Kontak ons gerus! Tel: 012 807 5217/8

Waardigheid Onafhanklikheid

Mei 2024 – Bewoners Bulletin

DOOR BEWONERS – VOOR BEWONERS

NUUS VAN DIE BEWONERSKOMITEE

Ons het op Dinsdag 9 April 2024 ons vergadering gehou. Twee van ons lede was afwesig. Anneke is oorsee en Nicolette het haar voet tydens haar verlof gebreek en is tans in die hospitaal. (Sy is nou regtig beenaf!)

Ongelukkig is die dakgeut by die woonstelle, wat so lek,  nog nie herstel nie. Die geut is gevaarlik hoog. Daar is voorgestel om ‘n steier te huur i p v om met lere te werk. Hou moed!

Die toegangsbeheer by die hek het verbeter. Alle besoekers se besonderhede word geneem. Als u kindere gereeld vir u kom besoek mag hulle u kode gebruik om in te kom.

Jan, die blokhoof, het gereël dat alle noodknoppies getoets word. Dankie Jan!

Die parkering aan die suidekant by die afdakke bly ‘n probleem. Daar is nou besluit dat alle ongebruikte afdakke deur besoekers gebruik mag word. ‘n Bordjie “Besoekers parkering“ gaan by die ongebruikte afdakke aangebring word. Ek dink heel wat besoekers gaan bly wees. Sekere besoekers wat onwettig parkeer het, het al op kamera verskyn.

Die verkiesing op 29 Mei kom al nader. Persone wat op 10 April die vorms ingevul het, gaan voor die tyd op ons terrein stem en ongelukkig as die vorms nie ingevul is nie moet u by die stemlokaal gaan stem.

Ons besoekster uit Nederland, Helma van den Brink, het gearriveer.  Ongelukkig was die dag bitter koud en nie sonnige Suid-Afrika nie. Daar is gereël dat sy aan aktiwiteite gaan deelneem. Sy gaan in die gastehuis tuis. Natuurlik word daar ook vir haar ‘n regte braai (die Nederlanders praat mos van ‘n barbecue) met tipiese Afrikaanse geregte gereël word.

Die katte is nie baie sigbaar nie en waarskynlik nie ‘n oorlas nie. Daar sal steeds gepoog word om hulle te vang d m v ‘n vanghok.

Die wateronderbreking wat ons tydens die naweek van 7 April ondervind het was a g v die munisipaliteit wat ‘n groot waterlek in Ouklipmuurlaan herstel het. Soos dit so moet gebeur was die boorgat ook buite werking a g v ‘n kortsluiting. Sommige inwoners was slim en het vinnig ‘n plan bedink. Ons het mos ‘n swembad! ‘n Emmer geneem en water uit die swembad gebruik.

Die gebruik van boorgatwater vir al die eenhede word deur ‘n ingenieur ondersoek. Die woonstelle en die versorging maak reeds gebruik daarvan. Die water word gereeld getoets en gefilter.

Die ligte aan die noordekant van die woonstelle het besluit om die laatste drie naweke nie te brand nie, maar Maandagaand brand die ligte weer. (Magic!) Daar word ondersoek ingestel.

Op 16 Mei 2024 organiseer die Bestuur weer ‘n golfdag om fondse in te samel vir die versorging. Noem dit asseblief aan u kinders. Als hul belangstel moet hul die kantoor laat weet.

Baie groete

Nelke Ribberink

DIE INWONERS WORD HERINNER AAN DIE JAARVERGADERING VAN DIE BEWONERSKOMITEE OP 8 MEI OM 15:30 IN DIE HOLLANDIASAAL.

Zangers opgelet!

Deze maand mei KOORREPETITIES op DINSDAGEN en NIET op woensdagen.

15 MEI: ALGEMENE JAARVERGADERING

22 MEI: 9:00 BINGO

WELKOM

Wij verwelkomen Lineke Slump, Victoria van Rooyen en Babs Schoeman.

Moge zij zich spoedig bij ons thuisvoelen.

OVERLEDEN

Op 18 april is Lettie Koch overleden.

Ons medeleven gaat uit naar haar vrienden en familie.

Mag zij in vrede rusten.

NUUS VAN DIE MEERPAAL SJOELCLUB

Die trofeë wenners: v.l.n.r.  Margriet, Ben, Sieg

Op 18 Maart 2024 is die Algemene Jaarvergadering van De Meerpaal Sjoelclub gehou.

