Kontak ons gerus! Tel: 012 807 5217/8

Waardigheid Onafhanklikheid

Junie 2025 – Bewoners Bulletin

DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS

Vadersdag - 15 Junie 2025

Ode aan vader

hij is je beschermer
je ridder en held
hij leer je te vechten
voor alles wat telt

de arm om je schouder
vanaf het begin
hij geeft je de ruimte
zelfs tegen zijn sin

degeen die voor alles
een oplossing vindt
hij is soveel meer dan
een man met een kind

Dogtertjie en haar pa wat ‘n brug oorsteek.

Vader het gesê: Hou asseblief my hand vas

Meisie: Nee pa.. Jy hou my hand vas.

Vader: Wat is die verskil?

Meisie: As ek jou hand vashou en iets met my gebeur.
Die kans is groot dat ek jou hand sal laat gaan,

Maar as jy my hand vashou,

Ek weet verseker,

Jy sal nooit my hand laat gaan nie..

VAN DIE BESTUURSTAFEL

Die algemene jaarvergadering van De Meerpaal vind plaas op 28 Mei 2025 om 14:00 in die Hollandia Zaal van De Meerpaal.

Die tersaaklike dokumente is beskikbaar by Ilona in die kantoor.

BOEKEHOEKIE

Die Pienk Baaisiekel (Vanmelewe se Liegendes & Ellendes)
van Nico Moolman

Grapjas Fanus Rautenbach se bekende penniefluitjiekwela en sy fyn fluweelstem kon elke somber dag in ‘n uitbundige sonskyndag verander.

Dis die nimlike Fanus wat ons aanraai om Die Pienk Baaisiekel van Nico Moolman, propvol humoristiese (soms stuitige) kortverhale, te lees, om self te ervaar dat “lag nie brieke het nie.”

Hierdie bundel kortverhale en sketse is gelukkig hier in ons eie biblioteek.

Lees en geniet  om jou batterye te herlaai. Ons sit dit spesiaal op die klein boekrakkie op die tafel.  As jy dit klaar gelees het, sit dit weer daar neer vir die volgende leser om te geniet.

WITTE OLIFANT / JUMBELINAS

Enige klere, skoene, linnegoed en huishoudelike items is welkom en kan by die Witte Olifant ( op die datums waneer dit oop is) of by Elly afgelewer word. 

VOLGENDE VERKOPINGS:

  • Dinsdag 27 Mei 17:30
  • Woensdag 28 Mei 11:30
  • Dinsdag 3 Junie 17:30
  • Woensdag 4 Junie 11:30

Elly Mestrum, Bungalow 132

BLOKHOOFDE

Graham Harding (B131) is die nuwe blokhoof vir bungalows 131 tot 138.

Dankie aan Hein Henze wat intussen waargeneem het

WELKOM

Mevr Isabella Bloemhof, Mnr Adriaan Offerman, en Nico en Almarie van Zyl. Ons vertrou dat u vinnig tuis en gelukkig sal voel.

OVERLEDEN

Mevr ASJ van Niekerk op 6 April 2025

Mevr E Koen op 9 April 2025

Ons medeleven is met hun familie en vrienden,  mogen zij in vrede rusten.

NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE

Op 7 Mei het die Bewonerskomitee vergader. Dit was ‘n lang maar positiewe vergadering.

Daar was `n versoek van mede motoriste dat die inwoners met hul BMW`s (Bejaarde met wiele) asseblief by die padreëls moet hou en links hou, sodat motors verby u kan ry.

Graham Harding is die nuwe blokhoof vir bungalows 131 – 138. Baie geluk Graham!

Gelukkig is ons nuwe boorgat gesink. Op `n diepte van 75 m is daar 5 700 L water per uur gepomp.

Ons tuine sal so dankbaar wees! Gelukkig het die reën intussen tot ons redding gekom.

Daar word dringend `n naam vir ons klubhuis gesoek.  Al die kreatiewe inwoners kan nou dink aan `n oorspronklike naam. Die voorstelle moet op die laaste teen 15 Junie 2025 in Peet se posbus, no 125, geplaas word.

Al die inwoners het so nou en dan `n probleem met miere in ons huise.  Kom ons probeer maar self `n oplossing soek.  Ek verneem dat baba poeier glo help!

