Kontak ons gerus! Tel: 012 807 5217/8

Waardigheid Onafhanklikheid

December 2021 – Bewoners Bulletin

DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS

NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE​

Ek kan nie glo ons het ons laaste vergadering vir die jaar gehad nie.

Ons was vereer dat Rob Wesseloo, die voorsitter van die SNBC, ons vergadering bygewoon het. Rob het die herstrukturering van De Meerpaal en in besonder die Sorgsentrum met ons bespreek. Hy sal volledig verslag doen aan die inwoners in sy maandelikse nuusbrief in die bulletin.

Ons inwoners en hul familie ontvang maandeliks die bulletin per pos of per e-pos. In die vervolg sal die bulletin nie meer per e-pos versprei word nie, maar wel op die webblad van De Meerpaal verskyn. Laat weet asseblief u familie. Die inwoners kan nog steeds hul posbusse aan die einde van die maand dophou vir hul bulletin! Die Bewonerskomitee en al die inwoners wil dan ook ons redakteur Cor Beek, hartlik bedank vir sy harde en keurige werk! (Hy kan taamlik kwaai wees as ek nie betyds die nuus vir hom stuur nie).

Die klavier in die saal het aandag nodig gehad. Toe moes ons uitvind dat ons `n heel besonderse klavier het, een waarvan daar net 42 vervaardig is.

Daar is al voorheen `n beroep gedoen op inwoners om nie die duiwe te voer nie. Die kos lok muise en rotte en dan kom kuier hulle in ons huise!

Soos julle al opgemerk het word daar fluks gewerk aan ons put-putbaan. Die spelers kan nie wag om die nuwe baan in te wy nie!

Daar word weereens `n ernstige beroep gedoen op ons “Max Verstappens” om by die spoedgrens te hou. Sommige inwoners hoor nie die aankomende verkeer nie.

Aangesien dit die laaste nuus van die Bewonerskomitee is wil ons al die personeel en inwoners `n Geseënde Kersfees en `n voorspoedige 2022 toewens.

Groete tot volgende jaar.

– Nelke Ribberink – Sekretaris Bewonerskomitee

WELKOM

We verwelkomen deze maand de volgende nieuwe medebewoners: .
Mevr. Lina Grobler in Bungalow 128
Dhr. en Mevr. Graeme en Penny Cassells in Flat 307

Moge zij zich snel bij ons thuis voelen.

OVERLEDEN

Op 4 November overleed Engel de Jonge, jarenlang de penningmeester van ons Bewonerscomité.
Ons medeleven gaat uit naar zijn echtgenote Dineken en overige familie en vrienden.
Moge hij in vrede rusten.

VAN DIE SNBC BESTUURSTAFEL

Beste Meerpalers

Ons het Woensdag 17 November as bestuur vergader. Ons was ongelukkig nie ‘n kworum nie en belangrike besluite moet dus tot Januarie 2022 oorstaan. Hier is ‘n paar van die belangrikste sake wat bespreek is wat vir julle interessant mag wees.

