Kontak ons gerus! Tel: 012 807 5217/8

Waardigheid Onafhanklikheid

Juli 2024 – Bewoners Bulletin

DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS

NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE

Ons vergadering het op 11 Junie plaasgevind. Almal was teenwoordig behalwe Peet en Rudi wat gevlug het vir die koue. Ons is baie dankbaar om te sien dat Nicolette so mooi herstel het nadat sy 10 weke “beenaf” was. Ongelukkig is die krukke nog vir `n tydjie haar voorland.

U het seker al opgemerk dat `n verbeterde spyskaart weekliks op u selfoon verskyn. Daar is heerlike verrassings ! Die nuwe disse moet gerus probeer word. Die kantoor doen hul bes om te spyskaart vir almal aanvaarbaar te maak. Daar gaan nou selfs kruie tussen die ander plante in die tuin geplant word om ons kos nog smaakliker te maak. Indien u `n persoon is met spesiale voedsel behoeftes is u vry om die probleem met Nicolette te kom bespreek en daar sal aandag aan gegee word. Baie dankie aan die dames van die restaurant wat so koppe bymekaar gesit het om ons spyskaart meer interessant en smaakliker te maak. Ons wil graag vir Joke bedank vir haar positiewe skrywe en wenke i v m die spyskaart.

Daar het `n versoek gekom dat die inwoners van die woonstelle moet toesien dat hul motorhuis se ligte afgeskakel word. Sommige ligte brand dae aaneen ! ! (Ons vergeet mos maar ! ! )

Antoinette word bedank dat sy tydens die stemdag op 29 Mei gereël het dat die hek in Ouklipmuurlaan oop was. Ons was toe sommer een, twee, drie by die stemlokaal. Sommige inwoners was bevoorreg om reeds vroegtydig te stem.

Soos in die vorige Bulletin genoem was daar vrae wat nie op die AJV beantwoord kon word nie.

  • Motorafdakke wat in die winter kondenseer en olie kolle onder die motors:
    Die afdakke gaan geverf word. Kobus het sement poeier op die olie kolle gegooi. Sommige olie kolle is al baie jare daar.
  • Die waglys vir inwoners vir die versorging:
    Daar is altyd twee beddens beskikbaar vir noodgevalle. Dit gebeur soms dat `n inwoner aansoek doen vir ‘n kamer in die versorging. Die inwoner is nie tevrede met die kamer en wag dan tot `n kamer beskikbaar is wat meer in die persoon se smaak val.
  • Die gratis 6 weke in die versorging:
    Die vraag is na die bestuur verwys na `n onduidelike beleid opsomming van die SBNC se reëls.
  • Terugvoer van Helma van den Brink. (PUM)
    Rob het tydens die AJV van die SNBC terugvoer gegee.
  • Die doeltreffendheid van die maatskaplike werkster:
    Antoinette het die vraag tydens `n koffie oggend beantwoord. Enige inwoner wat `n behoefte het om Nanette te spreek moet met Antoinette reël vir `n afspraak. Nanette se besoeke is op aanvraag. Die besoeke is heel vertroulik. Selfs as `n inwoner voel sy medebewoner het behoefte aan `n besoek van Nanette meld aan by Antoinette. Weereens, alle inligting en besoeke is streng vertroulik. ONTHOU ons het `n “Buddy sisteem” en hou `n ogie oor mekaar.

Daar was `n verwarrende probleem met die wegwyser voor bungalow 109. Kobus het die probleem opgelos. Dankie Kobus.

Die Dutch Festival kom nader. U moet die datum, 31 Augustus, op die kalender aanteken. Ons voorsitter van die Bewonerskomitee, Wim van den Berg, verteenwoordig die inwoners. As u enige navrae het kan Wim gekontak word.

`n Baie suksesvolle golfdag is op 16 Mei gehou. Soos ons verneem was dit `n jolige dag.. Die bedrag van R186000 is ingesamel vir die Versorging. Ons wil `n spesiale dank oordra aan Eric en Carol Klein en almal wat betrokke was om hierdie suksesvolle dag aan te bied.