Nadat ons slegs drie spelle gespeel het is daar gesellig verkeer met koffie en heerlike eetgoed. Na die pouse met verversings is die vergadering geopen deur die voorsitter, Sieg Maritz, en hy meld dat die klub se ledetal feitlik dieselfde gebly het in die afgelope jaar. Ons het verskeie nuwe lede bygekry maar ook soveel lede om verskeie redes verloor. Ons het ’n oomblik stilte gegun vir die afsterwe van Piet Miske, Fred Ribberink, en Hilly Henze.

Ons het dus steeds 50 gereelde spelers in die klub.

Die sjoelclub kom Maandagaande om 19:00 byeen in die Hollandia Saal en word gereeld deur dertig tot veertig spelers bygewoon. Dit is baie gesellige aande met koffie en koekies tydens pouse en gepaste agtergrond musiek dra grootliks by tot die sukses van die aande. Sieg het ook die spelers bedank vir hulle gereelde deelname en goeie gees.

Die nuwe sjoelbakke word nou mooi ingespeel en die tellings is besig om mooi te styg.

Die finansies van die klub is gesond maar daar is besluit om die jaarlikse ledegeld te verhoog om voorsiening te maak vir die styging in die pryse van koffie en koekies.

Interessante data oor die uitslae van die spelle gedurende die afgelope jaar is genoem, onder andere dat ‘n nuwe hoogste telling van 472 vir een aand aangeteken is.

Die finale tellings vir 2023/24 is gelees en die beste spelers het die wisseltrofee ontvang:

Beste speler Dames: Margriet van den Berg. Tweede was Anneke Heesakkers en derde Gerda de Wagenaar

Beste speler Mans: Ben van Mierlo. Tweede was Jan Wegman en derde Peet Delport.

Spesiale vermelding: Sieg Maritz vir die eerste en enigste maal wat ’n hoogste telling van 140 vir een beurt op die nuwe bakke behaal is.

Die trofeë wenners: Margriet, Ben, Sieg

Die komitee vir die nuwe jaar is verkies en sien soos volg daaruit:

Voorsitter:                Sieg Maritz en Elly Mestrum as waarnemend.

Penningmeester:     Margriet van den Berg met Stijntje Delport as waarnemend.

Sekretaris:               Peet Delport en Nelke Ribberink as waarnemend.

Verversings:             Angeline le Roux, Ané van Mierlo, Annatjie Maritz, Margriet van den Berg, Gerda de Wagenaar, Anneke Heesakkers, Bep Wolters, Elly Mestrum, Atie Bakker, Nelke Ribberink, Yvonne Gauche, Imogene Groothuijzen, Carien Carstens, Jettie Horsman en Addy Smits is gekies om op roterende grondslag te help met die verversings.

As jy nog nie sjoelen hier gespeel het nie, of as jy lanklaas gespeel het, nooi die bestuur jou uit om enige Maandagaand om 19:00 te kom kyk en selfs deel te neem. Dalk byt die prettige sjoelengogga jou ook.

Peet Delport

STRYDVAARDIGE BEJAARDES

“Oud worden is een zegen

maar als je er komt valt het tegen.”

Hierdie wyse woorde staan op ‘n bordjie by die deur van een van ons nog steeds laggende bewoners. Wat wou ons dan? Jonk dood gaan en al die vreugdes van ‘n lang lewe misloop? Vir die meeste van ons is daar kinders en kleinkinders, daar was ‘n werkende lewe waarop ons kan terug kyk, daar was al die vriendskappe en al die dinge wat ons kon doen en ook inderdaad gedoen het. En nou is daar weer ‘n nuwe jaar en kan ons weer eens begin met ‘n goeie plan: Maak iets van die jare wat daar nog oor is.  

Een van ons inwoonsters, na aan 90, het gesê dat mens nog iets van sy lewe moet maak. Sy is altyd mooi aangetrek en eet haar middag-ete aan ‘n gedekte tafel, plantjie daarop en bietjie musiek daarby. Dit is nie soveel moeite nie, maar laat jou dan soveel beter voel dan om voor die TV te sit met ‘n bord op jou knieë. Daar word deesdae dikwels gesê dat ons meer bewus moet lewe: Kyk na die mooi rooi tamatie op jou bord, dink aan die plant wat in die son gestaan en groei het, en die vrug proe dan soveel lekkerder. Dit geld voor alles wat ons doen: elke stap wat jy nog kan gee tel, elke groet wat jy ontvang of gee, tel; geniet van die son of die reën, van die tuin, en so aan. Daar is nog soveel om vir dankbaar te wees, ook al wil die ou lyfie nie meer altyd so lekker nie…. 

