur gaan probeer om dit so toeganklik te maak as moontlik. Ons hoop om julle almal daar te sien, ons het heelwat om te vertel en dinge waarvoor ons julle goedkeuring benodig.
Die bewoners het gehoor gegee aan die versoek van die Bestuur vorige maand om kinders of familie voor te stel as voornemende bestuurslede. Ons hoop om binnekort ‘n aankondiging te maak in die verband. Maar ons het meer mense nodig, dus hou asseblief aan om verder te soek. Hoe meer bestuurslede, hoe meer kan ons vir die bewoners doen. Voorspoed, dis regtig dringend!
Nils Tania
NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE
Ek wonder of SA nog bekend sal wees as sonnige SA? Dit het hierdie somer darem baie gereën! Ons is darem dankbaar vir die goeie reën! Sieg baie dankie dat jy die inwoners op hoogte hou van die reënval. Die hoeveelheid mm word gereeld op die aansteekbord aangedui. U kan gerus gaan kyk.
Die Bewonerskomitee se maandelikse vergdering het op 2 April plaasgevind, direk na die koffie-oggend. Al die komitee-lede was teenwoordig behalwe Anneke. Die voorsitter het haar alle sterkte toegewens en ons hoop dat sy gou weer by ons kan aansluit. Sterkte Anneke!
Die sproeiers aan die noordekant is steeds buite werking. Die sproeiers kan wel met die hand beheer word.
Ongelukkig is die tafels in die saal nog nie herstel nie. Daar word steeds gewag vir `n kwotasie.
Ek hoop die inwoners het die gerestoureerde bankies in die voortuin gesien? Dit lyk soos nuwe bankies. Baie dankie Thabo.
Peet word ook bedank vir die harde werk met die bankie voor B124 aan die noordekant. Die bankie is op die gras en “`n rusplek langs die pad”
Daar is `n klag ontvang dat ons tuinwerkers tydens hul tee- en etenstyd inwoners se motors was en in inwoners se huise werk. Dis hul persoonlike tyd maar die klag is dat die werkers daarna tee- en etenstyd neem. Dit word nie toegelaat nie.
Ek wonder of u weet hoeveel inwoners in De Meerpaal woon? Antoinette het bevestig dat daar 166 inwoners in De Meerpaal woon.
Daar was `n vriendelike versoek om die Bestuur te vra om aandag te gee aan die verpligte etes. Die inwoners het `n probleem met die aantal etes. Kan die hoeveelheid etes nie verminder word nie? Die komitee het die versoek na die Bestuur verwys. Ons hou duimvas!
Daar was `n voorstel van `n inwoner. Hoe voel die “verpligte eters” om net Sondae nagereg te kry? Miskien kan dit help met die koste. (Ja, `n verhoging is seker oppad).
Die inwoners word daaraan herinner dat die grootdruk-boeke op Woensdae in die biblioteek beskikbaar is tussen 08:30 en 09:30. Inneke sal die inwoners daar ontvang.
Soos die inwoners reeds bewus is het die boorgat ons in die steek gelaat. Gelukkig het ons heerlike reën gehad. Die bestuur doen alles in hul vermoë om die groot probleem te herstel. Hou moed ! !
Ons A J V is gehou op 16 April. Daar was `n baie goeie opkoms. 66 Inwoners was teenwoordig. Die voorsitter het sy jaarverslag gelewer, so ook het die voorsitsters van die biblioteek en O & O verslag gedoen van hul jaarlikse bedrywighede.
Die vergadering het skrywes ontvang met die volgende versoeke:
- `n Petisie is ontvang om die die 14 verpligte etes te verminder.
- Om vrugte bome op die terrein aan te plant.
- Om `n tuinkomitee aan te stel.
- Tuinwerkers wat hul plig versuim.
- Sekuriteitpersoneel se uniforms.
Vrae wat tydens die vergadering gevra is:
- Die doeltreffendheid van die sonpanele.
- Parkering in die inham voor huisie 7.
- Daar was `n versoek dat die kennisgewing “Geen parkering vir besoekers” by die inham voor huisie 7 nader na die inham verskuif moet word.
- Daar was `n versoek dat meer spoedhobbels aangebring moet word.
- Daar was `n vraag aangaande die nuwe muur aan die suidekant, aangesien die muur afbreek doen aan ons pragtige tuine. Die voorsitter verduidelik dat die ryvlak vergroot word. Randstene word aangebring en die spasie word opgevul met klippies.
