DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS
VAN DIE BESTUURSTAFEL
Geagte inwoners van De Meerpaal,
Dit is met ‘n hart vol dankbaarheid en opgewondenheid dat ons, die Bestuurskomitee, vandag met u kan gesels oor die jongste ontwikkelinge en nuuswaardige gebeure hier by ons geliefde Meerpaal. Ons wil graag almal op hoogte bring van die vordering wat gemaak is en wat nog vir ons voorlê.
Eerstens is ons baie opgewonde oor die verfraaiing van die keermuur aan die agterkant van ons eiendom. Soos u dalk opgemerk het, vorder die werk goed. Ons was veral bekommerd oor die betonbasis wat dit moeilik gemaak het om bosse naby die muur te plant, en ons verstaan dat dit ‘n doring in die oog was vir baie. Wees verseker, ons sal voortgaan met verdere werk om daardie muur minder van ‘n oogseer te maak en sodoende die omgewing mooier vir ons almal te maak.
‘n Ander saak wat ons met groot blydskap kan aankondig, is dat die werk aan die broodnodige stormwaterdrein byna voltooi is. Na jare se vertragings terwyl ons gewag het op munisipale goedkeurings, is dit ‘n reuse verligting om te sien hoe hierdie projek uiteindelik vrugte afwerp. Dit sal help om baie van die waterprobleme wat ons in die verlede gehad het, te verlig.
Die afgelope tyd was daar ook ‘n besonderse mylpaal wat ons met trots kan deel: Na die ineenstorting van ons ou boorgat, is die nuwe boorgatinstallasie nou ten volle operasioneel en voorsien dit al die water aan De Meerpaal! Dit was ‘n ware seën en is net betyds voltooi voordat ‘n ernstige watertekort die omliggende gebied getref het. Ons is innig dankbaar dat ons inwoners nie daardeur geraak is nie, danksy hierdie suksesvolle projek.
Ten slotte, na ‘n besige finansiële jaareinde, het sommige lede van die bestuurskomitee die geleentheid geneem om ‘n welverdiende ruskans te neem. Met hul terugkeer sal ons volle fokus wees op die oplossing van die omstrede begrotingsvoorstelle vir 2025/2026 wat nie tydens die algemene jaarvergadering aanvaar is nie. Ons is daartoe verbind om ‘n oplossing te vind wat in die beste belang van al ons inwoners is.
Ons waardeer u geduld en begrip terwyl ons voortgaan om De Meerpaal ‘n nog beter plek te maak om te woon.
Vriendelike groete,
Die Voorsitter
Namens die Bestuurskomitee De Meerpaal
WELKOM
Wij verwelkomen Mnr Daniel Viljoen en Mnr Alfred Strydom.
Ons vertrou dat u vinnig tuis en gelukkig sal voel.
OVERLEDEN
Mevr Nel Wegman en Mevr Betty Loedolff.
Ons medeleven is met hun familie en vrienden.
NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE
“O, koud is die windjie en skraal” het die digter en skrywer Eugene Marais geskryf. Ja, die winter het met mening toegeslaan en ons is nou in die greep van die winter. Sterkte almal ! !
Op 28 Mei het ons die Bestuur se AJV bygewoon. Soos u almal bewus is, is die begroting nie tydens die vergadering goedgekeur nie. Die Bestuur en die Bewonderskomitee sal `n dringende vergadering hou om tot `n vergelyk te kom. Ons wag in spanning en hou duimvas.
Die voorsitter van die Bewonerskomitee het `n skrywe gerig aan die Bestuur om hulle te bedank vir die boorgatwater tydens die vierdaagse waterkrisis. Ons was darem baie gelukkig! Aangesien die boorgat op ons terrein is en die water net vir inwoners gebruik word is geen permit vir waterverskaffing nodig nie.
Die sproeiers is nou gestel vir die wintertyd. Baie dankie.
Die Bewonerskomitee het al die werkers in verskillende groepe na die koffie-oggend genooi waar ons hulle bedank het vir al hul harde werk, hulpvaardigheid, en vriendelikheid en om te help om De Meerpaal so `n aangename verblyf vir al die inwoners te maak.
Soos die inwoners reeds bewus is, is die spoedhobbel aangebring. Sommige inwoners benader die spoedhobbel met spoed en land dan amper op Oliver Thambo – lughawe.
Ongelukkig gaan daar vanjaar geen Dutch Festival plaasvind nie. Dit is baie jammer, maar gaan daar wel probeer om `n minimark te hou. Dus, maak u self maar gereed want ons sal almal moet help.
Die nuwe tafelblaaie in die saal lyk pragtig. Baie dankie Antoinette. Geen blou kolle meer nie want die hoeke is rond.
