DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS
NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE
Hier by De Meerpaal het ons Koningsdag op 8 Mei gevier. Dit was ʼn pragtige oggend. Natuurlik was dit ʼn oranje fees ! ! Die O & O dames het die vorige middag so hard gewerk om alles in gereedheid te bring vir die feestelike geleentheid. Natuurlik het ons ‘n verrassing gekry. Ali het ons verras met pragtige oranje-versierde kolwyntjies. Die inwoners wil graag die dames hartlik bedank. Julle is staatmakers!
Hierdie maand is die Bewonerskomiteevergadering vervang met die Algemene Jaarvergadering (AJV). Daar was ‘n baie goeie opkoms. 47 Eenhede was verteenwoordig. Die voorsitter het sy jaarverslag gelewer, so ook het die voorsitsters van die O & O en die biblioteek verslag gedoen van hul jaarlikse bedrywighede. Daar is ook verskeie vrae deur die inwoners gevra. Die voorsitter het soveel as moontlik van die vrae beantwoord. Die Bewonerskomitee sal aandag gee aan die onbeantwoorde vrae.
Vrae wat gevra is:
- Die noodplan: Nuwe inwoners is onseker waar bymekaar moet kom vir die ontruiming. Jan het die vraag beantwoord. Jan het die vergadering meegedeel dat ‘n ontruimings oefening binnekort sal plaasvind. Dus moet ons maar gereed wees!
- Die motorafdakke: Tydens die winter kondenseer die afdak en laat lelike kolle op die motors. Daar is ook gevra dat ‘n oliekol by die afdak, waar die motor van huis no. 49 geparkeer, is verwyder moet word.
- Waarom maak die woonstelle gebruik van munisipale water as boorgatwater aangelê is. Wim het die vraag beantwoord.
- Die versorgings eenheid: Waarom is daar ‘n waglys vir die inwoners as daar dringend ‘n bed benodig word?
- Is die 6-weke gratis versorging vir inwoners nog van toepassing?
- Voetpaaie moet dringend aandag geniet, veral die gedeeltes na die wonings.
- Daar is klagtes dat besoekers legkaarte van die biblioteek leen.
- Helma van den Brink van P U M: Gaan die inwoners nog terugvoer kry van haar bevindinge i v m die versorging? Wim is seker Rob sal tydens sy vergadering terugvoer gee.
- Die doeltreffendheid van die maatskaplike werkster word bevraagteken.
Die nuwe bestuur vir 2024 is as volg:
- Wim van den Berg – Voorsitter
- Peet Delport – Ondervoorsitter
- Nelke Ribberink – Sekretaresse
- Jaap Kelder – Lid
- Rudi v d Wielen – Lid
- Anneke Heesakkers – Lid
- Antoinette Venter – Bestuur
- Nicolette Coetzee – Personeel
- Rudi v d Wielen is verkies as ‘n nuwe lid van die Bewonerskomitee. Baie geluk !
Die vergadering is op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n heerlike koppie “Boeretroos”. Baie dankie Magriet.
Baie groete
Nelke Ribberink
'ADOPT A GRANNY'
Het volgende idee komt van INEKE FUNK die regelmatig in de Verzorging komt. Wij denken dikwijls dat het je eigen schuld is, als je eenzaam bent in De Meerpaal. Maar wat nou als je in de Verzorging bent?
Je hebt geen tuintje of stoep meer waar mensen voorbijlopen, groeten en een praatje maken. Hoe fijn zou het dan niet zijn, als er eens een lachend gezicht om de hoek van de deur kijkt, iemand die iets vrolijkere vertelt dan het nieuws van radio of TV. Wij hebben toch niet zo veel te doen dat we niet eens een kwartiertje kunnen afknijpen om uit te reiken naar een eenzame ziel – ook al hebben ze kinderen, die werken allemaal en hebben hun eigen leven terwijl wij zeker begrijpen hoe het leven eruitziet voor deze Grannies en Grandpa’s.
Dit is een oproep aan ons allemaal, om een of meer bewoners uit de Verzorging te adopteren. Zij zijn ZO dankbaar voor die aandacht.