Alle vrae en versoeke sal op die volgende bewonerskomitee vergadering bespreek word. Vrae wat nie opgelos kan word nie sal na die bestuur verwys word.
Die nuwe bestuur vir 2025 is as volg:
- Wim van den Berg – Voorsitter
- Rudi v d Wielen – Lid
- Peet Delport – Ondervoorsitter
- Anneke Heesakkers – Lid
- Nelke Ribberink – Sekretaresse
- Antoinette Venter – Bestuur
- Jaap Kelder – Lid
- Nicolette Coetzee – Personeel
- Jan Windt is verkies as `n nuwe lid van die Bewonerskomitee. Baie geluk!
Indien inwoners insae wil hê in die notule en jaarverslae van die A J V is lg in die kantoor beskikbaar.
Die vergadering is op `n hoë noot afgesluit met `n heerlike koppie “Boeretroos”. Baie dankie Bep en Atie!
Baie groete
Nelke Ribberink
BOEKEHOEKIE

Mans, sowel as dames, lees fantasieromans. In ons Engelse boekafdeling het ons die hele reeks (14 boeke) van The Wheels of Time, geskryf deur Robert Jordan. Hierdie reeks neem die leser na ‘n ryk fantasiewêreld gevul met towerkrag, avontuur, politieke intrige en komplekse karakters. Dit ondersoek temas soos die noodlot, en die stryd tussen goed en kwaad. Die karakters is op ‘n epiese reis waar vriendskappe getoets word, bedreigings uit die onderwêreld kom en legendariese karakters probeer om hulle lotsbestemming uit te leef. Die skrywer se styl is beskrywend, hy teken lewendige prente van plekke, karakters en stemming, soms in te veel detail wat sommige lesers bekoor en ander mag irriteer. Dit is ‘n interessante en boeiende reeks boeke in die fantasie genre.
Onthou die grootdruk boeke is beskikbaar Woensdae 8:30 tot 09:30
WITTE OLIFANT / JUMBELINAS
Baie dankie vir al die skenkings van klere en Witte Olifant artikels, hou asseblief so aan.
VOLGENDE VERKOPINGS:
- Dinsdag 29 April 17:30
- Woensdag 30 April 11:30
- Dinsdag 6 Mei 17:30
- Woensdag 7 Mei 11:30
Elly Mestrum Bungalow 132
WELKOM
Wij verwelkomen Anna-Mari vd Merwe, Carina Cillier, Nicolaas en Marietjie Potgieter, Hanli Potgieter, Friedrich en Elsie Blum.
Ons vertrou dat u vinnig tuis en gelukkig sal voel.
OVERLEDEN
Mevr ASJ van Niekerk op 6 April 2025
Mevr E Koen op 9 April 2025
Ons medeleven is met hun familie en vrienden, mogen zij in vrede rusten.
Klubhuis
Die afwerkings in die klubhuis vorder stadig maar seker. Ons het gedurende die afgelope paar weke gesien hoe daar’n nuwe sitbankie ingebou is met finansiële steun van die bewonerskomitee. Daarna was daar ’n groot groepsoptrede wat gehelp het om kombuiskaste en ’n wasbak in te bou sodat die klubhuis vir kleiner byeenkomste gebruik kan word. Nadat Antoinette en Ilona die kaste beskikbaar gestel het, het Danie en sy manne dit netjies uitgehaal uit ’n woonstel wat vernuwe is en daarna Harry het ook gehelp om die kaste en die granietblaaie na die klubhuis te verskuif. Peter, Wim en Peet het daarna gemeet en gepas om die kaste in te bou en af te werk. Dit lyk nou heel gesellig.
Nota: Dit lyk egter of nog hulp nodig sal wees vir krag- en water aansluiting.
Stijntje Delport.
Blokhoofde
Hein Henze neem waar as blokhoof vir eenhede B131 tot B138
Gedurende hierdie tyd behou Hein ook sy pligte as blokhoof van B115 tot B126.
Mini-Gholf
Dis nou winter.
Vanaf 1 Mei begin ons om 09:30 speel op Donderdae
BINGO
Geen bingo gedurende Meimaand
Die volgende byeenkoms is 4 Junie
OUDERDOMME VAN (EG)PARE
In die uitgawe van Oktober 2023 is daar ‘n uiteensetting van die gemiddelde ouderdomme geplaas met die belofte dat dit na enkele maande herhaal sou word. Ek pleit skuldig, dit is daarna nie weer gedoen nie. Ook nou het ek ongelukkig nie sulke gegewens nie.