Ons sekuriteitpersoneel lyk sommer ewe deftig met hulle nuwe baadjies.
Na aanleidig van verskeie klagtes oor die elektrisiteit het die Bestuur besluit om `n “bulkmeter” te laat installeer.
Dit beteken dat al De Meerpaal se kragverbruik gaan deur een sentrale kragmeter en De Meerpaal betaal dan een rekening. By elke eenheid gaan daar `n meter geinstalleer word waar u verbruik gemeet gaan word. Die inwoners ontvang `n rekening van De Meerpaal wat ons dan by die kantoor betaal. Antoinette gaan navraag doen i v m die hantering van die huidige voorafbetaalde meters. Die Bestuur sal alles stap vir stap hanteer. Ons gaan dus rustig wees en die projek is in goeie hande.
Baie groete
Nelke Ribberink.
WITTE OLIFANT / JUMBELINAS
VOLGENDE VERKOPING
- Dinsdag 1 Julie 17:30
- Woensdag 2 Julie 11:30
- Dinsdag 29 Julie 17:30
- Woensdag 30 Julie 11:30
- Dinsdag 5 Augustus 17:30
- Woensdag 6 Augustus 11:30
Einde Julie hou ons WINTER UITVERKOPING
Alles halfprys !!
Lewer asb artikels af by: Elly Mestrum Bungalow 132
of Ineke Funk Woonstel 208 (oorkant Witte Olifant)
BOEKEHOEKIE
DIE OSSEWA EN SY SPORE
Erik Holm
OM NEER TE SLAAN SOOS ‘N OS!
Het dit al met jou gebeur? Maar hoekom juis ‘n os?
Wat van dwarstrek, gat omgooi, en losbandig wees?
Kom verdrink jou dan in die heerlik vertelde naslaanwerk, Die Ossewa en sy Spore, uit die pen van prof Erik Holm, entomoloog, en man van vele ambagte.
Vind dit uitgestal in die Meerpaal Biblioteek.
Net soos verskeie ander belangrike uitvindsels is die ossewa ’n unieke Suid-Afrikaanse uitvindsel. ‘n Vervoermiddel wat deur ’n span van 12 tot 20 osse getrek word en tot 10 ton vrag kon dra.
Lees ook oor die kakebeenwa en ontdekkingsreise, jag ekspedisies sedert die dae van Jan van Riebeeck, die Groot Trek, die Dorslandtrek, en meer; en oor die bokwa wat vanaf 1860 in ontwikkeling van infrasturktuur ‘n belangrike rol gespeel het.
Die waspore neem die leser verder deur die kultuurgeskiedenis van hierdie land met meer as 100 sêgoed en spreekwoorde kom direk van die ossewabedryf af. Ook
liedere en liedjies, poësie, verhale. Plekname soos Waenhuiskrans, Ossewakop, die Wamakersvallei en die Riemland het iets met die ossewa in gemeen. Wat sou met die arme vrouens by Spektakelpas gebeur het!
Kom saam met die wa op reis deur hierdie wonderboek.
BINGO
23 Julie 2025, 19:00, Hollandia zaal
PERSONEEL
Tydens die koffie-oggend op 4 Junie het die Gerda de Wagenaar die kombuis- en huishoudingwerkers na die saal genooi en hulle namens die inwoners bedank vir hulle vriendelike diens aan De Meerpaal en sy inwoners en hulle bereidwilligheid om te help waar dit nodig is.
Die groepie van 17 het gesamentlik ongeveer 130 jaar diens met Martha se 31 jaar wat die langste dienstydperk in die groep is. Die groep ons daarna verras met pragtige sang.
Op 18 Junie is die tuinwerkers en instandhoudingspersoneel op ’n soortgelyke wyse bedank met ’n spesiale verwysing na Richard wat al 27 jaar diens het. Gerda het ook vir Saxon bedank wat na ’n motorongeluk met vroeë pensioen afgetree het.
Beide groepe het ’n snoepery ontvang van Nelke en Wim.
UIT ANNEKE SE PEN
Het jaar 2025 is alweer hier,
Met droewigheid en plezier.
Niet te weten, wat voor ons verwachten staat,
Voor mij was het een heel andere daad.
Kanker, een woord, waar je niet aan wil denken.
Het is de waarheid, het word je geschenken.
Een besluit om de Whipple operatie mee te maken,
Een 7 uur procedure, niet om te smaken.
Daarna 10 dagen in de ICU zaal,
Alles heel vreemd, een heel andere taal.
De kinderen kwamen over van vêr,
Om hun moeder by te staan zover.
Hun steun en aandacht, haalde mij er door heen,
En hielp me gauw weer op de been.