Ons nuwe grensmuur begin darem al beter lyk.  Kobus baie dankie vir die ligte !!!. Dis is al reeds `n verbetering.  Ons moet maar geduldig wees. (Dalk kry ons `n verrassing)

Vir die persone wat graag gebruik maak van Bennie Braai het ek slegte nuus.  Geen voertuie mag in die toekoms in die kombuis – area parkeer nie.  Kobus het reeds `n plan gemaak!

Daar is voor B109 `n spoedhobbel aangebring.  Dis nou jammer vir al die “Max Verstappens” en die verbruikers met hul BMW`s (Bejaarde met wiele) ! !  Die spoedgrens op die terrein is mos 20 km per uur.

Daar is navraag gedoen om vrugtebome op die terrein te plant.  Die Bestuur het besluit dat geen vrugtebome op die gemeenskaplike tuin geplant mag word nie, maar wel in die inwoners se eie tuin.  Dis dan die inwoner se eie verantwoordelikheid om na die boom om te sien, te snoei en te bespuit, as dit nodig is.  (Dit klink soos werk!!!)

Die sekuriteit by die hek gaan eersdaags spoggerig lyk met hul nuwe uniforms. Antoinette is besig om met Thompson te onderhandel.  Besoekers by die hek is nie meer verplig om hul ID nommer in die besoekersboek te meld nie.

In De Meerpaal is ons baie trots op ons pragtige boomryke tuine. Daar is hier en daar `n inwoner wat nie gelukkig is met `n tuinwerker of `n sproeier wat nie werk nie. Daar word altyd aandag aan die probleme gegee. Kom ons wees geduldig en ons geniet ons pragtige tuine. Dankie aan al die inwoners wat help om ons tuine so mooi te hou.

Die komitee het die aanbeveling van inwoners om `n tuinkomitee bestaande uit inwoners saam te stel, nie goedgekeur nie.

Die bewonerskomitee gaan weer die werkers bedank vir hul hardewerk en hulpvaardigheid, tydens ‘koffie-oggend.  Ons gaan hul in groepies uitnooi.

VRAE WAT TYDENS DIE BEWONERS-AJV GEVRA IS:

  1. Parkering in die inham voor huis no 7.
    Daar is gevra dat die kennisgewing “Geen parkering vir besoekers” verskuif word.
    Antoinette gee aandag daaraan.
  1. Die aanbring van spoedhobbels.
    Een hobbel is reeds aangebring.  Die komitee het teen verdere aanbring van spoed-hobbels gestem.
  1. Die muur wat so `n seeroog is vir ons pragtige tuine.
    Die muur gaan nie geverf word nie. Ons moet geduldig wees. Alles word stap vir stap gedoen.
  1. Die doeltreffendheid van die sonpanele.
    Die vraag is verwys na die Bestuur.
  1. ’n Petisie met betrekking tot die 14 verpligte etes is ontvang
    Die petisie is verwys na die Bestuur

Baie groete

Nelke Ribberink

OPVOERING DEUR DE MEERPAAL KOOR op 23 April 2025

Ons groet ons koorleidster

Omdat almal altyd uitsien na hierdie vertonings, was die Hollandia Zaal ook hierdie keer vol. Ons kon geniet van Nederlandse, Afrikaanse en selfs Duitse liedjies. Nissi gee soos gewoonlik ‘n kort inleiding, vergesel van ‘n kwinkslag of twee.

Jammer genoeg gaan Nissi die koor nie meer lei in die toekoms nie, maar ons kan almal verstaan dat sy nou meer tyd vir haarself wil gun en met haar familie wil geniet.

Ons is dankbaar vir die jare wat sy wel haar tyd aan De Meerpaal gegee het en wens haar die allerbeste toe vir die toekoms. .

Antoinetta Hoogendoorn

Die koor se werksaamhede word voortgesit onder leiding van Marina Ments (Red)

BINGO

4 Junie 2025, 19:00, Hollandia zaal

HET WEDUWE-THUIS-ZITTEN-HOFJE

Meeste mense weet wel van die “hofjes” wat vanaf omtrent 1500 die eerste sosiale behuisings was in  Nederland en Duitsland. Wie ken nie die Begijnhofje in Amsterdam nie? Elke toeris was al daar en daar word veronderstel dat “begyne” nonne was. Dit sou snaaks wees, want meeste van die hofjes is gestig en onderhou deur die Protestantse Kerk.