Ons hou ook almal meer van iemand wat nooit kla nie en se dat alles goed gaan, dan van die persoon wat orals pyne en skete het. As jy kla oor ‘n seer knie, loop jy in ieder geval die risiko dat jou buurvrou se: “Maar my arm is so seer.” Wat baat albei daarby? Niks nie! Die een wat vrolik rond loop al is dit nou skielik met ‘n wandelstok of rollator, kry nie net bewondering maar laat die ander ook beter voel.  “Kan dit nie soos wat dit moet? Nou, dan moet dit maar soos wat dit kan.” Dis weer so ‘n ou Nederlandse wysheid. 

As jy steeds kla, laat jy jouself en die ander persoon nie beter voel nie en loop jy ook kans dat hulle jou en jou klagtes gaan vermy. Moenie by die pakke neer sit nie, dit is wat dit is.

Kom aan dus, vasbyt en glimlag! Strydvaardig wees, want ons word nou eenmaal almal ouer en vir party is dit regtig nie maklik nie. Maar ons het almal jonk begin! Dis al lank gelede dat ons van De Meerpaal vrede moes maak met die eerste grys hare en die eerste plooie, en nou is ons in die volgende fase. Ons ken almal wel iemand hier wat swaarder kry as ons self, maar as hulle die stryd moedig aanpak, bewonder ons hulle. Dink maar aan die mense wat vroeg oggend stap, sommiges selfs met ‘n wandelstok of rollator. Ons is so gelukkig dat daar die gimnastiek klasse is om ons waar moontlik in beweging te hou. Die warm swembad is ideaal voor fisioterapie wat jy sommer self kan doen.

Jammer genoeg moet baie van ons ons lewensmaat verloor, maar selfs daar sien ons verskille hoe mense dit verwerk en verder gaan. Soos ons ouer word, word dit in ieder geval stiller om ons heen soos ons ook ou vriende verloor.

Daar is wel mense (gelukkig maar min) wat by die huis sit, niks meer wil onderneem nie, en hulself jammer kry. Dis nou regtig ‘n manier om te vereensaam. En baie van ons bewoners meen dat jy self skuld is as jy eensaam is in De Meerpaal. Al kom jy net op Woensdag oggend na die Hollandia Saal, ontmoet ou vriende en maak dalk nuwes by. Ja, ons ou inwoonster is reg: Jy moet nog iets van jou lewe maak – jy is dit in die eerste plek aan jouself verplig. En as dit te moeilik is om strydvaardig te wees, kan ons minstens weerbaar wees.

Lag en die hele wereld lag saam,

Huil en jy huil alleen.

Antoinetta Hoogendoorn

VERJAARDAGEN IN MEI 2024

HARTELIJK GEFELICITEERD

Cees den Dunnen Frederika Pretorius Adri Joubert * (95) Jeanette v Veenhuyzen * Cor Beek Theo van der Wissel Hiram Kendall *

*Kroonjaar

Uit onderzoek blijkt dat verjaardagen gezond zijn. Mensen met meer verjaardagen dan gemiddeld, blijken ook werkelijk langer te leven!

Brief uit Nederland:

Ook Nederland vergrijst, maar………

Net als in heel veel landen stijgt ook de gemiddelde leeftijd in Nederland en worden we ook hier steeds ouder. Was vroeger de leeftijd bij overlijden zo’n beetje tussen de 65 en de 70, thans komen we steeds meer 90-jarigen tegen. Dat is mooi en dat is fijn, maar al die ouderen hebben op enig moment wel zorg nodig. En aan zorg (of zoals men dat noemt “handjes aan het bed”) ontbreekt het helaas.

Een tekort aan mensen in de zorg betekent ook dat steeds meer ouderen voor zichzelf moeten zorgen. En dus zien we dat jonge ouderen (65 jaar) de echte ouderen een handje helpen bij de dagelijkse gebeurtenissen. Een mooie vorm van “met elkaar, voor elkaar”.

