Kontak ons gerus! Tel: 012 807 5217/8

Waardigheid Onafhanklikheid

November 2021 – Bewoners Bulletin

DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS

NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE​

Nuus uit ons vergadering van Oktober die mooiste, mooiste maand, veral om te sien hoe die natuur ontwaak na die Winter.

Al die inwoners het `n opgedateerde adreslys en `n wegwyser ontvang. Baie dankie aan die kantoor.

As u `n draai by ons voëlhok gemaak het sou u gesien het dat `n foto en `n beskrywing van die voëltjies aangebring is. Nou kan ons sommer die voëltjies se name leer ken.

Die blokhoofde het `n opgegradeerde terreinplan ontvang. Daar sal ook een op die aansteekbord (prikbord) aangebring word.

Die elektriese sekuriteitsheining om De Meerpaal word bedags afgeskakel aangesien ons bure aan die westekant besig is om `n stewige muur (baie mooi) te bou op die grens van De Meerpaal. Ons wil tog nie hê die bouers moet probleme optel nie ! ! !

Die personeel van die sorgsentrum gaan eersdaags `n opknappingskursus ontvang.

As `n inwoner belangstel om “Wifi” te laat installeer moet die inwoner ongelukkig self die kostes dra. Daar is `n kabel na elke eenheid aangelê.

Ons noodknoppies word elke paar maande gekontroleer om seker te maak die battery moet nie vervang word nie. Ingeval daar `n probleem is, en die knoppie word gedruk, sal die personeellid aan diens u skakel. As daar geen antwoord is nie sal u besoek ontvang van die versorging. Ek is seker u was nie bewus van die volgende nie:  Die kettinkie van die noodknoppie mag nie met iets “spesiaals” vervang word nie. Die kettinkie is die lugdraad van die noodknoppie.

Met die laaste vergadering met Rob Wesseloo, is dit onder sy aandag gebring dat daar probleme ondervind word met die hysbak by die woonstelle. Daar word aandag aan gegee.

Net om die inwoners te herinner! U moet solank begin spaar vir die Minimark wat op 27 November plaasvind. (As Covid dit toelaat.) Die mark beloof om iets besonders te wees! Boeke gaan spotgoedkoop van die hand gesit word.

Groete tot volgende keer.

– Nelke Ribberink – Sekretaris Bewonerskomitee

BOEKVERKOPING BY DIE MINIMARK

Daar gaan weer tafels vol boeke wees (Nederlands, Afrikaans en Engels). Ook sal daar “koffietafel”-boeke wees, wat mooi en goedkoop geskenke sal maak vir Kersfees.
Laat asseblief familie en vriende weet, dat daar winskopies te verkry is!!

WELKOM

We verwelkomen deze maand de volgende nieuwe medebewoners: .
Mevr. Rentia Venter in H11
Mevr. Brenda Kleynhans in H22
Dhr. en Mevr. B L van Mierlo in B134

Moge zij zich snel bij ons thuis voelen.

OVERLEDEN

Op 19 oktober overleed Mevr. Corrie Minnaar.
Ons medeleven gaat uit naar haar familie en vrienden.
Mag zij in vrede rusten.

VAN DIE SNBC BESTUURSTAFEL

Beste Meerpalers

Ons het Woensdag 20 Oktober as bestuur vergader. Hier is ‘n paar van die belangrikste sake wat bespreek is wat vir julle interessant mag wees.