Ineke Funk & Antoinetta Hoogendoorn
WELKOM
Wij verwelkomen Lineke Slump, Victoria van Rooyen en Babs Schoeman.
Moge zij zich spoedig bij ons thuisvoelen.
OVERLEDEN
Op 26 April is Ina van Bommel overleden, op 30 April Aletta Dekker, op 11 Mei Geertje Slump en op 14 Mei Bertha van Dam.
Ons medeleven gaat uit naar hun familie en vrienden.
Moge zij in vrede rusten.
TWEEDEHANDSE KLEREUITVERKOPING
Die Jumbelinas gaan ‘n WINTER UITVERKOPING hou op die 25ste en 26ste Julie 2024. Die tye sal op die prikborde gesit word.
Ons ontvang graag klere, skoene en beddegoed. Die donasies kan by Ali (B103) of by Elly (B132) afgelewer word. Of bel my by 082 495 2531 en ek sal die goedere graag kom afhaal.
Graag wil ons almal wat vir die April verkoping gehelp of donasies gemaak het van harte bedank. Ons het ‘n rekord bedrag van R3 340 verkoop.
Kom ons maak weer so.
Elly Mestrum
Namens die Jumbelinas
VOËLGRIEP
Ons is almal bewus van die voëlgriep epidemie wat ons land en die res van die wêreld onlangs getref het. Ons het die pyn gevoel van skaarste aan hoendervleis en hemelhoë eierpryse.
Wêreldwyd word daar navorsing gedoen oor hierdie dodelike virus en verskeie interessanthede is reeds uitgewys. En daar kom elke dag iets nuuts by. So is daar bevind dat die virus oor die hele wêreld versprei het en dat pikkewyne in Antarktika ook al aan voëlgriep dood is.
Die virus word deur wilde voëls gedra en hulle steek mekaar maklik aan. Daar is ook bevind dat soogdiere dit van voëls kan kry en daarvan kan doodgaan, dit sluit mense in. Besmetting kan opgedoen word deur die neus, mond en oë. Daar is ook gevind dat die virus tot 8 weke in die grond kan oorleef.
Gelukkig is enige goeie ontsmettingseep doeltreffend om hande en oppervlaktes te ontsmet.
De Meerpaal se bestuur is bewus van hierdie gevaar en prosedures is ingestel waarvolgens alle dooie voëls en ander diere veilig deur De Meerpaal se werkers verwyder kan word. Die inwoners word in hul eie belang hiermee gemaan om enige dooie voëls of diere wat op die terrein gesien word by die kantoor aan te meld en dit nie self te probeer verwyder nie.
Ons maak staat op u samewerking.
De Meerpaal bestuur
WANDELING
Ek is ’n nuwe bewoner in De Meerpaal. Oudergewoonte gaan slaap ek vroeg en staan vroeg op. Dus so teen 6h00 is ek op ’n drafstappie op die wandelpad in die oord. Met enkele uitsondering is die huise nog in donkerte gehul. Soms is ek alleen, maar vandag is daar ’n Ouma met haar rollator voor my. Ek loop stadiger om haar nie te laat skrik nie. Maar my skaduwee wat lank voor haar op die gras val, verraai my teenwoordigheid. Sy kyk om, groet vriendelik. Glad nie verskrik nie! Daar kom buurvrou ook, met baadjie, handskoene en Covid-masker. Nog ’n bewoner in swart gewaad sweef verby. So loop ons om en om. Beskut en veilig ons eie wêreldjie.
Dit is koel, nog nie winterkoue nie maar ek kan sien die winter bekruip ons. Die blare lê in skakerings van geel en bruin soos ’n tapyt op van die paadjies, ander soos brons krulletjies. Die gras is nog groen en die Strelitzia staan nog punt in die wind met haar helder voëlagtige blomme. En kyk, daar kom die son. Hy stuur ‘n rooi gloed vooruit maar dit vervaag vinnig. Dan is die nuwe dag daar. Met sy dinge om te doen, aktiwiteite en mense waarmee jy kan omgaan. Dan besef ek hoe bevoorreg ek is om in so ‘n pragtige oord elke dag tegemoet te kan gaan nie.