Maar ….. iets anders oor ouderdomme. Joop het nog, met behulp van ons skoonseun, uitgewerk wat die naaste kroonjaar van Joop en my saam sou wees. Op 24 April 2025 sou ons gesamentlike ouderdom 175 jaar gewees het. Joop is gebore op 10 Desember 1934 en ekself op 20 Oktober 1940. D.w.s. op 24 April 2025 sou Joop 90 jaar, 4 maande en 14 dae oud gewees het en ekself hoop om dan 84 jaar, 6 maande en 4 dae oud te wees.
Joop sou op genoemde datum 33008 dae geleef het en ek dan 30867 dae. ‘n Totaal aantal dae van 63875.
In hierdie berekening is ook alle ekstra dae met skrikkeljare ingetel.
Klink dit nie vir julle na ‘n lekker uitdaging om ook so ‘n gesamentlike ouderdom uit te werk nie? Mens kan dit met jou huidige partner doen of met jou partner wat miskien al oorlede is.
As julle almal so iets bereken moet julle dit vroegtydig instuur sodat die redakteur van bulletin kan weet hoeveel bladsye om oop te hou (ha-ha).
Weereens met vriendelike ouderdomsgroete.
Ali van Dijk
VERJAARDAGEN IN MEI 2025
HARTELIJK GEFELICITEERD
Cees den Dunnen
Frederika Pretorius
Adri Joubert
Louise van Breda
Jeanette v Veenhuyzen
Cor Beek
Gerda Windt
Theo van der Wissel
Hiram Kendall
MANNE DINGE BY DIE LAPA
Op die eerste Donderdag van elke maand kom ‘n lot manne teen ongeveer 10:30 -11:00 by die Bennie Braai bymekaar. Die vure, wat vroeër reeds deur Hein Henze en/of Sieg aangesteek is, is dan amper braai-gereed. Die groepie geesdriftige braaiers het oor die afgelope 3 jaar aangegroei van ‘n aanvanklike 6 “Die Hards” tot gemiddeld 10 siele. Ons sal enige nuwelinge verwelkom, want hoe meer siele, hoe meer vreugde! Om deel te hê aan die gebeure moet elkeen net sorg vir sy eie stukkie vleis of wors, broodjie, eetgery en drinkgoed, asook ‘n bydrae van vyf Rand. Die geld word uitsluitlik aangewend vir die aankoop van die houtskool wat gebruik word. (geen wins word gemaak nie).
Die gees onder die manne om die vuur, met ‘n biertjie, wyntjie of sappie in die hand is baie informeel en gemoedelik. Grappies en kwinkslae word gemaak, algemene inligting word gedeel, maar geen ernstige sake (soos politiek, kerk en geldsake) word juis bespreek nie. En as iemand dan wel sy opinie lug oor iets met meer om die lyf, hoor mens dikwels die gewone reaksie..”Ja, ek hoor wat jy sê…maar ek sien dit nou weer sò”! Ai, wanneer sal mans ooit saamstem oor enige-iets? Dis maar in ons natuur om meer te praat as om te luister.
Die wens word soms uitgespreek om die maandelikse byeenkoms meer dikwels te hou, maar wyslik is besluit om dit nie te oordoen nie, maar dit eerder elke maand beter oor te doen. Hier ontspan ons manne lekker en die effens gewysigde woorde van die alombekende Nederlandse liedjie..” Hier telt je geld of wie je bent niet meer mee”, geld vir almal. Wederom tot ons volgende manne ding in Mei.
Sieg Maritz
'N GOUE OGGEND - AANBIEDING DEUR STEF SMITS
Soos ons weet, beteken O & O ONTSPANNING EN ONTWIKKELING. Wel, hierdie fantastiese oggend was vir ons verdere ontwikkeling.
Die onderwerp was te spesialisties vir die gesellige Woensdag oggende wanneer ons ontspan en wanneer ons weet dat aanbiedings 20 tot 30 minute moet duur, anders verloor ons belangstelling en hoor jy gebabbel in die Hollandia Saal.
Vir Stef se aanbieding het ongeveer 20 belangstellendes hul sitplekke ingeneem en asemloos geluister na ‘n uiters interessante verhaal oor hoe oud die aarde eintlik is, al die veranderings deur tsunamis, aardbewings en erosie, hoe goud ontstaan en uiteindelik hoe die mens dit wen en uit die grond haal.
Mens kon Stef enige vraag stel, hy teken vinnig op sy wit bord en het ‘n duidelike antwoord.