  1. Dit bly altyd ‘n plesier om by De Meerpaal besoek af te lê. Die tuine is pragtig en ek is oortuig dat dit sommer ‘n ekstra huppel in almal se stap sit. Dankie Antoinette vir die instandhouding van De Meerpaal op so ‘n hoë vlak.
  2. Antoinette was September 25 jaar by ons. Dankie Antoinette vir jare se uitstekende diens en die gewildheid, respek en erkenning wat jy onder die inwoners opgebou het. Bestuur gaan volgende maand ‘n glasie op haar klink en dan ook vir Gerda Crous totsiens sê.
  3. Daar is nog steeds een nuwe eenheid te koop, as ook een bestaande huis en ‘n woonstel. Ons maak staat op julle kontakte om ons te help met die verkoop van die eenhede. Baie dankie byvoorbaat.
  4. Ons het begin met die herstrukturering van die Sorgsentrum om die heffings meer bekostigbaar te maak. Personeel word verminder en salarisvlakke is aangepas. Die detail hiervan en die nuwe tariefmatriks vir die Sorgsentrum word by die tweede November se bewonerskomiteevergadering bespreek waarna julle verder ingelig sal word.
  5. Die finansies lyk steeds goed en ons bedryf die aktiwiteite van SNBC binne die begroting.
  6. Dan is ons steeds op soek na nuwe Bestuurslede. Hierdie is ‘n ernstige beroep op julle! Die persone wat ons dringend nodig het is persone wat kans sal sien vir die bemarking- of die sekretariële-portefeulje.
  7. Ons het oulike voorstelle gekry om ons handelsmerk te vernuwe. Maryke Molenaar se broer en dogter het ons daarmee gehelp. Baie dankie aan Maryke en familie! Die Bestuur het sy voorlopige keuses gemaak en dit sal nou met kleur gefinaliseer word. Ons hou julle op die hoogte.
  8. Ons het ‘n maatskappy aangestel wat ons waterverbruik in die nag moniteer om waterlekke vinniger op te tel. Dit is ‘n elektroniese stelsel, wat op die hooflyn geplaas is en wat Antoinette elke dag op haar App in kennis stel. Geen sélf-lees is meer nodig nie.
  9. Die mini-gholfbaan se opgradering het begin en Peter van de Hoven en Barend Wesseloo help ons daarmee. Die projek behoort einde November voltooi te wees. Dit gaan pragtig word. Ook sal die klubhuis herbou word sodra ons die stadsraad se finale goedkeuring vir die nuwe eenhede gekry het.
  10. Die afdakke by die nuwe eenhede sal ook opgerig word sodra ons die stadsraad goedkeuring het.
  11. Die toiletgeriewe by die Wit Olifant-stoor gaan opgradeer word. Dit word gedoen vir die put-putters, maar ook om meer geriewe te hê vir die Dutch Festival en om personeel van ‘n meer aanvaarbare gerief te laat geniet.
  12. Ons gaan vroeg volgende jaar met die beplanning vir die 2022 Dutch Festival begin. Gerda Crouse gaan verskriklik gemis word omdat sy so ‘n sleutelrol gespeel het met die organisering daarvan.
  13. Ons het ernstig begin kyk na die installasie van sola energie en daar is ‘n komitee saamgestel, wat uit Tony Hofman, Jaap Kelder en ek bestaan, om die projek te bestuur. Ons het reeds die verbruik van die verskillende afdelings gedoen en daaglikse- en piek-verbruik gemeet. Ook het ons met ‘n konsultant ontmoet en die Raad het R20 000 goedgekeur om hom te gebruik om vir ons ‘n detail plan op te trek, waarna die raad sal besluit hoe ons die implementering gaan behartig.
  14. Die raad het ‘n versoek van die bewonerskomitee ontvang om, ter nagedagtenis aan Jopie van Gulden, haar postuum as erelid te benoem. Ons ken en weet almal van haar onbaatsugtige bydraes aan De Meerpaal gedurende haar verblyf hier. Dit sal by die 2022 Algemene Jaarvergadering hanteer en bevestig word.

Groete

– Rob Wesseloo Voorsitter SNBC

VERJAARDAGEN IN NOVEMBER 2021

HARTELIJK GEFELICITEERD

Aartje van Duuren
Geertje Siebrand *
Johanna de Villiers *
Nelke Ribberink *
Nienke Heeringa {92}
Fred Ribberink *
Errol Rindel
Teuntje Schouwstra
Ané van Mierlo *
Joke Heydenreich
Brenda Kleynhans

*Kroonjaar

“Kleine Greetje uit de polder,
van ‘t lage land.
Blond van haar en blauw van ogen….”