Volgens my herkoms-woordeboek is dit waarskynlik afgelei van beige, die kleur van  ongeverfde wol wat deur aanhangers van armoede bewegings gedra is. Van hier word die verhaal persoonlik.

In die vroeë 1970’s was ek met my 2 tiener dogters in my geboortestad Amsterdam om hulle ‘n bietjie agtergrond te gee van Europese geskiedenis en kultuur. (O.K., ek is ‘n onnie) Natuurlik het ons as eerste op ons”hofjes dag” die beroemde Begijnhof besoek. Soos in al die Middeleeuse hofjes is daar ‘n goot vierkant binnehof, soms met blomperke  maar ALTYD met ‘n water pomp want destyds was daar natuulik nie stromende en/of warm water in die huis nie.

Ek was bevoorreg (geinteresseerd genoeg om te vra) om een van die huisies te kon besoek. Besonder skoon, piepklein maar met ‘n kombuisie en daarlangs ‘n kas met emmer, want daar was natuurlik nie spoel toilette nie.

Deesdae word die huisies gemoderniseer en verhuur aan studente, moontlik nog steeds onder toesig van die Kerk.

Op ons swerftog langs die Hofjes lees ek bo een ingangspoort die naam “Weduwe-Thuis-Zitten-Hofje” en daaraan moet ek steeds dink nou ek deur omstandighede aan my huis gebonde is.

Erg? Nee hoor, ek vermaak my binnenshuis en as ek wil uitgaan is daar ons  bus met die onvolprese Eve of dikwels bevriende Meerpalers wat my “Ubers” is.

Waarom voel ek tog so gelukkig? Dit val my skielik by dat dit is soos toe ek 25 was, ook aan huis gebonde omdat ek 2 kleuters van 2 en 4 om  my voete gehad het. Skarrel in die huis of tuin (hulle het op versoek aangewys waar hulle slakke of miere sien en ook die buurkinders verwilder wat van  my aarbeie wou pluk as hulle nog groen is:”My Mammie het gesê sy sal vir julle gee as hulle rooi en soet is”, En nou? Lekker tydsaam skarrel ek rond met legkaarte, domino, scrabble, breiwerk, musiek, en asof dit nie genoeg is nie kan ek op die stoep sit en lees.Computer, artikels en briewe skryf, daar is genoeg om te doen. Ek is ook nog ‘n fanatieke tuinier, ‘n stokperdjie wat ek nou nie kan  beoefen nie. Daarom kom tuinman Mpho elke Vrydag in sy etenstyd (natuurlik betaald, niemand hoef vir niet te werk nie!) en hy doen wat ek nie kan nie, terwyl ek op my rollator se stoeltjie sit en  kyk en advies gee, versoeke doen, ens. My wêreld is rond en die Engele woon in die Hemel.

Ek vermoed dis nie die probleem wat tel nie, maar ons instelling as dinge nie 100% is nie.

Antoinetta Maria

Klubhuis

Bennie Braai het reeds ’n mooi naam. Die nuwe klubhuis moet ook mos ’n naam kry!!
Maak asseblief skriftelike voorstelle en plaas dit in Peet se posbus (B125) of gee ’n geskrewe voorstel persoonlik aan hom voor of teen 15 Junie 2025.
Ons sal die drie bestes kies en dan stem ons almal daaroor

Bewonerskomitee

VERJAARDAGEN IN JUNI 2025

HARTELIJK GEFELICITEERD

Stijntje Delport*
Alex Groothuijzen
Carina Cilliers
Tina Westermann
Millie Slabbert*
Afke Hepkema
Annatjie Maritz
Elizabeth Blokker
Almarie van Zyl*
Rentia Venter
Graham Harding
Jan Windt*
Hanli Potgieter
Riaan Coetzee
Elizabeth Kok
Ria Brits
Peet Delport

*Kroonjaar

Brief uit Nederland:

15 juni a.s. vieren wij het weer en is het feest voor alle Vaders. Die dag is het namelijk Vaderdag. Een échte Mannen dag !!