Soos voorheen genoem gaan daar parkering onder die afdakke beskikbaar wees vir besoekers. Daar sal `n kennisgewing-bordjie aangebring word: “Besoekers parkering”, waar `n plek beskikbaar is. Die Bewonerskomitee het aangebied om die kennisgewing te finansieer.

Baie groete,

Nelke Ribberink

BOEREMARK, NOU OOK BY DE MEERPAAL!

Die Jumbelinas gaan ‘n WINTER UITVERKOPING hou op die 25ste en 26ste Julie 2024. Die tye sal op die prikborde gesit word.

Ons ontvang graag klere, skoene en beddegoed. Die donasies kan by Ali (B103) of by Elly (B132) afgelewer word. Of bel my by 082 495 2531 en ek sal die goedere graag kom afhaal.

Graag wil ons almal wat vir die April verkoping gehelp of donasies gemaak het van harte bedank. Ons het ‘n rekord bedrag van R3 340 verkoop.

Kom ons maak weer so.

Elly Mestrum, namens die Jumbelinas

Dutch Festival

Die Dutch Festival vind plaas op Saterdag 31 Augustus 2024 van 9:30 tot 15:00 en ons hoop op so 2 000 besoekers hierdie keer.

Met die regte musiek, gezelligheid en lekker eetgoed behoort die dag, soos voorheen, ’n groot sukses te wees. Die De Meerpaal Witte Olifant, boeke- en naaldwerkklubs gaan soos altyd weer daar wees. Antoinette en haar span staan ook reg om die uitdagings en reëlings te help aanpak.

Laat asseblief u vriende en familie weet van die dag want hoe meer siele hoe meer vreugde.

Self gaan ons die fees ook waar ons kan, adverteer.

Namens die DF komitee – Rob, Ciska, Maryke en Johan

GHOLFDAG 2024

Beste Meerpaal Bewoners

De Meerpaal Gholfdag was hierdie jaar weer ’n reuse sukses. Dit het op 16 Mei by die Woodhill Country Club plaasgevind. Daar was net onder die 20 vierballe en dit was ’n perfekte herfsdag vir gholf. Lekker warm en nie so koud soos nou nie. Behalwe die gholf was daar verskeie afleidings langs die boffe soos byvoorbeeld om malvalekkers met ‘n gholfstok slaan om te sien wie kon die beste afstand kon behaal. Die prysuitdeling met ’n lekker aandete het gevolg en die verlootingskaartjies met meegaande pryse het die nodige opwinding besorg. Daar is ook ’n veiling gehou van kunswerke en ander artikels en dit het die geldpot ’n mooi hupstoot gegee. Donasies was daar ook en ons sê dankie aan alle donateurs, dit word waardeer. Dit was ’n fantastiese dag met ’n heerlike atmosfeer.

Die bedrag wat vir die Sorgsentrum ingesamel is het net oor die R186 000 beloop. Wat ’n mooi bedrag +geld!

Ons wil Eric en Carol Klein weereens bedank vir die organisering van die dag. Dit is altyd baie werk maar sukses is behaal en ons is dankbaar dat hulle twee die reëlings behartig het. Ook De Meerpaal personeel en van die bestuurslede het gehelp om die dag goed en vlot te laat verloop. Dankie aan alle organisasies vir die pryse wat ons kon uitdeel en artikels wat opgeveil kon word. Dankie aan alle gholfers want sonder hulle sou ons nie sukses kon behaal het nie.

Ons sien uit na die volgende gholfdag in 2026!!

Rob Wesseloo

VOGELFEEST IN DE WINTER

In de zomer voeren we de vogels beter niet: er zijn genoeg zaden, vruchten en kruiden voor ze, Nu, hartje winter, is dat anders.

Als je voer neerzet krijg je ook de kans om deze gevederde vrienden beter te bekijken. Ze zijn dikker dan in de zomer, de veren opgepoft om lekker warm te blijven.

De hadida hoeven we niet te voeren, zelfs in de winter kan hij met die lange scherpe snavel de grond in boren om wormen te verschalken. Het hele jaar door voer ik wel de parkieten (“love birds“) zodat ik op de stoep kan zitten en me verlustigen aan hun prachtige kleuren en vrolijke getjilp.