Dis die teks van ‘n bekende Hollandse liedjie wat agter in ons koppe speel as ons ons Greetje-pop in die Hollandia Zaal sien staan. Die Greetje-idee het pos gevat by Ina van Bommel en Jos Boender rond 1992.

Die meeste van die inligting van die beginjare kom dan ook van  Ina, wat ons ken as ‘n voorbeeld van organisasie-sin. Die bedoeling van “Greetje” is geld-insameling by die Woensdag-oggend geselligheid. Dis nie ligsinnige geldjies nie, dit betaal vir ons twee koppies koffie en koekies. Koekies? “Net enetjie”, het Ina ons duidelik gesê (daar is nie geld vir meer as dit nie) en dit is ook bekend dat die einste Ina al letterlik mense oor die vingers getik het as hulle ‘n tweede koekie probeer steel.

Ons Greetje-pop is in Nederlandse  tradisionele boere-kostuum soos wat dit deesdae selde meer gedra word. Greetje se drag is min of meer Volendams, wat deur aggressiewe bemarking (ken us die naam Sijjtje Boes?) as algemeen Nederlands beskou word, terwyl daar baie verskillende tradisionele klederdragte  was, een vir elke provinsie en soms selfs vir een enkele stad (Spakenburg, Volendam, Marken).

Ali Liefbroer en Hennie Bassulin het destyds ons Greetje-pop se klere gesny en gemaak met materiale wat Ina van Bommel gekoop het. Ina stel belang in kleredragte, Ali as Nederlandse het meer daarvan geweet. Vroeër was daar twee “Greetjes”, ‘n groot een by die deur en ‘n kleiner een in ‘n kas; en sy is net te voorskyn gehaal vir Bingo en so aan. 

En die klompie, wat “Greetje” so smekend na ons uitsteek? Dit laat dink aan die Nederlandse sluiswagter, wat ‘n klomp aan ‘n toutjie laat sak waarin die bootsman sy fooi moet stort vir gebruik van die  sluiswagter se dienste en koste. Net so is dit met die klompie van ons “Greetje”. As jy vergeet het om te offer laas week, sit dan hierdie week asseblief dubbel die bedrag in! Die koekie by die koffie is tog gesellig, en ons wil tog nie gedwing word om ook dit nog af te skaf nie? As jy, se maar, tien rand per week in die klompie gooi is dit mos baie, baie voordeliger as ‘n koppie koffie (sonder geselligheid) by ‘n kafee?!.

Ank Brabers en haar vriendin Miep ten Velde het ‘n rukkie die Greetjes (die vrywilligers wat ons by die koffieoggende bedien)bestuur, en daarna het Elly Broere dit vir ‘n jaar of vyf oorgeneem. Sy vertel dat daar vroeër ook wel toneelstukkies opgevoer is, maar die soort aanbieding word nou eerder deur O & O gedoen.

Op hierdie oomblik bestuur Margriet van den Berg die Greetjes. Die organisasie is uitstekend soos altyd; elke Greetje kom een keer in ses weke aan die beurt en soek self ‘n invalster indien nodig.

En dalk het jy by ons basaars en markte ons lewensegte Greetje gesien? Dis Jettie Horsman, wat self haar rok en voorskoot gemaak het. Veral die kap is ‘n kunsstuk, want die “vlerkies” by die ore moet swaar gestywe wees om so uit te staan. Selfs op haar selfoonprofiel lag Jettie ons vrolik toe in Volendammer kleredrag, vergesel van ‘n mooi kleindogter in dieselfde tooi.  

Baie mense wat  Volendam besoek kan hulself daar laat fotografeer in die tipiese outydse drag; baie inwoners het sulke foto’s en ook nog van hul ouers en sommiges van ons selfs van hul grootouers!