  1. Daar is steeds een nuwe eenheid te koop. Ons het alle ander wonings wat oop gestaan het verkoop en/of verhuur. Kom mense, verkoop die nuwe eenheid aan ‘n vriend of familie!
  2. Die finansies lyk steeds goed en ons bedryf die aktiwiteite van SNBC binne die begroting. Met die verkoop van die wonings kom ons steeds nader aan ons kontant in die bank doelwit van R4.5m
  3. Die herstruktureringsoefening van die Sorgsentrum is voltooi. Dit is om die fooie markverwant te maak om sodoende ons langtermyn voortbestaan van die Sorgsentrum te verseker. Met al die veranderings is ons opsoek na een Staff Assistant en ‘n aantal versorgers. In kort het die herstrukturering die volgende veranderings te weeg gebring:
    • Die nagskof vir die Sorgsentrum word nou deur staf assistente beman.
    • Vanaf 1 Maart 2022 gaan die nuwe fooistruktuur in werking. Die fooiematriks is baseer op die tipe kamer wat die inwoner het en die vlak van diens wat die benodig. Ons goedkoopste intreevlak is nou R10 000. Dit is bekostigbaar.
    • Inwoners en hul kinders sal by die implementering van die fooiematriks geken word.
      Die volle detail van die veranderings is met die Bewonerskomitee bespreek maar as daar ‘n behoefte is vir meer detail dan kan ons dit met u deel.
  1. Dan is ons steeds op soek na nuwe bestuurslede. Hierdie is ‘n ernstige beroep op julle! Ons het ‘n persoon wat ons met die bemarking wil bystaan gevind. Hy sal die Januarie 2022 vergadering bywoon en kyk of hy van die opset hou en dan sy besluit maak.
  2. Die mini-gholfbaan se opgradering is volstoom aan die gang en Peter van de Hoven doen ‘n besonderse werk. Ons is hom vir ewig dankbaar. Dankie Peter, ons as Bestuur en inwoners waardeer wat jy vir ons doen! Die klubhuisherbouing sal gedoen word sodra ons die stadsraad se finale goedkeuring vir die nuwe eenhede gekry het. Die tuine in en om die gholfbaan sal dan ook gedoen word. Maryke Molenaar sal ‘n plan en kwotasie kry vir die opgradering. Die toilette, aangrensend aan die Wit Olifant-stoor, gaan opgradeer word. Bestuur het die projek goedgekeur.
  3. Die afdakke by die nuwe eenhede sal opgerig word sodra ons die stadsraad se goedkeuring het.
  4. Daar is sekere besparingsdoelwitte vir die kombuis gestel en ons is positief verras wat Nicolette saam met Antoinette bereik het. Dankie Nicolette en Antoinette vir die moeite wat julle doen om die kostes te verminder sonder die inboet van die kwaliteit. Ons waardeer.
  5. Die raad het aan Antoinette gevra om na ‘n bekostigbare oplossing te kyk vir die inkyk vanaf Oumuurkliplaan, om die privaatheid van die inwoners te verbeter.

 

Dit is van die belangrikste inligting wat ons met julle wil deel. Ons wens almal ‘n Geseënde Kersfees en ‘n genotvolle Desembermaand toe. Sien ‘n klompie van julle by die jaarlikse Kersete, dit gaan sommer vet pret wees.

Groete

– Rob Wesseloo Voorsitter SNBC

ENGEL DE JONGE

Na ‘n siekbed van ongeveer ses weke is Engel de Jonge op 4 November op die ouderdom van 76 jaar oorlede. Hy is in die Pretoria-Oos begraafplaas ter ruste gele. Hy laat sy vrou Dineke en twee dogters, Corina en Roelien, asook ses kleinkinders agter. Sy dogter, Margriet, is gedurende Junie ter ruste gele. Ons innige meegevoel met Dineke en die De Jonge familie; ons bid vir vertroosting vir julle.

Engel was ‘n baie goeie vriend van my van meer as 55 jaar. Alhoewel ons soms die vriendskapsbande tydelik verloor het weens sy werksaamhede in diens van Yskor, waardeur hy baie rond getrek het selfs tot in Namibië. Ons het egter steeds weer hierdie bande opgetel as die familie de Jonge weer in die omgewing van Pretoria kom woon het. In Pretoria was hy ook vir ‘n baie lang tyd saam met my deel van die “Hollandia Mannekoor”.

As bestuurslid en rekenmeester het hy vir De Meerpaal vir ‘n tydperk van 12 jaar, vanaf 2003 tot 2015 (waarvan ons saam ‘n groot gedeelte op die bestuur gedien het), baie goeie diens gelewer met die opstel van die maandelikse asook die jaareinde syfers. Hy was baie presies in sy werk en het foute/verskille opgesoek en reggestel.

Hy was ook betrokke by verskeie van De Meerpaal klubs soos mini-golf (waarvan hy vir ‘n tydjie voorsitter was), klawerjas (ook as voorsitter) en die  bewonerskomitee waar hy die finansies behartig het.

Rus in vrede my vriend,

 – Barend Wesseloo

Jumble Sale October/November

Deze verkoping heeft minder opgebracht dan normaal maar wij zijn steeds dankbaar voor wat er de deur uitgaat en waarmee wij onze kopers kunnen helpen. Alle opbrengsten is winst, dus alles is meegenomen. l Voor die twee verkoopdatums kwamen wij in totaal net onder de R1 000 uit.