Toen ik in De Meerpaal kwam vertelde men mij dat ik de dikkoppen zou kunnen lokken met kaas; later vertelden de vogelkenners mij dat dat helemaal niet goed zou zijn: hoge cholesterol! Dat klinkt belachelijk, maar onze eigen dierenarts Dr Peet Delport bevestigde dat, aangezien Onderstepoort toetsen gedaan zou hebben. Toen probeerde ik met brood, maar daar trekken de dikkoppen hun snaveltjes voor op. Ik heb het gevonden! De Supermarkt verkoopt een mengsel voor koolsla dat ze al snel verorberen. Ook de lbj’s (“little brown jobs“) komen daar in groten getale op af. 

Nu het winter is, moet er bijvoeding gegeven worden. Er zijn vruchten waar de fruit-eters dol op zijn: papaja- en kiwi-schillen verdwijnen in hun geheel, het vruchtvlees van de avocado wordt uit de schil geknabbeld; met citrus heb ik nog niet veel succes geboekt. Tennis Biscuits in stukjes wordt door allen gewaardeerd. De enige vogel waarvan niemand houdt, is de Indische Mina (mina) die volgens mijn vogelboek endemisch is, hoewel het verhaal altijd gaat dat de mensen van India ze op het schip ingebracht zouden hebben.

En wie komen er allemaal? De prachtige blauwe spreeuw jaagt de lijsters weg, maar de tiptol mag wel blijven. Ik heb lang geen kuifkop houthakker gezien, maar nu komen er volop rooikop houthakkers en die zijn niet altijd zo agressief als die kuifkop. Vogels kunnen niet op hem rekenen, soms dreigt hij opeens met die dikke driehoekige snavel die echt een geducht wapen is. Het Jan Frederikje zit bescheiden op de rand van de bloembak op zijn beurt te wachten. Ik moet altijd denken aan die schattige legende als ik hem zie: Jezus was aan het Kruis genageld en het bloed druipt van de doornenkroon; als het roodborstje dat ziet, maakt hij de doornen wat losser en daarom heeft hij die rode of roestbruine vlek op zijn borstje.

De hoep hoep zie ik minder, mogelijk omdat hij net als de hadida met net zo’n lange snavel niet van ons afhankelijk is. De kakelaars hebben ons ook niet echt nodig; dit vind ik enige vogels: ze zijn mooi, je hoort ze voordat je ziet, ze zijn gezellig in groepen en bovendien duikelen ze als clowns op en af op een tak. De laatste tijd zijn er ook volop kieviten, de bonte zowel als de witvlerk kievit.

Nog een gezellige groepsvogel is de muisvogel. Ik begrijp dat niet iedereen zo gek op hen is, want ze eten schijnbaar vetplanten. Een vraag voor Dr Delport: is zo’n grote groep toevallig, of is dat familie? En bestaat familiegevoel überhaupt tussen dieren?

De strelitzia’s bloeien, dus regelmatig is nu het suikerbekkie te zien, zijn lange snavel op zoek naar nectar. Hier en daar zitten zwaluwnestjes onder een dak, vinkies zijn overal te zien net als de musjes. Maar goed dat hier geen katten toegelaten zijn!

Terwijl ik in het zonnetje op de stoep zit te schrijven, hebben twee van “mijn ” makke dikkoppen zich op de lekkere warme tegels neergevlijd en genieten ook van de winterzon.

Antoinetta Hoogendoorn

VERJAARDAGEN IN JULI 2024

HARTELIJK GEFELICITEERD

Stijntje Delport
Yvonne Gauché
Jan de Wagenaar
Isabel Bekker *
Dries de Bruyn *
Anke Schutte *
Loamie Terblanche *
Magdalena v Niekerk *
Martin van der Pol *
Carien Carstens
Yvonne Gauché
Jan de Wagenaar
Isabel Bekker *
Dries de Bruyn *

*Kroonjaar

Uit onderzoek blijkt dat verjaardagen gezond zijn. Mensen met meer verjaardagen dan gemiddeld, blijken ook werkelijk langer te leven!