Die aanbieding was uiters professioneel voorberei en aangebied met tekeninge en fotos en Stef doen dit ook nog sonder enige aantekeninge in sy hand! Dus dit was nie net ontwikkeling nie, dit was plesier wat ons met bewondering geniet het.
BAIE DANKIE, STEF!!
Antoinetta Hoogendoorn
Brief uit Nederland:
Het is Zondag.
De zondag voor Pasen, ook wel Palmzondag genoemd. Ik zit aan tafel met voor mij een stapeltje folders van diverse supermarkten die hun stinkende best doen om mij toch vooral maar duidelijk te maken dat ik met Pasen niet zonder hun Paasbrood kan, en ook niet zonder die speciale Paaswijn en Paassalades. En natuurlijk moeten er ook paaseitjes en paashazen worden ingeslagen. Het lijkt op een oude folder van de supermarkt van de Kerstdagen en heeft
men naast de prijzen, ook de naam Kerst veranderd in Pasen. In een andere folder wordt mij geadviseerd om toch vooral een nieuwe Paasoutfit te kopen om er straks “ op z’n Paasbest” uit te kunnen zien. En bij dit alles denk ik terug aan vroeger. Naar de Paasdagen vroeger bij ons (en ik denk ook bij u) thuis. Het Paasontbijt met als extra een gekookt eitje. Heel misschien een Krentenbrood met een beetje spijs daarin, om na het ontbijt te moeten omkleden om naar de Kerk te gaan. Ja ! omkleden ná het ontbijt want stel je voor dat je met je eitje zou morsen op je nieuwe blouse. In de Kerk dus het Paasverhaal van de opstanding en als vaste prik altijd het “U zij de Glorie”. Hét vaste Paaslied met een lang voorspel van het orgel.
En dan naar huis, soms met bezoek van familie op de koffie met een paaskoekje en daarna een borreltje, en voor de vrouwen boven de 18 een glaasje advocaat met slagroom. En terwijl de familie steeds luidruchtiger werd kleurden wij als kinderen de kleurplaat die wij van de zondagschool hadden gekregen. Het ging over Pasen en ik zie die kleurplaat zo nog voor mij, een grot met daarvoor een grote ronde steen en met daarbij enkele vrouwen en een Engel. De steen was half weggerold en de Engel vertelde aan de vrouwen dat Jezus hier niet meer was. Maar dat hij was opgestaan. Het was op die kleurplaat onmiskenbaar Pasen en er werd vlijtig gekleurd met de kleurpotloden die Sinterklaas de laatste
keer had meegebracht. Caran D’ache kleurpotloden waren het want deze kleurplaat verdiende het om met de allerbeste kleurpotloden ingekleurd te worden. Het was immers Pasen.
Ik wordt ruw wakker geschud uit mijn gepeins en ik ben weer terug bij vandaag als achter mij de TV reclame verteld dat ik voor Pasen mijn inkopen moet doen bij de Jumbo. Komen ze mij nu ook al storen op TV ? Maar wat mij opvalt in de folders en in de TV reclames, niets maar dan ook helemaal niets over het Paasfeest. Niets over de opstanding, niets over het nieuwe leven wat begint, niets over dat alles. Maar wel aandacht voor al dat eten en drinken. Naar mijn mening een erg overdreven aandacht !! Ik bedenk mij dat het nu 2025 is en niet meer 1957. Ik bedenk mij dat ik in een andere wereld leef. Maar één uurtje terug naar het Pasen van toen. Nog één keer die kleurplaat en die kleurpotloden. Ik ga er voor zitten en sluit mijn ogen. Ik ben weer even terug in 1957.
Landhorst April 2025. (Van Aad Overvliet)
Vast, wekelijks programma
Zoals per 20 April 2025; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.
MAANDprogramma:
09:00 09:00 10:00 13:30 19:00 | Busdienst; zie hierboven Oefeningen in Hollandia Zaal Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek Klaverjas Sjoelen |
09:00 14:30 18:30. | Bloeddruk kliniek tot 10:30 Bijbelstudie Bridgeclub |
09:45 14:00 | Koffieochtend; zie hierboven Koorrepetitie |
09:00 09:30 15:00 | Busdienst; zie hierboven Put-put Bijbelstudie |
09:00 09:00 | Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats Bus naar Willow Crossing. |

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.
Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Peet Delport
Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal
Vaste medewerkers: Aad Overvliet:
Afsluitdatum voor nieuwe bijdragen uiterlijk 15de van elke maand aan
Antoinetta Hoogendoorn: antoinetta6@gmail.com
De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.