Imogene Groothuijzen
VROEGE VOGELS
De Ochtendstond heeft Goud in de Mond
Ja, dat denken heel wat van onze bewoners in De Meerpaal. Misschien ligt u zelf nog lekker lui in uw bedje, terwijl anderen al iets voor hun fitheid deden?
In de zomer kon ik al om 05:30 de voordeur achter me dicht trekken voor het obligate eerste rondje, maar dan komt Nelke Ribberink alweer thuis nadat ze heel wat rondjes gedaan heeft. Meep Ruizendaal is ook een van de vaste vroege stappers en ook Aartje van Duuren is weer begonnen en dus elke dag daar bij de auto-afdaken, gedeeltelijk zelfs zonder stok al is haar zicht zo slecht; haar rollator parkeert ze even. De deur van Sheila van der Merwe staat al open en even later zie ik haar vriendin Tina Horjus ook al aan komen. Bij de Huurhuizen zijn de deuren van Nr. 9, 10 en 11 ook al open en je hoort de radio al spelen. Marie Wybenga heeft een geschiedenis van enorme wandelroutes en het is dus niet zo verwonderlijk dat zij ook elke dag een paar rondjes loopt – ook al moet zij tegenwoordig een kniestut dragen. Zij staat even te praten met Thea Heckroodt, want zij kennen elkaar al lang.
Bij de keuken is al volop actie te horen en Eve arriveert al met de eerste helpers van de verzorging. Hein Maurer komt er nu aan op een van zijn vele, vele rondjes; hij loopt de meeste kilometers van ons allemaal. Inmiddels zijn Antoinette, Nicolette en Ilona gearriveerd, en ook Kobus begint met instructies aan onze werkers. Als ik dan verder stap, zie ik gewoonlijk Betti Tania ijverig aan het putten op de minigolfbaan. Sieg Maritz is gewoonlijk ook vroeg op om naar de regenmeter te kijken of er goed nieuws is. Penny Cassels slaat geen wandeling over en is dikwijls ook nog eens ijverig aan het golfen. Hein Henze kom ik tegenwoordig ook dikwijls tegen, soms met zijn dochter. Luuk Hepkema is echter de meest professionele van allemaal want hij verlaat ons oord om in de omgeving te gaan snelwandelen.
Hè, hè, de vroegste vogels mogen naar huis. Maar niet lang daarna komt er weer een zwerm aan gestapt: Louis van Mierlo (met zijn 91 jaar de oudste stapper), Roelf Vos, Carien Carstens, Lina Grobler, en ja – ook onze vroegere Vierdaagse-reus, Joop van Dijk, komt eraan, evenals Ali van Dijk. Al gaat het niet zo makkelijk, zij houden het vol! In De Meerpaal hebben we ook watervogels: vrijwel elke zomerochtend stapten Hans en Jenneke van der Putte met handdoeken over de arm naar het zwembad.
Maar het zijn niet alleen de vroege vinken die graag wandelen. In de late middag, als dit uilskuiken op haar stoep zit, komen er weer andere wandelaars voorbij: Tina Horjus marcheert weer langs, Louis van Mierlo heeft Ton Sanders overtuigd dat wandelen een noodzakelijk kwaad is; zij kuieren en keuvelen zoals de oude heren in ouderwetse streekromans. En voordat je deze twee ziet, heb je ze al gehoord! Wij hebben bewondering voor Piet Boer die vrijwel elke dag voorbijkomt met zijn Carla – en zij doet daarna alleen nog een rondje. Een parkietenpaar dat elke middag voorbijkomt, zijn Rudi en Ingrid de Bont.
Nou ja, vroege vogels hebben misschien het goud in de mond, maar de late vogels hebben ook hun best gedaan voor de gezondheid – en het was een plezier! Onze tuinen zijn mooi, er zijn veel gevederde vogels, en vooral het Dikkop Pad is een aanwinst. Wij zijn beslist geen Nacht Uilen hier.