KLEIN PORTRETJIE

MARIE WYBENGA

‘n STOERE STAPPER

Eerste vraag is natuurlik oor haar van: die van (oorspronklik Wijbenga) wat so Nederlands is as wat dit kan kom. Dit is Marie se getroude van. Die eerste Nederlandse Wijbenga het in 1896 in Suid Afrika aangekom. Hy het geveg in die Boere Oorlog en is in 1917 oorlede aan die Spaanse Griep. Die Spaanse Griep het indertyd nog meer slagoffers geëis as Covid 19.

Marie se man het by die WNNR gewerk in spektroskopie en sy is bang dat die swaar metale waarmee hy gewerk het sy gesondheid beïnvloed het. Na ‘n lang siekte is hy in 2011 oorlede. Sy vind troos by haar seun, skoondogter en kleinseun.

 Marie het gematrikuleer by die Hoërskool in Volksrust. Daarna het sy skool gehou in Sannieshof. Later in haar lewe het sy gewerk by Statistiek Suid Afrika, waar sy vyf afdelings gemonitor het. Sy dink met plesier aan daardie jare terug, dit was ‘n werk wat sy geniet het.

In die Corona-tyd, toe groepies van ons saans in die Biblioteek sit, raak Marie in gesprek met ‘n besoeker van buite De Meerpaal. En dan begin hulle praat oor die groot staptoere wat mens kan onderneem in Suid Afrika en waarvan Marie al ‘n hele paar gedoen het. Sy vertel dat die Natuurdeelnemers aan so ‘n staptoer in die De Hoop meer as vriende word, hulle voel amper soos familie.

En die stap self? Die groot rugsakke is swaar, die stap is uitputtend en vermoeiend, maar daar is ook die ekstase as jy dit gemaak het – sy noem dit ‘n verslawing in die goeie sin van die woord.

Sy stap al vanaf die 1970’s toe die Stap Klub Die Nomade tot stand gekom het. Marie het ‘n hele ry toere op haar naam. Daar is Die Walvisroete in die De Hoop Natuurreservaat, waar hulle inderdaad massas walvisse gesien het. Twee keer het sy die Visrivier Roete gestap, wat sy nou self as vyf swaar dae ervaar. 60 Km by Swellendam, 60 Km in die Amatolas, vier dae by Outeniqua, daar was staptoere in die Wolkberge en beslis nog meer waaraan sy nou nie so gaan kan dink nie. Party van die staptoere was so lank soos 106 km!

Lag-lag vertel sy van die dag waar hulle almal onderklere gewas en in ‘n boom gehang het: die boom se offisiële naam is sindsdien Bloomers Tree. Daar was ook ‘n gedenkwaardige toer in die Swartberge, waar hulle in ‘n Oktober maand vas gesneeu het. 

So met die jare word die stap minder, maar die ou vriendinne wat mekaar al 50 jaar ken ontmoet nog elke week by die Botaniese Tuine. En: Ja, wag daarvoor! Marie stap nog steeds die 5 Km Park Run ook al gee een knie moeilikheid en dra sy ‘n knie stut. Stoere Stapper!

‘n Ander voorliefde is om te lees. Sy is ‘n lid van die Mabel Malherbe Leeskring by die Alkantrant Biblioteek wat sy geniet om by te woon en waar sy ook die Assistent-Sekretaris is.

Vanaf 2022 woon Marie in De Meerpaal en sy geniet dit. Jy kan privaat wees as jy wil, maar as jy dit soek is daar altyd vriendelike geselskap. Dit het sy geweet, want haar Ma (Mevrou Loetter) het 13 jaar in De Meerpaal gebly.

Ons hoop dat Marie hier ook nog lank en gelukkig sal woon en haar daaglikse stappie rondom die kompleks sal kan maak.