Het einde was nog niet in zicht
Volgende stap, een heel gezwicht.
Een onderhoud met die oncoloog kwam aan de beurt,
Al de kinderen waren teenwoordig, niet betreurt.
Weer een besluit,wat gaan we maken?
Chemo, bestraling, het is niet om te smaden.
Nog een gesprek met de bestraling specialist,
Mijn besluit was toen al beslist.
Zes weken, elke dag naar Groenkloof,
Het personeel was fantasties, ik beloof.
Nu zijn de 6 weken voorbij,
Een certifikaat op het einde, maakte mij blij.
Ik bedank al De Meerpaal inwoners voor de wensen,
Gebeden, boodschappen, allemaal prachtige mensen.
Ik hoop gauw weer de oude te zijn,
En deel aan de goede welzijn
Met liefde
Anneke Heesakkers
KREATIEWE KUIEROGGEND
Een van die wêreld se grootste kreatiewe denkers, Albert Einstein, het gesê dat verbeelding belangriker as kennis is.
Kennis is beperk; verbeelding omsoom die wêreld. Hierdeur het hy gesê die mens se verstand het geen perke nie.
Om betrokke te wees by kreatiewe aktiwiteite, het veral op jou emosionele gesondheid ’n positiewe invloed.
Behalwe dat ons maatskaplike werker Dinsdag- en Donderdagoggende De Meerpaal besoek en emosionele ondersteuning aan inwoners bied, bied sy ook die kreatiewe kuieroggend aan.
De Meerpaal se kreatiewe kuieroggend
vind maandeliks in die Hollandia Zaal plaas op die laaste Donderdagoggend van elke maand en almal wat lus is om iets ander te doen as om net met pensioen te wees, is enige tyd welkom om aan te sluit.
Ons begin om 10:30 deur ’n koppie tee of koffie saam te geniet. Die oggend se saamgesels skep ’n gemoedelike atmosfeer tydens die aktiwiteite wat kan bestaan uit enigiets van knip-en-plak, tot kaartjies maak en die maak van Kersversierings
’n Vrywillige bydrae van R15,00 per keer help met die aankoop van kunsbenodigdhede.
Kreatiewe groete
Nanet van Deventer (Maatskaplike werker)
VERJAARDAGEN IN JULI 2025
HARTELIJK GEFELICITEERD
Yvonne Gauché
Jan de Wagenaar
Anke Schutte
Magdalena v Niekerk
Manie Visser*
Carien Carstens
*Kroonjaar
WATER
Ek het op ’n kleinhoewe, of plot soos alom bekend was, grootgeword. Die grond het aan ’n spruit gegrens waar ons as kinders heerlik op die klippe in die spruit rondgespring en met ons voete in die water gesit het. Die water is met ’n elektriese pomp na ’n groot sementdam op die hoogste punt van die plot gepomp. My Pa het sommerso, daar waar die water in die dam ingespuit het, ’n sakkie met blou vitrioel gehang om dit te ontsmet. Nie een van ons het ooit van die water siek geword nie. Ons was populêr by die ander kinders in ons omgewing want ons kon in die dam swem. Die dae dat iedere erf ’n bloublink swembad met Creepy Crawly gehad het, was nog onbekend. Ons het saam met die paddas en paddavissies geswem of op die motorbinneband rondgedobber. Een keer na hewige reën het die onderste tuin wat naaste aan die spruit was, heeltemal oorstroom. Blitsvinnig het my Pa ’n sinkplaat in twee gevou, die twee ente met hout aanmekaar getimmer en ons het ’n kano gehad om op die water mee te speel.
Een van my tantes het op ’n groot dorpserf in Potchefstroom gewoon. Dit was ’n ou huis en aan die rand van die stoep het ’n leivoor geloop, helder skoon water. Agter in die erf het ons op die vullishoop klein stukkies gebreekte porselein van koppies, pierings en diesmeer bymekaar gemaak. Diè is dan in die leivoor skoon gewas en het ons ure daarmee gespeel. Ook uit die leivoor het ons klippies opgetel – bruin, geel, rooi en wit. Die groot leiklipstoep was ons tekenbord. Ons het geteken, uitgevee met water uit die leivoor en weer geteken. Niemand het ooit gesê “kinders moenie met die water mors nie!”. Sorgelose dae toe die beskikbaarheid van water vir ons vanselfsprekend was.
Met elektrisiteit kan ons dalk nog ‘n plan maak, maar water ……………..
Imogene Groothuijzen
VADERSDAG - KOFFIE-OGGEND
Sanguitvoering deur die Andante Ensemble. Ons bedank Marina Mentz dat sy en haar groep die vadersdag byeenkoms op so ’n hoë noot kon afsluit. Aan die applous gemeet was dit duidelik dat almal dit baie geniet het. Die vaders het daarna elk ’n sjokolade met ’n lintstrikkie ontvang.