Antoinetta Hoogendoorn
VAN DE BESTUURSTAFEL
Beste Meerpalers,
Ons het Woensdag 8 Mei 2024 vergader en ek gee graag terugvoer uit die vergadering.
- Die Geouditeerde Finansiële jaarstate is deur die Bestuursraad goedgekeur. Finale goedkeuring sal tydens die Algemene Jaarvergadering (AJV) plaasvind. Die finansiële syfers vir die twee maande tot April is ook aan die raad voorgelê en bespreek. Die surplus teenoor begroting is as gevolg van groot onderhoud wat nog nie plaasgevind het nie.
- Len van Driel, wat ons bemarking portefeulje hanteer het, stel hom nie weer vir ʼn nuwe termyn beskikbaar nie. Ons sê dankie vir Len wat ‘n hele paar mooi en goeie dinge in plek gesit het om sodoende te sorg dat De Meerpaal bekend is.
- Die eerste fase van die solarkragprojek is voltooi. Bestuur het goedkeuring gegee vir ʼn kundige om die effektiwiteit van die stelsel te optimaliseer. Hierdie proses sal minstens ses maande duur waarna volgende stappe sal volg.
- ʼn Oplossing is gevind om die hele Meerpaal van boorgatwater te voorsien. Die ingenieur sal die finale oplossing binnekort aan ons voorlê waarna goedkeuring verleen sal word om die projek af te handel.
- Die besoek van die Nederlandse sorgspesialis, Helma van den Brink, is voltooi. Haar verslag is ontvang en Bestuur het gevra dat Rob, Antoinette en Anika die verslag in doelwitte en aksieplanne verwerk om sodoende implementering te kan moniteer. Sy is oor die algemeen beïndruk met De Meerpaal en sy versorging en die feit gee ons as bestuur en julle as inwoners tog meer peace of mind. Dinge word reg gedoen en ons kan trots wees op De Meerpaal en wat aangebied word.
- Bestuur het ʼn skrywe, via Joke Heydenreich, van sommige bewoners ontvang waarin opmerkings en voorstelle gemaak is ten opsigte van die middagetes wat die kombuis verskaf. Bestuur het gevra dat daar dringend na die verskeidenheid van etes en die aanbieding van die etes, gekyk word. Daar is ook gevra waarom sekere inwoners verpligte etes moet neem, en ander inwoners nie hierdie verpligting het nie. Kortliks, dit het met die infasering van verpligte maaltye te make waarop ʼn aantal jare terug besluit is. Bestuur het weereens oor die saak nagedink en besluit om die vorige besluit te handhaaf. Daar is amptelik op die skrywe reageer.
- Die Klubhuis se hoër koste vir die vensters en deure is goedgekeur en Antoinette sal nou die installeerder in kennis stel om sodoende die verbetering aan te bring.
- Drie afdakke in die hoek word verhoog om voorsiening te maak vir groter karavane en toerkarre.
- Daar is ʼn nuwe makelaar aangestel om die personeel se Voorsorgfonds te bestuur.
- Die Dutch Festival dag van 31 Augustus 2024 word aan gewerk. Die vier organiseerders is Ciska Nel, Maryke Molenaar, Johan van Dam en die uwe. Almal kan solank die witte olifant ondersteun en hul goedjies bring sodat ons genoeg het om die dag te verkoop!
Groete.
Rob Wesseloo Voorsitter SNBC
VERJAARDAGEN IN JUNI 2024
HARTELIJK GEFELICITEERD
Stijntje Delport
Alex Groothuijzen *
Tina Westermann *
Millie Slabbert
Afke Hepkema
Annatjie Maritz *
Ton Lensink (92)
Elizabeth Blokker
Rentia Venter
Graham Harding
Elizabeth Kok
Ria Brits (92)
Petrus Delport
*Kroonjaar
Uit onderzoek blijkt dat verjaardagen gezond zijn. Mensen met meer verjaardagen dan gemiddeld, blijken ook werkelijk langer te leven!