Antoinetta Hoogendoorn

Brief uit Nederland:

Zelfs de Natuur past zich aan…

Een Nederlander mag je van alles afpakken, …

In Nederland gebeurt alles 25 jaar later zegt men weleens. Nou vind ik dat overdreven want in sommige opzichten zijn wij andere landen ver vooruit. Niet alleen in techniek, maar ook in denken, maar oké,……als het gaat om het nemen van politieke beslissingen dan zijn termijnen van 10 jaar geen uitzondering. Onze woningbouw loopt fors achter, de energietransitie gaat veel langer duren dan gepland (er is wel elektriciteit, maar de kabels in de grond moeten vervangen worden door zwaardere kabels. Had niemand aan gedacht !!).

En dan onze nieuwe regering. In november is iedereen naar de stembus gegaan en nu (juni 2024) ziet her er naar uit dat Nederland een nieuwe regering krijgt. Nog effe, en de Koning kan de nieuwe regering installeren, maar dat heeft dan wel bijna 8 maanden geduurd; 8 maanden van vergaderen, en niet willen, en dan toch weer wel en een keer boos weglopen, maar goed,…..”ook een slakkengang is een gang”.

En dat was dus niet tegen dovemans oren gezegd, want meteen kwamen de slakken in grote getalen naar onze tuinen. Het natte voorjaar was een waar eldorado voor deze beestjes. En ze zaten overal, op de groente op de plantjes (verse blaadjes van de afrikaantjes vraten ze in één nacht op. Gevolg……..plantje volgende morgen dood !

Bij het ’s-morgen de krant uit de bus halen was het oppassen geblazen. Overal slakken en niet alleen zogenaamde huisjesslakken, maar ook naaktslakken. Af en toe leek onze tuin wel een nudistenstrand met al die naaktslakken. En overal dus nuttige tips om die slakken kwijt te raken. Slakken houden van bier, dus het advies was….zet een bakje bier in de tuin dan drinken de slakken dat op en vallen ze stomdronken in het bier. Goed idee !! Mijn bier dus aan de slakken gegeven en zegge en schrijven één slak verdronken. De andere liepen in polonaise door de tuin. Stomdronken en met een slakkengang, maar het hielp alleen mij maar van het bier af.

Die slakken hadden natuurlijk al lang in de gaten dat het in Nederland een tandje minder ging en konden zich aan dat nieuwe tempo dus prima aanpassen. En dat aanpassen gaat straks ook in onze hoofdstad Amsterdam gebeuren want daar gaat voor auto’s een snelheid gelden van max. 30 kilometer per uur. Rij straks op de Herengracht en word ik ingehaald door een slak. ’t Zou zomaar kunnen. Hem doodrijden zal niet lukken, want voordat ik bij hem (of haar) ben is hij of zij al lang een zijstraat verder. Trouwens,…….het uitroeien van de slakken wordt inmiddels sterk afgeraden. Zij wonen namelijk in de grond en eten daar de eitjes op van schadelijke insecten. Stond in mijn krant.

Duidelijk is dus wel dat ons leef-tempo bepalend is voor het soort dieren in de tuin. Maar wat nu als we nog trager en dus luier gaan worden. Heb ik dan op een goeie dag een luipaard in de tuin ? Hopelijk hebben we nu binnen de kortste keren een nieuwe regering die voortvarend te werk gaat, weg met die slakken en dan ga ik op vakantie,…..met een slakkengangetje.

Aad Overvliet

Vast, wekelijks programma

Zoals per 24 juni; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.

MAANDprogramma:

Maandagen

09:00

09:00

10:00

13:30

19:00

Busdienst; zie hierboven

Oefeningen in Hollandia Zaal

Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek

Klaverjas

Sjoelen

Dinsdagen

09:00

14:30

18:30.

Bloeddruk kliniek tot 10:30

Bijbelstudie

Bridgeclub

Woensdagen

09:45

14:00

Koffieochtend; zie hierboven

Koorrepetitie

Donderdagen

09:00

09:30

15:00

Busdienst; zie hierboven

Put-put 

Bijbelstudie

Vrijdagen

09:00

09:00

Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats

Bus naar Willow Crossing.

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.

Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Cor Beek

Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal

Vaste medewerkers:
Antoinetta Hoogendoorn – en
Aad Overvliet – Amov@planet.nl

Afsluitdatum voor nieuwe bij-dragen uiterlijk 15de van elke maand aan Cor Beek of cor.beek@gmail.com

De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.