Ik denk nog terug aan vroeger toen de kinderen klein waren en ik op Vaderdag een asbakje kreeg . Door zoonlief zelf op school van klei gekneed en zelf geverfd en hij lette goed op dat ik de as van mijn sigaret ook in dát asbakje deed. Ja,……toen rookten wij nog en kregen wij nog asbakjes. Later werd het after shave en wijn of lekkere jonge jenever en nog later werden het etentjes en werd het meteen een familie reünie.

Als ik zo met andere Vaders (meestal Opa’s) op ons leugenbankje zit te mijmeren over vroeger dan merken wij dat we vroeger te weinig tijd hadden voor onze kinderen. Te druk !! Er moest gewerkt worden en een gezin onderhouden. De kinderen groeiden op en van Moeder hoorden wij de verhalen. En nu,……nu zijn de kinderen zelf groot en volwassen en kunnen wij ons vermaken met onze kleinkinderen. Alle tijd om met die kids rond te dollen en te spelen. We genieten van die smoeltjes en gaan vissen en vertellen thuis dat die hele grote vis niet mee naar huis kon worden genomen. Veel te groot, en dus teruggezet in het water. Samen naar het voetbal en op weg naar huis schelden op die keeper die steeds de verkeerde hoek in dook. Of samen met kleindochterlief naar een Prinsessenfilm of samen een middagje kamperen en in plaats van je eigen potje koken gewoon naar de Chinees. (Thuis niks zeggen hoor !!) De eerste brommer van je kleinzoon waar jij ook een rondje op mag  rijden. En je verteld hem hoe je vroeger je eigen brommer kon opvoeren.

Doorgegroeid van Vader naar Opa, maar anders dan voorheen. Nu ben ik naast Vader ook Opa en nu is deze Opa een heel moderne Vader geworden. Alles mag van Opa en de kleinkinderen vinden het prachtig. Ik leer ze versjes en vertel ze spannende verhalen, wat vroeger niet mocht. Ik neem ze mee naar het bos en leer hoe ze een speer kunnen maken van een dode tak. Ze gaan met Opa en met Oma naar de Efteling en mogen in de achtbaan. Alleen,…….Opa krijgen ze daar niet in !! Ze krijgen een ijsje met niet één maar met twee bolletjes. En misschien wel het belangrijkste,……bij Opa en Oma mogen ze zelf zeggen wat ze willen eten. De uitkomst daarvan ? Pannenkoeken of friet met een bal gehakt van Oma. Want daarin loopt Opa nog een beetje achter. Zijn kookkunst beperkt zich tot het koken van water.

En zo groeit Vaderdag stapje voor stapje door naar “Vader- en Opa-dag”  en kan Opa weer een beetje Vader zijn met meer tijd dan vroeger. De eigen kinderen zijn groot en volwassen, en krijgen geen asbakje van klei meer. Opa krijgt nog wel zijn borreltje, en geniet van het roepen om Opa. Dat heeftie ‘m toch maar mooi  geflikt . Gepromoveerd van Vader naar Opa.

 

Aad Overvliet Nederland mei 2025

Vast, wekelijks programma

Zoals per 20 April 2025; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.

MAANDprogramma:

Maandagen

09:00

09:00

10:00

13:30

19:00

Busdienst; zie hierboven

Oefeningen in Hollandia Zaal

Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek

Klaverjas

Sjoelen

Dinsdagen

09:00

14:30

18:30.

Bloeddruk kliniek tot 10:30

Bijbelstudie

Bridgeclub

Woensdagen

09:45

14:00

Koffieochtend; zie hierboven

Koorrepetitie

Donderdagen

09:00

09:30

15:00

Busdienst; zie hierboven

Put-put 

Bijbelstudie

Vrijdagen

09:00

09:00

Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats

Bus naar Willow Crossing.

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.

Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Peet Delport

Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal

Vaste medewerkers: Aad Overvliet:

Afsluitdatum voor nieuwe bijdragen uiterlijk 15de van elke maand aan 
Antoinetta Hoogendoorn: antoinetta6@gmail.com

De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.