Begrijpelijk hebben cliënten met een vooruitziende blik rekening gehouden met de komende feesttijd en wordt het beursje voorlopig even op slot gehouden. Maar ook wij houden rekening met de komende tijd, want in januari zullen wij geen verkoping houden. Dan is er nog geld nodig voor schoolfondsen enz. Wij zullen u op de hoogte houden i.v.m. de volgende verkopingen die waarschijnlijk begin eind januari en begin februari gehouden zullen worden.

Intussen wensen wij u allemaal een gezegend kerstfeest toe en veel voorspoed voor 2022 wanneer wij elkaar weer in goede gezondheid hopen te zien.

Jumbelinas

HAAS DAS SE NUUSKAS SE DAS WORD GESOEK…

Het jy dalk ‘n ongebruikte DAS of twee in jou klerekas?

Wees asseblief so gaaf en gee dit vir Gerda de Wagenaar by Woonstel 305.

Onthou: Jou weggee goed kan bydra tot iemand anders se positiewe gemoed!

DR THEA STRYDOM

Dr Thea Strydom het op 28 Oktober 2021 verjaar en amptelik De Meerpaal se oudste inwoner geword op die besonderse ouderdom van 103!

Sy bly op hoogte van die wêreldgebeure deur elke oggend die koerant te lees en kan presies vir jou sê waar is die volgende fees.

Sy hou daarvan om mandalas en boekmerke mooi in te kleur en waardeer elke blommetjie buite haar kamer se prag en geur.

Haar kop is nog vol planne en drome en so het sy ons op ons tone.

Dr Thea, met u omgee hart van goud is u ‘n inspirasie vir jonk en oud!

– Meerpaal personeel

VERJAARDAGEN IN DECEMBER 2021

HARTELIJK GEFELICITEERD

Roel Vos *
Dolly Majoor
Jacobus de Villiers
Ina van Bommel
Willie Lamprecht
Petra Genis
Joop van Dijk
Dave van Delden *
Aartje Bakker
Beb van Dijk (101)
Maria van Niekerk
Rudi vd Wielen
Martha du Toit
Hendriena Robbertze *

*Kroonjaar

AANDACHT: ALLE MANNEN !

Op donderdag 9 december, om half elf, worden alle mannen op De Meerpaal bij de lapa verwacht voor een ‘mannen onder ons’ bijeenkomst. We kunnen dan ‘mannen dingen’ bespreken, darts gooien, of wat ook. Het is de bedoeling om dit iedere twee weken te doen. Als hiervoor tenminste voldoende belangstelling bestaat. Misschien vinden de echtgenotes het wel prettig om een paar uurtjes van ons af te zijn. Voor meer inlichting, schakel Jan de Wagenaar bij 083 453 0934.

DIE WEL EN WEE VAN EMIGRANTE

Dit lyk so maklik om te besluit om jou lewe te verander, ‘n nuwe vaderland te eien en ‘n nuwe, hopelik beter, lewe te begin. Dis ‘n groot avontuur en gewoonlik begin ons dit vol hoop en bietjie opwinding – ook al omdat ons dan nog jonk is.

Maar tog: ‘n wyse man het vroeër gesê dat ‘n emigrant geen vaderland het nie. Hy het afskeid geneem van die land waar hy gebore is en opgegroei het, maar in die land wat hy nou bewus gekies het bly hy tog altyd ‘n nuweling, iemand “anders”. Tog, hierdie land het hy gekies en die vaderland was – soos familie – toevallig op jou pad geplaas.

Dink so 70 jaar terug as jy dink aan die emigrante-stroom wat toe na Suid-Afrika gekom het, hoofsaaklik aangetrek deur Sasol en Yskor. Ons sal ons bepaal tot die Nederlandse immigrante, want dit is die waarmee mens in De Meerpaal te doen kry. Toe was Suid-Afrika ook vir die inheemse bewoners anders as vandag. Die huise was kleiner en sonder mure rondom, die motors was kleiner en 2e-, 3e- of 4e-hands. Die immigrante het gewoonlik hul lewe hier begin in ‘n woonstel in Gezina of Sunnyside (wat toe nog “aanvaarbaar” was).