Maar denk nou niet dat Nederland straks alleen nog maar grijze muizen kent, want diezelfde ouderen zijn vaak nog fit en sportief genoeg om als vrijwilliger de helpende hand te bieden. We zien dat bijvoorbeeld in de verschillende ouderenbonden, en één daarvan is de KBO ofwel de “Katholieke Bond van Ouderen” De KBO verenigt negen provinciale bonden in één bond en telt in die negen provincies 210.000 leden. De Ouderen in negen van de twaalf provincies zijn dus aangesloten bij hun KBO en dat werkt. Geen grijze muizen dus maar actieve leden die in elke stad of dorp klaar staan om op te komen voor de Ouderen.

Iedere maand bij alle leden ook het KBO-blad “de ONS” op de deurmat met interessante artikelen speciaal gericht op de Ouderen. Met aandacht voor samen verder als de kinderen de deur uit zijn, een Juridische Helpdesk voor als u er zelf niet meer uitkomt, waarschuwingen voor oplichters, terug naar de Ambachtsschool (kent u hem nog en hebt u er zelf misschien nog opgezeten?) of de Huishoudschool? En natuurlijk advertenties. Daar ontkom je niet aan. Zo’n bond met zoveel leden heeft natuurlijk ook het e.e.a. in de melk te brokkelen bij de Overheid. En dat moet ook want ook in Nederland dreigt de Overheid de Ouderen nog wel eens te vergeten. Denk daarbij aan de druk van diezelfde Overheid om het pensioen van de Ouderen anders te gaan beleggen. Niet meer zoals altijd collectief, maar nu ook een beetje naar ieders eigen wens. Maar het gaat wel om het geld van de Ouderen. Hun eigen geld!! En dus de vraag,……willen wij die verandering wel? Met het huidige systeem zijn wij toch heel tevreden?

 En datzelfde ouderengeluid klinkt ook door bij provincies en vooral gemeenten. Want het zijn toch met name de gemeenten die de zorg hebben voor de leefbaarheid van ook haar oudere inwoners. Voldoende winkels, voldoende openbaar vervoer en bereid zijn tot luisteren. Ouderen hebben ook een stem!!

Omdat de ouderen zicht niet meer laten wegzetten, maar met de camper of caravan wekenlang op reis zijn is het blad “ONS” sinds kort ook digitaal te lezen. Lekker in je luie stoel aan één of ander Spaans of Portugees strand met een goed glas wijn binnen hand bereik.

https://onsmagazine.nl/kiosk/ons-2024-4-brabant-zeeland

Want na een leven lang van werken is er nu tijd voor ontspanning en genieten, om straks terug in Nederland de handen uit de mouwen te mogen steken. Om als vrijwilliger de ander te mogen helpen. Want straks ben jezelf ook oud (maar géén grijze muis !!)

Aad Overvliet

Vast, wekelijks programma

Zoals per 24 april; voor wijzigingen, zie aankondigingen op prikboord en verneem bij koffieochtenden.

MAANDprogramma:

Maandagen

09:00

09:00

10:00

13:30

19:00

Busdienst; zie hierboven

Oefeningen in Hollandia Zaal

Spreekuur Dr. Serfontein – kliniek

Klaverjas

Sjoelen

Dinsdagen

09:00

14:30

18:30.

Bloeddruk kliniek tot 10:30

Bijbelstudie

Bridgeclub

Woensdagen

09:45

14:00

Koffieochtend; zie hierboven

Koorrepetitie

Donderdagen

09:00

09:30

15:00

Busdienst; zie hierboven

Put-put 

Bijbelstudie

Vrijdagen

09:00

09:00

Ochtendgymnastiek op het grasveld vóór de flats

Bus naar Willow Crossing.

Uitgave is buiten de verantwoording van het SNBC-bestuur.

Verantwoordelijke redacteur en opmaak: Cor Beek

Productie en verspreiding: Kantoor De Meerpaal

Vaste medewerkers:
Antoinetta Hoogendoorn – en
Aad Overvliet – Amov@planet.nl

Afsluitdatum voor nieuwe bij-dragen uiterlijk 15de van elke maand aan Cor Beek of cor.beek@gmail.com

De redacteur behoudt zich het recht voor om inzendingen (vooral anonieme) te weigeren of te bewerken.