Brief uit Nederland:
Ook Nederland vergrijst, maar………
Een Nederlander mag je van alles afpakken, …
… z’n bollenvelden, z’n Zwarte Pieten, z’n kuiltje in de jus bij de boerenkool, al zijn radio- en tv-zenders (behalve radio 5) maar van één ding blijf je af. En dat is de oer-Hollandse, over de hele wereldbekende, ROOKWORST. U weet wel die rookworst van Zwan met dat loodje er aan, of die rookworst van Unox met zijn vele soorten van de ouwerwetse Gelderse rookworst tot de moderne magere of zelfs Vega (zit helemaal geen vlees in) maar de enige echte is de Rookworst van de Hema !!
Die rookworst die je vroeger op straat op at. In de ketel lagen de hele rookworsten te wachten om in tweeën gesneden te worden. Vetvrij zakje er omheen en genieten maar. De Hema Rookworst met zijn zo’n herkenbare Hema smaak en waarvan het vet zo lekker langs je kin kon druipen. Over die Rookworst ligt Nederland nu wakker want wat is het geval,……..In Europa is bepaald dat de typische rooksmaak van de rookworst niet meer met een smaakje mag worden toegevoegd. Dat ze niet meer gerookt werden op beukenhout dat wisten we al lang (misschien hier en daar nog bij een traditionele slager) maar dat smaakje maakte alles goed en niemand had er een probleem mee. En nu zou dat plotseling schadelijk zijn !! Niet alleen de rookworsten van Zwan en Unox zitten in de gevarenzone, maar ook de rookworsten van de Hema. En dat zijn nu nét de lekkerste !!
Het protest van alle rookworst liefhebbers was in heel Europa te horen en al gauw werd het verbod een beetje afgezwakt. Oké,……we krijgen een jaar of drie de tijd om die rooksmaak op een andere manier in de rookworst te proeven. Maar waar bemoeit Europa zich mee ? Generaties lang zijn we in Nederland opgegroeid met de rookworst. In de boerenkool, bij de zuurkool, mee op brood naar werk of school, gewoon uit het vuistje, in plakjes bij verjaardagen. De rookworst heeft alle veranderingen doorstaan. Van het koken in een pannetje water tot warm maken in de magnetron. De rookworst kon het allemaal aan, maar dit besluit vanuit Europa gaat toch écht te ver.
Dus we gaan een actie comité oprichten tot behoud van onze rookworst mét toegevoegde smaak ! Ik zie de spandoeken al voor mij met….”red de rookworst” en “een Rookworst zonder R(ook) is óók worst”. Van onze Opa’s en Oma’s hebben wij nog geleerd hoe je de ham en de worst moet roken. Gewoon boven in de haard of in een rookkast met smeulend beukenhout. Dus als de nood aan de man komt, dan gaan we terug naar Oma’s recept en gaan we, net als vroeger, weer zelf roken. Heel Nederland ruikt dan naar Rookworst en de wind houdt bij de grens niet op, dus de buren in Duitsland en België zijn van harte uitgenodigd om mee te ruiken. Let op,……binnen de kortste keren is het toevoegen van die ouwe rooksmaak weer toegestaan. Lang leve onze Rookworst !
Vast, wekelijks programma
Zoals per 24 april; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.
MAANDprogramma:
09:00 09:00 10:00 13:30 19:00 | Busdienst; zie hierboven Oefeningen in Hollandia Zaal Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek Klaverjas Sjoelen |
09:00 14:30 18:30. | Bloeddruk kliniek tot 10:30 Bijbelstudie Bridgeclub |
09:45 14:00 | Koffieochtend; zie hierboven Koorrepetitie |
09:00 09:30 15:00 | Busdienst; zie hierboven Put-put Bijbelstudie |
09:00 09:00 | Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats Bus naar Willow Crossing. |

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.
Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Cor Beek
Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal
Vaste medewerkers:
Antoinetta Hoogendoorn – en
Aad Overvliet – Amov@planet.nl
Afsluitdatum voor nieuwe bij-dragen uiterlijk 15de van elke maand aan Cor Beek of cor.beek@gmail.com
De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.