Die man het sy werk gehad en daar voldoening gevind, maar vir ‘n vrou is dit altyd moeiliker om te emigreer; sy mis familie, vriendinne, en vind dit moeiliker om die taal aan te leer omdat sy minder of geen kontakte het. As sy dink dat sy gewoon Nederlands kan praat want dis dan so na aan Afrikaans, kom sy al gou agter dat dit net nie waar is nie en dat sy juis deur die taal as ‘n vreemdeling voel.

Dink maar aan die vrou van die Portugese groenteman of die Griekse kafee-eienaar, wat eenvoudig nooit ‘n woord Afrikaans of Engels geleer het nie, omdat sy volgens hul kultuur heeldag tuis sit. Kinders leer die taal maklik en vinnig by die skool en lag dalk oor Ma se probleme.

O, en daar is vir die immigrant ook heelwat om aan te leer in die Afrikaanse kultuur. Kinders dra skool-uniforms, skoolsport is belangriker as enigiets anders terwyl ons dit net as buitemuurse aktiwiteite geken het, tieners begin “kys” en die gekysdes word genooi vir etes, ens., ens.

Die grootste aanpassing – en dis veral dat dit nou in Desembermaand weer opduik – is die bloedig-warm Kersfees. Die eerste jaar sit jy nog regte kerse in jou Kersfeesboom, maar jy kom al gou agter dat hulle by middagete se tyd almal halfmas hang. Dus word dit elektriese liggies of teeliggies, minder romanties maar dit werk ook en jy raak gewoond daaraan. Die tradisionele eend smaak ook nie so goed in die hitte nie, dus skakel ons ook maar oor na braai en slaaie – minder romanties, maar prakties.

En nou dat ons ouer mense gewoond is en aangepas het, die taal praat en minder omgangs foute maak, emigreer ons kinders!

Interessant genoeg is daar heelwat mense wat na Nederland emigreer omdat die digitale wêreld daar soveel moontlikhede bied. En dan dink ‘n Afrikaner ook dat daar nie taalprobleme gaan wees nie, hy praat mos gewoon Afrikaans! Die gedagte is net so verkeerd as die van die Nederlander wat gedink het hy kan maar net Nederlands praat.

Kinders wat na Australië emigreer, kom agter dat die avontuur nie sonder probleme is nie. En hulle emigreer dan nog al na ‘n land met min of meer dieselfde landskap, klimaat, Engelse taal, gewoontes soos ‘n ‘barbie’ (braai) en sport.

Tog is dit nie maklik nie. Emigreer is nooit maklik nie, maar die moeite werd om te probeer!
Vra vir die inwoners van De Meerpaal en jou ore sal klapper van die baie verhale wat hulle het.

– Antoinette Hoogendoorn

Het kind van Sinterklaas

Zo langzamerhand komen we weer in de buurt van de feestdagen. Sinterklaas, Kerst, Oud en Nieuw, en in de winkels hier in Nederland liggen de pepernoten en de speculaaspoppen al volop in de winkel. De discussie of zwarte piet nou wel of niet discriminerend is, is voor sommige winkelketens aanleiding om zwarte piet niet meer af te beelden, of hooguit met wat roetveegstrepen op zijn gezicht. Tsja ……. hoe grote mensen kunnen vallen over een kinderfeest. Want dat is het ……. een écht kinderfeest en waarbij Sinterklaas als een echte kindervriend gezien mag worden. Hoewel de goede Sint daar ook bij kan overdrijven en ik zal u vertellen wat ik bedoel met dit verhaal wat in den Haag en omstreken nog steeds wordt rondverteld.

Jaren geleden waren er in de stad Den Haag nog melksalons waar melk en kaas werd verkocht, maar waar je ook een glas melk kon drinken. Op 5 december bleef er altijd één melksalon open en zo omstreeks een uur of tien kwamen heel veel Sinterklazen met hun Pieterknecht(en) om daar een gezond glas melk te drinken en een lekker stukje kaas weg te happen. De Sinterklazen waren immers de hele avond op pad geweest, en hadden bij hun bezoeken heel veel borreltjes gekregen (en opgedronken) en waren tegen tien uur dus zo lam als een lammetje. Een bezoek aan een Café zat er dan écht niet meer in, maar de melksalon ……. ja, dat kon natuurlijk wel.