OM NAME TE ONTHOU
Gebruik die persoon wat jy pas ontmoet het se naam dikwels in die gesprek. Dit help om haar naam in jou geheue vas te lê. ’n Oupa het dit eenmaal gedoen met ’n dame wie se naam Liefie was. Daardie oupa verduidelik nou nog aan ouma !
Brief uit Nederland:
Op het moment dat ik dit schrijf stuurt Iran haar raketten op Israël af en omgekeerd dus ook en zien we afschuwelijke beelden op TV van ingeslagen raketten en vernielde gebouwen. De oorlog in Oekraïne gaat ook nog steeds door evenals de strijd in Gaza. De wereld staat in brand en dan heb ik het nog niet over al die andere brandhaarden die de krant en de TV niet halen. En terwijl ik mijn stoel even achteruit schuif en om mij heen kijk zie ik een vredige tuin in een vredig dorp dat op 20 juni a.s. zijn 80 jarig bestaan viert.
80 jaar geleden, dus na afloop van de afschuwelijke 2e wereldoorlog werd het dorpje Landhorst opgericht. Een dorpje in de Peel (Oost Brabant) en gelegen in een streek die bekend stond om zijn turf. Kleine dorpjes als Griendtsveen en Helenaveen bestonden al en ook vandaag nog leest men graag de boeken van Toon Kortooms die zo fantastisch kan vertellen over het reilen en zeilen toentertijd in de Peel. Wie kent het boek “Mijn kinderen eten turf” niet, en “Help…de Dokter verzuipt”. Toon Kortooms die zo mooi de tijd van toen van hier in de Peel weet weer te geven. Landhorst komen we in die boeken niet tegen want dat dorp, “Ons Dorp” was net van start gegaan. Op de schrale peelgrond werd met man en macht en met kunstmest gewerkt om er iets moois en iets bruikbaars van te maken. Boerderijen werden gebouwd en er kwam zowaar een kerk en een schooltje, Het begin van een dorp dus ! Er kwam een kruidenier en er werden ook gewone woonhuizen gebouwd. En de mensen in het dorp kwamen allemaal vanuit de directe omgeving op een enkeling na die vanuit West Brabant of vanuit de Noord Oostpolder verhuisden naar Landhorst. Het dorp groeide en het werd aangesloten op het aardgasnetwerk. De mensen kregen TV en konden nu iedere dag zien wat er buiten hun dorp allemaal gebeurde. Er kwamen verenigingen voor sport en spel, Er kwam een muziekvereniging en een drumband en er kwam een café. Landhorst bestond en was niet meer weg te denken. “Landhorst” …….heel Nederland werd van het bestaan op de hoogte gebracht door Transportbedrijf Albers uit Landhorst. Het stond en staat in grote letters op de vrachtwagen zodat ze ook in Groningen en in Zeeland weten dat er een dorpje is dat Landhorst heet.
80 jaar bestaat ons dorp dus en er is in die 80 jaar veel gekomen maar ook weer veel gegaan. De kruidenier is weg, de kerk is weg maar het café is er nog. De school is ook weg en voor boodschappen en de school gaan we gewoon naar het dichtst bij zijnde dorp op zo’n 5 a 6 kilometer afstand. Op de plek van de school zijn onlangs woningen gebouwd, zogenaamde levensloop bestendige woningen waar je in kunt blijven wonen, ook als je ouder wordt. Nieuwe mensen in het dorp dus die het jonge dorp Landhorst hebben gevonden en die de komende 80 jaar mee helpen om dit plekje het mooiste plekje te laten zijn en blijven.
Aad Overvliet juni 2025 Landhorst

Vast, wekelijks programma
Zoals per 20 April 2025; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.
MAANDprogramma:
09:00 09:00 10:00 13:30 19:00 | Busdienst; zie hierboven Oefeningen in Hollandia Zaal Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek Klaverjas Sjoelen |
09:00 14:30 18:30. | Bloeddruk kliniek tot 10:30 Bijbelstudie Bridgeclub |
09:45 14:00 | Koffieochtend; zie hierboven Koorrepetitie |
09:00 09:30 15:00 | Busdienst; zie hierboven Put-put Bijbelstudie |
09:00 09:00 | Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats Bus naar Willow Crossing. |

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.
Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Peet Delport
Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal
Vaste medewerkers: Aad Overvliet:
Afsluitdatum voor nieuwe bijdragen uiterlijk 15de van elke maand aan
Antoinetta Hoogendoorn: antoinetta6@gmail.com
De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.