Dis waarvoor ons “Greetje” en Greetjes staan: al die ou tradisies van ‘n vaderland wat ons agter gelaat het, tradisies wat ons tog graag nog ‘ bietjie lewend hou in De Meerpaal. 

– Antoinetta Hoogendoorn

Het pakje wat u meeneemt, is het eerste bij u thuis!

Ons koopgedrag in Nederland is compleet veranderd. Onze generatie (u en ik) zijn grootgebracht met gewoon naar de winkel gaan, kopen wat je nodig hebt en meenemen naar huis. En alleen als het erg groot was dan vroeg je of het thuisbezorgd kon worden. Dat gebeurde dan meestal een paar dagen later want “vandaag be-stellen en morgen bezorgen” bestond nog niet. Bij Vroom en Dreesmann hing vroeger in de winkel zelfs een bordje met daarop de tekst “het pakje wat u meeneemt is het eerste bij u thuis”.

Maar toen kwam Corona, en toen werd alles anders. Winkels gingen op slot, of je moest buiten wachten omdat er al (te)veel mensen binnen waren en dus kroop menig huisvader en huismoeder achter de computer om te bestellen bij Bol.com of Coolbleu, of Amazon, of………. vul maar in. Het werd ook wel erg makkelijk gemaakt want ”voor 23.59 uur besteld, is morgen bij u thuis” en het begon met één koeriersdienst in de straat, en toen werden het er twee, en nu zie ik op een dag wel vijf of zes verschillende koeriersdiensten door de straat rijden. En soms houd ik mijn hart vast als ik zie hoe hard die jongens met hun busjes door de straat komen. Lo-gisch natuurlijk, want ze hebben aangenomen om per dag ca 150 pakjes ..te bezorgen, dus dan moet je wel door kachelen. En beloofd is beloofd, …. ”morgen in huis”. En bevalt het gekochte toch niet, terugsturen is geen probleem.

Het succes van deze bezorgservice is ook de grootkruideniers niet ontgaan. Albert Heijn en Jumbo en Plus sloten zich in de rij van bezorgdiensten aan en brengen nu op vaste momenten van de dag de boodschappen bij je thuis. En de bezorgkosten? Die nemen we voor lief, want van huis uit bestellen spaart tijd, en tijd is geld!

En toch kan ik er niet aan wennen!! Ik mis het middagje gezellig winkelen, een kopje koffiedrinken op een terrasje, het voelen en passen in een (voor mij) te kleine paskamer, het kiezen en vergelijken, dat alles moet hoognodig weer terugkomen. Wij zijn nu eenmaal de generatie van “kijken met de handjes” en we willen het kunnen aanraken. Voor de jongere generatie geldt dit niet of althans veel minder. Zij kopen via de computer of gewoon via hun telefoontje, betalen met “tikkie” en vinden het winkelen maar zonde van hun tijd. Maar op dat terrasje zitten dat vinden ze nog wel fijn. Niet om te praten, maar om te chillen (dat is gewoon praten maar dat heet nu chillen !!) En daarom hoop ik dat onze kinderen en kleinkinderen de gezelligheid van winke-len in de stad weer gaan ontdekken. Gewoon op een mooie dag naar buiten, of wanneer het regent naar een mooi en groot winkelcentrum. Bijvoorbeeld de Westfield Mall in Leidschendam of CentrO in Oberhausen, hier vlak over de grens in Duitsland. Daar kun je wel een hele dag zijn. Toen ik vorige week aan onze kleinzoon van 6 jaar opmerkte dat hij een mooi T-shirt droeg en waar “Mamma” dat gekocht had zei hij, …….”gewoon, ..zat in de brievenbus” Hopelijk zegt hij straks, “in de winkel en je moet ook zo’n T-shirt kopen Opa !!”

Maar nu gaan we zelf weer winkelen.

– Aad Overvliet