Veel Hagenaars gingen die avond vaak ook naar die ene melksalon, want met al die Sinterklazen en hun Pieten was het zo gezellig dat de laatste Sinterklazen vaak pas ’s-morgens op huis aan gingen. En bij één van mijn bezoeken vertelde een Sinterklaas mij het volgende verhaal:

Een lid van de Sinterklaasvereniging, die ieder jaar trouw Sinterklaas was, was zo grieperig dat hij met geen mogelijkheid Sinterklaas kon spelen. De Sinterklaasvereniging had een stuk of wat boekingen voor hem gemaakt, en die nu allemaal afzeggen dat kon eigenlijk niet. Goede raad was duur, maar …. de zieke Sinterklaas had nog een zus van een jaar of 25 en die kon hem misschien wel vervangen. Ze had het postuur van Sinterklaas, dus als zijn zus de rol wilde overnemen zou alles toch nog goed komen. De tabberd van Sinterklaas moest wel ruim worden omgedaan want de zus was in verwachting. Maar die bevalling was nog een paar weken weg, dus één avondje voor Sinterklaas spelen moest kunnen.

Die avond ging Sinterklaas op pad met twee zwarte Pieten en deed het ene huisbezoek na het andere. Er werd royaal gedronken, Sinterklaas alleen maar appelsap en cola, en de Pieten bier. Bij het laatste huisbezoek voelde Sinterklaas zich niet zo lekker. Was dat nou die appelsap of cola, of ………… Al gauw vroeg Sinterklaas aan de gastvrouw of ze even op bed mocht gaan liggen want het leek wel of de baby geboren moest worden. De kinderen werden vlug in hun bedje gestopt en Sinterklaas werd de trap op geduwd en op bed gelegd. De twee zwarte Pieten er dus achteraan. De Heer des Huizes was weer net zo nerveus als toen hij zelf Vader ging worden; hij belde dus de huisarts en vroeg om snel te komen ‘want Sinterklaas moest een baby krijgen’. “Mooi niet” dacht de dokter, die vent is hartstikke dronken met z’n Sinterklaas die moet bevallen. Maar tien minuten later ging de telefoon weer en of de dokter nu maar snel wilde komen want het was nu toch wel écht dringend. “Verdomd”, dacht de dokter … laat ik maar eens even gaan kijken. Aangekomen bij de familie werd hij meteen de trap op geduwd naar boven, naar de slaapkamer. En daar trof hij aan een Sinterklaas op bed, met tabberd en baard en mijter, helemaal compleet. De staf lag ernaast en de twee zwarte Pieten stonden zich vast te houden aan het voeteneind.

De dokter wist niet wat hij zag, dit had hij nog nooit meegemaakt en tsja…Sinterklaas helpen met de bevalling, dat was zelfs voor de dokter helemaal nieuw. Veel tijd om na te denken was er niet want Sinterklaas gaf duidelijk aan dat er iets zat aan te komen. De Pieten voelden zich hoogst ongemakkelijk en ja hoor, daar kwam het kind van Sinterklaas ter wereld. Een kerngezonde jongen met goeie stembanden.

De kinderen van het gezin kwamen op het gehuil af en begonnen al te mopperen dat ze helemaal niet om een jongetje hadden gevraagd maar een trein wilden!

De Pieten deden ook een duit in het zakje en vroegen of ze het baby’tje mee mochten nemen naar Spanje. Dat vond Sinterklaas niet zo’n goed idee en vroeg dus aan Piet hoe hij dacht zo’n baby’tje mee te nemen? Daar had Piet wel een oplossing voor. Stoute kinderen die mee naar Spanje moesten, gingen toch ook altijd in de zak, dus ………

Volgens het verhaal hebben ze de baby Nico genoemd. Ik vermoed naar Sint Nicolaas dus, en hij is gewoon in Nederland gebleven.

– Aad Overvliet

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.

Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Cor Beek

Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal

Vaste medewerkers:
Antoinetta Hoogendoorn – B114 en
Aad Overvliet – Amov@planet.nl

Afsluitdatum voor nieuwe bij-dragen uiterlijk 15de van elke maand aan Cor Beek – B120 of cor.beek@gmail.com

De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.